Customize Consent Preferences

We use cookies to help you navigate efficiently and perform certain functions. You will find detailed information about all cookies under each consent category below.

The cookies that are categorized as "Necessary" are stored on your browser as they are essential for enabling the basic functionalities of the site. ... 

Always Active

Necessary cookies are required to enable the basic features of this site, such as providing secure log-in or adjusting your consent preferences. These cookies do not store any personally identifiable data.

No cookies to display.

Functional cookies help perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collecting feedback, and other third-party features.

No cookies to display.

Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics such as the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.

No cookies to display.

Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.

No cookies to display.

Advertisement cookies are used to provide visitors with customized advertisements based on the pages you visited previously and to analyze the effectiveness of the ad campaigns.

No cookies to display.

SKRYWER: PAULUS, vanuit Rome in die jaar A.D. 63.

DOEL VAN SKRYWE:

    * Om die dubbele dwaling van Gnostisisme en Judaïsme te weerlê.

    * Om die OPPERSTE HEERLIKHEID en WAARDIGHEID van Christus te openbaar (1:19; 2:3,9) deur:

          o a) Sy KERK met Hom as die Hoof (1:18; 2:10,19 – 4:6)            

          o b) Die Christenwerker (4:7-14)

LIGGING VAN KOLOSSE: Dit was ’n klein dorpie, nagenoeg 15 km van Laodisea en Hiërapolis waarvan Laodisea die vernaamste en rykste was en Kolosse die geringste en armste, maar tog goed bekend vir sy bleikmiddels en wolprodukte. Juis aan hierdie klein plekkie word hierdie wonderlike brief gerig! Kolosse was ook omtrent 160 km vanaf Efése geleë, vanwaar die Evangelie in die tyd toe Paulus in Efése gearbei het, ook na Kolosse geneem is deur sy helpers en bekeerlinge. Hy self het Kolosse nooit besoek nie (2:1). Dit wil voorkom asof Epáfras die stigter en leraar van hierdie gemeente was (1:7); dat die gemeente in die huis van Filémon vergader het (4:9 en Filémon v.10), en dat Tichikus hierdie brief afgelewer het (4:7).

Saam met die brief aan die Efésiërs word hierdie brief dikwels die “tweelingbrief” genoem omdat so baie van dieselfde sinne en woorde – sommige waarvan nêrens anders in die NT aangetref word nie – in albei voorkom. Elkeen het egter sy eie individualiteit en eienskappe. Die een aan Efése is grotendeels leerstellig en die klem val nie op enige bedreiging of dwaling in Efése nie. Die een aan Kolosse is regstellend omdat hier alreeds tekens van dwaling te bespeur was. Presies WAT was dit wat Paulus erg verontrus en hom gedwing het om die brief te skrywe?

 a) Gnostisisme: “Gnosis” is die Griekse woord vir KENNIS (know-sis – to know. An AGnostic is one who does NOT know). Hulle het hulleself beskou as die geestelike bevoorregte klas, wat alleen deur húlle KENNIS die geheim of sleutel tot geestelike volmaaktheid besit het, wat mense kon VRYMAAK van “aardse” dinge en hulle kon voorstel aan ‘hemelse’ dinge! Die Gnostiese siening het ontstaan uit die filosofiese vraag – “Hoekom is daar kwaad in die wêreld as ’n heilige God alles geskape het?” Die gevolgtrekking waartoe menslike rede gekom het was dat God, wat goed en rein en heilig in wese is, nie DIREK die Skepper van materie kon wees nie omdat alle materie, volgens hulle, ALTYD en onherroeplik sondig en onrein is! God was dus verplig om gebruik te maak van tussenkomstige wesens of uitvloeisels – deur Hom uitgestuur en geleidelik ‘afwaarts’ gedevalueer, totdat húlle die ‘spinnerak’ kon vorm om die groot kloof tussen die Skepper en Sy skepping, waarvan die mens ook deel is, te oorbrug. Vir die mens om op sý beurt enigsins weer Godwaarts te beweeg, is daar volgens hulle dan ook baie middelaars of tussengangers nodig (1:16), waarvan Christus self maar net EEN van die baie was!

Omdat ook die liggaam van die mens uit materie (vlees en bloed) bestaan, is dit ook onveranderlik sondig, boos en besoedel! In teenstelling daarmee is die siel van die mens uiteraard rein en kan NOOIT, selfs wanneer die gruwelikste sonde in of deur die liggaam gepleeg word, besoedel word nie! (Die ‘siel’ bly ongeskonde soos ’n diamant op die ashoop)!  Hierdie mensgemaakte filosofie was gebaseer op tradisies waarvan die aanspraak op OORLEWERING tot so ver  terug as Christus Self en Sy dissipels gevoer is! Later was dit aan sekere profete toevertrou wat alleen díé misterieuse ‘kennis’ en geestelike openbaring besit het wat heeltemal ontoeganklik was vir die ongeleerde en oningeligte mense! Daardeur was die saligheid net tot húlle beperk!

Omdat die Gnostieke die vleeswording van Christus verloën het (want ook Sý liggaam was soos alle materie sondig en onrein), het Sy dood aan die kruis vir hulle geen betekenis nie! Hierdie geloof was ’n mengsel van Joodse wet, Oosterse filosofie, heidense astrologie (die verering van engele wat dan kwansuis ‘heers’ oor ander planete, sterre en wêrelde en sodoende lewe op die aarde beïnvloed), verbeeldingryke mistiekisme, asketisme en selfs ’n gerieflike porsie van die Christelike geloof! Hulle siening was totaal negatief – God is ver weg. Materie is sondig. Bose magte bedreig hulle!

Die Evangelie leer ons egter – Jesus is NABY – ‘Immanuél’, God met ons! Hy het die bose magte totaal oorwin (Kol.1:13; 2:15; Efes.4:8)! Hy is die ENIGSTE Middelaar tussen God en die mense (1 Tim.2:5).

Eerste Johannes 1 en 2 weerlê ook hierdie dwaling baie effektief.

 b) Judaïsme: Die Joodse godsdiens, gegrond op die wet en die profete. Dit het die baie streng onderhouding van ál die wette met alle insettinge, gebruike en verordeninge vereis, soos besnydenis, Sabbatsonderhouding en onderhouding van al die Joodse feeste! Sommige Christen GELOWIGES uit die Jodedom het geglo en verkondig dat GELOOF in Christus en GENADE alleen nie voldoende is tot saligheid sonder die werke van die wet nie! Sien Handelinge 15 en Romeine 2-4 en die Sendbrief aan die Galasiërs, waar hierdie dwaling sterk weerlê word. Dit het die Gnostieke gepas om sekere elemente van Judaïsme, soos

– 2 –

die onderhouding van sekere dae, vaste en die onthouding van sekere soorte voedsel en ander dinge te aanvaar, as sou dit van waarde of betekenis wees tot geestelike stand, groei en verdienstelikheid!

DIE BRIEF IS IN TWEE HOOFDELE:

 1. DEEL EEN – LEERSTELLIG – (1:9) “Dat julle VERVUL kan word” – Hfst. 1 en 2.

 2. DEEL TWEE – PRAKTIES   – (1:10) “Dat julle WAARDIG mag wandel” – Hfst. 3 en 4.

INDELING VAN DIE BRIEF

Inleiding :  a) Gebed van DANKSEGGING – 1:1-8.

                  b) Gebed vir VERVULLING en WAARDIGE WANDEL – 1:9-14.

1.  DEEL EEN: “CHRISTUS, DIE VOLHEID VAN GOD” – “Dat julle VERVUL kan word” (1:9; 2:9).

1.1 Christus: Die VOLHEID van God se VERLOSSING (1:13,14,20,21,22,23)

1.2 Christus: Die VERHEWENHEID van die VERLOSSER as die SKEPPER (1:15-18)

1.3 Christus: Die VERVULLING van die VERLOSSINGSBOODSKAP in die KERK (1:18; 1:24-2:7)

1.4 Christus: Die VOLHEID van God teen DWALING (2:4-23)

2. DEEL TWEE : NUWE LEWE DEUR CHRISTUS, “Dat julle WAARDIG WANDEL” (1:10; 3,4)

2.1 Die NUWE LEWE en gelowiges PERSOONLIK (3:1-12)

2.2 Die NUWE LEWE en gelowiges ONDERLING (3:12-17)

2.3 Die NUWE LEWE en HUISLIKE betrekkinge (3:18-21)

2.4 Die NUWE LEWE en “HULLE WAT BUITE IS” (4:1-6)

Slot:    DIE PORTRET VAN DIE CHRISTENWERKER (4:7-18)

**********************************

Inleiding  – 1:1-14:  Wanneer Paulus van Christelike ondervinding praat, is hy ’n ‘dienskneg’ van Christus, ‘maar wanneer hy Christelike leerstellings hanteer, sinspeel hy op ‘apostelskap’ vir doeltreffende gesag soos in (v.1). ‘Christus’ beteken gesalfde/gestuurde/Messias, van God. ‘Jesus’ beteken Jehova red – redder, plaasvervanger, verlosser. Paulus was seker van sy roeping – “… deur die wil van God” (Hand. 9:6,15). “Aan die heilige en gelowige broeders in Christus …” ‘Heilig’ het betrekking tot die handeling waardeur die Heilige Gees ’n mens afskei van (die wêreld, sonde of alledaagse gebruik) en toewy aan (God vir Sy gebruik). So ’n verandering in posisie vereis noodwendig ook een in kondisie (praktiese onderv).

