DIE EERSTE KERK VAN DIE N.T. God se krag:
INLEIDING:
Om te dink dat die N.T. kerk begin het met maar net ‘n paar gewone mense soos jy en ek wat elders in ‘n bo-vertrek bymekaar gekom het en toegelaat het dat die Here hulle kon bekragtig en daaruit die gewledige beweginge in die geskiedenis plaasgevind het.
Wat was die omstandighede van die eerste kerk:
Die Here Jesus het uit die dode opgestaan, en was dit juis om hierdie rede dat die hele kerk bymekaar was. Met Sy opstanding was die hoeveelheid 120 mensies. Meer as skere ooit was dit bekend as die tyd van korupsie gewees. Buite Judea was owerspel aan die orde van die dag. Gode en godinne was om elke hoek en draai aanbid, en was gewledige tempels ten duurste opgerig.
Alle mag was in die hande van die hartelose rykes gewees, en was die massas in wanhoop en degradering blootgestel. Hulle het geen betekenis, opleiding, doel of beskerming geniet nie. 60 Miljioen van was onder die Romeinse Ryk alleen as slawe gevange geneem.
Ouers het gely aan hongerte, kinders was verwoes en vermoor. Manne moes teen mekaar veg beknd as die Gladiators, (swaard vegters) in amfiteaters en het in die duisende moes wreed sterf ter aanskoue van die adel klas, wat dit as deel van hulle ontspanning beskou het. Elke aspek van morele wette was wreed byna sonder enige gewete oorskry sonder enige verhindering.
Die vroeëre dissipels het armoedig gelewe, en het geen sosiale posisie beklee nie, of enige erkenning gekry nie, en Regerings onder- steuning of enige hulp van georganiseerde instansies nie. Hulle was in hullself verag en broos, sonder invloed en bekwaamhede of opleiding, sonder selfs die N.T. en dikwels ook sonder die O.T. wat nie in die hande van die publiek beskikbaar was nie. Ook was daar nie Christelike lektuur beskikbaar nie, of selfs geen spesifieke huis waar hulle bymekaar kon kom nie. Die hele sisteem was in elke opsig teen hulle gewees. Hulle was veraf ongeken, vervolg, en blootgestel aan die moontlikheid van die dood.
Die Christene van daardie dag het hulp van die inwoenende heilige Verlosser gehad, wat hulle met die krag van die Heilige Gees bekragtig het, en met die toerustig om hierdie barre wêreld te bereik waardeur hulle die kragte van die duister wêreld kon oorwin het.
Binne 70 jaar volgens die konserwatiefste beraminge was daar reeds sowat 500 000 navolgers van die here Jesus en dat sommige outoriteite bevestig dat daar selfs sowat ‘n ¼ miljoen navolgers van die Here Jesus in die provinsie van Babilon gewees het. Die Heilige Gees het hulle bekragtig dat hulle binne 30 jaar 4000 voudig toegeneem het.
As dit dan te veel om te sê dat indien die Protestante kerke bekragtig sal word met die Heilige Gees toerusting dat ons die wêreld in tien jaar sal kan verower. Ons het tans trone en regerings en beskerming en gunstige omstandighede rondom mense en baie meer geld beskik-baar. Daar is instansies en organisasie gestig wat almal fasiliteite benodig en die Bybel is raads in sowat 400 tale gedruk en ‘n magdom Chritelike lektuur wat soos blre in die woude kan hang.
Ons het nou alles moontlik om die werk te verrig maar skort aan die algemene bekragtiging van die Heilige Gees. Sonder dit kan daar niks tot stand kom nie. Prof. Cowels het eens gesê in die draai van die vorige eeu. Daar is geen oplossing behalwe dat die kerk moet terugkeer na die begin van hulle bediening nl. die toerusting van die Heilige Gees.
Wat kan die kerk doen om die wêreld weer te bereik? Daar moet baie diep en rein heiligheid weer in harte begin posvat.
Die standaard van Chreistenskap het uiters verlaag, waarin mense wat verlos wil word nie meer in ons iets vind wat hulle aanspoor om die Here te soek nie. Die gees van die wêreld het die harte van die kerk gedwarsboom. O sal ons weer opstaan.
