DIE EINDTYD: ESE.33:1-9+ Openb.13:16-18

INLEIDING|:

Reeds van die vroegste tye af het die saad van die Here en die saad van die duiwel, wat in opstand teen gesag en sy eie weg wil bewandel die mens getreiter. Profesië van onveranderliheid moes van tyd tot tyd in vervulling kom waarvan die grootstes, die van die geboorte, kruisiging en opstanding van die Here Jesus was.

Dit was nie net dramaties nie maar ingrypend omdat ‘n totale nuwe despensasie die mensdom betree het nl. die stigting van die kerk. Dit is in die lig van hierdie geweldige ernstige gebeurtenisse en die daarop volgende vervullinge wat die haat en woede van die duiwel meer intens gemaak het. Geen wonder dat die Here Sy profete opgewek het om in die toenemende vervulling van die Woord intenser te moes waak.

Die brandwag moes, anders as die wapens van geweld die wapens van die stryd opneem om nl. om vestings en skanse in harte van mense af te weer. Sy wapens is kragtig in die Here om verstinge neer te werp, maar wat is die stryd van die tyd waarin ons leef moet deurstaan. Die stryd is die vervulling van profesieë en die realiteit wat die duiwel besef dat sy einde nou naby kom. Tog hoe ironies, dat hoewel dit waar is, die mensdom verder en verder in sonde verval en wegbeweeg van die gedagte om ons aan die Here te onderwerp.

Die opdrag van die brandwag was om op die stadmure te staan en voortdurend gereed te wees met sy anderste wapen, die basuin, vir elke tyd en geleentheid raak te sien en dan die inwonders van sy stad ernstig en dringend te waarsku.

Daar is ‘n oorgegewenheid, en erns betrokke by ‘n brand-wag, want hy durf nie waag om nie wakend te wees nie weens die hoeveelheid siele wat op die spel is.

Amos.3:7 “Want die Here Here doen niks, tensy Hy sy raadsbesluit aan Sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.”

Met sy hand styf op die basuin moet hy ‘n duidelike waarskuwing deurgee 1 Kor.14:8 “Want as die basuin ook ‘n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog…”

Reeds van die begin van die skepping was die twee sade in konflik met mekaar, die saad van die lewe, in die Here Jesus en vervul in die moederbelofte en die saad van die dood in die duiwel wat in opstand kom teen alles wat die Here daar gestel het, die mense moordenaar.

Die Skrif geinspireer, vertel aan jou en aan my dat daar sekere dinge sal gebeur hoe nader ons na die einde sal kom. Dinge wat subtiel beplan word om die mens onder die greep van die duiwel en sy aanhanger die anti-chris te bring.

Hoe vreeslik om die blindheid te sien wat vir byna 2000 jaar oor Israel geheers het, weens die feit dat hulle versluier was en dat hulle weens hierdie voortdurende verhardheid die valse Messias gaan aanhang, wat op ‘n subtiele wyse hulle tempel wat hulle sentiment is, gaan laat bou, waarin hyself oor die nasies gaan heers as ‘n tiran wat die ergste was in die ganse geskiedenis.

Wat verder erg is, is dat hierdie diktator die droom en hoop van soveel gaan vervul wat sal lyk as die oplossing van die mens en sal hy ‘n kort tydperk van sewe jaar heers met ‘n uiterste nagmerie, wat Hitler en Nero as edelmense sal laat lyk, terwyl hy in sy toelaatbare mag sy septer oor hierdie hele wêreld sal laat swaai.

Die vreeslikheid is dat beide polities ekonomies en gods-dienstig die mens sy eie idologie sal navolg en die getal van die mens 666 as verteenwoordigend van hierdie drie aspekte. Hoe vreeslik dat hy ook aldrie hierdie aspekte gelyktydig sal implimenteer.     

POLITIES:

Polities sal die getal van die mens 6 vir die mens na ‘n oplossing lyk terwyl daar teenstrydig met Teokrasie ‘n ander beleid wat Hitler ook gevolg het en al die vernietende staatsleiers gevolg het sal volg, wat altyd tot die mens se ondergang gely het, omdat die mens die Here uit sy politiese bestuur uitgeskakel het.

Histories het nasies nog net oorlog geken, en inflasie en ‘n ekonomiese moeras van wanhoop is nou aan die orde van die dag. Nog nooit het hierdie kombinasie wêreldwyd die impak gehad as wat ons dit nou in die voorloop van Sy wederkoms ervaar nie, en gaan dit erger word des te meer die einde nader spoed.

