DIE DIENSKNEG: LUK.12:35-48
INLEIDING:
Ons staan nou in die begin van ‘n nuwe jaar, en is dit so belangrik dat ons onsself moet instem om hierdie tydjie, voor die koms van die Here Jesus so te wandel dat dat die Here ‘n behae in ons lewens mag he. As weergeborenes word elkeen van ons opgeroep tot diensknegte:
Toegewyde diensknegte van die wereld het hulle eienskappe soos wat die ware weergebore Christen sy eienskappe het:
1) WAT IS DIE EIENSKAPPE VAN ‘N
DIENSKNEG?
a) HY IS GEHOORSAAM:
Die houding van die meeste mense is om te vra wat wil u he moet ek glo eerder as om te te vra wat moet ek doen. Die gewilllige dienskneg het altyd ‘n gewillige oor vir Sy Meester om te doen,
“Spreek Heer want U dienskneg luister” “My skape hoor My stem en hulle volg My”
Tusssen die Baal stemme van hierdie wereld sal hierdie dienskneg die Here se stem gehoorsaam. Josh.24:24. Die Here Jesus het nie Homself gedien nie, die dienskneg is nie groter as Sy Mester nie. Die meeste sal eerder kla as om te volg. Dit is makliker vir die vlees om te huil, dan om te gehoorsaam, maar gehoorsaamheid is beter dan offers.
Jesus wat aan ons ‘n voorbeeld nagelaat het het gese: “Ek doen altyd die wil van My Vade” Joh.8:29. Is u gereed om te gehoorsaam? Wat Hy ookal van u vra om te doen, doen dit. In
2 Sam.15:15 vind ons diensknegte altyd gereed om vir enige iets.
b) HY IS YWERIG:
Die hand van die ywerige maak ryk., die hand van die luiaard is in sy boesem. Hy wat die winde waarneem sal nie saai nie, en hy wat die wolke dophou nie oes nie.
“Hy is soos ‘n boom wat langs die water staan en wat sy vrug voortdurend dra” Die hand van die ywertige dienskneg soek altyd vir werk. “Wat u hand ookal mag vind om te doen, doen dit, met u hele hart asof vir die Here Jesus, want u dien die Here Jesus Chritus.
Moenie speel met die werk van die Here nie, want dit is geskrywe in Jer.48:10: “Vervloek is hy wat nalatig is om die werk van die Here te doen”.
Moet nie u gawes vir die Here verberg nie, want die onvrugbare dienskneg was uitgewerp. Matt.25:30. Dien die Here met ‘n rein gewete. 2 Tim.1:3
c) HY IS NEDERIG:
“In eer moet die een die ander hoër ag as homself”. Dit moet die reel van die diensknegte wees. Die dienskneg van die Here moet nie stry nie. 2 Tim.2:24.
Trots het vir Miriam in melaatsheid laat verval. Dank ons die Here vir diens wat andere vir die Here gedoen het, met soveel vreugde as wat ek dit sou gedoen het? As nie, soek ons nie in ‘n mate ons eie eer meer as die van die Here Jesus nie?
Ons hoogste plek is om laag voor die Here te wees. Ussia was wonderbaarlik gehelp tot hy sterk geword het, en toe hy sterk geword het, het trots en vernietiging sy hart vernietig. 2 Kron.26:15. Die kenmerk van Jakob, die strydende oorwinnaar was, dat hy to ‘n stilstand gekom het. Die nederige dienskneg gaa aan homself geen plek nie, sodat die Meester nie gesteel mag word van Sy heerlikheid nie.
Paulus as suksesvolle dienskneg erken ruietrlik dat dit nie in homself is nie. “Dit is nie ek wat leef nie, maar Christus lewe in my” Laat on sy voorbeeld navolg en die Here Jesus met alle nederigheid navolg. Hand.20:19.
d) DIE DIENSKNEG VAN DIE HERE HET
DEURSETTINGS VERMOEë:
Jakob het vir veertien jaar gewerk vir die onderwerp van sy belang. “Ons sal oes as ons nie moedeloos word nie” As die Here Jesus aan ons ‘n taak toevertrou moet ons dit getrou doen. As ons nie in die klein dingetjies getrouu kan wees nie, sal Hy ons ook nie met groot dinge kan toevertrou nie.
Elia het sy dienskneg 7 keer met een boodskap gestuur en hy het nie gekla nie. Dit was nie in die dienskneg se mag om reën te maak nog minder om die oënskynlik onvrugbaarheid te sy reis te betwyfel nie, sy opdrag was om te gaan en te gaan kyk. Hoe dikwels gebeur dit nie, dat die dienskneg van die Here ontmoedig word deur nie tekens as ‘n deel van sy koms te sien nie. Die vraag wat dan onstaan is, het die Meester my gestuur? Gaan weer, wees verseker dat Hy die geluid van die oorvloed van reën hoor.