Kyk na die kerk en sien of daar ‘n abtyd vir liefde en gebed is, vir die bewys dat lewens verander het. Om en by 125 jaar gelede het Dr. Barnes die volgende stelling gemaak. Nie een van elke tien lede in enige kerk doen iets effektief vir die heiliging van die gereddes nie.
Dr. Cuyler skrywe: Daar is te veel nuwe gereddes wat gaan sit het en tevrede is dat hulle gered is. Om in die konikryk gebore te wees maak hulle stok gerus om maar babas te bly. Om ‘n belydenis af te lê is maar die begin, en die einde van hulle geloof. Daar is geen geestelike ambusies om verder as die alfabet te vorder nie.
Ds. Pearson het by ‘n Chrsten konferensie eens gesê: Die Here wil die die mense aanspreek deur die teenstelling van on-wêrels gesind-heid van Sy kinders, maar in die geheel is die getuienis van ‘n afge-sonderde lewe van ‘n tong wat met vuur gedoop is deel van dit. Ie wêrelds gesindheid vandie kerk is iets wat ons nie mag miskyk nie.
Dr. Rice sê: Die werk van sendelinge sal nie uitbrei tot daar nie ‘n hoër tipe Christus gelykvormigheid plaasvind nie. Die Here sal die wêreld nie besoedel met ‘n verlaagde standaard nie.
Moody het eens gesê: Nege tiendes van die kerk lidmate dink noot daaraan om oor die Here Jesus te praat nie. As hulle iemand sien wat die afgrond instort dink hulle nooit daaraan om met hierdie persoon oor sy siel te praat nie.
Tog sal jy vind dat mense met siele kan praat en net nie genoeg geloof hê om hierdie siel deur te help nie, hoewel hulle kinders van die Here is. Hulle het net nie die liefde wat ‘n ware dissipel van die Here Jesus behoort te hê nie.
Baie mense dink dat nuwe metodes die probleem gaan oplos, Nuwe kerke nuwe organisasies, nuwe kore en orrels en instrumente, dit is nie wat die kerk van die Here Jesus nodig het nie, wat die behoefte is is die ou krag van die Heilige Gees wat een in die dissipels se harte gelewe het. Ag dat die Here weer Sy kerk sal kom bekragtig, met die instaatstelling van die Heilige Gees. Die herders is nie die enigstes wat die bekragtiging van die Here nodig het nie, elkeen in die gemeente moet die Here vertrou vir Sy besoek in ons lewens.
Daar is nie ‘n mamma wat dit nie nodig het nie, want daardeur sal sy haar huis reg kan bestuur, ook die Sondagskool bediening en elke ander aspek van die kerk, ons het dit almal nodig en laat ons nie rus todat ons elkeen bekragtig sal word met die volheid van die Heilige Gees. As dit die begeerte van ons harte is, sal die Here dit vir Sy kerk gun. Mag die Here ons help om nie te rus totdat ons bekragtig is nie.
Spurgeon het eens gesê: ”As ons nie die krag van die Heilige Gees het nie, sal dit beter wees dat ons die kerk se deure sluit en ‘n blok voor die deur hang met die woorde: Here wees ons genadig”.
As ek nie die Gees van die Here het nie, moet ek nie preek nie, en sal dit beter wees dat mense by die huis bly. Die kerk sonder die Gees van die Here is eerder ‘n vloek as ‘n seën. As ek nie die Gees van die Here het nie staan ek in iemand anders se pad om te vorder.
Die Ges van die Here kan alleen deur ‘n dooie kanaal werk, hy wat bereid is om sy alles opd ie altaar te plaas. Dit gaan beteken dat ek noodwendig opleiding sal moet kry, maar daar is die vermoeë om soveel vinniger te groei as ek my alles aan Hom oorgee. Soms het ons voorop gestelde idees en dink by myself dat ek nooit sal kan verander nie, laat Hom net toe. Die begeerte om so weg gegee te wees en te verlang na die inwoning van die Gees van God in ons lewens, sal veroorsaak dat die Gees van die here in ons kan kom sug, en Sy krag in ons kom kan openbaar.
