DIE GLOEILAMP

Edison was die uitvinder van die gloeilamp. Ons aanvaar die gloeilamp as iets algemeen vandag! Maar daar word vertel dat Edison meer as tweehonderd verskillende materiale gebruik het voordat hy die regte een gevind het vir die gloeilamp om te werk. Ja , meer as tweehonderd keer het hy gefaal voordat dit gewerk het. Wat sou gebeur het as hy opgehou het by honderd-nege en negentig?

Dit laat my dink aan nog ’n man – Abraham Lincoln. Hy het homself tien tot twaalf keer beskikbaar gestel in verkiesings en elke keer gefaal. Hy het aangehou en die president van Amerika geword.

Dit is altyd te gou om op te gee. Ons elkeen faal in baie dinge – werk, huwelik , teenoor ons kinders , finansies , besluite , ens. – maar ja ook in ons Geestelike lewe. Ons kom met verskonings na vore vir alles!

Hoekom volg jy Jesus nie ten volle? Hoekom dien jy nog sonde? Hoekom gee jy aan die versoekings toe? Jy probeer en probeer en nou word, of is jy, al moedeloos!

Dit is nie die tyd om nou op te gee nie! Hou aan! Hou aan!

MATT. 5:14 Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie;

:15 en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.

:16 Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.

GEBED

Here ek faal dikwels maar dankie dat U daar is vir my! Dankie dat die Heilige Gees vir my aanspoor om aan te gaan en my lig te laat skyn! Vader help my om U te verheerlik en dat ek sal ophou met verskonings, hoekom ek nie my lig laat skyn nie! AMEN

0:00
0:00