Omvou in hierdie lokale en nasioale en internasionale gaos, sal leiers iemand begin erken wat aan hulle ‘n lig-straal van hoop sal bied, wanneer die gedagte van een wêreld organisasie of politieke bestek aangekondig word.

Hierdie ideologie was reeds in 1776 amptelik gepubliseer toe die Verenigde State die woorde: NOVUS ORDO SECLORUM op die Amerikaanse doller laat druk het.

Met die al-siende oog van godheid wat die bo-punt van die piramiede gedruk is, daargestel was. Die wêreld moes die boodskap ontvang dat ons beweeg in die rigting van ‘n EEN WêRELD ORDE. Die metode van onderhandeling sal d.m.v. ‘n nommer sisteem funksioneer wat deur die rekenaar bestuur sal word.

In 1838 het Mnr Rothchild gesê: Laat ons ‘n wêreld beheerstelsel op die been bring en ek gee nie om wie dit op die been sal bring nie.

Reeds in 1945 het Einstein verklaar dat die geheim van die atoombom aan ‘n Wêreld Regering toegestaan moet word en dat die VSA dit sal moet aankondig dat daar ‘n Een Wêreld Regering moet bestaan.

Jimmie Carter het verklaar: Ons as die bevolking van die VSA beplan om ‘n nageslag te kweek wat vry sal wees van hierdie soort grusame oorloë.

Ook het die VSA in 1970 ‘n wêreld liggaam op die been gebring met die Verenigde State en 150 lede wat die eerste wêreld liggaam daar stel.

In 1978 was daar in samewerking met die VSA en die Verenigde Nasies beraad, ‘n deklerassie onderteken wat die reg van die Amerikaner kanseleer dat hy sy eie eien-dom mag besit. Hierdie deklerasie sou deurgaan indien die senaat dit met ‘n twee derde meerderheid dit sou goedkeur.  

Twee organisasies was hieraan verbind: Die Verenigde Nasies op siviele en politieke regte. Asook die Die Verenigde Nasies Regering van ekonomie, sosiale en kulturele regte.

Dit is nie meer debateerbaar of daar ‘n Wereld regering gaan wees nie, die vraag is net wanneer dit geimplimenteer gaan word. Die samesmelting van die Unies regoor die wêreld dek die tafel vir die beeld wat op veskeie plekke in ander hoedanighede verwys na die dier met die tien horings, waarskynlik tien streke waarin die wêreld georden word en uit die tien een horing sal opstaan. Na ale waarskynlikheid uit die EU lande omdat hulle besig is om hande te vat met die oliebron lande.

Daar bestaan soveel verwarring en geen politieke leier maak werklik indruk in die tyd waarin ons leef nie, kompleet asof die wêreld roep na ‘n man wat sal opstaan om die wêreld uit hierdie politieke gaos uit te red.

Ons het iets om aan u te noem, die wêreld staan in ‘n dekade van die mees kritiese tyd in sy ganse geskiednis. ‘n Tyd waarin alles op die weegskaal van profesieë so vinnig na enige rigting kan beweeg. Die mens van sonde sal nie geopenbaar kan word voordat die wat hom teehou uit die weg geruim sal word nie. Maak u deel uit van ie teehouers m.a.w. die ware weergebore kinders van die Here.

Die wêreld is in so ‘n gaos dat leiers sal uitroep gee ons enige iemand dit maak nie saak wie nie, soalnk hy ons uit hierdie gemors kan uitlei.

EKONOMIES:

Daar is in die lig van hierdie stelling ook ekonomiese implikasies wat plaasvind. Die tragedie binne die sg. hoop is dat, daar ‘n wêreld sisteem op die been gebring word wat die wêreld se finasies onder een sentrale beheer moet plaas. Dit sal ook meebring dat die politieke stelsel van elke land en die globale ekonomie die sg. vryheid van spraak sal bied, wat die mens van geboorte af genommer of gebrandmerk sal word om binne die riglyne van die gees van die Anti-chris te moet beweeg. 

Skielik I daar nou ‘n wereld wye vrye gebruik van die getal 666. 

