DIE BOEK HANDELINGE: BOODSKAP 1-HAND.1:1-14
INLEIDING:
Dit was nie lank van te vore wat die dissiepels van Johannes die Doper aan die Here Jesus die vraag gevra het waarom Sy dissipels nie vas nie en dan die antwoord omdat die Here Jesus nog in hulle midde is, maar daar dae kom wanner Hy nie meer in hulle midde gaan wees nie.
Soos ‘n dokter se instrumente gesterilseer moet wees om effektief gebuik te moet word moet jy en ek ook gereinig word om effektief vir die Here te word. Ons Heiliand het dit geweet en het net voor Hy hulle verlaat in Joh.13-17 eindelose beloftes gegee maar nou het die oomblik aangebreek dat die skeiding moet kom en Sy dissipels vrees bevange is vir wat nou voorlê:
In Hand.1_1-4 gee die Here Jesus drie dinge aan hulle:
1) DIE BELOFTE:
2) DIE BEMIDDELING:
3) DIE BEVEL:
1) KOM ONS KYK EERSTE NA DIE BELOFTES:
A) UIT DIE OU TESTAMENT:
Die Woord van die ere is deurspek van beloftes, beloftes van hoop om vir jou en my ‘n troosvolle toekoms te gun.
Net voor Sy vertrek blaas Hy op hulle met die woorde ontvang die Heilige Gees, maar nog het hule nie in die volheid van die beloftes geleef nie.
Dink aan die O.T. Joel 2 se dat Hy in die laaste dae Sy Ges op alle vlees sal uitstort en dat daar gesigte gesien sal word en dome gebdroom sal word. Jes.43 beloof Hy dat Hy die woestynland in ‘n fonteinlenad sal verander, Jes.42 1 Die dienskneg van die Here sal kom voordat hierdie belofte ‘n waarheid sal word en dit was net sio gewees.
Jes.61:1-2 Dat die Gees van die Here op die Here Jesus sou kom en dat Hy gesalf sal wees om die boodskap van geoei tydings te verkondig, aan die wat gebonde is om vrylatng te roep vir die wat in die gevangenis van hulle eie lewens is, om die wat gebroke is van hart te verbind, om die welaangename jaar van die Here aan te kondig.
Luk.4:18 word hierdie beloftye ‘n lewende realiteit in die Here Jesus en word dit ook vir die Dissipels van Handelinge ‘n lewende realiteit.
Waaroor gaan Handelinge, dit is die handelinge van die Heilige Gees deur die Disipels en die hoof gebeiurtenis van die boek is Pinkster, daar het alles begin.
Jes.32:14-15 “Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die heuwel en die Wagtoring dien as spelonke vir ewig, ‘n vreugde vir die wilde esels, ‘n wieveld vir die troppe vee – todat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn ‘n vrugteboor, en die vrugteboord self word vir die bos gereken.”
Jes.59:19 Se duidelik in die Engels as die vyand sal wil inkom sal die Helige Gees ‘n standaard teen hom inbring, die poorte van die hel sal die kerk nie kan onder kry nie.
Verskeidenhede van beloftes dat die Here die hart van die mens sal verander, dat Hy die hart van klip sal uithaal en aan ons ‘n hart van vlees sal gee. Eseg.36:25-27
B) DIE NUWE TESTAMENT:
Daar is vollop beloftes: Die Here Jesus kondig dit on omwonde aan Ek het gekom dat julle lewe en oorvloed kan he. Joh.10:10
Hy verklaar dat almal wat moet en belaai is na Hom kan kom dat Hy aan hulle rus sal gee.
Hebr.4:9 verklaar Hy dat ons in die sabbatsrus van God wil inlei dat jy en ek nie in die woestyn verder hoef te lew nie.
Dat Hy gekom het en gese het dat Hy ons sal vul met die Heilige Gees en met vuur Matt.4
Dat Hy aan Sy dissiepsl die versekering gegee het dat hulle groter werke sal doen as wat Hy gedoen het nie lank na hierdie dae nie, wanneer Hy van hulle weggeneem word dt daar ‘n Trooster sal kom verwysende na die Heilige Gees, dat Hy ons deur en deur sal reining dat Hy ons sal verlos van die besoedeling van die vlees.
