LESING 4 DIE DRIE –EENHEID:
INLEIDING:
Tot op hierdie stadium het ons geleer dat daar een God is – die Skepper van die wêreld. Deut.6:4 “Hoor Israel, die Here onse God is ‘n enige Here.” Daar is net een God.
‘n Diepte studie van die Woord sal vir ons leer dat daar Drie Persone binne hierdie Godheid is. Kol.2:9 “Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik.”
BESWARE: Hoe kan die Here drie Persone wees, en terselfdertyd een God wees? Sal dit nie drie gode wees en dan maar onder heiden-se gebruike val en Deut.6:4 weerspreek nie? Is die leerstelling aan-gaande die Drie Eenheid nie verwarrend en teenstrydig met rede nie?
Jes.55:8-9 “Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.” Uit hierdie gedeelte is dit duidelik dat die menslike ver-stand nie die Here sal kan begryp nie. Die woorde Dire-Eenheid of Drie Enige God vind ons nêrens in die Bybel nie.
1) DIE BASIS VAN DIE LEERSTELLING
VAN DIE DRIE-ENIGE GOD:
1) Die doop van die Here Jesus: Matt.3:13-17, hier sien ons die Drie- Eenheid in werking. God die Vader spreek vanuit die hemel: “Dit is My geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.” Die Here Jesus (Sy Seun) was fisies gedoop (in die water), en God die Heilige Gees het soos ‘n duif vanuit die hemel gedaal en op Hom kom sit.
2) Die doop formulier in Matt.28:19 “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees…”
3) Die slot in 11 Kor.13:13 “Die genade van die Here Jesus Christus, en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.”
4) Met die skepping van die mens was daar die meervouds aandui-ding gebruik toe daar na die Here verwys word. Gen.1:26 “En God het gesê: Laat ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis…”
In die volgende lesse sal u sien dat die Seun van God waarlik God was, en dat die Heilige Gees, God is
2) BEELDE OF ILLUSTRASIES VAN DIE LEERSTELLING VAN DIE DRIE- EENHEID.
1) Shamrock (klawerblaar) – Dit is ‘n drie blaar plant, dit is een blaar maar bestaan uit drie verkillende dele.
2) Water – Kan in drie verskillende vorme voorkom: Vloeistof, ys of
stoom, en tog bly dit H 2 O.
3) Lig – Rooi strale wat die Vader voorstel,
Geel strale wat as die Seun voorgestel kan word.
Blou chemikalië strale wat in effek die Heilige Gees voorstel.
4) ‘n Besigheid of maatskappy: Soms is daar drie persone se name
genoem, maar bly een maatskappy. Hulle werk as ‘n span saam om die einddoel te bereik.
5) Enige persoon: Jy is een persoon maar kan op drie verskillende
maniere aan verskillede perone bekend gemaak word.
– My ma sal my as haar seun sien, sy sien my anders as enige ander
persoon en ek sal teenoor haar anders reageer as teenoor enige
ander persoon.
– My kinders sien my as hulle vader en alles wat daarmee gepaart
gaan.
– Kinders in ‘n klas sien my as ‘n onderwyser en sal my anders
hanteer.
Ek bly een persoon maar ek word as ‘n seun, ‘n pa en ‘n onderwy-ser geopenbaar. Die Here is een individu maar wat in drie verskillende Persone geopenbaar word.
Dit moet beklemtoon word, dat die Drie Eenheid mistirieus is en dat ons nie deur ‘n enkele illustrasie die hele beeld van die Drie – Een-heid kan verduidelik nie. Ons kan deur hierdie verskillende illustrasies tog meer lig op hierdie onderwerp bring.
Omdat die Here Gees is en ons fisies is, is dit vir ons uiters moeilik om die Here te vergelyk met iets konkreets. Die Here is onverander-lik terwyl ons veranderlik is. Ons glo dat daar Een God is, maar wat Homself in Sy Drie-Persone openbaar nl. God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees.