 Aan hierdie heilige ‘broeders’ word GENADE en VREDE toegebid. GENADE kom eerste want daarsonder is daar geen ware VREDE nie! GENADE is onverdiende guns. Die ontvanger van genade het geen aanspraak daarop deur enige goeie werke of gedrag nie. Die Gewer is regtelik nie daartoe verantwoordelik nie en ontvang ook geen vergoeding daarvoor nie. Daar is geen beter woord om die liefde en ontferming van God se hart vir die sondaar uit te beeld, as die woord ‘GENADE’ nie!  VREDE beteken saamvoeg en verbind wat geskei, losgemaak en ontwrig is. Dis ’n staat van rustige, ongestoorde welsyn. God het “vrede gemaak deur die bloed van Sy Kruis” (1:20). So vind ons reeds VERLOSSING (1:13), VERGIFNIS (v.14) en VERSOENING (v.21) in die heel eerste hoofstuk!

a) Dankgebed  v..3-8: Paulus DANK God vir die vrug (v.6) van GELOOF, LIEFDE en HOOP as vrug van die Eangelie, waarvan hulle lewens bewys gelewer het. Eers LEWE, dan VRUG! Aktiewe geloof verbind aan ’n lewende Persoon – CHRISTUS! (v.4) Praktiese liefde uit Hom as die Bron, werk uit tot en teenoor alle  heiliges! Lewende hoop kyk vooruit en verwag dat die allerbeste en heerlikste altyd nog voorlê in Christus!

b) Voorbidding  v.9-14: Paulus het die goddelike geheim geken – dat dit wat die Kolossense die nodigste het – ware kennis van God – van Sy wil in alle kennis en geestelike insig, van ’n waardige lewenswandel, oorvloedige en egte vrugbaarheid en opregte dankbaarheid deur Sý dinamiese en geopenbaarde KRAG (v.9-11), bo alles slegs hulle deel kon word deur gebed en sy voorbidding vir hulle! Sy kragtige gebedslewe was seker die vernaamste rede vir sy suksesvolle bediening!  Hierdie gebedsheld is ook die geloofsreus, wat nie net ’n ‘bietjie hiervan of daarvan’ vra nie, maar hy bid vir VOLHEID, VERVULLING, ALLE wysheid en

– 3 –

geestelike insig, om Hom in ALLES te behaag en in ELKE goeie werk vrug te dra en met ALLE krag bekragtig te word! Hy bid doelgerig en vrymoedig; hy weet dat hy volgens God seWIL vir hulle bid:

 1. VERVULLING: “Dat julle vervul mag word met kennis (Epignosis – superkennis. Full knowledge Amp. Bible) van Sy wil in alle wysheid en geestelike insig” (hartkennis en geestelike openbaring – Jak.1:25; 3:17) Goddelike wysheid is toegepaste kennis. Geestelike insig is begrip vir en onderworpenheid aan die gedagte en wil van God. God se algemene wil vir al Sy kinders is duidelik in sy Woord. Sy spesifieke wil in afsonderlike en besondere persone en omstandighede stem altyd ooreen met Sy algemeen geopenbaarde wil deur Sy Woord. Sy duidelik verklaarde wil m.b.t. die uiters belangrike leerstellings van REDDING (1 Tim.2:3,4; 2 Pet.3:9), en HEILIGMAKING (1 Thes.4:3) is duidelik!

 2. WAARDIGE WANDEL: “Sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag …. sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag …” Om Hom te behaag – bly te maak – vereis ’n waardige (die regte gewig) wandel voor Hom – terwyl Hy jou voortdurend en van naby sien! v.10. Dit beteken die Christen moet opleef tot die standaard van God. Voor Hom en voor mense, moet hy alles wees wat hy voorgee om te wees! ‘Wandel’ dui op ons voortdurende handelwyse en gedrag in alledaagse lewe. Dit moet die kwaliteit en kosbaarheid van Sy karakter en wese aan ander weerkaats! Iemand het gesê, jou gesindheid is die bewys jou geloof voor God, maar jou werke is die bewys van jou geloof voor mense!

 3. VERSTERKING: “En met alle krag (‘dunamis’ of dinamiese, inherente) bekragtig word volgens die mag (‘kratos’ of geopenbaarde krag in werking) van Sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap!” v.11. Dit is die ‘LLB graad’ van die Geesvervulde Christen! Lydsaamheid is geduld met omstandighede en die vermoë om nie maklik te swig in stryd en beproewing nie! Lankmoedigheid is geduld met mense – om altyd ’n goeie gesindheid te openbaar, geen wrok of vergelding te koester wanneer jy onreg ly of sleg behandel word nie en om met baie geduld iemand te verdra en weer ’n kans te gee. (Sien 2 Sam.16:5-13; Spr.16:32; 25:28). ‘… met BLYDSKAP …’ is die kersie op die koek wat jou altyd as meer as oorwinnaar in Christus laat triomfeer!

 4. VRUGBAARHEID EN GROEIKRAG: v.10  “Dat julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei.” Uit die verband van hierdie woorde kan ons aflei dat alle goeie werke nie altyd vrugbare werke is nie! Wanneer die motief agter die werke Sy verheerliking, die dryfkrag geloof en liefde, en die instaatstelling die krag van die Heilige Gees is, sal selfs die geringste goeie werk ’n spoor van seën agterlaat, en selfs ’n beker koue water in Sy Naam nie by God ongemerk verbygaan nie! LEWE is wel nodig vir vrug, maar die vrug is die OORVLOED VAN LEWE van die boom, dit wat hy weggee! “Kennis van God …” beteken om Hom goed en van naby en intiem te ken! (Joh.14:9).

 5. DANKBAARHEID: v.12. “En die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig.” Die 7-voudige erfdeel aan die wonderlike saligheid wat die Vader vir ons moontlik gemaak het deur die “Seun van Sy liefde” (v.13) is: Sy volle erfenis (v.12), Sy uitredding (v.13), oorplanting (v.13), loskoping (v.14), vryspraak (v.14), versoening (v..20,21) en verheerliking (v.22)!

DEEL EEN Leerstellig:  “Christus, die volheid van God” – “Dat julle VERVUL kan word” (1:9; 2:9).

“Dat julle VERVUL kan word . . .”   Hfst. 1 – 3:12.  Ná die inleiding, seëngroet en gebed, kom Paulus nou by die HOOFLEER van die brief nl. “CHRISTUS – Die VOLHEID van God in VERLOSSING; Die VERHEWENHEID van die VERLOSSER in SY SKEPPING en in Sy KERK en TEEN DWALING.

 Deur te bewys dat Christus die ware God, die enigste Middelaar en die algenoegsame Verlosser is, weerlê hy die dwaalleer wat in Kolosse posgevat het, o.a. van engele-aanbidding en middelaarskap. Ook van die vormlike, strenge, maar  waardelose wettiese onthouding aan sekere dinge volgens die oorlewering van mense en die slawerny aan die opinies van mense! Om werklik gevrywaar  te wees van enige sodanige dwalinge is dit nodig – nie net om Christus te ERKEN as Hoof nie, maar Hom werklik te KEN in Sy wese en karakter! Daar is géén ander paragraaf in die ganse N.T. met soveel gekonsentreerde lering m.b.t. die Here Jesus Christus as hierdie een (v.13-23)  om Sy opperste majesteit, Goddelikheid en heerlikheid bo alle twyfel te stel nie!

– 4 –

 Kol.1:13-29:  

1. CHRISTUS, DIE VOLHEID VAN GOD SE VERLOSSING:   (v.13-22)

1.1  Verlos  (v.13) uit “die mag van duisternis” vir arme sondaars  wat onseker en bang is en in gevaar verkeer! v.13b – verplaas – oorgebring na “die koninkryk van die Seun van Sy liefde!”

1.2  Vrygekoop  – “redeemed” – verlos deur Sy bloed v.14. (vgl. Luk.11:21).

 Die term ‘vrygekoop’ (redeemed) kom van die gebruik waar ’n slaaf opgeveil en deur iemand gekoop word met die spesifieke doel om daardie slaaf dan dadelik vry MAAK, sy vryheid te SKENK!

1.3 Vergifnis  (v.14b) van die sondes – skuldbrief (2:13b,14) spreek van ’n rekening, ’n eis, ’n herinnering aan skuld wat volkome uitgedelg (exaleipho) en weggeruim is. “Vergifnis van die misdade na die rykdom van Sy genade” (Ef.1:7)! By vryspraak word die sondaar se misdade hom NIE toegereken nie – maar wel en enkel en alleen deur die geregtigheid, onskuld en verdienste wat die Here Jesus aan die Kruis verwerf het!

1.4  Versoen  (20-22). Die vervreemde, die vyand en rebel (v.21), word met God versoen! Alle ‘los’ punte is nou vas! Versoen beteken om te verenig wat bymekaar hoort; dit wat die Satan (‘Diabolos’) uitmekaar geskeur het! Weer eens, enkel en alleen ‘… versoen, nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van Sy kruis …’ (v.20).  Illustrasie van rebelse seun oor liggaam van sterwende ma, versoen met verbitterde pa.

2. CHRISTUS, die VERHEWENDHEID van die VERLOSSER as die SKEPPER:  (v.13-19)

 Altyd wanneer Hý afgekraak, verneder, verag, vertrap en verwerp word deur mense, het God elke keer ingegryp! Toe mense Hom stel tussen 2 misdadigers – stel God Hom tussen die Vader en die Heilige Gees. Die Steen wat deur die bouers verag is – maak God die Hoeksteen. Toe Hy Homself uitermate verneder – het God Hom uitermate verhoog! Op die vraag WIE IS HY? sê God: “Hý wat . . .” v.13. Sy werk is onoortreflik!  Hier vind ons een van die mees verhewe beskrywings van die Here Jesus in die ganse Skrif  (N.B.)