C) BELOFTES VIR JOU EN VIR MY PERSOONLIK:
Paulus se in Efe.5:18 dat ons nie vervul moet word met drank nie maar met die Heilige Gees.
Hebr. se dat ons verlos kan word van dooi werke om die Here in krag en waarheid te dien.
Paulus verklaar aan jou en aan my soos aan Timotheus in 2 Tim.1:7 dat ons nie ‘n gees van vreesagtigheid ontvang nie maar van krag en sterkte en selfbeheersing.
Dat Hy ons sal reining na liggaam siel en gees en ons sal bewaar tot die dag van SY wederkoms.
2) DAAR IS DIE BEMIDDELING:
A) WAT LEES ONS IN HAND.1
Toe die Here Jesus van hule weggeneem is, het hulle in die bo-vetrek bymekaar gekom om te bid. As iemand die Heilige Gees kort. Laat hom dit van God bid wat sal gee sonder om te verwyt.
Dar is die gebede en smekinge wat ons voor die Here hou soos Hy beloof dat Hy dit nie sal weier vir die wat Hom soek klop en sal vra nie.
Dit kan soms inense gebed beteken waar ek voor die Here smeek om my met Sy heilige Gees te vervul, Hy wil dit vior ons doen Hoeveel te mees sal Hy dit nie gee aan die wat Hom vra nie.
B) DAAR IS DIE REINIGING:
Gebed is nie iets so verlangs nie dit is spesiiek dat die Here my moet skoonmaak Dat Hy Sy dorvloer deur en deur sal skoonmaak, dat Hy my van alle besoedeling van die vlees en die gees sal reining, dat Hy my liggaam siel en gees sal skoonwas, dat Hy my met die waterbad van die Woord sal was.
Dat Sy vuur in my hart aan die brand gesteek sal word. Dat ek Sy volheid deur Sy reiningin sal ervaar, soos die dissipels van ouds die tonge van vuur op hulle lewens ervaar het so wil Hy dit vir jou en my kom doen.
C) DAN IS DAAR DIE VERVULLING:
Die woord beteken om vol te maak tot oorlopens toe, dat Hy jou en my wil bekragtig dat Hy jou en my van alle vorme van reserwes wil stroop en jou en my instaatstel om beweeg te word deur die volheid van die Heilige Gees.
Om bruikbaar te wees en afgesonderd te wees, om ander te wees as wat ek voorheen was want die struikelblokke wil Hy uit die weg ruim sodat ek en jy toegewyd kan wees vir die instaatstelling van die Here.
Handelinge is deurspek met allerhande voorbeelde waar hulle oorgeloop het van getuienisse en van blydskap. Waar hulle vervul was met geloof, waar hulle vervul was met wysheid, waar hulle vervul was met insig en krag om te werk en te bid.
Sal ons nie in die begin van die jaar tot die Here roep en erken dat ons Hom dringend nodfig het nie dat HY ons ionstaatstelling kan wees dat Hy ons kan bekragtig en beweegen stuur soos dit Hom behaag. Kom ons veroodmoedig ons voor die lewende God.
3) DAAR IS DIE BEVEL:
Wat het die Here Jesus aan Sy dissipels beveel: Gaan die hele wereld in, begin om voor die Here te buig en jou tong los te kry om te vertel van al die wledade van die Here in Jerusalem. Juo eie direkte woning, en omgewing, jou naastevriende en familie.
Ds. Jan Pit het eens gese jy hoef nie vir bereomdheid te soek nie dit sal van self kom as jy getrou is, want die naaste aan jou sal weet waar jy staan en verder om sal honger word en dit sal alhoe verder uitkring dat jy ‘n lewende getuie is. Dit het net so Handelinge gebeur: Jerusalem Juea Samaria en uiterstes van die aarde.
As jy getrou sal wees in die klein dinge sal die Here met die groter dinge toevertrou.
Gaan ins vrede en in die krag van die Here uit l;aat Hom toe om jou te bekragtig en toe te rus, Hy wil dit vir jou en vir my kom doen, Here send ‘n new tough of Fire on my soul.