3) DIE DRIE-EENHEID HANDEL AS ‘N EENHEID:
A) IN DIE SKEPPING:
God die Vader het gespreek Gen.1:3 “En die Here het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
God die Seun was die gesproke Woord Joh.1:1 “In die begin was die Woord,”
God die Heilige Gees het op die waters gesweef. Gen.1:2 “…en die Gees van die Here het gesweef op die waters.”
B) IN DIE GEBOORTE:
God die Vader het Sy Seun gegee: Joh.3:16.
God die Seun was in hierdie wêreld gebore: Luk.2:11.
God die Gees het op Maria gekom om geboorte te kon moontlik maak Luk.1:35.
C) IN DIE VERLOSSINGSPLAN:
God die Vader het die offer van Golgota aanvaar. Hebr.9:14
God die Seun het Homself geoffer as ‘n plaasvervanger vir ons sondes Hebr.9:14
God die Heilige Gees – Die Here Jesus het Homself geoffer deur die “Ewige Gees” Hebr.9:14.
D) DEUR REDDING TE BIED:
God die Vader het die verlore seun van ‘n vêr land ontvang Luk. 15:22 Die Vader verwelkom die sondaar, vergewe hom, voorsien ‘n kleed vir hom en ‘n ring aan sy vinger en ‘n feesmaal.
God die Seun is die Herder wat gaan om die verlore skape te soek Luk.15:4.
Die die Heilige Gees verseël die werk van redding aan ‘n siel. Efe.1:13.
E) IN GEMEENSKAP:
God die Vader nooi ons uit om na Hom te kom, vir gemeenskap Efe.2:18
God die Seun is ons Versoener 11 Kor.5:19.
God die Heilige Gees beinvloed hierdie versoening en gemeenskap om nader na die Here te kom. Efe.2:18.
F) IN GEBED:
God die Vader is die Een wat die versoeke ontvang: Joh.16:23.
God die Seun is die Een in wie se Naam ons bid: Joh.16:23.
God die Heilige Gees lei ons in ons versoeke: Rom.8:26.
G) IN HEERLIKHEID:
God die Vader is uiteindelik die een wat duisendjarige koningskap ontvang van die Here Jesus:1 Kor.15:24.
God die Seun sal ons verganklike liggaam verander in ‘n ewige Fil.3:21.
God die Heilige Gees gee aan ons die uitnodiging: Open.22:17.
H) IN DIE WERK VAN WEDERGEBOORTE:
God die Vader skryf die nuwe Naam in heerlikheid. Luk.10:20
God die Seun reinig ons van ons sondes deur Sy kosbare bloed: Efe.1:7
God die Heilige Gees bewerk die bo-natuurlike verandering van wedergeboorte in ons lewens. Joh.3:3-6.
4) DIE DRIE-EENHEID EN DIE EIENSKAPPE OF ATRIBUTE VAN DIE HERE:
EIENSKAP: DIE VADER: DIE SEUN: DIE HEILIGE GEES
1) Ewig: Ps.90:2 Opeb.1:8;17 Hebr.9:14
2) Almagtig: 1 Pet.1:5 11 Kor.12:9 Rom.15:19
3) Alwetend: Jer.17:10 Open.2:23 1 Kor.2:11
4) Alomteenwoordig: Jer.23:24 Matt.18:20 Ps.139:7
5) Heilig: Openb.15:4 Hand.3:14 Luk.1:15
6) Waarheid: Joh.7:28 Openb.3:7 1 Joh.5:6
7) Goedheid: Rom.2:4 Efe.5:25 Neh.9:20
8) Gemeenskap: 1 Joh.1:3 1 Joh.1:3 11 Kor.13:14.
SLOT:
U moet u nie in ‘n stryd beland indien u nie die Drie-Eenheid ver-staan nie. Lindsell en Woordbridge het eens gesê: “Hy wat die Drie-Eenheid probeer verstaan sal sy verstand verloor, maar hy wat die Drie-Eenheid verloor, sal sy siel verloor.”