§        Die wêreld bank se kode nommer is 666

§        Die Australiese nasionale bank kaart besit die kode 666

§        Nuwe kredietkarte in Britanje het die nommer 666

§        Rekenaar sisteme gebruik die nommer 666

§        Skoene in die Europese Handels ark lande het in hulle imbleem die nommer 666

§        Visa jkaart is ‘n kombinasie van die Romeinse nommer 6, die Zeta wat die 6 de karakter in die Griekse alfabet is en 6 die 6 De letter in die Engelse alfabet. Ens.

§        ‘n Gfroot klere maatskappy Mc Greggor noem hulle nuwe reeks klere die 666 reeks.

§        Identifkasie kaarte op a;;e buitelandse dele van die Japanese vir die Cartipillar Maatskappy dra die kode 666.

§        Handskoene wat deir Boss Gloves Maatskappy vervaardig word het die stempel 666 op.

§        Die film bedryf Omen 1 en 2  het in die film die diktator en sy nommer is 666.

§        Oorseese telefoon oprateurs se nommer vanaf Israel is 666.

§        Arabiere wat voertuie in Jerusalem bestuur het as eerste deel van hulle voertuie se nommrplaat 666 op.

§        Black Sdabbath ‘n popgroep het ‘n lied met die naam 666.

§        Die Britse regering gebruik vir hulle Junior hoerskool studente die nommer 666 wat dui op 6 vakke, 6 weke verslag periode, en 6 raport periodes per jaar.

§        Dan is daar nog vele ander plekke in die industrie en oorals waar die nommer 666 as die aanbevole nommer gebruik word.

Dan is daar selfs in die vroeere tale die letters van hulle alfabet ‘n numeriese waarde. Tale soos die Galdese, hebreeus, Grieks en Latyns, wat hulle letters as nommers gebruik het. V= 5; x=10; I=1 

§        Oorspronklike Latyns wat deur 6 basiese karakters gebruik word omsluit die nommers 666 as hulle bymekaar getel word.

§        In Grieks het die Romeinse leier |Epiphaneia se totale letter waarde op 666 uitgekom.

§        Keiser Nero wat as voorloper van die Anti-Chris  se nommerwaarde in Hebreeus is 666.

§        Die Griekse woord vir Dier en die Hebruuese waarde is altwee 666

§        Die Grieks waarde vir Titan vir die Titanic is 666

§        Die nommer van die Seun van sionde is in totaal 666

Uit Openb.13:8 dui daarop dat elke volk en taal en nasie hom sal aanbid. Die mens van sonde of te wel die anti- Chris sal geopenbaar word as ‘n persoon, ‘n instituut; wat gekenmerk sal word deur die nommer 666 in die laaste 7 jaar van sy heerskappy.

Die vraag wat u en ek mekaar sal moet afvra hoe lank sal dit wees voordat hierdie nommer volskaals geimplimenteer gaan word waardeur u en ek sal moet koop en verkoop.

Daar is baie bespiegelinge op welke wyse hierdie nommer geimplineteer gaan word en sommige predikers verklaar dat die mens die nommer maar mag neen solank dit nie in die verdrukking is nie, of solank dit nie op die voorkop en op regterhand toegedien gaan word nie. Ek wil veilig bly en bly by wat die Bybel sê: As iemand hierdie nommer neem deel hy aan die gees van die anti-chris en sal hy ‘n navolger van die duiwel word, dus die konikryk van die hemele mis.

Hoe werk hierdie eloktroniese kontantlose stelsel.    

Dit is nie ‘n oornag implimentering van ‘n stelse nie, maar ‘n geleidelike proses van breinspoeling en gewoontmaking waarin die super diktator homself gaan openbaar, wat die totale ekonimie van die mensdom onder sy beheer gaan hê.

Die mens het reeds so maklik van die kontant stelsel oorgeskakel na di karrt stelsel, in kort sal die volgende stelsel die oorskakeling van di merk op die voorkop en die regterhand wees. Die kaart stelsels word alhoemeer vervolmaak. Reeds in ons land word daar melding gemaak van een kaart waarop al jou besonderhede gaan verskyn, ‘n kaart wat jou I.D. en al jou finansieële gegewens getoon gaan word. Hulle praat selfs van jou mediese besonderhede alles in een. ‘n aart wat dit vir jou moontlik gaan maak om plaaslik of internasionaal te kan beweeg.

Die voordeel van hierdie kaart is die gemaksug en die vereenvoudiging van alles wie en wat jy is.