************************
HANDELINGE HFST.2:1-13
Hebr.12:18-29
“Want julle het nie gekom by ‘n tasbare berg nie en ‘n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm en basuingeklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie – want hulle kon die gebod nie verdra nie; selfs as ‘n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met ‘n pyl neergskiet word. En Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder. Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tienduisende engele, en by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemel opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte reg-verdiges, en by Jesus die Middelaar van die Nuwe Testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel.
Pas op dat julle Hom wat spreek nie afwys nie; want as julle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe Hy op aarde ‘n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder ons wat ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek. Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemele bewe. En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelende dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. Daarom omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is ‘n verterende vuur.”
INLEIDING:
Byna dieselfde gewaarwording as wat die volk op Sinai gehad het, toe die Here neergedaal het, dit was ook 50 dae nadat die volk uit-getrek het, waarvoor Pinkster staan 50 op die vyftigste dag het die Here wat ons met Jaloersheid begeer, hulle kom besoek soos in die N.T. in Handelinge 2.
Wat was die gewaarwording: Tonge van vuur, ‘n aardbewing, die rukwind, dit ook maar Hand.15:8-9 gee vir jou en my die antwoord op hierdie gebeurtenis. Petrus verklaar dat die Here hulle harte gereinig het deur die Heilige Gees aan hulle te skenk.
Wat is die simbool van die Heilige Gees op Pinkster:
Hierdie pragtige woorde wat in ons gedagte opgeneem word by die berg van vuur in die O.T. en ook op jou en my in die N.T ‘n eis stel was alles wat genadig en permanent was in hierdie vreeslike en tog heerlike manifistasie van die Here, en laat alles wat donker is uit en vreeslik en tydelik is uit.
In ons oorsig oor die volk van Israel het ons by die berg Sinai ge-kom. Ons het hulle gevolg toe hulle oor die Rooi see gekom het, en deur die wildernis getrek het. Ons het gesin hoe hulle deur die wolk van vuur en wolkkolom getrek het kompleet soos ‘n pilaar oor hulle, en dat hulle deur die hand van die Here gevoed was, en ver-fris was deur die strome van waters in die woestyn, en hoe hulle oorwinnend was oor die vyande deur die banier van die Here.
Nou het die gesig verander, niks was seker so sigbaar overanderlik in die geskiedenis van Israel as die ommeswaai van die verskyning van die Here se teenwoordigheid aan Israel nie. Tot hier het dit voorgekom dat die liefdevolle moederlike eienskap van die Here hulle beskerm en gedra het soos ‘n kombers wat hulle bedek het, kompleet soos ‘n hen haar kuikens.
Skielik het Hy nou in die gedaante van vreeslikheid aan hulle ver-skyn. Die stem wat vol sagheid en verdraagsaamheid en liefde was het skielik verander en het hulle ongehoorsaamheid nie meer verdra nie, terwyl hulle na Hom kyk, op daardie oggend bedek Sy Troon met ‘n vuur kroon, op die berg. Hy was nou ‘n lewende vreeslik-heid. Die berg was nou met vuur gevul. Dit het gelyk asof hulle in ‘n aarbewing ingeskuif word wat van bo tot onder bedek is met ‘n dik wolk en rook, terwyl dit oorals geblits het.
Meer vreeslik as dit was die oorverdowende geluid van trompette wat waarskynlik deur duisende engele bespeel was, wat hulle harte vreesbevange gemaak het.
Selfs Moses wat gewoond was om met die Here te ontmoet het hier-die magtige manifistasie waar Hy met Moses vanuit die brandende doringbos gespreek het en by die Here gebly het vir 40 dae roep dit uit: Hy het gebeef van vrrees. Hebr.12:21
Wat was die betekenis van hierdie skielike verandering? Wat was die betekenis van hierdie uur? Tot op hierdie stadium het hy hulle klagtes met water en manne ontmoet maar nou is die boodskap duidelik:
Gal.3:10 “Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in
die boek van die wet om dit te doen nie.”.