Ons is met Goddelike ontevredenheid gevul indien ons nie vervul is met Sy Goddelike volheid nie. Daar sal net iets skort in alles wat gebeur. Daar moet ‘n hernuwing van die kerk ideur die Heilige Gees plaasvind. Die bidure wat die termometer van ‘n kerk is moet weer begin kook van persone wat na vore kom om weer die geheidm van gebed wat die troon van genade aanraak te ken.
Bidure mag nooit net ‘n tradisie word nie o, nee laat ons bid met die instaatstelling van die Heilige Gees.
Hoe kan ons ons opdragte uitvoer sonder die instaatstelling van die Heilige Gees. Selfs die Here Jesus was so versigtig dat sy dissiepels nie uitgaan sonder die instaatstelling van die Heilige Gees nie. Hy het aan Sy dissipels gesê dat hulle moet wag totdat hulle vervul is met die Heilige Gees. Baie wil die werk van die Here doen, siele te red, sonder die bekragtiging van die Heilige Gees.
Daar bestaan dikwels die gedagte van pleegkind i.p.v. ware kindskap in my verhouding tot die Here. Daar is ‘n doodsheid aangaande die dinge van die Here, eerder as na die dinge vand ie wêreld. Die Bybel sê: ‘Hy wat in My glo soos die Skrif leer, strome van lewende waters sal uit sy binneste vloei.”
Finney het eens gesê dat dit skokkend is om te sien hoe die kerk van die Here Jesus gewoond geraak het om te leef sonder die instaatstel-ling van die Heilige Gees. Christene en gewone werkers gaan na ons werk sonder die bekregtiging van die Heilige Gees. As ons nie metdie Heilige Gees bekragtig is nie, waarom is ons nie bekragtig nie. Is ons nie swak nie, waarom bly ons daar.
Die kerk bly swak weens die swakheid van die bediening. O, vir ‘n oortuiging vir die noodsaaklikheid dat elkeen van ons vervul sal word met die bekragtiging van die Heilige Gees. Ds. Peck het eens gesê: ”Die kerk is gevul met dooie liggaame, met teruggevallenes, en is betreklik kragteloos, vir die groot taak waarvoor die Here Sy bruid opgewek het.
Ds Foster het eens gesê: “Die kerk begewe hom in allerhande feeste en praktyke wat die inpak van die kerk geestelik totaal lam lê, wat beide die oueres en jonges se geestelike lewens vernietig.” Die ge-sindheid sal die kerk in die hel laat beland en vele in skuld voor die groot oordeelsdag van die Here bring.
Is wêrelds gesindheid nie in die musiek te bespeur nie. Die getalle wat na ‘n ware oorgawe en ‘n oorgegewe lewe soek is maar min. Jo-sef Cook sê: “Die groot behoefte van die wêreld is ‘n Christus gesen-treerdheid by Christene.” Ons sal moet terug beweeg na dit wat met die dissipels opPinkster gebeur het. Mnese maak allerhander veskon-ings waarom daar nie die bekragtiging van die Heilige Gees is nie. Mense besef nie dat andere sonder hoop sterf en in hulle sonde die ewigheid ingedompel sal word nie.
Daar is kerke wat dood tevrede is dat daar geen bekerings in jare plaasvind nie, ons moet waak daarteen dat ons sal begin stagneer, en dat die Here ons weer sal doop met die vuur van Pinkster wat 3000 siele in een dag na die Here toe gely het. As ons as kerke teen die trant sal aangaan sal die kerk ondergaan en sal daar nie eens weer ‘n geslag kan opstaan wat vir Christenskap sal kan stry nie.
Moody skrywe: “Wat sal die heidendom van die kerk dink wat geen vrug meer kan voortbring nie” As kerke roem daarin dat hulle jare nog geen bekeerling in hulle midde het nie. Waar sal ons oor tien jaar staan as daar nie iets daadwerkliks gedoen gaan word nie.
Daar is seker meer nodig as bloot net kerk organisasie, dit is nodig dat elkeen van ons bekragtig sal moet word met die volhied van die Heilige Gees. Hierdie hartseer feite behoort die kerk op sy knieë te dwing en dat ons tot die Here sal roep vir ‘n vars uitstorting van die Heilige Gees. Ons enigste oplossing en uitkoms uit hierdie delima waarin die kerk van vandag verval het is ‘n terug beweeg na die Pinkster ondervinding waar ons weer met die Gees van God vervul sal word.