Terwyl die hele wêreld in die vooraand staan van ‘n algehele ekonomiese ineenstorting gaan alles outomaties na een geldstelsel oorgegskakel word. Daar is reeds geweldige druk wat toegepas word op die Dollar om deel te word van die wêreld geldstelsel, die pond sal ook moet verdwyn en uiteindelik sal dit net een sentrale stelsel wees waardeur die wêreld sal koop of verkoop.

1) In 1980 was daar reeds drastiese verskuiwing binne die krediet en debiet kaarts stelsels gewees toe dit geimplimenteer was.

2) In 1982 sal die inligting op die voorkant van die kaart betekenloos wees vir die onderhandeling. Toe is infra rooi skandeerders geimplimenteer wat die spesifieke data van die magneetband afgetrek het, wat nie met die sigbare oog sigbaar is nie.

3) Alle kaarte sal vanaf een stentrale kantoor in 1982 bestuur word met elkeen sy eie indentiteit.

Reeds in Sept. 1979 was die eerste artikel oor die gebruik van die Masterkaart gepubliseer. Dit was toe al gepubliseer dat die Masterkaart ‘n volledige transaksie kaart sal wees en nie net ‘n krediet of debiet kaart nie.

Hy sal inlyn met die Visa kaart wees en sal aan ‘n drie digitale kode gekoppel wees. Met hierdie kode sal die kaart se oorsprong vanaf een land na ‘n ander land kan lees en transaksies gedoen kan word.

Hulle sal soos die gewone kaarte van hulle tyd lyk, en is nie krediet kaarte nie maar onderhansdleings kaarte wat elke moontlike transaksie gedoen kan word. Die drie digitale kode stel die kaart instatt om internasionaal gebruik te word teen 1980.

Die internasionale 3 digitale kode wat die kaart internasio-naal maak se kode is 666.

‘N ENKELE KAART MET ‘N NOMMER:

Dit was sowat 2000 jaar gelede toe die dienskneg van die Here op die eiland Patmos die gesig gehad het van ekonomiese stelsel waarvan die nommer of kode van hierdie stelsel 666 sal wees.

Geen iemand sal kan koop of verkoop sonder hierdie nommer nie en dat die naam van die bees of die nomer van sy naam bekend sal wees. Openb.13:17+18.

Reeds in 1798 het die Godsman Adam Clarke geskrywe dat die merk van die bees sal ‘n 18 digitale nommer wees 6+6+6.

In 1977 het Dr. Hendrick Eldman die hoof analitikus van die Europese Ekononmiese Komitee verklaar dat hy gereed was om die nommer op elke individu in die wêreld toe te dien, en dat die plan is om ‘n drie digitale eenheid van 18 nommers te gebruik.

Dit sal meebring dat daar nie kontant of ‘n bank later beskikbaar sal wees nie. Dit was meer as ‘n dekade wat bankleier gewerk het aan nuwe nommer sisteem.

Die uitroep van die wêreld is doen weg met kontant en verminder kriminele oortredinge. Kontant is die enigste ware rede vir 90% van rowe.

Die voordeel van ‘n kontantlose stelsel is enorm. Dit sal nie net rowery verminder nie, maar moorde, en geldwasse-ry sowle as die straatmerkte sal aansienlik verminder. Dit sal die dwelm handel aansienlik laat afneem. Dit sal vir die man op staart as ‘n etopia beskou word as hy hierdie voordele kan besit.

Die verenigde nasies verklaar hulle ondersteuning in hierdie saak ten einde ‘n verdere poging aan te wend om tot een wêreld burgerskap te vorder. Reeds in 1976 het die Verenigde Nasies die Internasionale ekonomiese orde verklaar.

Dit was in 1975 wat die wêreld se grootste rekenaar bekend gestel was. Aan die binnekringe was daar in die begin van 1974 ‘n vergadering ghou waar Dr. Eldeman “Die bees” aan die Gemeenskap Mark bekend gestel het, en genoem het dat dit ‘n rekenaar stelsel is. Dit sal die vermoeë he om die nommer op elke mens op hierdie aarde te gee en te bestuur.

Reeds in 1976 was daar melding gemaak van die kontant-lose stelsel en het hierdiebegrip ‘n realiteit geword. Daar was toe ook verklaar dat daar ‘n dag sal kom dat die kaart toeganklik sal wees tot lke bes moontlike transaksie wat ons nou reeds ken.

