DIE BREIN
Dit is van al die wonders in die heelal wat uitroep:-“ GODDELIK”, is die menslike liggaam en die vermoë om so wonderlik te funksioneer uitstaande. PSALM 139:13 “Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.” :14 “Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.” Die brein is die mees komplekse struktuur wat aan die mens bekend is. Die brein is ‘n 1.4kilogram wonder. Dit bevat 10 biljoen breinselle. Elke sel gee uit 10000 tot 100000 veselagtige uitlopers wat ‘n netwerk vorm met verskillende dele in die brein en wat met die rugmurg verbind en dit maak kontak met ander selle. Daar word beweer dat die brein 1000 miljoen miljoen berekeninge maak elke dag. Binne een sekonde kan die brein berekeninge maak wanneer ‘n bal na die mens gegooi word teen ‘n speod van 15 km/uur. Die brein kry 25% van die bloedsomloop , 250ml. per minuut. Spiere wat 45% van die liggaam beslaan kry maar 20% van die bloedsomloop. Is dit nie verstommend hoe God die mens gemaak het as ons maar net na die brein kyk nie? God het ook vir jou saamgestel en bepaal dat jou liggaam volkome sal werk. God verwag van jou om Hom met jou alles te dien en Hom te vrees. SPREUKE 9:10 “Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.” PSALM 119:104 “Uit u bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad.” GEBED Here ek aanbid U want U het my wonderlik gemaak . U is die Een wat my instaatstel om elke dag te funksioneer. Vader ek aanbid U en dien U met my hele wese! AMEN