DIE BRIEF FILLIPENSE: CHRISTUS ONS LEWE

INELEIDING:

Die Hele Woord van God is leerstellig saamgestel as ek nie leer-stelling wil hê nie soek ek nie die Woord van die Here nie.

1 Tim. 3:16 Die Hele Woord is deur God ingegee en is nuttig tot lering teregwysing tot onderwysing in die geloof.

Hierdie brief is geskrywe aan ‘n gemeente wat op hierdie stadium reeds sowat 10 jaar oud was en maar nog relatief klein gewees het. Hoewel hulle so klein was, was hulle die eerste gemeente wat aan Paulus se behoeftes gedink het en nie minder as 2 keer lees ons in hierdie brief hoe hulle Paulus ondersteun het terwyl hy die evange-lie verkondig het nie.

Daar was ook ‘n besonderse band tussen hom en hulle verwys na die oorvloedige liefde en oorvloedige gesindheid wat hulle geopen-baar het.

Die sleutelvers van hfst.1 was vs.21 “Vir my is die lewe Christus en die sterwe ‘n wins”

Die sleutelvers van die Boek is verbly jou in die Here

Dit word in sewe aspekte uitgebeeld:

6)      VIERVOUDIGE GEBED VAN PAULUS:

1)      DAT ONS DIE HART VAN

DIE HERE JESUS SAL Hê  vs.8

Die liefde is gesetel in die Here Jesus wat vir hulle uit uiteenlopen-de omstandighede gered het. Eerste bekeerling was ‘n jong fortein verteller wat die Python die Delfslang gees in haar gehad het. Sy was op ‘n wonderbaarlike wyse gered. Dit was ook die enigste wonderwerk, sy het  wat vir geld rond gereis het om dit te doen.

Lydia die purper verkoopster het die vrouens by die rivier Gangites net buite die dorp bymekaar gekom Hand.16:12-13 en het  Paulus gehoor en by hom aangedring om by hulle te kom bly. Sy was ‘n handelaar van ‘n rooi stof bekend as:  Karmosyn Lidia was ‘n Asiaat wat die Rooi stof verkoop het, en was vir verf gebruik.

Dan was daar die tronkbewaarder wat teen middernag gered geraak het met die aardbewing en dit was die eerste potyensiale kerk. Hierdie het sy dierbares geword en het sy kinders in die geloof geword.

Die liefde was geskoei op ‘n band van vertroue en goeie getuienisse wat elkeen gehad het. Van die eerste dag af was hulle gemeenskap kosbaar gewees, en het in simaptie met hom saam gewerk Fil.1:3-9.

II) DIE CHRISTEN SE OORWINNING DEUR LYDING

2)      DAT HULLE DIESELFDE BELANGE

IN DIE HERE JESUS HET: VS.12-18

Die Here Jesus se oorwinning in teespeod.

‘n Hart dui op ‘n toegewydheid en ‘n oorgegewenheid aan die Here Jesus. Dit dui op iemand wat omgee, dit dui op betrokkenheid en het hulle Paulus bygestaan in sy gevangenisskap en sy lyding terwyl hy omring was deur uiters moeilike omstandighede. Wat dit maklik sou gemaak het om te kla.

Sy lyding het aanduiding gegee dat die Evangelie verder versprei geword het. Paulus was hier voor die keiserlike lyfwag wat Ciezer  se plek van Romeinse ryk gewees en  het hy vreesloos aan hulle die leer van die Woord van die Here verkondig. Hy was nie bang om die Bybelse leerstellinge aan hulle oor te hou ne.

In alle verdrukking beteken letterlik in alle las, ongerief en angs en benoudheid, moeilikheid en vervolging.

Sy rede het gegaan rondom die Here Jesus wie Hy is waarom Hy gekom het. Wat Hy kom doen het en wat die Jode met die Here Jesus gedoen het. Hand.26

3)      DIE GESINDHEID VAN DIE HERE JESUS VS.19

Die word heil word in Grieks soteria genoem: Dui op verlossing en verwys Paulus na sy tydelike veiligheid op elke manier is dit deur die waarheid of deur vooroordele het sy vryheid van die kettings of in gevangenisskap dat hy die verlossing van die Here Jesus sal ervaar, dat die Here Jesus in elke omstandigheid verheerlik mag word.