Hy sal nie ontmoedig word nie. Jes.42:2 Dien die Here met blydskap. Ps.100:2
e) HY IS GETROU:
Dit word van ‘n dienskneg verwag dat hy getrou sal wees. Hoe wonderlik dat die Here nie se dat hy noodwendig suksesvol sal wees nie, en tog elkeen wat die Here wil dien moet dit met ‘n volkome hart en gewillige gees doen. 1 Kron.28:9. Hierdie persoon sal in die oë van die Here as suksesvol gemeet word, hoewel u in die oë van ander mense as ‘n mislukking mag voorkom.
Hy wat een munstuk gegee word sal nie verantwoordelik wees vir 10 nie. Niks wat nie vir die Here gedoen word is tefergeefs nie, selfs die beker koue water wat vir iemand aangebied word word nie te gering geag nie, en sal sy beloning ontvang. “Wees tot die dood toe getrou en ek sal jou die kroon van die lewe bied”.
f) HY HET WAAGMOED:
Wees vol moed, wees sterk en net vol moed. Moses het uieterste moed gehad toe hy na Faroa gegaan het en die toewyding van die Israel gevra het. Hy was ‘n kragtige ambassadeur. Hy het geweet dat hy nie op die oorlog deur sy opdrag gestuur was nie, maar dat sy outoriteit was “Ek Is” is dit wat jou gestuur het. Waarom sal u vrees as u weet “kyk ek is met jou”
Mag die dienskneg vrees wat dit sal waag om in sy eie krag voort te probeer gaan en in plaas van die “So se die Here”.
Ons moet dieselfde moet he as wat die Here Jesus gehad het. Totale afsondering, totale toewyding, en totale oorgegewenheid.
“Voeg by u geloof moed”
g) DIENSBAARHEID:
In Ex.21:1-6 vind ons die woord van ‘n dienskneg wat toegewyd aan sy Meester was. In vs.5 sê hy “Ek het my Meester lief ek ek sal nie vry uit gaan nie. Dit wat aan die Here toegewy is sal nie vrygamaak word daarvan nie.
Ons is nie ons eie nie want ons is met ‘n duur prys gekoop, daarom, verheerlik die Here in jule liggaame.
Die dryfkrag is die liefde vir Christus. “Ons het Hom lief omdat Hy ons eerste liefgehad het.” Die leviete was geroep om die Here te dien op die ouderdom van 25 en was van hulle verantwoordelikghede op die ouderdom van 50 jaar losgemaak. Hulle het die beste tyd van hulle lewens vir die Here gegee.
Die Here verwag die beste, want Hy is dit waardig. Baie het die houding om te dink dat hulle die Here ‘n guns doen deur die laaste bietjie aan die Here te gee wanneer hulle reeds te sterwe kom. “…om ons liggaam te stel, as ‘n lewende heilige offer aan die Here, dit is julle redelike Godsdiens”
h) DIE NOUGESETTE DIENSKNEG:
Eerstens teenoor die wêreld: Faroa sê: Gaan, maar nie te vër nie, gaan maar los die kinders en die diere.” Moses se nie een hoef van die diere of die kiders sal in die land bly nie.
Die wêreld sal aan u sê: Kom dat ons hande vat en saam bou. Die toegewyde sal se Julle het niks met ons te doene nie, om te help bou nie. Ezra 4:3
Nehemia was deur die vyande versoek om af te kom na hulle toe en hy het dit nie gedoen nie, want hy was aan sy opdrag getrou. Jafta het gese: Ek het my mond oopgemaak teenoor die Here en ek kan nie terugtrek nie”. Laat ons nie onder die wees wat sal terugtrek nie.
Die opdrag wat die Here gegee het was: Trek uit en vernietig, en neem in besit. Elke gespaarde vyand is ‘n gespaarde probleem. Elke onoorwinde vyand is ‘n neerlaag vir die kamp.
Die komprominteerde Saul het Agag gespaar terwyl Samuel wat geen kompromie gemaak het nie Agag in stukke opgesny het. Laat dit ons optrede wees teenoor elke sonde. “Die ou mens moet gekruisig word, met sy begeertes” As diensknegte moet ons in die waardigheid van die Woord van die Here staan en met die Koning omgang hê in Sy Woord”.
Andere sal u lewensdwandel sien en uitroep dat u gelukkig is. Onthou dat die oë van die Here is op die regverdiges, op ons en Openb.2:19 se die Here “Ek het jou werk geken.”
2) KOM ONS KYK NA DIE GETROUE
DIENSKNEG:
a) HY IS GEREEED:
In Luk.12:1 sien ons hierdie dienskneg gereed, met sy heupe omgord. Efe. 6: Sê dat hierdie omgroding die waarheid is wat ons aan ons dra.