Probleme met die kaart:

Daar is die gestremdes waarin hierdie kaartstelsel ‘n probleem is. Dan is daar die gevaar om ook maar weer beroof te word en die kaart gekaap kan word. Hulle het nou al stelsels wat die skelms ‘n masjientjie in die geluf druk en as jy jou kaart daarin druk word jou kode afgedruk en maak hulle hul eie kaart waarmee hulle al jou kontant kan trek.

Lev.19:28 Is baie duidelik dat: “Ons geen snye in julle vlees maak nie en geen inprikte, tekening in julle vel maak nie, Ek is die Here.”

Die oplossing:

Dat koop en verkoop deur die rekenaar gedoen sal word. Geen tjeks of lopende rekeninge nie. Alles word somer oombliklik beheer en gekontroleer.

Die esksperiment met nie toksiese ink was al reeds op diere uitgetoets en visse en persone. Daar is die wat ‘n nommer reeds in die vroeere 1980 laat tatoeer het, wat onder ‘n infra rooi skandeerder werk, en vele deure vir dieslukes oopgemaak was. Die sisteem was toe reeds effektief genoeg bevind om elke individu in die wereld te merk.

Dr. Farrell verklaar dat die stelsel effektief sal werk. In toetse in Florida Amerika wat daar ‘n ligte inspuiting van die vloeistof onder die vel toegedien wat ‘n semi- permanente harde film onder die vel van die mens vorm waarop die tatoeer geweer afdrukke in die persoon se vel kan maak wat onsigbaar is. Banke was reeds in die vroeere 1980 gereed om die permanente nommer toe te dien.

Daar was toe die voorstel dat die digitale nommer met ‘n laser in die vel, op die voorkop en regterhand ingebrand kan word en dat dit totaal onsigbaar is. Die nomer is gekoppel aan die rekenaar in Brussels waar al u en my inligting reeds is.

Die vermoeê van die rekenaar was reeds in die 1980’sby magte om 2 biljoen mense per jaar te nommer.

Wêreld Godsdiens:

Reeds in 1982 het daar regoor die wêreld die koerant berig verskyn met die woorde: The Anti Christ is now here.

In hierdie skokkende berig wat letterlik miljoene gekos het het Benjamin Creemer reeds beweer dat hierdie persoon bestaan, dat hy die god vir elke geloof sal wees en dat almal hom sal aanbid.

Dit is belangrik om te onthou dat die antichris beide die rolle van politiese en eknonomiese rolle sal vervul en dat die vals profeet in die eerste helfte van die verdrukking baie prominent sal wees om die anti chris te ondersteun tot die amptelike god van hierdie wêreld net tot die helfte van die groot verdukking waneer die anto-chris homself as god gaan verklaar in die tempel van Jerusalem en dan neem hy die totale wêreld in die greep van sy mag.

Van die vals profeet en die politieke en ekonomiese bestek word daar dan nie meer melding gemaak ni, dan sal hy sy diktatuur bewys en alleen heers vr ie laaste 42 maande waarin die Here in grimmigheid teen hierdie man van sonde sal optrek. Uiteindelik sal dieHere hom  met die asem van sy mond uitdelg.

Nou reeds is daar alhoemeer die samesmelting van een wereld godsdiens, almal smag en jaag eenheid na. Net in hierdie afgelope wek het ons van ‘n byeenkoms by ‘n skoolsaal in Kaapstad gehoor waar protestante en katolieke en Moslems saam ‘n aanbiddings sessie gaan hê.

Ooral waar jy kom is die hoof tema van massa byeenkomste aanbidding, en nie lering nie want dit sal die dwaaleirnge opennbaar en dit is glo nie nou tyd daarvoor nie.

Ons is bewus van die Ekomeniese bewegings, die wereld Raad Godsdienste  en vele ander intergeloofs bewegings soos transformations ens, wat mense najaag om hierdi strewe te vervul. Die vinnigste platvorm vir die anti-chris om aanvaar te word sal deur die multi godsdiens oragnisasies en intergeloofs beweigings binne die kerke plaasvind, daarom sonde jou van hierdie dinge af omdat die hoof fokus tekens en wornders sal wees.

Mag hierdie boodskap jou help om te sien waar ons staan en jou van harte te bekeer indien jy op een of ander manier aan hierdie dinge jouself bloot gestel het.

Die pad is smal en die poort is nou en daar is min wat daardeur sal ingaan, soveel te meer in die tyd waarinm ons lee wat Paulus aan ons bevestig dat dit die tyd van afval is. Ons het die Here dringend nodig en moet in SY vrese bly wandel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00