III) CHRISTEN TOEWYDING

OP DIE LEWE HIER OP AARDE:

6)      DIE HERE JESUS ONS ENIGSTE BESORGDHEID:Vs.20

Die ord rykhalsende verlange is ernstige verlange: Hy het abso-lute vertroue in die Here dat Hy Paulus sal staande hou in hierdie toets. Hy was gereed vir dood of lewe, met een begeerte dat die Here Jesus in alles verheerlik sal word. Na alles van ons wegge-neem sal word, wat sal vir my belangrik wees my huis my bestiging –s my familie wat ookal as dit nie die Here Jesus alleen is nie is my prioriteite nie reg nie.

6)      HY IS ONS ENIGSTE HOOP: VS.20-21

Paulus maak hierdie stelling: Vir my is die lewe Christus en die sterwe ‘n wins: Uit vs.20-24 wys Paulus sy algenoegsame tevredenheid om vergenoegd te wees met wat ookal die Here oor sy pad toelaat. Die dinge waarna hy verwys is:

6)      Dat ek vrymoedigheid sal hê om die Here Jesus in al my omstandighede groot te maak. Vs.20

b) Dat die Here Jesus al is wat tel in die lewe Vs.21

c) Dat ek ‘n verdeelde belang het om in die hemel te wees maar ook op die aarde moet by. Vs.22

d) Op aarde is dit vrugbare diens 23

IV) DAT HY TROU IN LYDING SAL WEES: 27-30

6) SY OPTREDE EN GESINDHEID VS.27

VOLGENDE WEEK 7 UITSTAANDE FEITE

AANGAANDE ONS LEWENSWANDEL:

a)      Om te lewe beteken vrugbaarheid of ‘n wins. Vs.21

b)      Om te sterf is persoonlik die beste. Is daar enige guns vir die mens of die Here

c)      Om in die vlees te lewe beteken om vrug te bly voortbring vs.22 Dit bewys dat jy en ek in ‘n ligaam woon

d)      Om begeerte te hê om heen te gaan vs.22. Dit bevestig die feit dat as ons sterf ons nie meer hier teenwoordig is nie.

e)      Om met die Here Jesus te wees vs.23 Waar is die Here Jesus?

f)        Verreweg die beste: vs.23 is dit beter om weg te wees of in die liggaam voort te lewe en siele vir die Here Jesus te win.

g)      Om in die vlees te bly: is meer nodig vir die kerk dan eerder te sterf. Vs.24 Dit verduidelik wat die verwydering van die liggaam beteken, dat by die dood die ligaam sterf en die innerlike mens as ek gereed was gaan na die Here Jesus of na die hel as ek ongered is. Die liggaam sonder die gees is dood  Jak.2:26 om afwesig van die liggaam te wees is om teenwoordig by die Here Jesus te wees 2 Kor.5:8 om weg te gaan is om by die Here Jesus te wees Fil.3:21

BOODSKAP 2

DIE GESINDHEID VAN DIE HERE JESUS

FILP.2

INLEIDING:

Hierdie tweed gedeelte begin Paulus eur te verwys na die lyding wat hydeur gegaan het en dat die sentrale deel van sy boodskap was hfst. 1vs.21  dat vir hom die lewe Christus is en die setrwe ‘n wins.

In hfst.2 is die focus op die gesindheid van die Here Jesus en begin reeeds in hfst.1:27. Die omstandighede waarin ek my nou begewe sê Paulus is ‘n roeping:

Vs.27 Om binne my omstandighede uit te spring rig ek net eindelose skade, om my omstadighede te omhels kom daar die nodige vorming. Josef sou beslis uit sy omstandighede wou kom, Daniel sou daaruit wou padgee, Paulus sou uit die gevangnis wou padgee en ek en jy sal binne ons omstandighede wilpadgee maar die Here plaas my daarin om die nodig vorming te bewerk

A) ‘N ROEPING OM VAS TE STAAN:

Alles in die eeu waain ons leef is kits en soek ook kits oplossings vir my omstandighede as e nie daarvan hou nie spring ek uit en gee eenvoudig pad, is dit die oplossing, ne ek moet my waardig die |Evangelie gedra en doen wat die Here van my in hierdie omstandighede verwag.

