DIE DROOMWêRELD SINDROOM: Ps.55:1-
Ons weet dat hierdie een van die Messianse
Psalms is wat op die kruisiging van die Here Jesus
dui, maar dit weerspieël ook u en my lewe.
Klink hierdie beskrywing vir u bekend, dat u so ‘n dag ervaar waarin alles maar net eenvoudig verkeerd gaan. Die Psalmis sê in hierdie gedeelte dat hy die begeerte het om soos vs.7 sê weg te kon vlieg.
Hy was depresief, hy was beskuldig, in hierdie geval valslik beskuldig, en was diep gekwes. In die Engels sê hy dat die vreeslikheid van die dood oor hom gekom het. Vrees en bewing het hom aangegryp, en angs het hom oorweldig. Het u al so oorweldig gevoel.
Dawid ervaar die situasie waarin die aanklaer van die broeders besig is om hierdie persoon te wil vernietig. Ons sien die toestand van die wêreld die diepte van sonde, en die smarte wat die mens oor u lewe bring. Het u al so oorweldig gevoel dat dit meer is as wat u kan hanteer. Dit is wat die Psalmis in die werklike wêreld ervaar.
Vandag moet ons besef dat die Here voorsiening vir ons maak, in hierdie werklike wêreld. ‘n Plek van pyn en seer en kwestings, en die angs van die dood, en dinge waarin ons oorweldig voel.
Kom ons kyk hoe die Psalmis reageer op sy toestand. Vs.7 “Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos ‘n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly.”
Die Psalmis wil leef is wat ons noem: ‘n Droomwêreld.
Daar is soveel mense wat nie van tyd tot tyd in ‘n droomwêreld leef nie, maar wat reeds jare daarin leef. In die midde hiervan het ons gefaal om die Here in die probleme wat ons het te vind in die situasie om ons hierin te help.
Die prbleem wat ons kry is dat ons in ‘n droomwêreld begin te leef eerder dan in die werklike wêreld. Die werklike wêreld is ‘n plek van verantwoordelikheid. Jy kan nie na die droomwêreld hardloop sonder om terselfdertyd van my verantwoordelikheid weg te hardloop nie.
Wat gebeur as ek van my verantwoordelikheid weghardloop?
Jy sal meer en meer onverantwoordelik began word.
70% Van alle verstandelike afwykings is niks anders as verskillende grade van onverantwoordelikheid, mense wat gevlug het van hulle verantwoordelikheid, in die werklike wêreld.
Hulle het seergekry en is selfs platgeslaan, en voel oorweldig, en hulle voel dat hulle dit nie kon hanteer nie, en hulle vlug, na ‘n droomwêreld. Die Psalmis erken sy ontvlugting wanneer hy sê: “Ag had ek maar vlerke soos ‘n duif, dan sal ek wegvlieg en wegbly”
Gee my net ‘n breek. Vs.8 Gaan hy verder: “Kyk, ek sou ver wegvlug, ek sou vernag in die woestyn.”
Dan kom die woorde Sela
Ons het al gehoor van predikers wat wonderlik sou wees as dit nie vir die mense gewees het nie. Dit is ‘n droomwêreld. Bid dat die Here jou na die uiterste van die wêreld sal stuur as ‘n sendeling, dit is ‘n droomwêreld.
As ek dink dat ek net uit my situasie sou kon kom, waar ek alleen kan wees, sal dit al my behoeftes beantwoord. Vs. 9 Gaan hy verder om te sê dat hy gou sou vlug.
Hy wil vlug van die storm en die onstuimige wind. Ons kan nie van die werklike wêreld vlug met al sy verpligtinge en realiteite in ‘n droomwêreld, en myself idealiseer hoe dit moet wees, sonder om dan ‘n onverantwoordelike persoon te word.
Ons as Christene staar baie droom wêrelde in die gesig. As jy hierdie droomwêreld in die gesig staar is jy nie alleen nie.
Dawid se begeerte was om te vlug van sy situasie af, en net rus vind.
