DIE DRIE LEDIGE KOORD: PS.27.
INLEIDING:
Daar word nie veel agtergrond vir ons gegee aangaande hierdie Psalm nie, maar een ding is duidelik dat Dawid hier in ‘n baie moeilike situasie gedompel was want Vs.2-3 wys ons dat hy omring was deur vyande, vs.4 Se dat hy van die Huis van die Here afgesny was, Vs.10 Wys ons daarop dat hy van sy familie afgesny was, Vs.12 Wys ons daarop dat hy onder velle kritiek verval het.
Dit is ‘n Psalm wat vreugdevolle hoop bring wat gepas is vir die in moeilikhede en kan in ‘n drie voudige aspek gelees word nl. Die taal van Dawid, van die kerk en van die Here Jesus.
Dit is merkwaardig dat die gedagtes in die Psalm alles in drie voudig hardloop en is dit merkwaardig om op te merk dat hulle toeneem in intensiteit in my verhouding tot die Here.
1) DIE DRIEVOUDIGE BEHOEFTE: Vs.1.
A) LIG:
“Die Heer is my lig”. Die wereld soos Dawid in hierdie situasie was in duisternis gewikkel gewees en die mens soek na lig in hierdie donker tyd. Die Duiwel het die gedagte van die mens verduister om die heerlike waarhede van die Evangelie nie te verstaan nie.
B) HEIL BETEKEN VERLOSSER:
Dit was die Here wat my uit die pit van sonde uitgelig het en my Verlosser is.
Redding het ons in die duisernis gevind maar ons nie daar gelaat nie.
Na my redding is die Lig alles vir my, dit is vreugde, vertroosting, leiding en leermeester.
Hierdie Lig gee ons ook die versekering dat die duisternis tot in alle ewigheid dit nie sal oorweldig nie. Ons leun nie soos ‘n Goliat op sy eie sterkte en lig nie, maar op die ware “Ek Is”.
C) MY STERKTE OF TOEVLUG:
Fil.4:19 Se dat Hy my voetgange vasgemaak het. Hoe wonderlik dat ons daarin kan wandel.
Ons ontvang al ons sterkte van die outeur wat dit ook ontwerp en sal ons nie bevrees hoef te wees nie, want die vraag vir wie dan sal ons vervaard wees (bevrees wees) kyk na die toekoms sowel as die hede.
11) DIE DRIEVOUDIGE BEGEERTE: VS.4.
A) MAG WOON IN DIE HUIS VAN DIE HERE:
Dit beteken eenvoudig om in Hom te bly, en verwys na ‘n Heilige wandel waarin ek voortdurend Sy teenwoordigheid mag ondervind.
Hierdie woord begeerte waarna hier verwys word is nie in die passiewe sin nie, wat maar eintlik net ‘n droom is nie, maar in die aktiewe tyd, om die daad werklik by die woord te voeg.
Daarom dat Dawid dit koppel aan woon (of om in besit te neem) al die dae van my lewe. Kaleb ‘n beeld hiervan. Ons enigste begeerte is om die Heerlikhied van die Here te bewonder en te bly aanskou.
B) OM DIE LIEFLIKHEID ( OF DIE
SKOONHEID) VAN DIE HERE
TE AANSKOU:
Dit was die goeie deel wat Maria verkies het, om aan die voete van die Here Jesus te sit. Om van die Here te leer is om Sy heerlikhied te aanskou.
Hoe meer tyd met die Here spandeer word, hoe meer sal ek heilig word. Ons moet elke geleentheid wat ons het selfs om ‘n diens te luister beskou as die geleentheid waarin ek meer en meer verander kan word na die Here Jesus. Hebr.10 (Nie onderlinge byeenkomste versuim nie).
C) ONDERSOEK VAN SY TEMPEL:
Jak.1:5 As iemand wysheid kortkom laat hom dit van die Here bid” Die tempeldeur van die Woord is altyd oop. Ps.1:1 Se: “Dat ek nie sal leer van die goddelose nie.”
111) DIE DRIEVOUDIGE VOORREG: VS.5.
Sien Loofhutte fees:
A) HY STEEK MY WEG IN SY HUT:
“Die Naam van die Here is ‘n sterk toring, die regverdige hardloop daarin en word beskud”
were I
In tye van benoudheid steek die Here Jesus my in Sy beloftes weg soos Rom.8:28 “Want ons weet dat vir die wat die Here Jesus liefhet alles ten goede meewerk”
Hy sal my die beste beskutting gee in die ergste gevare.