Dit bly vir ons ‘n misterie, todat ons die Here sal ontmoet, dit bete-ken nie dat ons dan nie daaraan kan glo nie. Ons moet dit glo omdat die Bybel deurdronge is daarvan. Die Here is Gees en ons is maar menslike wesens met beperkte insig. Die Here word vereer en aanbid as ons Hom sal aanvaar.
Die mens is ook drie-ledig saamgestel: Liggaam, siel en gees, want ons is na die beeld van die Here saamgestel. Laat ons hierdie Grote en gedugte God aanbid, wat vehewe bo alles en almal is. Laat ons die Drie-Eenheid afsonderlik dank vir wat hulle vir ons kom doen het.
Mag God die Vader my volkome as SY seun aanvaar, mag die Seun van God in my hart woon, Mag die Gees van God my tot die volle waarheid lei, deur my gewete sag te maak, en te reinig van dooie werke, en my siel van alle ongeregtigheid reinig. Mag die Goddelike Drie-Eenheid my vir altyd verseël.
Die leerstelling van die Goddelike Drie Eenheid is een van die mees verborge misteries van die kerk. Daar kan nie oor gespekuleer word nie, maar word ons deel die oomblik as ons gered word.
God die VADER HET sy SEUN in die wêreld gestuur om ons te verlos, God die Heilige Gees bevestig hierdie werk in ons harte. Die Drie- Eenheid is van uiterste belang, in die werk van redding, en uit hierdie oogpunt moet ons waarheid verstaan.
Die vroeëre kerk het besef dat as die Here nie Goddelik is nie, sal ons heidense praktyke begin aanbid. Hy het ons gered en deur Hom het ons die gawe van die Heilige Gees ontvang. Hulle reken DAT Hy Goddelik moet wees. Dit bring die vraag aangaande die Godheid van Christus en en die verhoudinge tot die Drie-Eenheid na die kerk, op ‘n vroeëre stadium.
DIE EENHEID BINNE DIE DRIE-EENHEID:
A) DIE EENHEID VAN DIE HERE:
Deur die Eenheid van God verstaan ons dat daar Een God in die skepping is, wat ewig en onveranderlik en self onderhoudend bestaan. Ons sien hierdie waarheid reeds in Deut.6:4 Hoor Israel die Here onse God is ‘n Enige Here.
Dit was gegee om die volk van heidendom te verlos. Die Here gee aan hulle ‘n een en ‘n fundamentele beginsel nl. Ex.20:3 “Jy mag geen ander gode voor My aangesig hê nie.”
Dan was daar in Deut.4:39 iets bygevoeg: “daarom mag jy vandag weet en ter harte neem dat die Here God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.”
Ons vind soortgelyke stellinge in die N.T. aangaande die eenheid vand ie Here. Mark.12:29 “En Jesus antwoord Hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor Israel, die Here, onse God, is ‘n Enige Here”
Joh.17:3 “En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waar-agtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.”
1 Kor.8:4-6 “…en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een. Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel of dit op die aarde is – soos daar baie gode en baie here is- tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom. Die kennis is egter nie in almal nie, maar sommigfe, nog altyd bewus van die af-god, eet dit as ‘n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel. Maar die voedsel bring ons nie nader by God nie; want as ons eet, het ons geen oorvloed nie, en as ons nie eet nie, ly ons geen gebrek nie.”
Gal.3:20 “En die Middelaar is nie net vir een nie; maar Gosd is een.”
DIE DRIE-EENHEID VAN GOD:
Dit is omonwonder duidelik dat daar drie Persone binne die Goddelike drie Eenheid is.
1) DIE VERWAGTINGE BINNE DIE O.T.
Die verwagtinge van die Drie Eenheid was reeds binne die O.T. gewees, en was soos ander N.T. waarhede net in die begin stadium. Eers met die opnebaarmaking van die Here Jesus in die vlees was hierdie waarheid aan die mens meer geopenbaar.
Die gebruik van meervoudige Name was reeds die aanduiding dat daar meer as Een Persoon binne die Goddlelike Drie Eenheid was.