Ex.20:3 “Jy mag geen ander gode voor My hê nie”
Ex.19:2 “Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak
nie. Elkeen wat die berg aanraak, moet sekerlik gedood word”
Hebr.12:20 “As ‘n dier selfs die berg aanraak moet dit gestenig
word”
Ex.19:22 “Selfs die priesters wat die Here nader moet hulleself
heilig, sodat die Here nie teen hulle losbreek nie”
Die mense kon die Here nie direk aanhoor nie Ex.20:19 Vra hulle Moses dat hy eerder met hulle sal spreek anders sal hulle sterwe.
Is die vreslike verandering nie vreemd nie, nadat Hy so sag met Abraham, Isak en Jakob gehandel het en die volk van Israel deur die woestyn gelei het, was die betekenis van hierdie skielike verande-ring
Hy kom in Sy vreeslike reinheid en heiligheid op hulle neer en daar moet ‘n spesifieke betekenis daaraan verbonde wees. Dit was nodig dat hierdie lesse geleer moes word en op hierdie manier geleer moes word. Dit sal ook in jou en my lewe nodig wees dat ons hierdie lesse op so ‘n manier sal leer. Dit is die ondervinding wat tot elke siel kom wat gedissiplineer word in die lewe van heiligheid. Dit is die prentjie van die Here se handelinge met ons.
UIT EGIPTE:
Hy neem ons eerstens uit Egipte waar ons sondes vergewe is en lei ons deur die wildernis met Sy tere hand. In die begin dink jy dat daar geen beter ondervinding as dit kan wees nie, en dat redding nou volledig is. Ons het gedink dat ons so vry van sonde is, dat ons nooit weer versoekinge sal ken nie.
Terwyl ons na ons vroeëre ondervinding kyk sien ons hoe vry ons van versoeking was en twyfel, en wens dat ons na daardie dae kan terug gaan. Daar kom ‘n tyd dat ons uit die dieptes daar ‘n vreeslike vorm van versoeking my beetpak wat ek nooit van voorheen ge-droom het nie. Dit wil vookom asof die aangesig van die Here duis-ter oor my geword het en kom die openbaring van die Here in Sy heerlikheid en heiligheid terwyl Hy die harte kom ondersoek en ons dinge openbaar wat ons nooit geweet het wat bestaan het nie.
Nou word ek ontmoedig en probeer deur een of ander werk myself te verbeter. As ek in eie krag probeer om myself te verbeter word ons plat geslaan deur die hand van die wet, en word uiteindelik totaal ontmoedig, en sal selfs my redding begin betwyfel.
Ons ongehoorsaamheid laat ons sidder, ons vind in onsself dat ons swakker en slegter is as ooit van tevore. Die Here het net Sy eie gesig vir ons gewys. Hy wys ons al hierdie dinge sodat Hy ons na beter dinge kan lei, sodat ons verlos kan word van die boosheid van onsself, en dat die sterkte van die Here in ons harte geopenbaar kan word. Hy wil jou en my red en heilig nie deur ons eie pogings nie, maar deur die krag van die Heilige Gees, wat lewend en oorwin-nend oor ons siele wil heers.
As ons by Sinai verby kom sal ons onsself beter leer ken, asook die Here. Ons kan onsself nie sien voordat ons die ware heerlikheid en heiligheid van die Here gesien het nie.
Dit was ook so met Jesaja, hy het homself nie gesien voordat hy die Here sien sit het op ‘n verhewe troon nie. So het verskeie persone in die Bybel die Here gesien.
SY HEILIGHEID:
Ons moet nie net ‘n gesig hê van die Here nie, maar van Sy heilig-heid nl. as Sy verternde vuur, en dan sal ons Hom in Sy liefde sien. Ons kan Sy liefde nooit waardeer voordat ons nie ‘n blik van Sy heiligheid gehad het nie. Sy bloed het volle bevrediging gebring in wat Hy vir jou en my bedoel het. Hy het die voorhangsel geskeur sodat ons verlos kan word van ons sermonies en deur gebring kan word tot die werklikheid in ons wandel met die Here waar ons gereinig word van ons eie idees en Sy bloed op ons vleeslike lewenswandel besprinkel sal word.
Dit is ‘n blik nie van die druppels van Sy die dood wat op die grond geval het nie, maar van die bloed wat in jou hart toegepas is. As Hy dit in jou hart toegepas het, sal jy die lewe van die Here Jesus kan leef en ontvang ons Sy natuur en kan dan in die teenwoordigheid van die Here ingaan. Dit is nie net dat Hy vir jou gesterf het nie maar dat Hy nou in jou mag lewe.
