DIE GELYKENIS VAN DIE SAAIER: MARK.4:26-29

INLEIDING:

Ons gaan na hierdie gelykenis kyk en sien wat die Woord vir ons hieruit wil leer. Daar word gereken dat daar net vier gelykenisse in Markus is, en word die woord gelykenis 12 keer gebruik. (3:23; 4:2, 10;11;13;33;34, 7:17; 12:1;12 13:28)

10 Van die gelykenisse verskyn ook in Matt. en Luk, en nog 5 in Matt, en nog een in Luk. Twee word spesifiek aan Markus verbind die een voor ons en die een van die huurling in Mark.13:34-37.  Dit is deur Markus gegee en is net deur hom verduidelik.

Omdat hierdie gelykenis uniek is beweer sommige dat dit saam met ander soortgelyke gelykenisse verklaar moet word. Soos die oes en die saaier. Hierdie gelykenis moet van al die ander onderskei word. Daar is noodwendig ooreenkomste met ander gelykenisse, soos die Saaier. Dit verduidelik die werk van die Koninkryk van God in terme van die Saaier.

Daar is beweringe dat hierde gelykenis gegee is om drie tydperke aan te dui, die kerk nou en hier, die kerk in die millinium en die kerk in die hemel. Ander wil weer die geestelike groei wat daar in die kind van die Here plaasvind verduidelik. Die gedagte van ‘n kind ‘n jong man en ‘n volwasse mens.

Petrus verduidelik vir ons dat ons in genade moet toeneem. 11 Pet.3: 18. Ons groei nie in die genade nie, maar ons neem in die gendae wat daar is toe. Ek swem in die see wat daar is, soos genade wat daar is waarin ek nou begin te leef. Dit beteken dat ek groei na die beeld van die Here Jesus self, deur Goddelike beginsels in my lewe toe te pas.

Hier is die saaier besig om die koninkryk van die Here en nie van die wêreld uit te brei nie.

DIE GROEI VAN GODDELIKE LEWE IN DIE SIEL:

Dit volg direk op die gelykenis van die saaier en die onkruid in en dan die mostert saad uit Matt.13. Dit wys vir ons dat Goddelike lewe soos saad tyd nodig het om te ontwikkel, en dat die groei ongemerk plaasvind, en daar nie veel van die menslike ingrype kan plaasvind nie.

Geen enkele gelykenis hou die volle waarheid in dit opgesluit nie. Hy het die Woord tot die skare gespreek en het Markus het twee ander beelde gebruik van saad om die koninkryk te verduidelik. Die een wys op die aarde en watter belangrike rol dit vervul om vrug te dra.

Dan die plig om die saad reg aan te wend sodat dit vrug sal voort-bring. Hierdie gelykenis is eenvoudig en duidelik en tog vol van waarhede. Dit sluit die totale geskiedenis van saad in die hart, vandat dit gesaai word deur die stadiums van groei, tot op die plek waar hy ryp is om ge-oes te kan word. Dit kan soos volg opgesom word:

DIE WET VAN ONTWIKKELING IN

DIE CHRISTEN SE LEWE:

1) Die menslike hart is die gepaste grond, vir Goddelike saad. Daar is net een soort saad wat gebruik kan word dit is die Woord. Hier vandaan sal die Koninkryk groei.

Daar is goeie en slegte saad wat in dieselfde grond sal groei. Hy wat die grond ontvanklik maak vir die kosbare saad, om te kan groei kan dit so voorberei dat die saad in die moeilikste omstandighede goed sal groei. Dit sal ook effektief en vinnig groei:

Elke heilige waarheid mag sy landing in die hart van die mens vind. Die rykste en die rypste en mees helende en oorvloedige vrug mag in Eden gevind word.

2) Die noodsaaklike toewyding van die saad tot die grond word in die Here Jesus gevind wat aan Sy koninkryk getrou was, om ‘n groe-pie dissipels na te laat wat vrug sou dra. Daar sal groei wees, hoe weet ons nie, tog weet ons so baie.

Daar is net een Ware saaier waartoe die grond toevertrou kan word. Baie saai in Sy Naam en deur Sy leiding, deur te preek en ouers wat Sondagskool onderwysers ens. dra almal by om die saad te laat val in vrugbare grond.

Die waarheid wat in die hart gesaai word moet aan die Hemelse Saaier oorgelaat word om vrug te dra.  

