DIE GEES VAN ONDERSKEIDING:

Daar is sekere feite wat ons moet weet aangaande Christelike onder-skeiding.

1) Een van die eerste aspekte van onderskeiding is dat ons volwasse in die Here moet wees. (Efe.4:14; Hebr.5:11-15). ‘n Volwasse Christen sal nie maklik ontkant betrap word nie. Die insig aangaande waarhede het ook met etieke aspekte te doene. (Efe.5:11-17).

2) ‘n Ander aspek van geesetlike onderskeiding is ware geestelik-heid. Om dit te kan verstaan was dit die las van Paulus om aan die gemeenste van Korinthe deur te gee. Die Korinthe gemeente het geestelikheid aan gawes gekoppel, hoe meer aanterklik. Paulus wys daarop dat hulle soos kinders optree en nie soos volwasses nie. ( 1 Kor.14:20). Paulus het geestelikheid (negatief) gemeet in terme van vryheid van vleeslike drange. ( 1 Kor.3:1) en (positief) in terme van volmaakte liefde ( 1 Kor.13), wat stabiliteit, getrouheid en geduld weerspieël.

Pauluis herheinder die oppervlakkige Christene van Kor. dat hy gesigte gehad het, wat al hulle gawes in ‘n skadu geplaas het. Hy het geweier om in hierdie dinge te roem, maar sê eerder in 2 Kor.12:9  “My genade is vir jou genoeg, Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.”

Watter krag verwys hy na? Om wonderwerke te doen, maar die krag om oorwinning oor die dorings in sy lewe te ervaar.

Moderne predikers sou Paulus gemeet het in terme van hoeveel genesings daar deur sy lewe bewerk is. Geestelikheid is nie om van die dorings verlos te wees nie, maar om dit te kan verdra. Ware geestelikheid is gekoppel aan ware toewyding en wat die Here oor my toelaat met blymoedigheid te aanvaar, om aandie Here eer en lof te bring.

3) Nog ‘n aspek van ware geestelikheid is die vertroue om saam met die leiding van die Heilige Gees te werk en te ken. (1 Kor.2:9-16) Om deur die Gees te wandel is die basis van ware Christenskap. (Gal.5:25).  Dit neem tyd om hierdie geheim te leer ken soos Filip in (Hand.8:29) en ook in Paulus en Silas in die gevangenis Hand.165:6-7. Die salwing deur die Here (1 Joh.2:20; 27; 4:1-3) dit is deur die Gees wat ons oë aangeraak is, en geestelike insig gee in die waarheid vandie Evangelie. ( Hand.5:1-5) Soos on met die Here sal wandel sal ons sensitiwiteit ook toeneem, (Efe.4:30 + 1 Thess.5:17) 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00