Jona het die werklike wêreld nie wou gehad het nie, en het van die aangesig van die Here af weggevlug. Hy wou sy eie rigting gaan en nie wat die Here van hom wou gehad het nie. Jona het van die teenwoordigheid van die Here gevlug.
Waar kan ons gaan en van die Here vlug. Waar ek ookal wil gaan daar sal die Here wees. Sal ek selfs met vlerke na die uiterste van die aarde sou vlug, kyk U is daar. Selfs hier sal U regterhand my lei.
Waar sal ek kan vlug van die teenwoordigheid van die Here af weg, Jona het geglo dat hy sou kon vlug. Die Here sal altyd voorsien dat daar ‘n storm met ‘n boodjie sal wees wat gereed sal staan om u weg te neem.
Die prbleem met Jona was dat die Here so besorgd was met die realiteit van die wêreld, dat Hy hom opgewek het, en begewe hom in ‘n storm wat hy nie kan glo nie, en sy werklike wêreld is aan hom in die buik van die vis geopenbaar.
Onthou u die dissipels in Matt.17 Petrus, Jakobus en Johannes wat saam met die Here Jesus op die berg van verheerliking was, waar Hy voor hulle verander het, wat was hulle reaksie: Dat ons maar hier kan bly ons sal die hutte bou.
As u ontvlug van realiteite (op die bergtoppe wil bly) sal u nooit leer om mense in hulle krissse te kan help nie. Vir hulle was die ideaal om net daar te bly, alles is wonderlik en fantasties, want as ons teruggaan, sal ons realiteite moet in die gesig staar.
Die volk van Israel in Egipte roep tot die Here, en die Here hoor hulle gebed en neem hulle uit Egipte en wat gebeur, hulle vra Moses waarom het hy hulle uit Egipte gelei, daar het hulle voedsel gehad.
Nou is ons in die woestyn, wat het jy aan ons gedoen. Vir hulle was die droomwêreld om terug te wil gaan. Wat doen jy wanneer jy na jou droomwêreld vlug. Jy probeer uit jou omstandighede te vlug, of te hardloop.
Dikwels kan ons van ons verlede vertel hoe die Here gewerk het, sonder om die verantwoordelikheid van vandag op my te neem. Ons kan grepe uit ons verlede vertel, met die woorde: ek onthou….Dit is ‘n droomwêreld waarin ek leef.
Die prbleem met al hierdie aspekte, Die Here leef nie in die droom-wêreld nie. Die Here wil hê dat u en ek moet leer om in die werklike wêreld te leef.
Sommige mense hardloop fisies na ‘n droomwêreld, na verskillende geografiese plekke, en sal van een plek na ‘n ander vlug met eindelose verskonings waarom hulle uit hierdie situasie sal padgee.
Ander harloop in hulle gedates, na ‘n nuwe werk, as ek net meer oortyd kry, en meer sal maak, as ek net ‘n nuwe pos kan beklee, al hierdie dinge is droomwêrelde. Ander skuil agter hulle kerklike aktiwiteite, as ek net op vertrou kan word met hierdie verantwoor-delikhede, dan sal ek hulle kan bewys.
Ander vlug van die droomwêreld van egskeiding, met die verskoning die Here het toegelaat dat ek lesse moes leer, of was die verkeerde persoon ens. Verskonings van die gras wat groener aan die anderkant is ens. Sal uitvind dat dit nie so is nie.
As ek in ‘n groter huis kan woon, beter salaris kan kry, beter klere kan dra, ens…. Sommige hardloop emosioneel na ‘n droomwêreld.
Hulle verbeel, en vlug na dagdromery, visiolarisering dat hulle daar en hier en waar ookal kan wees. Weier om die feite van realiteite te aanvaar, en wil nie weet wie hulle werklik is as ‘n persoon nie.
Sommige doen dit en leef uit grepe van hulle verlede. Ek onthou toe dit en dat gebeur het.
Sommige leef in die droomwêreld van wat as ek dit gehad het.
