DIE EFFEK VAN SONDE: JES.53

INLEIDING:

Elke mens wat op hierdie aarde leef is deur sonde geskaad. Geestelik het mense hulle arms, en bene verloor en is hulle in ‘n toestand van wanhoop. Daarom dat Jes.53 in vs. 3 en 4 onderskeid maak tussen krankhede en smarte.

Krankhede is wat die liggaam deurgemaak het toe Adam en Eva in sonde verval het, maar smarte dui op die siel van die mens wat geskend is deur sonde en sy effek.

1) Kom ons begin by die liggaam: Die woord is Sora vir liggaam.

Ons liggaam is die draer van ons siel en ons gees en hy het kontak met die buitewêreld deur ons sintuie. Wat ons sien, voel, smaak, ruik, en hoor affekteer ons gedrag t.o.v. ons liggaam. Dit is ook so dat indien daar iets verkeerds gaan in ons samestelling dit gewoonlik eerstens by die liggaam sigbaar is, m.a.w. dat daar een of ander skeet is wat ek ervaar.

Siekte is nie sonde nie, maar dit is die effek van sonde wat op my liggaam uitwerk. Hoe belangrik is dit nie dat daar voortdurend kon-trole gehou moet word aangaande my fisiese welstand, want dit kan gebeur dat ek weens een of ander toegewing in my lewe sonde toe-gelaat het. Koning Hiskia het aan die einde van sy lewe nie op die priesters gewag om die offers te bring nie en daarom melaats geword toe hy die offers self voor die Here wou bring.

Hy bid om die verlenging van sy lewe en uit hierdie verlengde tyd het die mees goddelose koning in die geskiedenis van Israel opge-staan nl. Menasse. Hy het goed begin maar sleg geindig. Dit is waarna in Jes.6 verwys na die sterfjaar van koning Hiskia, het hy die Here sien sit op ‘n hoë en verhewe troon.

So die liggaam kan direk geraak word deur een of ander waar-neming van buite, of deur een of ander toelating van binne. Dikwels begin mense ernstige siektes optel weens ontrouheid aan die huwelik en straf die Here die mens met geweldige gevolge.

2) Dan kyk ons na die siel: Psige:

Die siel van die mens is in drie dele opgedeel nl. die emosies, die wil en die intelek. Dit is hierdie deel wat beslisde keuse moet uitoefen om te kies wie hulle sal wil dien.

Drie keer in die Bybel kom die pretinente uitdaging in die vraag: Kies julle wie julle wil dien: As die Here God is dien Hom. In Moses, in Joshua en in Elia.

Jer.17:9 Sê: “Bedrieglik is die hart bo alle dinge ja wie kan dit ken.”

Dikwels sal iemand die indruk skep dat dit goed gaan met die per-soon maar dat daar nie ‘n behoefte na die Here is nie. Dat hierdie persoon voorgee dat alles wel is en dan ook nie die bedrieglikheid van sy of haar eie hart ken nie.

Binne die psige is dit ook waar die mens geskend kan word deur woorde. Jak.3 waarsku ons dat die tong is soos ‘n vuurhoutjie wat ‘n groot bos aan die brand kan steek. Dit verwys na die skerpheid van die tong, om iemand te kritiseer. Dan verwys hy na die tong wat soos ‘n klein roer is wat die hele skip bestuur: Dit verwys na manipulasie.

Soveel mense is geskend deur die invloed van die tong, dat mense gekrenk loop a.g.v. dinge wat ander van hulle gesê het. O, mag ons genade ontvang om so in die rus van die Here te leef, en toe te laat dat ons woorde met sout gesalf word. Mense sukkel dikwels jare om iemand van harte te vergewe en self uit die gevangenis van hulle eie lewenswandel te kom, dat hulle eenvoudig net nie voorentoe kan beweeg nie.

Luk.6;37 Waarsku ons dat ons eerstens bereid moet wees om mense te vergewe, en nie ander te oordeel nie. Dan die woorde dat ons ander moet vryspreek. Daar kom ‘n stadium dat ek sielkundig so siek kan raak weens bv. bitterheid dat daar ‘n keuse sal moet kom om ander vry te spreek.

Dit behels die wil en is die setel tot oorwinning of nie.

3) Die Gees van die mens: Pneuma:

Dit is die deel wat die intuisie, waarnemings op ‘n geestelike vlak ervaar of gemeenskap met die Here kan ondervind.