En kom by die plek waar die heerlikheid van die Here in ons lewens kan skyn. Omdat die bloed van die Here Jesus ons bedek, omdat die bloed vir ons sondes bedekking gebring het en vir ingestaan om ons skuld weg te neem.
Nou kan ons dan met Hom sit en maaltyd hou en drink aan Sy voete wees terwyl ons versadig word van die moeitevolle lyde van Sy siel. Hy het reeds alles gedra, Hy het die prys betaal, om jou en my te verlos. Hy wil Sy banier van liefde en oorwinning oor sonde in jou hart ook ophef en jou as vrygekoopte aan die wêreld voorstel wat Hy in en deur ons kan doen. Hy is nie minder heilig vandag as gister nie, maar bring ons in Sy heiligheid waar ons met Hom kan ontmoet.
ONS ONHEILIGHEID:
Die berg was nie net bedoel om die heiligheid van die Here voor te hou nie, maar om hulle uiterste vleeslikheid te openbaar. Die Here het nie die tien gebooie gegee met die idee dat ons dit uiterlik moet onderhou nie, in eie krag nie. Hy het geweet dat die mens die ge-booie nie sal kan onderhou tensy hulle die Heilige Gees in hulle harte het nie. Todat hulle die natuur van die Here Jesus het. Hy het dit gegee om vir jou en my te wys hoe swak ons werklik is, en weet ons dat geregtigheid nie deur die wet gekom het nie.
Hulle het net van tevore beloof dat hulle alles sal doen en die vol-gende oomblik dans hulle voor die goue kalf. Hy bring baie toetse oor jou en my pad sodat Hy die hart van die mens kan openbaar. Die openbaring van sonde kom oor elke hart. Ek het gely in en of ander situasie, en die Here wil hê dat ek moet regmaak, en Hy wil ‘n ander Gees in ons harte kom plaas. Hy wil Sy wette in ons harte kom skrywe.
Jer.33:32-33 Bevestig Hy dat Hy ons harte totaal sal verander. Ese.36:26-27 bevestig dieselfde werk wat Hy wil kom doen in die harte van die mens.
HANDELINGE: 2:14-31
INLEIDING:
Sekerlik moes in die gedates van Petrus die woorde van Mat..9 na hom gekom het nadat hy vervul was met die Heilige Gees dat die lande wit in die oes staan en dat hy beweeg deur die inaseming van die Here gespreek het in ‘n krag wat ongeken is.
Uit Joh.13-17 is daar o.a sekere eienskappe aan die Heilige gees gekoppel: Daar is ook ander plekke waarna ek gaan verwys.
1) Hy word eerste aan ons bekend gemaak in die Bybel as die Gees van God, die Ruach wat ook as asem bekend gestaan het. Toe die asem vand ie Here oor die Here Jesus se dooie liggaam geblaas het was die plek gevul met mag en heerlikheid en die dood kon sy prooi nie terughou nie en die aarde het geskud van die heerlikheid van die Here.
Op Pinkster het die asem van die Here neergedaal in die vorm van ‘n rukwind en het die dissipels nie meer kon stilbly, nie beweeg deur die Gees van God het hulle opgestaan en gespreek.
2) Die tweede bekendmaking van die Heilige Gees in die O.T. wat in Ps.51:12 en Jes.63:10-11 voorkom wat in die Nuwe Testament agemeen bekend is was die openbaarmaking van Sy karakter: Hy wat Heilig is, en kom om die mens heilig te maak. Daarom sstaan hy bekend as die reiniger van sonde wat Dawid in Ps.51:12 uitgeroep het: “Skep vir my ‘n reinhart o, God.”
Die woord Gees dui op die mistieke wyse waarop Hy sal inblaas om Sy reinheid in jou en my lewe te kom bewerk.
4) Toe die Here Jesus moes gaan het Hy die Parakletos na ons gestuur, dui op die Gees wat Hy sal stuur om die werk hier op aarde voort te sit. En staan in hierdie 4 hoedanighede as Trooster, Versterker, as advokaat, en leermeester bekend.