2.1  “Hy is die beeld  (‘ewebeeld’ – Duitse vert.; ‘Exact likeness’ – Amp Bible) van die onsienlike God” – v15. Ewebeeld dui op gelyke stand en geensins ’n afbeelding wat ook ’n lewelose afbeelding soos ’n kop op ’n muntstuk, ’n standbeeld, of ’n fotobeeld sou kon wees nie. Hy weerkaats, verteenwoordig die ware, HELDER en ware beeld van die Onsienlike God. “Ek is so lankal by julle en het jy MY NIE geken nie, Filippus!” Deur Sy menswording en selfs in Sy vernedering as ‘Dienskneg’ (soos in die Evangelie van Markus) het Hy geen afbreuk gedoen aan die verhewe beeld van die heilige, almagtige en ewige God nie! Hy het ‘GOD’ NA DIE MENS gebring – “soos ons met ons oë gesien, met ons hande getas het …” (1 Joh.1:1). “MY HERE EN MY GOD!” was die uitroep van Thomas ná Sy opstanding)

2.2  “Hy is die Eersgeborene van die hele skepping” – v.15:  Dit beteken nie dat Hy ooit geskape is, soos byv. die Jehovas Getuies beweer nie, maar dat Hy, as die Skepper die Hoof, die EERSTE, die VOORTREFLIKSTE en VERNAAMSTE is!  Dit het hier niks te doen met tyd nie maar met RANG! (Vgl. Ps.89:28 en Jer.31:9). “Voor alles was Hy al daar” NAB. Hy is die Skepper van alles wat sienlik en onsienlik is. IN Hom is alles geskape – Hy was die Argitek en Bouer!  Alle dinge is DEUR Hom geskape – net deur te praat – deur Sy Woord! Dit beteken dat Hy ook die “trone, heerskappye en owerhede” (v.16) geskape het. “In die begin het God (‘Elohim’ – meervoud) die hemel en die aarde geskape” (Gen.1:1).

 As “Eersgeborene” van die nuwe skepping – om die gevalle mens tot ’n nuwe skepsel te herskape – het Hy die kroon en septer vir en namens die mens herwin (vgl.Heb.2:7 met v.9) en word elke Christen tot die posisie van waardigheid en heerskappy in Sy skepping herstel. Alle dinge is TOT Hom geskape – Vir Sy doel en ter wille van Hom. IN Hom hou alle dinge stand; Hy wat alle dinge steeds dra deur die Woord van Sy krag (Heb.1:3).

2.3  “Hy is die Hoof  van die liggaam …” – v.18: “Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, uit wie die hele liggaam – goed saamgevoeg en saamverbind …” (Ef.4:15,16). Goeie orde! Onderlinge eenheid! Saam verbind vir oorlewing en ondersteuning …. Wanneer die ‘pinkie’ seer kry, word dit in die mond gesteek! Jou hande is ‘bure’; hulle pas perfek in mekaar, help mekaar, dien mekaar en veg nooit met mekaar! Hy is die Hoof van Sy mistieke liggaam – die ‘ekklesia’ wat ‘uitgeroepenes’ beteken. Deur Sy (uit)roeping vind die wedergeboorte plaas, gevolg deur heiligmaking waardeur Hy dan handel met die dieper boosheid van die hart van: ‘ek kan nie’ (onmag deur ongeloof) en, ‘ek wil nie’ (onwilligheid as gevolg van rebelsheid).

– 5 –

 Bogenoemde krisis behoort ook ’n wilsdaad van toewyding (‘consecration’) van die gelowige in te sluit, soos Rom.12:1,2 dit stel, maar dit gebeur nie altyd so nie. Die geroepene moet sy reg op homself volkome afgeteken en onvoorwaardelik aan God oorgee, om met hom te doen wat God wil, om te gaan waar God lei, en om te wees wat God wil hê hy moet wees, soos die liefdeslaaf (‘doulos’) in Exodus 21 dit by die ‘deurpos’ doen. Alleen dan kan Hy inderwaarheid “in ALLES die Eerste” wees (v.18b).

2.4   Hy is die Eersgeborene uit die dode v.18: Die eerste ‘mens’ wat wel DOOD was, wat weer lewend geword het om NOOIT weer te sterf nie! Hy het oorwin deur die ‘angel’ van die dood – die sonde (1 Kor.15:56)  – deur Sý kruisdood finaal te verwyder en Sy opstanding bevestig en waarborg dit, dat hierdie ‘by’ vir die kind van God nooit weer kan steek en mense deur vrees tot slawerny dwing nie! (Heb.2:15). “Ek was DOOD . . . en KYK, Ek leef, en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk!” (Openbaring 1)

2.5  Hy is die Vervulling van die ganse volheid van God – v.19; 2:9. As Hy, as gekruisigde Mens en verheerlike Verlosser, vir God verteenwoordig is AL die volheid van God in Hom opgesluit, inherent verborge en op geen stadium tot Hom toegevoeg nie. “In Hom WOON (blywend) die volheid van die Godheid liggaamlik en julle hét die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag”  (2:9,10).

3. CHRISTUS, DIE VERVULLING VAN DIE VERLOSSINGSBOODSKAP : (1:.22-28)

3.1  Die voorstelling  – “Om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel” … v.22. “… volmaak in Christus Jesus voor te stel” v.28. “… om julle as ’n reine maagd aan Christus voor te stel” (2 Kor 11:2). “… verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks …” (Efes 5:27).

3.2  Die verkondiging  – JESUS SELF en Hý alleen is die blye Evangelieboodskap!  “Hóm verkondig ons …” – v.28!  Nie ’n dogma of leerstelling nie, maar ’n PERSOON! En bo alles ’n gekruisigde Persoon! Jesaja 63. “WIE is dit wat daar aankom uit Edom, met bloedrooi klere uit Bosra? Hy daar, pragtig in Sy gewaad, wat agteroor buig in die volheid van Sy krag?” (Jes.63:1; vgl ook Rom.1:16; 1 Kor.1:23; 2:2).

Die VYF kenmerke waaraan ons die hooftema en inhoud van Paulus se boodskap ontdek, is die volgende:

a) Sy verkondiging – Christus as PERSOON (v.28).

 b) Sy vereniging met Hom – ken HOM as ’n inwonende, lewende werklikheid: Christus IN julle …  (v.27).

c) Sy verklaring – dat Christus ALLEEN die hoop van die heerlikheid is (v.27b).

 d) Sy vooruitsig – om “elke mens VOLMAAK in Christus” voor te stel (v.28b).

e) Sy voorreg – om hierdie Evangelie aan ELKE MENS te verkondig (v.28).

3.3  Die vervulling  van die Woord van God – “CHRISTUS onder (in) julle (‘Christ IN you …’), die hoop van die heerlikheid!” (v.27). “Christus leef in my …” (Gal.2:20). Vir die Christen is Hý die HOOP wat nie beskaam nie; Hy wat elke keer alle verwagtings oortref (1 Joh.3:2,3; 1 Kor.2:9) . Christus Jesus is die enigste HOOP van hierdie wêreld; van elke mens wat in Hom GLO en op Hom vertrou!

4. CHRISTUS DIE VOLHEID VAN GOD TEEN DWALING:   Kol 2:1-23

 In hierdie gedeelte word die rooi lig van waarskuwing (wanneer God sê, PASOP!) VIER keer aangeskakel! Wat dwaling so gevaarlik maak, is dat die dodelike gif van klemverskuiwing so subtiel en onopgemerk deur die Satan plaasvind wat homself so goed kan voordoen, net soos ’n “engel van die lig” (2 Kor.11:14) dat dit nog altyd ’n skyn van waarheid en egtheid behou! Die gevaarlikste soort dwaling is die wat die naaste aan die waarheid is!

 Gnostisisme laat val die klem op verstandelike rede, menslike kennis, wysheid en verstandsgeloof. Die besondere elemente van Judaïsme wat hulle ook aanvaar het, was nie soseer die Judaïste se wetsonderhouding as verdienste tot saligheid nie, maar slegs enkele gebruike en reëls wat húlle goed te pas gekom het, wat “’n skyn van nederigheid en gestrengheid teen die liggaam” gehad het, soos sekere dieëtgewoontes en keuses van voedselsoorte. Gepaard daarmee die vastye, saam met die onderhouding van sekere feesdae en nuwe-maan geleenthede. Hulle het ook die besnydenis as bindend beskou. Dit alles sou kwansuis ‘hulpmiddels’ kon wees om hulle tot ’n ‘hoër plein’ van geestelike lewe en ondervinding te kan lig! Om die feit van God as Skepper van sondige materie te verklaar, moes hulle vir Christus verlaag en afbring na slegs ‘EEN’ van die engele wat met besoedelde materie kontak kon maak. Ook het hulle geleer dat engele, owerhede en magte die middelaarskap met Hom kon deel – v.4,8,18,19,23.

– 6 –

4.1  VERLEIDING (2:4):

 Hulle drogredes – (‘persuasive speech’ – Revised Version) – ontken die feit van sonde in die siel van die mens, of enige oordeel van God op sonde. Die Griekse term wat hier gebruik word, beskryf die oorredende argumente wat deur ’n wetgeleerde gebruik word – vleiende propaganda met sterk, subtiele valse argumente en verstandsgeloof wat alles wat nie met menslike rede ontleed kan word nie, nietig verklaar! Dit laat die mens dink dat daar iets goeds in hom skuil, ontken die feit van sonde in die siel en God se oordeel op sonde. “AS …” daar ’n hiernamaals is, sal só ’n mens dit wel deur eie inspanning kan bereik!