Wat sou gebeur het as ek die werk sou geneem het of die man of vrou sou getrou het ens.
Sommige leef geestelik in ‘n droomwêreld:
Hulle skuil agter hulle geestelike gawes, ek kan nie help dat ek so is nie, ens. Dit is ‘n gebrek aan verantwoordelikheid.
Ander skuil agter hulle tempramente, of sal selfs ‘n bose gees blameer, vir alles wat in hulle lewens plaasvind. Dit was nie my fout nie en ek kan dit nie help nie. Ander sal sê dat ek deur ‘n bose gees oorval; word. Dit is waarom ek sukkel.
Dit is nie, lees jou Bybel. Elke mens sondig wanneer hy deur sy eie begeerlikhede weggevoer word. Jak.1.
Ons sê dikwels dat die duiwel dit in ons laat doen het, of dat ek die Woord wil laat maak om te sê wat ek wil hoor.
Hoe affekteer ‘n droomwêreld my:
Deur te droom raak u alhoe meer onverantwoordelik. Wat gebeur dan: In die werklike wêreld is daar pyne en slae. Die Here Jesus het gesê dat daar tweedrag en verwyte sal kom.
In ‘n droomwêreld neem ek die houding in dat ek nie seer kry nie, ek kan dit hanteer, dit is juis mense wat maklik seergemaak word wat hierdie front voorhou.
In die werklike wêreld is daar sondes van immoraliteit, in die droom-wêreld regverdig ek myself, deur allerhande verskonings te gebruik.
Ek is nie verantwoordelik vir wat ek doen nie, dit is hulle fout. In die werklike wêreld is daar bedrog en in die droomwêreld is daar maar net een of ander verskoning, in die werklike wereld is daar geskinder en die gee van bose verslae, in die droomwêreld verskoon ek hierdie sonde deur een of ander rede soos bv. ek is so belas oor die saak dat ek dit aan jou moet vertel.
Ek het tenminste net die waarheid vertel, en dit regverdig nu die middel. Dit is nie reg nie, maar verkeerd. As ek praat, spreek die waarheid. Ek kan alleen die waarheid spreek as ek dit in liefde kan doen.
In die werklike wêreld is daar weerstand, in ‘n droomwêreld sal ek ook weerstand wys, deur te sê ag ek hou nie van hulle nie in elk geval. In die werklike wêreld is daar die sonde van egskeiding, in die droomwêreld hou ek die verskoning voor dat dit ie my fout was nie, want ek het genoeg grondige rede gehad om te skei.
In die droomwêreld is ek nie probleem nie, maar ek is onskuldig, die ander party was die enigste probleem, in hierdie situasie, en die rede hoekom ek skei, is weens die kinders.
Statistieke toon dat kinders met ewige verwyte loop in geskeide huise omdat hulle voel dat hulle dit veroorsaak het. In die werklike wêreld is daar die sonde van leuens, in die droomwereld word dit verskoon as ‘n witleuen.
In die werklike wêreld word beloftes gebreek, in die droomwereld se ons dat dit O.T. is. Die Here verstaan.
In die werklike wêreld is daar konflik in die droomwêreld sê ek dat ek net positief bly.
Daar is die bewering dat tyd alles heel. Dit is nie waar nie. Tyd kan nie dinge heel wat onbedek is nie, daar moet sulke situasies op die Bybelse wyse gedeel word. As daar nie gebrokenheid en nederigheid is nie, sal daar nie heling kom nie. Dit sal eerder ‘n kanker ontwikkel wat die liggaam sal vernietig.
In die werklike wêreld waar ek seergemaak is, sal die Here genesing bring as ek bereid is om hierdie aspekte na Hom toe te bring.
Ek lees eens ‘n artikel waarin verklaar word dat iemand moord gepleeg het omdat hy ‘n produk van sy omstandighede is. Sy probleem was dat hy te veel hamburgers geet het, hy was vryge-spreek van sy moord.
Alles dui op vleeslikheid waarvan die Here ons wil verlos.