1)      DIE GROEI VAN GODDELIKE LEWE:

vs.27 IN DIE GEHEIM

Groei sal ontwikkel word deur gebed. Soos Goddelike lewe in ander sal plaasvind.

DIE GROND:

Uit hierdie gedeelte is daar ‘n oproep van die Here: Dat daar ‘n braakland vir ons gebraak moet word. Hos.10:12.

A)    ‘N BRAAKLAND:

Wanneer ek selfvoldaan is, en dink dat alles met my goed gaan self tevrede, en myself wil beskerm teen die wreedheid van die ploeg van die Here, die grond lê gemalik en die natuur het sy gang in die land gehad, en ‘n mens kan altyd op hom reken om dieselfde te wees, veilig ongehinderd en lui lekker uitgetsrek in die son.

In Jes. 5 verwys Jes, na die land wat omgespit, en al die klippe uitgehaal was, watter klippe is daar in u en my lewe van hardheid wat die Here mee moet kom handel, is dit al beplant met edel wing-erdstokke, is daar die plek van beskutting waar die toring van waak saamheid in my lewe is, sodat ek sal kan sien wanneer die vyand sy aanslag op my lewe kan loots, en is die parskuip, daar, waar die Here vir u en my in die toetse van die lewe mee kan toevertrou, soos ‘n Job van eens, soos die Here Jesus die parskuip moes deurgaan, elke deel van Hom uitgemergel sodat ons in Hom kan leef.

Vs.5 Sê die Here dat daar ‘n probleem van gemaksugtigheid gekom het en dat die heining van eie beskerming weggeneem moet word, die muur van sonde wat opgebou geword het moet weggebreek word, en daar sal nie meer gesnoei word nie. O, moet nie dat die Here so ver met u en my moet gaan voordat ons gewilliglik sal oor-gee aan die Here wat die landbouer is om Sy ploeg in my en u lewe in te druk nie.

Laat Hom eerder toe om in u te werk en Sy grootheid te kom open-baar. Hy wil u in nuwe diepste bring en u verlos van die ou vlees en selfgesentreerdheid. Hy wil magtiglik werk.

Maar daar moet ‘n verskriklike prys betaal word om van hierdie gerustheid ontslae te raak. Die grond wat maar net lê sal nooit die wonderwerk van produktiwiteit kan ondervind of die wonder van ontluiking van die saad en die graan wat ryp word ondervind nie. Dit sal nooit vrugbaarheid ken indien die ploeg van die Here in ons harte ingedruk gaan word nie.

i) Hierdie persoon is tipies tevrede met homself, en die onvrugbaar-heid van sy lewe waarna hy kan terugkyk.  Hy wil nie gesteur word nie, hy glimlag indien daar van herlewing gepraat word, van vas of gebed of selfondersoek, of om die gebed van barensnood te kan bid, sodat daar vrugbaarheid kan voortspruit.

B)     DIE VRUGBARE BEWERKTE GROND:

Hy gee homself oor aan die avontuur van lewe. Daardie muur van beskerming is weggeneem, afgebreek en het die ploeg toegelaat. Die ploeg kom soos altyd prakties, wreed, om dit waartoe hy gestuur is af te handel.

Die veld voel die smart van verandering. Dit is gesteur en afgebreek, omgedolwe en fyn gemaal. Maar die beloning kom na die tyd.

Ooral oor die veld is die hand van die Here aan die werk in die eeue oue hernude diens van skepping. Nuwe lewe word gebore. Die natuur se wonder volg die wreedheid van die ploeg.

i)Die mens soos die:

In berou laat hulle die ploeg van belydenis in hulle siele toe. Die aansporing van die H.G. en die druk van omstandighede en ellende van ‘n vrugtelose lewe het deeglik daartoe bygedra om in nederig-heid die hart te verootmoedig.

Ontevrede uitroepe en blindelingse gehoorsaamheid aan die wil van God, dit het die hart weereens gebreek todat die hart weereens ge-reed is vir die saad en soos altyd vrugbaarheid volg op die reining-ings effek van die ploeg.

Hos.10:12 roep dit uit: “Braak vir julle ‘n braakland want dit is tyd om die Here te soek, todat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën”. Hoe noodsaaklik is dit nie dat elkeen van ons voor die Here ons lewens sal stel en vra hoe vrugbaar ek waarlik is. As ek moet teruggaan op my lewe, hoeveel siele het ek al vir die Here bereik, hoe produktief is my lewenswandel in die oë van die Here. Is ek waarlik aan Hom oorgegee dat Hy my kan gebruik.