‘Verlei’ kan net gebruik word t.o.v. elkeen wat graag ‘gelei’ wil word en is sinoniem met ‘mislei’ (1 Tim.2:14). Die moontlikheid van verleiding in v.5-7 word opgeweeg teenoor die stewigheid van die Kolossense se geestelike fondament. Paulus sien dat hulle nog goed georganiseerd en gedissiplineerd is en innerlik vasstaan in geloof.

‘Orde’  en ‘vastigheid’ is militêre terme. ‘Wandel’ is ’n reisigersterm; ’n pelgrim op reis.  WANDEL SO in Hom – gewortel (vaste verbintenis) en opgebou (voortdurende aksie) in Hom (veilige raamwerk) en bevestig in die geloof (noodsaaklike vereiste), oorvloedig in danksegging (oorwinnende atmosfeer (vgl. 3:16).

4.2  WEGVOERING   (2:8):

“…as buit wegvoer”  is ook ’n militêre term. Wysbegeerte – menslike kennis sonder Goddelike wysheid. is Hier is die suurtoets van enige godsdienstige stelsel: “Nie volgens Christus nie …” (v.8b,19): Enige leerstelsel wat “nie vashou aan die HOOF nie” (v.19). Christus kan wel erken en geensins heeltemal uitgesluit word nie, maar Hy word nie as Verlosser en Hoof aanvaar en geëer nie! Dan is jy vasgevang in DWALING!

“Eerste beginsels”  (v.8b) beteken letterlik – een in ’n reeks. Dit kan verwys na elementêre klanke of letters, soos die ABCs, kennis van die basiese elemente van ’n stelsel, soos in Hebreërs 5:12, of soos die basiese elemente van die skepping – in 2 Petrus 3:10-12. In antieke Griekeland het dit ook beteken – die elementêre geeste van die skepping, engele of demone wat hemelliggame beïnvloed! Hierdie is ’n ernstige waarskuwing aan gelowiges: VERMY spiritistiese magte/gebruike!

2 Sleutelverse: v.9,10 . Die wonder van ALLES van God, in ’n menslike liggaam! Die volheid WOON in Hom – nie toegevoeg nie – blywend in Hom. “Volheid” (‘pleroma’) in 2:9 beteken Hy IS die volle som van ALLES wat God is – Sy ewebeeld; Sy wese, eienskappe, attribute; Sy almag, heerlikheid, heiligheid, barmhartigheid, liefde en genade. Christus Jesus IS dit! IN HOM hét julle alles wat julle van God mag nodig hê of ooit kan besit! Vers 10 beteken letterlik – ‘VOLGEVUL IN HOM, is julle in Hom.’  HOE kan ons hierdie VOLHEID bekom? Alleen deur die volgende VYF voorwaardes na te kom:

  4.2.1  Ontmoet die Gekruisigde (v.12): “Saam met Hom begrawe deur die doop in die dood!” (Rom.6:4). Met Christus gekruisig (Gal.2:20) … saam opgewek … saam lewend gemaak. Onthou dat die woord ‘doop’ in die N.T. altyd beide ’n letterlike en ook ’n figuurlike betekenis het. Letterlik verwys dit na die sakrament van die doop, maar figuurlik na vereenselwiging met Christus; byv. die Joodse volk was “almal in Moses gedoop in die wolk en in die see” toe hulle saam met Moses, L.W. op droë grond deur die see gegaan het (1 Kor.10:1,2). Hier, in vers 12 word ‘doop’ ook figuurlik gebruik en dit beteken net – Wat met Hom gebeur het, het ook met ons gebeur! (2 Kor 5:15).

Ontdek dus die onweerlegbare feit dat, toe Hy gekruisig is, is jou ‘oue mens’ klaar SAAM MET HOM gekruisig en die ‘nuwe mens’ word saam met Hom opgewek!  Drie-in-een – dood, begrafnis, opstanding!

  4.2.2   Ondergaan die Operasie  (v.11):  Die besnydenis was ’n teken van God se verbond met Israel (Gen.17:9-14). Hoewel dit letterlik ’n fisiese operasie met menslike hande was, het dit figuurlik ’n geestelike betekenis gehad waardeur in ’n geestelike operasie met hemelse ‘hande’ die “liggaam van die sondige vlees” drasties weggesny en verwyder word. Die aanwesigheid van “die liggaam van die sondige vlees” by die gelowige, dui op ’n onwelkome indringer of ’n abnormale geestelike toestand of gesindheid wat in ’n magsdaad deur die Kruiswerk van Christus, totaal uit die lewe van die gelowige verwyder moet word. Dit geskied “In die besnydenis van Christus …” (v.11b) en wel deur ’n besnydenis van die HART (Rom.2:29)! Hierdie liggaam van die sondige vlees is die totaliteit van ’n eenheid en saamgestel uit die volgende elemente:

Verharding van die mens se nek (Deut.10:16; Ex.13:13; Spr.29:1).

Onbesnedenheid van die mens se hart (Jer.4:4).

– 7 –

Liefdeloosheid van die mens se hart (Deut.30:6).

Doofheid van die mens se (geestelike) oor (Jer.6:10).

Wederstrewigheid van die mens, om wat heilig is te ontheilig (Eseg.44:6,7)

4.2.3 Ontmoet die Oorwinnaar : En Hoof van alle OWERHEDE EN MAGTE: Daarvan is Hy die Skepper (1:16), die Hoof (2:10), die Oorwinnaar (2:15 NAB). Christus het aan die Kruis die bose magte ontwapen, hulle in die openbaar uitgeklee en tentoongestel en openlik oor hulle getriomfeer! (beeld van ’n triomferende Romeinse generaal) Vgl. Efese 4:8, ook in die NAB.

  4.2.4  Ontvang die kwitansie:  v.14: Die ‘Skuldbrief’ – die WET wat deur die sondaar oortree is, plus besonderhede van AL sy (sondes) skuld, gelyk aan MOORD!  Baie ernstige saak – DOODVONNIS!  WONDER van verlossing – nie net vryspraak, vergifnis, kwytskelding OMDAT SKULD REEDS BETAAL IS! Die uitdelging van die skuldbrief, stel die aangeklaagde ook buite bereik van die WET – “daar is dan nou GEEN VEROORDELING vir die wat in Christus is nie . . .”  Sondaar, ONTVANG die kwitansie! 

Maar Hy doen nog méér – Hy vervang die skuldbrief met ’n TESTAMENT (Heb.9:15), waarvan Hy Self die Ekseketeur is en waarborg dat dit uitgevoer word, omdat Hy altyd as Middelaar LEEF (Hand.2:33)!

4.2.5  Ontplooi die baniere!  (v.15): Hy het OORWIN – nóú besig met Sy oorwinningstog! Hy het die vyand uitgeklee (waar hy weggekruip het in siele van Sy mense) – in openbaar tentoongestel (aaklig, wreed soos hulle Hóm verniel, vertrap, verneder, verwoes het in 6 ure!) Oor hulle getriomfeer!  “Hy het die bose magte ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer”.  Beeld van Romeinse generaal wat op wit perd hoofstad binnery, dan volg sy soldate, dan die geboeide vyande en dan die buit!  MEER as oorwinnaars beteken – jy veg teen 12 vyande, slaan 13 dood!

“Bring banner down to the army”  “No, bring the army up to the banner!” I.p.v. dat hulle JULLE as buit wegvoer (2:8) – word húlle as buit weggevoer!

4.3  VEROORDELING  (v.16): “Laat NIEMAND julle dan oordeel …”  Wandel in lig en wys kwitansie!

4.4 BEROWING   (v.18): “Laat niemand julle van jul prys BEROOF nie!” Die PRYS is reeds joune! (Fil.3:14). Oorwinnaarskroon – ‘stephanos’ (Heb.2:7,9); Openb.2:10 – Smirna. Openb.3:11 “Sodat niemand jou kroon kan NEEM nie!”

DEEL TWEE Hoofstukke 3 en 4.  Hierdie gedeelte is deels leerstellig en deels prakties

Prakties  – Christus, die volheid van God in die Kerk: “dat julle WAARDIG mag wandel” (1:10).

“Dat julle waardig mag wandel ”: Paulus beweeg hier na die praktiese toepassing van leerstellige waarhede. Dit sou niks baat om die waarheid te verkondig en te verdedig, sonder om dit ook prakties deur jou lewe te vertoon nie (Titus 1:16). Die klem wat die Heilige Gees deur Paulus op die belangrikheid van hierdie hoofstukke laat val, is des te duideliker indien ons die verskil in WYSE én TYD opmerk waarin die WERKWOORDE hier, soos in al Paulus se geskrifte, gebruik word (N.B!).

 Wanneer Paulus lering verklaar, word die werkwoorde gewoonlik in die aantonende wys gebruik. Dit verklaar, omskryf en verduidelik bestaande en onomstootbare FEITE wat ons moet wéét voordat ons kan GLO om die heerlike waarhede van die lering self te ervaar en prakties toe te pas. Die genoemde FEIT in die aantonende wys, word opgevolg met ’n BEVEL – bevelende wys. God vereis dat ons Sy BEVELE moet uitvoer! Let nou daarop dat feitlik al die werkwoorde in die eerste twee hoofstukke van Kolossense, in die aantonende wys is wat belangrike feite aan ons bekend stel. Die enkele werkwoorde in gebiedende wys is: ‘wandel’ in 2:6;  ‘pas op’ in v.8 en ‘laat niemand julle oordeel …. of, …. van julle prys beroof nie’, in 2:16,18.