Hierdie lampe verwys Matt.5 vir ons brand helder en kan nie weggesteek word nie. Wanneer Luk. melding maak van die lampe wat moet skyn se hy dat dit in my slaapkamer net so helder moet skyn soos Matt 5 van my werksplek vra.
Hierdie gereedheid sluit ook waaksaamheid in. Weet u ons leef in ‘n tyd waarin die bruid met die waarheid in ons boesem aan die slaap gesus word. Gedagtes soos niemand sal my uit die hand van die Here ruk nie, bring by my die valse gerustheid dat ek maar kan aangaan in my geestelike lewe en die Here sal tog maar daar wees.
U lamp moet helder brand met die getuienis van die Here wat elke oomblik flikker in die spieël van Sy Woord.
2) HY MOET GEHOORSAAM WEES:
Die tyd wanneer mense seker op hulle geruste is, is wanneer ‘n mens juis van ‘n bruilof terugkom. Al die opgewonderheid is verby en ons kan nou maar ontspan. Dit is juis in die uur van die verdwyning van die opgewondenheid dat ons moet waak, want die Heer talm dan om te kom.
Hier word iets merkwaardig rondom ons gehoor-saamheid genoem nl. dat hierdie persoon dadelik die deur oopgemaak het toe die Heer gekom het. Sê my is u so gehoorsaam dat u Sy stem dadelik sal erken as Hy kom.
Hierdie persoon was diensbaar want hy was gereed om die deur oop te maak. O, in die tyd waarin ons leef is dit so naadsaaklik dat ons juis die teenoorgetselde doen as wat ons gewoond is om te doen. Die Here roep ons op tot diensbaarheid en dit beteken dat ons dan betroubaar moet wees, Matt. waarsku ons dat ons ja ja moet wees en ons nee nee, wat meer is as dit, is uit die bose.
Hy is hulpvaardig:
Dit is so heerlik om te gee dat ek die seen van die vreugde sien om myself beskikbaar te stel aan die Here. Hierdie persoon soek iets om sy hand te vind om iets vir die Here te doen en nie soos die predikant wat elke Maandag more in sy dorp na die treine gaan kyk het en bemoedig gewoprd moes word deur te sien dat die waens nie gestoot hoef te word nie, maar getrek word.
3) HY IS GETROU:
Hy is verstandig in dit wat hy doen.
3) DIE ONTROUE DIENSKNEG:
a) HY IS DUBBELHARTIG:
Hierdie persoon is iemand wat nie standvastigheid het nie, want hy is nie in die Here Jesus gewortel en geanker nie.Hy word deur elke omstandighede rondgeslinger en plat getrek.
Hy raak gou moedeloos en a.g.v. daarvan begin dan ‘n traak my nie agtige houding in te neem. Oms het mos die Here Jesus, waarna ek kan kom. Ek mag deur my omstandighede plat getrek word en voel dat daar nie ‘n uitkoms is nie, en adsof die Here my ondergang wil sien. Die Here wil he dat u moet opstaan en uself voor die Here gaan veroodmoedig en alles aan Hom oorgee en Hom toelaat om u lewe te rig en Hy verseker: “Maar soek eers die koninryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal julle toegevoeg word.” Matt.6:33.
HY IS WRAAKAGTIG EN SKEPR MET DIE TONG:
As gevolg van ledigheid, of volgehoue ongehoorsaamheid gebeur dit dat die persoon doelloos word en leeg in sy binneste en rak vol kritiek en oordeel. Kritiek word gebore uit ‘n gees van ledigheid of uit trots. O, mag die Here ons help om Hom te soek met alles wat ons het, dat Hy in ons mag word, die volhied van Homself in krag en outoriteit.
HY IS SOSIAAL OF LIGSINNING.
Ps.1 Waarsku ons dat ons nie mag sit in die kring van die spootters en mag staan in die weg van die sondaars nie, maar sy behae is in die wet van die Here en hy oordink sy wet dag en nag, en hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome wat sy vrugte gee op sy tyd, en waarvan die blare nie verwelk nie.
Waarmee hou u u in u af tye besig. Sit u voor daardie T.V. en en buig voor elke god denkbaar. As dit nie die sport god is nie, dan die wellus en losbandigheid. Die Here gaan kom, en u sal voor daardie T.V. sit en sosiaal in u soende verkeer saa met die ongereddes en u sal hel toe gaan met u getuienis en al.
DOELBEWUSTE ONGEHOORSAAMHEID:
U weet dat die Here aan u se dat u moet terugkeer en dat u met u hele hart die Here weer moet begin te soek, maar u doen dit nie. U moet omdraai en u bekeer van u sonde want die Here kom en u mag nie slaap nie.