In Efe.4:1 verklaar Paulus dat ek en jy waardig die Evangelie moet wandel Dit beteken dat ek die gesindheid van die Here Jesus gaan openbaar.

Wat was dit: Dat ek vriendelik, vol ontferming en in nederigheid my deel sal vervul waartoe ek geoep was.

1Kor.7”30 sê Paulus dat ek en jy in die roeping moet bly waarin ons geroep is.

2 Tim.1:9 Sê Paulus aan die jong prediker dat ek en jy in die roeping moet bly waarin ions geroep is, die roeping in hierdie verband verwys nna my omstandighede.

Die Here sal my en jou nie verder lei tot ons nie waarlik oorwinning gaan behaal nie, eers wanneer ons ons omstandighede met blydskap gaan omhels en toelaat dat Hy SY vorming in my gaan doen gaan my omstandighede verander.

Uit vs.28 gee Paulus die rede dat ek en jy in hierdie omstandighede moet bly:

Sodat dit aan ons gegee is om julle redding te bewys: Wanneer my gesindheid verkeeerd is gebeur presies die teenoorgestelde: My omstandighede is vir my ‘n afsik terwyl dit vir die vyande van die kruis ‘n afskrik moet wees en ‘n bewys van my verderf m.a.w. dat ek onder sal gaan.

Vir ons moet dit ‘nbewys van redding en van God. Ons mag nie ons omstandighede in eie sin wil verander nie, maar moet doen wat die Here van ons verwag.

Vs.29 Dit is aan ons gegee om nie alleen in Hom te glo nie, maar vir Hom te ly. Daar is beproewing verbonde aan Christenskap, hebr.12 waarsku Paulus dat die Here die tugtig wat Hy liefhet ander word ek nie as Sy kind geskou nie. 

Omhels ojou omstandighed in die gesindheid van die Here Jesus.

Hoe is dit:

Hfst.2:1 Die vier vrae van hierdie vers: As daar san nou

Die verandering wat die Here in jou en my lewe kom bewerk het met gesindheid te doene, ons kan nie sê dat ons gered is en ons ge-sindheid openbaar dit nie. Jakobus sê: Toon my die vrug en ek toon jou die werke, Matt.7 sê dat jy iemand aan sy vrug sal leer ken.

Die vrug is ‘n bewus van die wortel van die boom. In vs.1-4 gee Paulus vier voorbeelde van die Christen se lewe.

Paulus begin hierdie gedeelte deur vier vrae te vra:

1. As daar enige troos is in Christus…

Die Woord is gekoppel in Chrius. Die Here Jesus verklaar in Joh.14:15-17 dat die wat Hom liefhet Sy gebooie sal bewaar en dat Hy dan tot die Vader sal roep wat ‘n ander Trooster sal stuur. Dat Hy tot in ewigheidmet jou sal bly.

Die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie., omdat hulle dit nie ken nie. Hy sal in julle wees en in julle besit.

Troos: Paraklesis

Joh.15:7 verklaar die Here Jesus dat dit voordelig is dat Hy van hulle moet weggaan want as Hy weeggaan kan Hy ‘nAnder Trooster stuur.

1 Joh.2:1 My kinders ek skrywe hierdie dinge aan julle dat julle nie moet sondigt nie, maar as ons gesondig het ons het ‘bn Voorspraak (Advokaat) by die Vader.

In die Grieks beteken die Woord Parakletos ‘n verskeidenheid van dinge:  in die algemeen beteken dit een wat jou verteenwoordig, wat in jou ‘n invloed het om nog dieper met die Here Jesus te wandel, nadat die Here Jesus weg sal wees.