 In Hfst 3 – 4:6 wemel dit egter van werkwoorde in die bevelende wys en bereik God se BEVELE deur Paulus ’n klimaks!  Die aantonende wys het aangetoon en gewaarborg dat, deur die geloof ‘in Christus’, AL die volheid van God in Christus elke ‘nuwe mens’ se erfenis is; met sy redding reeds tot sy beskikking gestel IS. Om nou daarvan gebruik te maak en só die besitter van die volheid in Christus te word, moet hy dit deur geloof (die bevelende wys gehoorsaam), prakties in werking te stel! ’n Lewende en liefdevolle vertrouensverhouding met jou Heiland, waar jou eerste liefde nog vars en vurig is, sal die kragtige nuwe lewe

– 8 –

aktiveer wat bloei en blom en geurige vrugte dra! Jou ‘vrymaking’ word dan ware vryheid wat verlossing van sonde meebring en die Heilige Gees in volle beheer stel. Sý almagtige krag word dan in en deur jou in werking gestel en maak jou ’n ‘meer as oorwinnaar’! Dit beteken dat dit wat God in die gelowige geplaas en tot sy beskikking gestel het, Hý as die lewende en almagtige God, nou self in werking stel en dit gebruik!

 Die uiters belangrike vraag ontstaan WAAROM hierdie ‘nuwe mens’ wat eers ‘in sonde’ was, maar nou ‘in Christus’ ’n nuwe skepsel is en nie meer langer in sonde behoort te leef nie (Rom.6:1), nogtans in 3:5 en 3:8 beveel word om die aakligste sondes, wat glad nie by die nuwe mens pas nie, dood te maak … af te lê?

 Die Skrif én ondervinding leer dat daar in die ‘nuwe mens’ nog ’n stuk neutrale ‘niemandsland’ ten opsigte van sy natuurlike, godgegewe drange, aptyte, denkpatrone en liggaamsfunksies mag wees. Op sigself is dit nie sondig nie, maar as dit nie gedissiplineer word tot gehoorsaamheid aan die beheer van die Heilige Gees nie, is dít juis die areas waar die Satan weer die beheer van sekere eienskappe van die oue mens (‘waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het’) wil probeer behou of herwin. Daardeur wil hy die ‘nuwe mens’ in genade laat veragter, hom weer besoedel en aan sy verslawing onderwerp.

 Die chaos wat sodanige ‘vroeëre wandel’ in die areas van die mens se onskuldige natuurlike eienskappe aangerig het, was nie alleen verwoestend nie, maar gewoontevormend. Die letsels daarvan wat diep groewe en gebreke in die mens se wese veroorsaak het, moet dus herstel word, ou gewoontes afgeleer en nuwes aangeleer word. Dit is geen kitsformule nie! Verwyder die rommel voordat die nuwe opgerig word! Soos ná ’n verwoestende storm, moet die slote en dongas opgevul en keerwalle gebou word, dan kan die nodige bewerking van die grond geskied. Die proses van herstel vereis heelhartige gehoorsaamheid en vrywillige onderwerping aan die hoë eise van God se allerbeste, volgens die voorbeeld en gesindheid van Jesus Christus. In hierdie proses word ‘onskuld’ omskep in heilige karakter deur ’n reeks morele keuses.

 Volkome herstel vind nie dadelik met die skepping van die ‘nuwe mens’ plaas nie; daarom vermaan Paulus nuwe skepsels in Christus in Efese dat hulle die ‘oue mens’ moet aflê én hulle met die ‘nuwe mens’ moet beklee ‘wat na God geskape is in ware (egte) geregtigheid en heiligheid’ (4:22-24)! Daarom verwys hy ook in Kolossense 3:9 na die ‘oue mens met sy werke’ wat hulle afgelê het toe hulle hulleself met die ‘nuwe mens’ beklee het … (albei werkwoorde in Aoristus tyd). Wat hulle veronderstel was om te doen, het egter blykbaar nie bevredigend gerealiseer nie, want nou word hulle beveel om hulle lede (die kanale of gereedskap vir gebruik van óf die sonde, óf van die Heilige Gees) vir die sonde dood te maak (v.5). As hulle dit nie doen nie, kan dit hulle terug na die ou lewe lei.

 Daarby moet hulle ook sekere gruwelike werke van die ou mens volkome aflê (v.8,9). Ongelukkig is dit so dat die ‘nuwe mens’ mettertyd ook nog by alles, tot sy ontsteltenis moet ontdek dat iets diep binne in homself nog geneig is om met die Satan saam te span en sy stryd teen die wêreld, die vlees en die duiwel verhewig. Maar lelike en diepgewortelde sondige neigings en gewoontes wat ernstige letsels op gees, siel en liggaam gelaat het en die hele denkpatroon en lewenswyse van die mens verwring het, het géén plek of bestaansreg meer in die ‘nuwe mens’ nie! Om daarmee te kan handel is dit noodsaaklik dat God dit aan hom uitwys en hy dit identifiseer. Presies wát is dit? Net Paulus gebruik die term, ‘oue mens’ en wel drie keer: In Romeine 6:6; is dit ‘óns oue mens’. In Efésiërs 4:22 en Kolossense 3:9 is dit ‘díé oue mens’. ’n Duidelike begrip hiervan en die verskille in gebruik is uiters noodsaaklik, veral as ons die drie plekke noukeurig in konteks vergelyk!

·   

·     In Romeine 6:6 word duidelik en katagories verklaar dat ‘ons oue mens’ saam met Christus gekruisig IS, sodat die liggaam van die sonde (die mistieke ‘liggaam’ van sonde) tot niet gemaak (‘katargeo’ beteken tot niet maak, wegdoen, heeltemal buitewerking stel) sou word en ons nie langer díé sondE sou dien nie. ‘Deur één mens’ het die ‘díé sondE’ in die wêreld gekom (Rom.5:12) en ‘ons oue mens’ verwys na die verwoestende, algemene uitwerking wat dit op alle mense gehad het. Net soos dit ’n feit van geskiedenis is dat die hele menslike ras 6000 jr gelede reeds ‘in’ en saam met die ‘eerste Adam’ geval en gesondig het (vlg. Heb.7:9,10), net so ’n feit van geskiedenis is dit dat ‘in’ die ‘laaste Adam’ (Christus), Hy ook ‘ons oue mens’ saam met Hom tot die kruisdood veroordeel en saam met Hom na die kruis geneem het. Dáár is dit volkome in al sy aakligheid uitgeklee en ten toon gestel. Dáár het Hý die DOODVONNIS daaroor klaar voltrek!

·   

·     Elke individu wat by geboorte die neiging tot die sonde (sy/haar porsie van die ‘oue mens’ of sondige natuur) geërf het, word slegs deur wedergeboorte ‘in’ en ‘saam’ met Christus in Sy kruisdood ‘gedoop’ en ‘begrawe’. Dit beteken dat wat met Hóm gebeur het, gebeur ook met die sondaar wat ek was, AS ék die ‘porsie’ wat ék daarvan geërf het, persoonlik tot Christus se kruisdood veroordeel, daaraan uitlewer (Rom.6:11) en myself en al my lede deur onvoorwaardelike oorgawe, tot Sý beskikking stel (Rom.6:13)!

·    – 9 –

·   

·    Jou en my eie porsie van ‘ons oue mens’ is nie ‘n ‘stokou man met ‘n baard en kierie’ buite onsself nie, maar dit is IN jou en my! Dit is die groot en arrogante ‘EK’ in ons, in sy absoluut doemwaardige, verlore, verdorwe en onrein toestand! As selfs deur die wedergeboorte ons oë dan eers daarvoor begin oopgaan, kan ons nie self van al die vertakkinge daarvan ontslae raak bloot deur in eie krag daarteen te veg, dit te onderdruk, daarop te verbeter, dit op te voed, te dissiplineer of te probeer oorwin nie! Die mag van sonde word wel by die wedergeboorte deur die nuwe lewe aan bande gelê, maar hierdie verkeerde houding/neiging/gesindheid is baie gevaarlik, veral as dit ondergronds gaan. Daar sal dit stil lê as dit pas, maar onverwags kan sy lelike kop uitsteek en uitbars, juis wanneer jy dit die minste verwag en die Christen nie wil hê dat ander moet ontdek hoe diep hy in sy wese nog deur die sonde ontaard is nie!

·   

·     Die oue mens met al sy werke, sy bose begeerlikheid, sy arrogante ‘eie ek’, moet eerlik in die oë gekyk, deur gebed onverbiddelik aangeklae en veroordeel en deur gehoorsaamheid hardhandig oorgelewer word; net soos die Here Jesus oorgelewer was tot die dood van die Kruis. Deur kruisiging saam met Christus word die doodvonnis voltrek en die gelowige bevry en verlos van die stuk ou lewe wat hom nog selfs ná sy wedergeboorte aan die mag en heerskappy van DIE SONDE verbind. As dit nie gebeur nie, is dit gewoonlik óf omdat die gelowige nog nie weet dat die oue mens reeds met Christus gekruisig is nie, óf as hy dit wel weet, hy nogtans nie gewillig is vir die dood van die Kruis, of die reg op homself wil afteken nie!