DIE GROND:

In die gelykenisse wat die Here Jesus vertel aangaande die saaier is daar drie kwart van die lande wat te hart was dat die Here kon werk.

1) Uit Mark 4:15 Is die eerste grond: Die wat die Woord hoor en dit bloot langs die pad val en die satan kom en pik die saad op, wat in die hart gesaai is. Uit Matt.13:19 sê dit dat die is wat die Woord nie verstaan nie, wat die duiwel kom om die saad weg te pik.

2) Die saad wat op rotsagtige plekke val is die wat die Woord met blydskap aanvaar, maar sodra die Woord met blydskap ontvang is, so vinnig as wat dit gehoor was, vergeet het.Vs.20. Hulle het geen stand vastigheid in hulleself nie omdat die die Woord wel vir ‘n tyd in die hart gebêre is maar nie tot ontwikkeling kom nie omdat die Woord vergeet word. Deur vervolging en verdrukking sal hierdie persoon struikel t.w.v. die Woord.

3) Die saad wat tussen die dorings gesaai word is die wat die Woord hoor maar die sorge van die lewe en die verleiding van die rykdom verstik die Woord, en hy word onvrugbaar.

4) Die vrugbare grond is hy wat die Woord hoor, en verstaan, en wat dan gaan en vrug dra een honderd, ander sestig en ander dertig voudig.

DIE SAAIER:

As verantwoordelike is dit so belangrik dat ek wat myself beskikbaar stel vir die Here met oorleg die Woord wat die saad is, sal saai.

Dra die saad in die sak en moet tydig en ontydig saai en nie moede-loos raak of ophou om goed te doen nie. Hy moet ook oordeelkundig saai sodat hy nie pêrels voor die varke werp nie, maar wag op die tydsberekening van die Here, daarom moet hy in ‘n lewende verhou-ding tot die Here staan.

Hy moet saai met verwagting, dat hy ‘n oes na die dorsvloere sal bring, dat hy op seisoen sal saai en dat die arbeider sy loon werd is.

Hy moet seker maak dat hy vrugbare saad saai, want alles wat uit die vlees is, is dooie werke en sal die dood voortbring, sal ook soos voor die Here wegwerplik wees, as dit nie in die teenwoordigheid van die Here gedoen is nie.

Daarom moet hy voortdurend in kontak met die Here leef, sodat Hy op die regte tyd sal oes. Paulus verwys ook verder daarna dat daar die is wat saai en die wat natmaak, daar is ook seisoene in die saaier se lewe, hy sal nie net saad vermors nie, want volgens die gelyke-nisse vertel die Here Jesus dat ¾ van die saad onoordeelkudig gesaai is.

As die koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bring dit geen vrug voort nie, maar as dit in die grond val en sterwe, sal dit veel vrug voortbring. 

Onkruid sal gesaai word indien ek in die vlees saai, en dan die dood meebring.

DIE SAAD:

Elkeen moet oppas hoe hy leef, want daar sal ‘n dag aanbreek waarin ons in geregtigheid voor die Here gaan verskyn om rekenskap te gee van hoe ons op aarde geleef het. Ons moet kan sê of die saad wat ons gesaai het vrug opgelewer het, een dertig ander sestig en ander honderd voudig.

Hoe produktief is my lewe, hoe effektief saai ek. Die Here Jesus ge-bruik verder ‘n illustrasie van die mostertsaad en sê dat as ons geloof nie soos die van ‘n mostertsaad is nie, sal ons nie berge kan versit nie. Die mostertsaad is die saadsoort met die minste vlees aan dit. As dit in die grond val moet hy dadelik begin te groei anders sal hy sterwe.

Saad het net een doel en dit is om te lewe sodat dit vrug kan voort-bring. Saad kan oud wees en is dan vrugteloos en van geen nut nie. Saad kan verjaar en slaan dan sy seisoen om, en al is dit hoe effektief moet dit in regte grond gegooi word.

Paulus maan ons dat ons lewens met sout bespringkel moet wees sodat ons ander vir die Here kan bereid.

Saad moet deur die meule van beproewinge gaan om vir ons aantreklik te raak om te gebruik, dit gaan deur die bakoond en moet bereid wees om saam te kan staan om uiteindelik een brood te vrom.

Saad word aan sy potesiaal gemeet, nie na die resultaat nie maar na die vermoeë wat dit sal hê om in die grond te kan voortbetsaan.

***********************

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00