Die gees van die mens is die deel wat dood is in sonde en in misdade wat nodig het om deur die Here lewend gemaak te word.  Hierdie deel is latent dood en kan in hierdie stadium met die bose in kontak wees en word so ‘n persoon met ‘n onrein gees vervul. Luk.6:18. Dit  is uit diesulkes waaruit bose geeste uitgedryf moet word, wanneer iemand een of ander bose werk in sy of haar lewe toegelaat het.

Hierdie areas is absoluut verbode vir die mens om in betrokke te raak aangesien die Here dit verbied, maar ook omdat ons liggaam ‘n tempel van God is en nie homself daarvoor mag oopstel nie, want dan skend ons die liggaam wat die Here aan ons gegee het. Ons het ‘n verantwoordelikheid om te sien na hierdie liggaam wat ons van die Here ontvang het.

Dit is dikwels ook in hierdie area van die mens se lewe waarin hy sy liggaam skend deur on-eties aan te trek en dinge aan die liggaam te doen wat nie volgens 1 Pet.3 ingetoë en fatsoenlik is nie.

In die gees van die mens is daar dikwels eindelose skade wat veroor-saak is deur die toelating van sonde of selfs een of ander bose werk-ing in die mens. Daarom dat dit so belangrik is dat ons totaal met elke fasset van sonde sal breek.

Dat ons volkome vrykom anders sal ons slawe bly van sonde.

Die gewete is die deel wat die skakel tussen die ligaam en die siel, of die siel met die gees of die gees met die liggaam het.

Dan maak Jes.53 melding van oortredinge en ongeregtigheid:

Oortredinge is dade van sondes wat ek toegelaat het waarin ek ver-keerd gekies het en teen die oortuiging van die Heilige Gees gegaan het en doelbewus sonde gekies het. 1 Joh.3:4. Sonde is wetteloos-heid, m.a.w. ek sal my eie ding doen en niemand sal my oortuig en vertel wat ek mag en nie mag doen nie.

1 Joh.3 Beeld liefde t.o.v. sonde uit. 1 Joh.4 beeld Liefde t.o.v. die Here uit. Liefde sal trag om almal hoër as onsself te ag en mekaar te dien.

Dit is ook deur die gees dat ons gees met die Gees van die Here kan getuig dat ons kinders van die Here is. Dit is ook deur ons gees dat ons gemeenskap met die Here beoefen. So noodsaaklik dat ons ons wandel in die Here sal bewaar, en soos Paulus in Fil.2 daardie innige teerderheid teenoor die Here sal bewaarheid.

Dit is die deel wat die siel en die liggaam van die mens in ‘n rus mag inlei, waarin ons so aan die Here oorgegee is, dat niks ons sal kan skend nie.

Voor die sondeval was die mens vry: Na die sondeval:

Vry vir God:  Vrees die Here.

Vry van self:  Leef Selfgesentreerd. Hyper sensetief. Dit is sonde.

Vry van andere:  Gesteld op mense van my dink.

Vry van die wêreld:  Word wêrelds gesind.

Daar was twee aspekte waarna ons na die beeld van die Here geskape was:

Na die sondeval het die mens verval en is na die beeld van Adam en Eva geskape.

1) Die Morele beeld van God: Dit is die deel warin die mens verval het in sonde.

2) Die natuurlike beeld: Dit is die deel wat in die mens behoue gebly het.

Om waarlik verlos te word beteken dat ek 5 aspekte moet verstaan rondom die versoening van die Here:

1) Die Kruis: Dit verwys na my stand wat ek inneem om die aan-vanklike keuse in my lewe te maak om of gered en dan later in my lewe gereinig te raak. Dit was die kruis wat die krises vir die duiwel geword het want aan die kruis het die Here Jesus die duiwel oorwin. Kol.2:9-15

2) Die Bloed: Efe.1:7 Bevestig vir ons dat die Bloed, vergifnis, verlossing, en reiniging bring. Dit is die bloed wat ons skoon-was en ons voortdurend reing. 1 Joh.1:7 “As ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar en die bloed van Jesus Christus reinig ons van alle sonde”.

3) Dit is die Naam: Fil.2:10-11 “Sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie.” Dit is die gesag wat ons het as Sy kinders om op te kan staan teen die bose werking en die aanslae van die duiwel in ons lewens.

4) Die Woord: Efe.617 Verwys na die Woord as ‘n swaard, maar ook in vs.19 is die Woord die vrymoedigheid waarmee ons kan spreek om die vrylating van siele in die Here te ondervind.

5) Aanbidding: Hebr.13:15 laat ons voortdurend ‘n lofoffer bring laat ons in alles dankbaar wees 1Thess.5:18. “Wees in alles dank-baar want dit is die wil van God.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00