·   

·     Die kruisiging van ‘ons oue mens’ van God se kant was toe Christus gesterf het aan die Kruis. Dáár was dit VOLBRING! (Rom.6:6 – aantonende wys, Aoristus Tyd). Die tyd wanneer die kruisiging persoonlik vir ons plaasvind, is wanneer ons bogenoemde feite GLO en onsself in geloof dood REKEN (bevelende wys, teenw. Tyd) vir die sonde (dit aflê) en onsself lewend vir God REKEN (ons met die nuwe mens beklee) deur Christus (Rom.6:11). Die OOMBLIK van volle oorgawe en afstand doen van EIE REG (dit aflê) is deur jousélf tot beskikking van God (beklee) te STEL (bevelende wys, Aoristus tyd) én jou lede as werktuie van geregtigheid (Rom.6:13b). Die TYD vir die doodmaak van ‘julle lede as werktuie van die sonde’ is dieselfde as in Romeine 6:13a (teenwoordige tyd, bevelende wys)

·   

·     Maar  L.W!  Hierdie kruisiging vind plaas ‘sodat ….’ (6:6b) vrymaking verkry word deur vernietiging (‘katargeo’) van die ‘liggaam van die sonde’ (6:6b). Die Griekse werkwoord ‘katargeo’ word algemeen, deur die betroubaarste taalkundiges en teoloë, verklaar, as sou dit beteken –  volkome buitewerking stel, ophou, verlos, wegdoen, vernietig, verban. Dit word ook gebruik vir die nutteloos maak van geloof (Rom.3:3); die ontslae raak van ’n wet (Rom.7:2); die wegdoen met kennis en profesie (1 Kor.13:8), of met betrekking tot ’n belofte (Gal.3:17), of van die smaad van die kruis (Gal.5:11), óf die vernietiging van die dood (1 Kor.15:26) én ook in Romeine 6:6 van die vernietiging van “die liggaam van die sonde.”

·   

·     Maar wát is hierdie ‘liggaam van die sonde’ waarvan die gelowige vrygemaak word AS ons ‘oue mens’ gekruisig IS? Die ‘liggaam van die sonde’ is die volle omvang, inhoud en aanwesigheid van die bose mag en vernietigende invloed van DIE SONDE – al die ongeloof, onreinheid en goddeloosheid wat in die HELE wêreld aanwesig is en sal wees, totdat Christus kom – waaraan ELKE MENS, vanaf sy geboorte, deur sy konneksie van sy ‘oue mens’, daaraan gekoppel is. Hierdie ‘oue mens’ wat ’n instrument of landingsplek vir die indringer, die ‘liggaam van die sonde’ geword het, het in sy wese van nature ongeneesbaar verrot, bedorwe, besoedel en doemwaardig geword – die uitwerking of vrug van die sonde!

·   

·     Deur die skepping van die ‘nuwe mens’, word die ‘oue mens’ nie verdring nie: dit moet STERWE! As dit werklik STERWE, IS die skakel of konneksie van die gelowige met die ‘liggaam van die sonde’ verbreek! Dán word die gelowige, wat nou met die verstand die FEIT wéét (6:6), in geloof met die hart daarop réken (6:11) en hom/haarself met die wil volkome en onvoorwaardelik tot God se beskikking stél (6:13), oombliklik en waarlik VRYgemaak van die ‘liggaam van die sonde’. Dít is die KRISIS van heiligmaking!  Hierdie ‘nuwe mens’ moet geheel-en-al verlos word, ontslae raak van die houvas, die mag en besoedeling van die mistieke ‘liggaam van die sonde’ wat deur die sondeval in die wêreld is, wat op ‘ons oue mens’ land en teer, soos ’n parasiet! (Wanneer die gasheer van die parasiet egter self ‘sterf’, klim die parasiet van die dooie liggaam AF!) Deur kruisiging van die oue mens met Christus, gebeur dit (Rom.6:6)!

·   

·     Die ‘liggaam van die sonde’ is volgens sommige Skrifverklaarders die fisiese liggaam (‘soma’) van die mens soos dit deur die sonde as werktuig gebruik word. Dat daar moontlik waarheid in hierdie siening is, wil ons nie betwis nie, maar in konteks pas hier eerder ‘n mistieke ‘liggaam van sonde’, net soos die mistieke ‘liggaam van Christus’ wat Sy kerk is. Die gebruik van die werkwoord ‘katargeo’ kan egter nie in sy volle betekenis tot ‘n fisiese liggaam beperk word nie. In Romeine 6:12 onderskei Paulus tussen die sterflike

·    – 10 –

·   

·     liggaam van die mens en sonde. Hy praat van die sonde wat IN ons sterflike liggaam nie moet ‘heers’ nie, en in 8:3 dat die ‘sonde IN die vlees’ veroordeel word. Dit kan dus nie beteken dat dit ons sterflike menslike liggaam is wat t.o.v. die sonde ‘tot niet gemaak’ (katargeo) word nie! Ons liggame is neutraal en wag op beheer en bevele. As die Heilige Gees dit beheer, is dit die mens se kosbaarste besitting, sy heerlikheid. As die sonde egter heers, word dit die voorwerp van ons skande!

·   

·     Volgens Oswald Chambers is ‘die liggaam van sonde’ ‘n mistieke liggaam, net soos die mistieke liggaam van Christus – die Kerk (Ecclesia) – wat bestaan uit alle en baie ware gelowiges: “The body of sin is this tremendous possibility of solid atheism underlying humanity. The share of individual men and women in that body is ‘the old man’. Every time a man or a woman enters into the experimental knowledge that this ‘old man’ is crucified with Christ, the ultimate defeat and destruction of the body of sin becomes clearer. The body of sin is not in a man; what is in a man is the old man, the carnal mind, which connects him with the body of sin. Paul’s arguement, that the purpose of the old man being crucified with Christ, is that the body of sin might be destroyed i.e. that the connection with the body of sin might be severed.”

·   

2.1. twee NEGATIEWE Bevele  (3:5,8):  

 Paulus stel dit onomwonde in Efesiërs 4:22 dat hierdie ‘vorige lewenswandel’ van die oue mens iets te doen het met ‘die begeerlikhede van die verleiding’ wat die mens te gronde laat gaan! Kolossense 3:5 noem dit o.a. ‘slegte begeertes’. Jakobus noem dit die mens se ‘eie begeerlikheid … die begeerlikheid’ (1:14,15). Petrus: ‘die verdorwenheid wat deur die begeerlikheid in die wêreld is’ (2 Pet.1:4). Paulus in Romeine 7:7,8: ‘die begeerlikheid … IN  my allerhande begeerlikheid …’ Die reinste en onskuldigste drange, aptyte, begeertes en ideale deur die sonde vergiftig, het in die lelikste selfsug, hebsug, wellus, hoogmoed en selfverheffing ontaard! Onwaardige en afskuwelike begeerlikheid is dit wat die skynheilige, oneerlike mens die diepste kan verberg en voor mense mee kan wegkom. Ons ‘oue mens’ maak ons geslepe, wreed, selfsugtig, hoogmoedig en arrogant. Dit moet STERF en afgelê word, maar dit sterf nooit maklik of vrywillig nie – veral nie graag die DOOD van die KRUIS nie. Dit is die enigste dood wat effektief daarmee handel!!

2.1.1   “Maak dood dan …”  (v..5)

 Beide hierdie werkwoorde, nl., ‘maak dood’ en ‘aflê’, is nie alleen in die gebiedende wys (imperative mood) nie, maar ook in die Griekse Aoristus Tyd. Dit beteken dat gelowiges in Kolosse opgeroep en duidelik beveel word tot ’n geloofshandeling wat eens en vir altyd en finaal afgehandel word, soos die werkwoord in die Aoristus Tyd aandui! Van die gelowige se kant dui dit op ’n krisis van geloof en nie op ’n proses van werke wat lewenslank duur nie. Van God se kant bewys die Skrif elke keer dat Hý nie ‘met verdrag’ met sonde handel nie! Met ons swakhede het Hy medelye, maar nie met ons sonde nie! Hý wat ons beveel om ‘dood te maak’ wat die Satan nog wil gebruik en alles ‘af te lê’ wat alreeds met die oordeel van God getref is – Hý is dit wat IN ons werk om te wil, sowel as om te doen na Sy welbehae. Hy stel al die dodende krag van Sy kruis, die reinigende krag van Sy kosbare bloed en die magtige werking van Sy Gees tot ons beskikking! Vir die eerlike, gelowige en desperate mens wat gewillig is vir die stap van volle oorgawe, sal NIKS verhinder nie, dat God vir hom sê: ‘Hy wat julle geroep het is getrou, Hý sál dit ook doen!” (1 Thes.5:24).

Die bevel is aan LEWENDE mense om iets dood te maak wat in of rondom hulle verkeerd, gevaarlik is – wat nog LEWE, of weer kan HERLEEF en aktief in hulle kan word, want hulle het dan juis vroeër daarin gewandel! (v.7). Let op dat dit ’n swart lys van sondes is wat ’n normale kenmerk van sondaars se verlede is, toe hulle nog ‘daarin geleef’ het – dinge wat mense volgens 1 Kor.6:6, selfs vir die hemel kan diskwalifiseer! Daarvan word gesê dat die TOORN van God kom oor die kinders van die ongehoorsaamheid!