Paulus verwys hier na die vertroosting in Christus: Dit is ‘n aanvulling vir my geloof in Christus deur die eengheid wat daar in die Here Jesus in ons daaglikse lewe het.  Dit verwys na die teenwoordigheid van die Here Jesus en dit wat vanuit Hom vloei na ons om ons te vertroos en te bemoedig. Dinge soos genade, vrede, goedheid ens.

Dit is die handeling van bymekaar roep om to hoër hulp te gaan en sluit bemoediging. Die hele Skrif is een bemoediging. Met die doel om te bemoedig en te versterk in my stand van verlossing. Paulus verwys in 2 Kor.8:4 as die prediking van die Evangelie as die paraklesis.

Dit is die teenoorgestelde van vervolging en verdrukking en dui op die heerlikheid van die hemel wat ons deel word as ons die self verloën Dit sluit ook die verlossing van Israel in wanneer hulle uiteidelik die Evagelie sal verkondig.

2. As daar eniige vertroosting in liefde is: Paraklesis

Die word vir vertroosting in hierdie verband word in twee dele opgeneem: ie word “para” en “mutheomai” wat van die word Muthos kom. Wat beteken om te praat.

Die word vertroosting in die Grieks beteken dus: Om ‘n edel invloed deur woorde te hê, of om gld en bemoedegend deur woorde ander aan te spoor. Joh.11:19; 31 1 Thess.5:14 2:11 dit verwys na woorde wat aanspoor.

Van Liefde is:

Die Grieks wat hier gebruik word is Agape:

Dit verwys na die liefde van die Here wat in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees, wat aan ons gegee is. Rom.5:5 Paulus sê dat die woorde wat ons spreek woorde van die vrug van die Gees moet wees met die doel om ander aan te moedig en aan te spoor.

Dit is die roeping om eenkant geroep te word om myself en ander in die Here Jesus te bemoedig. Dit sluit bemoediging, verheerliking, verheerliking en aansporing in.  

3. As daar enige gemeenskap in die Heilige Gees is.…Koinonia en bedoel gemeenskap in die verband van ‘n venootskap.

Daar moet n venootskap in die Heilige Gees wees, en verwys na die Griekse word wat na die menslike gees verwys of die siel van die mens . Dit dui die setel van ons gedagtes en gevoelens en verstand. Matt.8:12; Hand.19:21

Paulus verwys nie hier na die Heilige Gees nie maar die absolute eenheid vandie mede kinders van die Here. Om absoluut een met my mede broeder en suster te wees.

Om medelye met my mede broeder te hê:

Die Grieks vir medelye: Word in die meervouds verband gebruik: en word in verband met die ingewande Hand.1:18. Metafories verwys dit na die diepste emosies van die siel van die mens. Om vir ander te voel asof ek self deur dit gaan.

Verwysende na die absolute eengesindheid en eendragtigheid soos die dissipels op Pinkster ondervind het. Is ook die word wat na nagmaal verwys om absoluut deel te he aan die Here Jesus,

4. As daar enige innige terderheid is…Dit dui op die uiteerste inspanning wat gebruik word om iemand te bereik vir die Here Jesus.

OPSOMMEND KAN GESE WORD: UIT VS.1

1)      Die troos in Christus: (Om aan mekaar diens te lewer)

2)      Vertroosting van liefde: (Om ‘n edele invloed te beoefen in my dienslewering)

3)      Gemeenskap van die Gees is: (eenheid in ons gedagtes en wese)

4)      Innige Tederheid: (teer in my benadering, genade aan ander te betoon, en smarte te verminder en verkeerde begeertes)

VERS 2

Maak julle blydskap volkome:

Beteken om dieselfde gedagte hart en emosies as die Here Jesus te hê.

Blydskap volkome:

Kom van die Grieks: ”plemora:” wat dui op die volle maat of volle inhoud, volledig en afgehandel. Sien Mark.8:20; 1 Kor.10:26+28; Gal.4:4,  Efe.1:10.

Paulus sê dat ons ons gebrek sal opvul met blydskap en vreugde.

Dat os in gedagte en intelek dieselfde sal dink.

Een van siel:

Om eendragtig te wees. Een en siel, veering in hart en siel.