B) HY VERBERG MY IN DIE SKUILPLEK VAN
SY TENT:
In die verborgenheid van Sy teenwoordheid, sowel as Sy sterkte skuil Hy Homself van die troste persoon. Die lewe wat in die Here verberg is kan nooit deur die vyande ontdek word nie.
Die koning se tent was in die middel van die laer gewees so is ons ook in die boesem van die Here beskud.
C) VERHEF MY OP ‘N ROTS:
Ons voete is gevestig op ‘n sekere fondasie. So ‘n persoon se lewe is nie gebou op dryfsand of op menslike teorie nie.
Hoe wonderlik is die Here wat ons wat ons op hoe plekke plaas, waarin die Here ons plaas, waarin ons in die Here mag bewaar wat ons beskerm.
IV) DIE DRIEVOUDIGE VERSEKERING:
VS. 8-10.
A) SOEK SY AANGESIG:
Die wat rein van hart is sal die Here sien van aangesig tot aangesig in Sy Seun, en Woord en in Sy voor-siening. 11 Kor.3:18
Ons moet nie net Sy aangesig sien nie, maar ook Sy stem hoor. Die ware en opregte hart sal die wil van die Here in Sy hart hoor ego, en sal die mooiste melodiee uit die hart van die Here tot sy eie hart hoor weerklink.
B) SOEK SY GEMEENSKAP:
” U was my hulp, verlaat U nie van my nie.” Die Here gee aan Sy kind in tye van beproewing dat Hy ons nie sal verlaat nie, daarom kan ek met vrymoedigheid se dat die Here my helper is. Hebr.13:5-6.
C) SOEK SY GUNS:
As vader of moeder my sal verlaat sal die Here my opneem. Die geoeie Herder dra sy verslane skapie en beskerm hom in Sy boesem. Die wat hulle vader verlaat sal die duiwel guns by die Here vind. Hos.14.
Om Sy guns te soek beteken ook om voortdurend gereed te wees vir Sy roepstem, wat Hy ookal tot my spreek, om gewillig te wees om onvoorwaardelik te gehoorsaam.
V) DIE DRIEVOUDIGE GEBED: VS.11-12.
A) OM TE LEER:
Leer my U wee. Sy weg is wee van heerlikheid. Hy leer genadiglik. Dawid toon juis sy afhanklikhied teenoor die Here deur te erken dat hy nie die toekoms kan ingaan sonder om die wil van die Here te wete te kom nie. Dit wys op ‘n gebroke hart, en gewillige gees, en versigtige gehoorsaamheid van hart.
B) OM TE LEI:
Lei my in die wee weens my vyande. Ons wandel deur die geloof en nie deur aanskoue nie.
C) VIR VERLOSSING:
Van die begeertes van my vyande. Soos Dawid sy Judas gehad het en Paulus sy kopersmit gehad het het elke ware weergebore kind van die Here wat opreg met die Here sy vyand waarvan hy verlos moet word.
Daniel het hierdie geheim geken toe hy en sy vriende in die oond en hyself in die leeukuil, van leeus wat hom wou veskeur, gegooi was, het die Here hom letterlik van sy vyande verlos.
VI) DIE DRIEVOUDIGE BEMOEDIGING:
VS.13-14.
A) OM TE GLO:
Ek sou gevaal het as ek nie gegelo het nie. Hoop is die hemel se balsem vir die teenswoordige smarte.
11 Kor.4:8-10 lees ons hoe Paulus aangeval was van elke kant en nie teneergedruk was nie, weens sy vertroue in die Here. Petrus het gevaal in die stormende water weens die feit dat hy getwyfel het.
In die land van sterwendes is dit ons voorreg om op die Here te wag wat ons die ewige lewe ons regverdige porsie in die land van die lewendes bied.
B) OM TE WAG:
Om op die Here te wag. Ps.62 Wag op die Here want u verwagting is van Hom.Almal wat waarlik op Hom wag sal saam met Jes.25 Se “Waarlik dit is onse Here.
Wag by Sy deur deur gebed, by Say voete met nederigheid, wag by Sy tafel vir diens, wag by Sy venster met verwagting.
C) OM TE WERK:
Hy sal u hart versterk, hou net goeie moed.Wat u hand ookal vind om te doen doen dit asof vir die Here Jesus, want Sy krag word in swakheid volbring.
Ons sien in die boeke van Martelare h0e hierdie mense vreesloos gewerk het vir die Here te mide van die grusaamste gevolge.
Hy het die geheim van wag op die Here geweet en daarom nie minder as drie keer aan ons die bevestiging gegee dat ons moet wag, asof hy sy seel daarop wil plaas.