 Dit is interessant dat daar 2 maniere is om “DOOD” te maak: Die Griekse woord ‘nekroo’ beteken wel om dood te maak, maar ook om dit van sy krag te beroof; toegang te weier! Sondige dinge moet geweldadig ‘dood’ gemaak word en ander, soos sogenaamde swakhede, deur verwaarlosing. Goddank, dit is dinge waarin die Kolossense ‘vroeër’ geleef het, maar nie meer behoort te leef nie.  Die ‘fabriek’ (’n sondige hart of natuur waar sonde geheers het) is wel gesluit as die ‘oue mens’ deur kruisiging sterf, maar die verkeer daarheen en daaruit van die verrotte ‘werke van die vlees’ wat sy sondige gewoontes en wortels só diep in die mens se wese oopgeforseer het, moet ook beëindig word. Die ‘oue mens mét sy werke’ moet afgelê word! ‘Ons lede’ is soos die geproklameerde dubbelbaan ‘pad’ waarop bestelde roumateriaal van versoekings vroëer ingestuur was en waarlangs dit dan weer in die vorm van vragte sonde en gif uitgestuur was. Dit word vir hierdie soort verkeer gesluit “… want julle hét gesterwe …” (3:3).  Dan eers kan die ‘nuwe mens’ nie net daarop ‘reken’ dat hy self vir die sonde dood is nie (Rom 6:11), maar ook dat sy lede (werktuie, kanale soos natuurlike

– 11 –

 eienskappe, aptyte, emosies, begeertes) soos dit vroeër deur die sonde verdraai en misbruik was, nou vir die sonde DOOD is! Die bevel is: MAAK dit dood en HOU dit dood! HOU daardie pad gesluit! Jou ‘lede’ wat vroëer die kanaal en ‘pad’ vir die in-en-uit-beweging van die sonde was, moet dood deur die gebruik daarvoor te staak! MAAK DOOD beteken: HOU OP om dit daarvoor  te gebruik! In die plek van die ‘fabriek’ is ’n ‘vrugteboord’ waar die ‘vrug van die Gees’ in stilte gekweek en deur gereinigde kanale uitgevoer word.  Elke gelowige staan by die keuse tussen  twee moontlikhede – die ‘werke van die vlees’ of die ‘lewe na die Gees’. Sy liggaam is neutraal, maar beheer deur die lewenskrag van die Heilige Gees, het jy die reg en vermoë om eens en vir altyd reg te KIES, by daardie keuse te BLY en dit te laat werk!

2.1.2  “Maar nou moet julle ook dit alles aflê.”   v.8:

“Toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond . . .”   Hierdie sondes, waaraan gelowiges wat nog ‘vleeslik’ is hulleself dikwels nog skuldig maak, moet drasties, as ’n groep in sy geheel, AFGELê word.  Aflê – beteken – gehoorsaam net God se bevel en werp ook die WERKE van die oue mens terug na die Kruis. Die goddelike FEIT in die aantonende wys, in Romeine 6:6, is die anker van jou geloof – jóú oue mens IS reeds saam met Christus GEKRUISIG! Of wéét jy, as ’n nuwe mens, nog nie eens hierdie uiters belangrike FEIT wat vers 6 katagories VERKLAAR, dat jóú oue mens klaar saam met Christus gekruisig IS nie? Selfs van die ‘spook’ van sy ‘dooie liggaam’ wat miskien nog bestaan, moet elke gelowige wat dit genoegsaam haat, ontslae raak! Kry klaar met alles wat daarna LYK of RUIK, deur ‘saam met Hom begrawe’ te word! 

 Let op Kol.2:12,13; 3:1 en 3:5 – “saam met Hom begrawe … saam opgewek … en …julle lewe is saam met Christus verborge in God!” God se volkome verlossing is nie net begrafnis nie, maar ook ’n positiewe opwekking, en ’n veilige verborgenheid, met Chistus in God!  Die Satan het geen reg om sy ‘werke’ aan jou en my af te smeer, aan ons te hang, of selfs net die spore daarvan aan ons te laat vaskleef nie – lê DIT AF!

 Hierdie ‘nuwe mens’ word in Kolossense.3:5-9 beveel om sy ‘lede’, wat eers as stukke gereedskap in die diens van die sonde was, dood te maak en daardeur die aanknopingspunt met die sonde, wat die ‘lede’ as kanale misbruik het, finaal af te lê deur al die kanale na die sonde se kant toe, toe te stop en dit na God se kant toe oop te stel (Rom.6:13). In Efésiërs en Kolossense is hierdie verloste ‘nuwe mens’ dan eers gereed om ‘beklee’ te word, nie slegs met die volle mate en heerlikheid van die ‘nuwe mens’ nie, maar ook met die volle ‘klereprag’ uit God se ‘klerekas’ in vers 12! Die ‘nuwe mens’ word ook in Romeine 13:14 beveel om hom met die Here Jesus self te beklee!

 Let asseblief daarop dat in Kolossense 3:10 die eerste werkwoord in die Griekse Aoristus Tyd is en die tweede in die teenwoordige tyd. Dit dui dus eers ’n krisis aan; eers daarná volg die lewenslange proses. In vers 12 is die bevelende werkwoord, ‘beklee julle dan …’ ook in die Aoristus Tyd. Die werkwoord ‘… geroep is …’ in vers 15 is ook in die Aoristus Tyd. Verder tot aan die einde van vers 17, is die werkwoorde teenwoordige tyd.

 As die nuwe mens waarlik vry, verlos en vervul wil word, het God net EEN plek en EEN metode. Die Kruis wat die sondaar met God versoen, maar die Kruis veroordeel die sondaar self ook tot die dood – “ja, die dood van die Kruis!” (Fil.2: 8; Rom.6:6; Kol.3:3). M.a.w. kruisiging! Kruisiging beteken dood; ’n doding of (af)sterwe wat plaasvind wanneer die ‘wêreld’ (Gal.6:14), die sondige ‘vlees’ (Gal.5:24; Rom.8:7; Kol.2:11) en die ‘self-lewe’ (Gal.2:20) by ‘volle oorgawe’ aan God, aan die dood van die Kruis oor- en uitgelewer word. Die vashaakplek by baie is waar die ‘self-lewe’ (self-wil, die groot ‘eie-ek’) nog nie werlik gekruisig is of wil wees nie!  Om jou eie soewereiniteit of die reg op jouself met eie hande af te teken en aan God oor  te gee, dat die Heilige Gees volle beheer kan neem (Rom.6:13; 12.1,2), lyk vir baie Christene soos uiterste dwaasheid en heeltemal onnodig, omdat die Satan hulle so gruwelik uit hulle erfenis uit probeer bedrieg!

2.2  twee positiewe bevele:

2.2.1  Bedink (v.2):   Ons hele lewenswyse, lewenspatroon en bestemming word bepaal deur ons gedagtetrant!  “Neem elke gedagte gevange (as in a vice – O.Chambers) tot gehoorsaamheid aan Christus” (2 Kor.10:5; Fil.4:8). Hier volg ’n paar wenke uit die feite van verse 1-4, HOE om die bevel (imperatief) van v.2 te gehoorsaam:

 2.2.1.1  VEREENSELWIG – in Sy dood (v.3a). Rom 6:6; Gal.2:20; 2 Kor. 5:15.

– in die begrafnis van Sy dood – 2:12; Rom. 6:4.

– 12 –

 2.2.1.2  VERENIG  – in Sy opstanding. “Saam met Hom gekruisig, begrawe, opgewek 3:1.

– in Sy opstandingslewe. “Julle lewe is  SAAM met Hom verborge in God – 3:3.

 Hier is ’n dubbele beveiliging waar nie eens die Satan  weet waar om u te kry nie!

 2.2.1.3  VERLANG   – “soek die dinge daarbo, waar Christus is en aan die regterhand van God sit!” v.3. Magsposisie, troonlewe met Hom!

2.2.1.4  VERHEERLIK   – “saam met Hom” by Sy wederkoms – v.4b. Aan Hom gelyk. Die

bruid van die Lam sal aan Sy sy in heerlikheid geopenbaar word!

2.2.2   Beklee  (v.10,12,14): 

 MAAK PLEK vir die NUWE MENS IN CHRISTUS!  Die nuwe mens is Sy SKEPPING v.10. Nuwe skepping .. . . nuwe skepsel! Grootste wonder – groter en heerliker as eerste skepping in Genesis 1! Toe het God net gepraat – nou moes Hy BLOEI! Hierdie nuwe mens moet ons, en HET ons AANGETREK – “beklee het . …!” (Aantonende wys, Aoristus tyd).  Hierdie nuwe mens word … (aantonende wys, teenw tyd – d.w.s. voortdurend), dan VERNUWE tot KENNIS na die beeld van sy Skepper (word verander na die beeld en gesindheid van Christus Jesus).

 Wanneer hierdie NUWE MENS AANGETREK of BEKLEE word – KYK eers na sy status en waarde by sy Skepper – “uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes”!  Wat ’n voorreg en eer – ongelooflik! Geen wonder nie Hy lei hierdie nuwe mens na Sy ‘klerekas’: Alles daarin is MOOI, rein, skoon, begeerlik en hemels! KLERE is baie belangrik – WIT klere praat van die toestand van klere wat SKOON gewas is. FYN LINNE praat van die kwaliteit van die klere. PRAKTIESE klere is die wat beste pas, naaste aan jou liggaam is. Die PRAKTIESE pasklere is die toerusting vir die WERK, die TAAK! Hier volg die “klere” vir die nuwe mens, wat ook ’n baie praktiese uitwerking het in sy kontak met sy medemens:

2.3  DIE NUWE LEWE EN GELOWIGES ONDERLING  (3:12-17):

2.3.1  Innerlike ontferming :

Gaan DIEPER as die vel en kom van BINNE! Nie uiterlike simpatie wat nooit ver genoeg kan gaan, diep genoeg kan afsak, raak genoeg kan vat, sterk genoeg kan handel. Jesus was INNIG JAMMER vir die melaatse. Hy het hom AANGERAAK (letterlik omhels)!