VERS 3:

MOENIE IETS DOEN UIT SELFSUG OF UIT YDELE EER NIE, MAAR IN NEDERIGHEID MOET DIE EEN DIE ANDER HOER AG AS HOMSELF;

Niks doen: Die woord hier beteken nie eens een ding doen uit ‘n verkeerde motief nie.

Nie iets doen met ‘n wedywerende gesindheid nie.

Nie om teen ‘n tarief: te doen nie, dan is daar ‘n wedywer gees betrokke. In ander woorde ek sal iets doen tensy ek vergoeding daarvoor verkry.

Ook nie vir eie eer nie:

Die word hier vir eer bestaan uit twee woorde in die Grieks: Keno en doxa

Dui op ‘n leë begeerte, of valsheid.

Maar in nederigheid:

Die word nederig het twee wortel betekenisse nederige gedagte soos in 1 Pet.3:8 gebruik, om begrip en medelye vir mekaar te hê. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Om simpatiek te wees. Om my broeder waarlik lief te hê.

Een die ander hoer ag as himself:

Paulus gebruik die meervoudsvorm waanneer hy na ander verwys. En dui daarop dat ek moet rondkyk, en waar te neem, om na iets besonders te kyk met my oog daarop gefokus.

VIER EIENSKAPPE VAN ‘N WARE CHRISTEN:

1)      Maak blydskap volkome, (vol) deur eengesinddheid:

Die woord eensgesind beteken:

Twaalf dinge: Vanaf vs.2-16

1. Volkome blydskap vs.2

2. Volkome eensgesindheid.

3. Dieselfde liefde

4. Nie in selfsug iets doen nie. Vs.3

5. Nie vir ydele eer nie

6. In nederigheid dien

7. Ag mekaar hoër as myself.

8. Sien na eie belange om vs.4

9. Ook die van andere

10. Moet myself ontledig vs.7

11. Word soos ‘n dienskneg

12. Aan die mens gelyk geword.

34 VOORWAARDES VAN SEKERHEID:

1. Word ‘n onderwerp van die gande van die Here

2. Word deel van die genade van die Here.

3. Neem meer en meer in liefde toe.

4. Toets dinge wat goed en reg is.

5. Wees ernsitig tot die einde toe.

6. Word gevul met die vrug van geregtigheid.

7. Laat jou lewe word soos die Bybel leer.

8. Staan dan vas in die Gees en wees eensgesind om saam te streef om ander vir die Here Jesus te win.

9. Wees sonder vooroordeel totdat Hy kom.

10. Nie ontsenu word deur die vyand nie.

11. Ly vir die Evangelie.

12. He die gesindheid van die Here Jesus.

13. Het dieselfde liefde.

14. Wees eendragtig in gebed en smeking voor die Here.

15. Nie iets doen uit eie eer of selfgeregtigheid nie.

16. Ag ander hoer as jouself.

17. Stel in andere belang.

18. Laat die lewe van die Here Jesus in jou wees.

19. Wees aan die Bybel gehoorsaam.

20. Werk jou eie heil uit in vrees in bewing.

21. Doen alles sonder murmirering.

22. Wees blaamloos en vlekkeloos, en sonder teespraak.

23. Hu aan die Woord van die Here vas.

24, Pasop vir die honde en die bose werkers, en ontrek jou van die sulkes.

25. Streef na die hoë roping van die Here.

26. Leef die standard van die Bybel uity.

27. Wees dan navolgers van Chirstus en merk die wat vyande van die Kruis is.

28. Staan dan vas in die Here.

29. Help die werkers van die Here.

30. Verbly julle altyd in die Here.

31. Laat julle goeie werke aan almal bekend word.

32. Wees oor niks besorgd of bevrees nie.

33. Bedink die regte dinge.

34.Doen wat jy geler het en ontvang dit met sagmoedigheid en laat ander die Here Jesus in jou sien. 

Eensgesind is die word Phroneo een van sin en gedagte en doel.

Dieseldfe liefde te hê: Liefde in dieselfde graad en motief, om die ere Jesus eerste in my lewe te stel en Hom in alles te behaag, die spreke wat sal die Here Jesus gedoen het

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00