In die begin het God (Elohim of die Gode) die hemel en die aarde geskape. (Gen.1:1) Gen.1:26 En God het gesê: Laaat ons die mens maak na SY gelykenis” Gen.3:22 “Nou het die mens soos een van ons geword.”
Ook hier word die meervoudsvorm gebruik, wat die eenheid van die Here omskrywe.
Hoor Isreal die Here onse God is ‘n Enige Here: (Elohaynu, of gode)
Die gedagte van die Drie eenheid is ook in die O.T. gebruik wanneer na die Engel van die Here verwys word. Ex.23:20-21 “Kyk Ek stuur ‘n Engel voor jou uit (Woord) om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereed gemaak het. Neem jou in ag vir Hom en luister na SY stem, wees nie wederstrewig teen Hom niewant My Naam is in Hom.” (Heilige Gees.)
Die Aaroniese verbond word die slot in die Drievoudige verband gebruik. Num.6:24-27 “Die Here sal jou seën (Vader) en jou behoed; die Here (Jesus) sal Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees, die Here (Heilige Gees) sal Sy aangesig oor jou verhef, en aan jou vrede gee.”
Die drie lede van die Drie eenheid mag ooreenstem met die Liefde van die Vader die genade van onse Here Jesus Christus, en die gemeenskap met die Heilige Gees.11 Kor.13:14
Ook in Jes.6:3 wanneer Jesaja die gesig sien van die drie ledige Heiligheid verwys dit na die Drie Persone in een Godheid.
2) DIE SEUN EN DIE GEES IN DIE N.T.
Daar is geen direkte en onmiddelike vooraf aankondiging van die Seeun in die O.T. nie, omdat die Vaderskap van die Here nog nie geopenbaar was nie. Beide die Vaderskap en Seunskap word in die N.T. geopenbaar. Tog was die idee van seunskap deur die O.T. deurtrek veral in die gebruik van termes soos Woord, en Wysheid.
Dit was woorde wat vlees moes geword het Joh.1:14 “Die Woord het vlees geword en onder ons kom woon.”
ii) DIE GODHEID VAN ONS HERE JESUS CHRISTUS:
Die Woord is ryk aangaand die Godheid van Christus. Die Godheid van die Here Jesus word gekoppel aan Sy:
1) Vooraf bestaan.
2) SY Goddelike Name en titels.
3) Sy Goddelike eienskappe.
4) Sy Goddelike werkinge.
5) Die wat aan Hom Goddelike aanbidding gebring het.
1) DIE VOORAFBESTAAN VAN CHRISTUS:
Joh.1:15 “Hy wat na my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as Ek.”
Dit was die verklaring van Johannes die Doper. Die Here Jesus verklaar by Homself: “Ek is die lewende Brood wat uit die hemel gedaal het.” Joh.6:51.
Joh.17:5 “En nou Vader verheerlik My by uself met die heerlik-heid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.”
Hy was nie net voor Sy vleeswording Goodelik nie, maar reeds voor die fondasie van die wêreld.
2)DIE GODDELIKE NAME EN TITELD
VAN DIE HERE JESUS CHRISTUS
Daar is ‘n galdery van Goddelike Name aan onse Here Jesus gekop-pel: 1) Ewig: Hebr.1:8 2) Alomteenwoordig: Matt.18:20
3) Alwetend Kol.2:3 4) Almagtig Matt.28:18
5) Onveranderlik Hebr.13:8 Hebr.1:11-12 ens.
3) DIE GODDELIKE WERKINGE VAN JESUS CHRISTUS:
Die werke van Christus; Die getuienisse is oorweldigend dat Christus ook God is in die N.T. Sy werke sluit in:
1) Die skepping Joh.1:3 Alle dinge het deur Hom onstaan… Joh.1:10 Die wêreld het Hom nie aanvaar nie…
2) Die ewigdurendeheid van die Here: Kol.1:17 Alles bestaan deur Hom
3) Vergifnis van sondes: (Mark.2:5;10-11). Hand.5:31
4) Sy Godheid word bevestig deur SY gee van die Heilige Gees aan SY dissipels. Luk.24:49