2.3..2  Goedertierenheid: 

 Die DRANG om GOED te doen aan diegene wat dit nie verdien en verwag nie word ’n DWANG! Dit is wanneer die INNERLIKE ONTFERMING oorgaan tot aksie – met soveel deernis en opregtheid dat dit die HOOGSTE GELUK van ander kan waarborg! “WEET JULLE NIE dat die goedertierenheid van God julle tot bekering wil lei nie! (Rom 2:4)

2.3.3  Nederigheid: 

Nie swakheid wat maar toegee, boedel oorgee, opgee, gaan lê omdat hy nie anders kan nie, maar krag onder beheer! Nie gedwonge vernedering omdat jy so getrap word deur die duiwel wat ander mense en omstandighede daartoe misbruik nie – maar vrywillige verootmoediging wat soek na die laagste, nederigste plek onder mense. Vandaar kan jy BEKOSTIG om stil te bly, terug te staan, verag, verneder, vertrap te word, want jy weet jou EER is veilig by God! Nederigheid is die gesindheid van Jesus. Dit is ’n lae dunk van self sonder om aan die pieperige ‘klein Ek’ toe te gee. Soek altyd laagste plek. Is tevrede met min. Ag ander hoër as self. Maklik om mee klaar te kom. “Die penwortel van sonde is hoogmoed; Die kenmerk van Geesvervulling is NEDERIGHEID!”

2.3.4   Sagmoedigheid: 

Verdraagsaam onder provokasie, uittarting. Altyd dieselfde (Vrou en dronkaard man: ‘ek het my bes gedoen met wat ek het – sal probeer verbeter’). Nie net SAG maar ook SOET! (Japanees in opelug gepreek vir 3 jaar. Die 12,00ste dag het ’n man onder die lamppaal gestaan en luister. Vir God nodig, desperaat – soos musiek in sy ore – daardie dag is hy kragdadig gered!)

2.3.5   Lankmoedigheid: 

– 13 –

Geduld met mense – swakkes, dommes, selfs moedswilliges en hardkoppiges. VERDRA MEKAAR . . . . VERGEWE MEKAAR . . . . SOOS CHRISTUS JULLE VERGEEF HET! BO ALLES met DIE LIEFDE wat die band vd volmaaktheid, die BOKLEED is, wat al die ander kwaliteite saambind, styf aan jou vasbind en EEN met jouself MAAK! Geen mens word ooit absoluut volmaak op aarde nie – maar in een ding kan jy volmaak word – IN LIEFDE!  Dieselfde kwaliteit van Goddelike liefde, is nie noodwendig dieselfde kwantiteit daarvan nie! (As ’n oop bottel in die oseaan is, is die oseaan ook in die bottel!)

VREDEVOLLE HART – “heers” v.15. (Dit is ook ’n atletiekterm, soos ’n baanbeampte, ’n skeidsregter wat toesig moet hou oor spele en pryse moet uitdeel).

VERSTANDIGE HART v.16 – “Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle WYSHEID”

VREUGDEVOLLE, SINGENDE HARTE v.16 – “SING in julle hart met dankbaarh. tot eer vd Here”!

 Die hele betrokke gedeelte (v.12-17) spreek van ’n Christusgesinde, onselfsugtige, waardige, oorwinnende gesindheid. Die NUWE MENS wat nog beïnvloed, bedreig en tot ’n mate beheer was deur die kenmerke of werke van die OUE MENS (v.5-9), word nou die NUWE MENS wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid – bevry en beklee en beheer deur die Heilige Gees in die praktiese uitlewing van gelowiges onderling!

2.4 DIE NUWE LEWE EN HUISLIKE BETREKKINGE  (3:18-21):

2.4.1  Vroue v.18 : 

Wees onderdanig aan manne soos dit betaamlik is in die Here – wat beteken binne redelike perke!  Onderdanigheid maak die vrou nie ’n verloorder nie, maar ’n wenner! (Vgl. Ef.5:21). Die VROU is ’n geweldige wapen – óf vir God, óf vir die Satan! ‘“The hand that rocks the cradle rules the world’, is ’n waar gesegde! Die geweldige groot invloed van die vrou met die geur en gesindheid van Jesus in haar huis en op haar man wie sy met haar liefde wen en met haar wysheid lei, teenoor haar kinders wat haar geloof en gebede nooit sal vergeet nie en teenoor haar samelewing deur haar belangstelling, hulpvaardigheid en belangstelling, kan NOOIT GEMEET word nie! Die VROU met haar sterk wapens en geweldige invloed, maak dit maklik of moeilik vir mense rondom haar om by God uit te kom! (Vgl. Spr.31:10-31)

2.4.2  Manne v.19:  

“Manne, julle moet julle vroue liefhê . . . . “ (agapé – dieselfde  liefde soos God deur Jesus aan die Kruis geopenbaar. Dit is die man se plig en voorreg om vir sy vrou en gesin ’n plek en atmosfeer te skep waarin hulle veilig en seker kan voel en waar orde en geestelike waardes en beginsels die toon aangee.

2.4.3  Kinders v.20: 

God verlang onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan ouers wat nie onredelike eise stel nie. Die beste resultate word verkry van kinders wat nie met hardheid en oorstrengheid oorheers en vir elke oortreding swaar gestraf word nie, want dit verpletter sy gees en maak hom mismoedig, maar van kinders wat met deernis en liefde opgevoed, vermaan, tereggewys en gelei word deur ouers wat die regte voorbeeld stel.

2.5   DIE NUWE LEWE EN WERKSVERPLIGTINGE   (3:22-4:1)

2.5.1  Diensknegte v.22: 

Paulus spreek die geredde slawe aan as verantwoordelike lede van die gemeente en vermaan hulle tot opregte lojaliteit, onderdanigheid en gehoorsaamheid aan hulle aardse meesters – selfs in hulle afwesigheid – want die VREES van die Here moet hulle gedurig beheer! Baie veelseggend, vol betekenis en waarheid is v22-25 wat van toepassing is op diensknegte wat alles wat hulle doen, moet doen ‘soos vir die Here en nie vir mense nie’ want van die Here sal hulle regverdige vergelding ontvang!

2.5.2  Here 4:1: 

Gelowige werkgewers betoon reg en billikheid aan werknemers te midde van die hardheid, ongenaakbaarheid en wreedheid waarmee slawe in daardie tyd behandel is!

– 14 –

2.6  DIE NUWE LEWE EN ‘HULLE WAT BUITE IS’  (4:5)

2.6.1  In gebed v.2,3:  

Volharding in die gebed en waaksaamheid daarin met danksegging en voorbidding vir diegene wat die Woord verkondig, is die voorreg, plig en spontane reaksie van elkeen wat hierdie NUWE LEWE in Christus deelagtig geword het.

2.6.2  In gedrag v.5,6: 

Om in wysheid te wandel teenoor die wat ‘buite’ is, want jy kan ’n struikelblok vir hulle wees of ’n trap tot die Here Jesus! Die tyd moet uitgekoop word – daar moet ’n PRYS voor betaal word om jou prioriteite reg te kry!  Om al jou woorde met sout te besprinkel (nie ‘suiker’ of ‘peper’ nie), om smaak daaraan te gee, dors te maak, bederf teen te werk, vereis dat al die teerheid, waarheid en liefde van God gedurig deur jou mond en tong sal uitvloei!

SLOT: 

PORTRET VAN DIE CHRISTENWERKER  (4:7-18)

1. Tichikus  – die geliefde broeder, getroue dienaar en mededienskneg – briewebesteller! Hy kan wel onder die gewone mense getel word, maar deur vir Paulus getrou vir 12 jr te dien, dien hy ‘die Here self’ (Hand. 20:4; Ef. 6:21; 2 Tim. 4:12; Titus 3:12).

2. Onésimus  – die wegloper slaaf deur Paulus na Christus gelei in die tronk in Rome. Hy word deur Paulus teruggestuur na sy heer Filémon. Hy is ook nou ’n getroue en geliefde broeder, op pad om restitusie te gaan doen.

3. Aristárchus  – die ‘man van storms’ – elke keer saam met Paulus in een of ander storm (Hand.19:29; 27:2)

4. Markus  – Johannes Markus (Hand 13:5; 15:37-39). Daar het versoening plaasgevind tussen hom en Paulus. In Filémon v.24 is hy een van die ‘medewerkers’ van Paulus. Hy is ook die skrywer van die Evangelie van Markus, onder leiding van Petrus.

5. Justus  – ‘Jesus’ of Josua’ – Getroue medewerker en trooster. Bemoedig Paulus.

6. Epáfras –  effektiewe en getroue voorbidder wat bid dat die Kolossense volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God. Die man met buitengewone ywer vir baie.

7. Lukas –  die ‘geliefde geneesheer’ (Hand.16:10; 28:16;  2 Tim. 4:11; Filémon v24). Hy was die skrywer van die Evangelie van Lukas en die boek Handelinge. Paulus se getroue metgesel tot die einde toe.

8. Demas  – ‘Demas my medewerker  …’ (Filémon v24),  ‘Demas …’ (Kol.4:14), en ‘Demas het my verlaat …’ (2 Tim. 4:10). Eers het voor die wa gehelp trek, toe op die wa gery, toe weg van die wa geraak!

9. Nimfas  – Die man met die gemeente in sy huis. Hy het sy huis beskikbaar gestel.

10. Archippus  – iemand met ’n opdrag, ’n roeping wat hy van God ontvang het. Hy was blykbaar nalatig om dit uit te voer. Hy het sy plig versuim en word vermaan om daarop ag te gee!

PAULUS SLUIT DIE BRIEF AF MET GROETE EN SY EIE HANDTEKENING!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00