5) Dan word na Hom verwys as die Gees van genade: Hierdie verband word daar na die oortuiging van sonde verwys, ten einde ons te wil kom seen, deurdat ons van ons oortredinge weg beweeg, en Hy die leemte wat sonder veroorsaak het wil kom vul, en aan ons die getuienins of aanneming van die volkome Heiligheid van die Here bekend maak.
6) Hy staan ook bekend as die Gees van gebed of intrede. Omdat Hy ons sal leer om te bid, en waarvoor om te bid.
7) Ook staan Hy bekend as die Gees van openbaring, omdat Hy die Here Jesus in die oë van die Christen kom openbaar. Geen wornder dat Paulus verwys in Efe.1:17 na die verligte oë van die verstand, dat ons Hom sal sien in die krag van SY opstaning en in die heerlikheid van Sy verskyning.
8) Dan staan Hy bekend as die Gees van wysheid: Telkemale in die boek Handelinge word verwys na die dissipels dat hulle vervul was met alle wysheid en volle verstand, want wysheid is kennis in prakyk toegepas.
9) Die Gees van aanneming: Dit was die gebuik in daardie dae dat indien iemand aangeneem word staan die nuwe ouers van die aan-genome aan die oorkant en die kid trek alles uit simboliseer van ou lewe en stap oor na die nuwe ouers en trek alles van die nuwe ouers aan. Ons was bekleed met sonde maar nou dat ons vervul word trek ons die volkome kleed van die Here Jesus aan en word Hy nou heeltemal deel van ons en ons van Hom.
10) Die Gees van Chirstus Dit verwys na die gesindheid van die Here Jesus en dit beteken om te dien, omdat Hy van die Vader gestuur wasom die wil van Sy Vader te vervul, word ons deur die Here Jesus gestuur om die wil van die Here Jesus te vervul..
11) Die Gees van God: Omdat Hy een met die Vader is
12) Die Gees van waarheid: Gekoppel aan die eienskappe van die Gees van Waarheid. Die Here Jesus het Pilatus nie geantwoord ie; omdat die waarheid wat hy die meeste nodig gehad het nie in hom was nie nl. waarheid wat gekoppel is aan ‘n morele karakter.
Aan die eenkant van die waarheid is dit dt ek my aaklikge toestand moet kan raaksien en voor die Here dit sal erken en aan die anderkant nadat ek onder oortuiging gekom het, bewerk die Here in my hart ‘n ruimte vir dieper waarhede van SY kosbare Woord. Daarom die verklaring van die Here Jesus aangaande waarheid in Joh.13-17 nie mider as 7 keer melding maak van die Gees van Waarheid. Wat ons in die volle waarheid sal lei.
Sonde se deel is die leun en is dit die motief van die eerste menslike sonde die leun. Die reslutaat is dat jy sekerlik sal sterwe.
Die verkondigde woord Kerugma wasduidelik in die boodskappe opgeneem en kan ons sekere beginsels uit Handelinge optel: Petrus se boodskappe in Hand.2:14-40; 3:12-26; 4:8-12; 10:34-43 en Paulus se prediking in Hand.13:16-41 Daar is verskillende maniere om hierdie temas op te som deur hierdie boodskappeen die balaans van die N.T. boodskap te kry.
a) Die dae deur die profete voorspel:
Soos die Here beloof het wat in die laaste dae sou gebeur: Die vroeere mense is nou vervul in die belofte van die Here Jesus. Wat nou gebeur is vroeer van genoem ern is volgens die Skrifte die vervulling van profesië. Hand.2:14-21; 3:13; 22-25; 10:34-36 13:16-26
b) Die beloofde is niemand anders as die Here esus nie:
Hy was deur bose hande gekruisig. Sy lyding en dood was voorspel in die soewereine plan van die Here Hand.2:22-23; 3:13-18; 4:8-10; 10:37-39; 13:27-29.
C) Hom het die Here uit die dode opgewek:
Soos die Skrifte voorspel het. Die opstanding is die seel en die sekerheid op alles wat die Here Jesus gesê het en gedoen het, en Hy het die magte van die dood en die hel oorwin. Hand.2:24-32; 3:36; 10:40-41 13:30-37.
d) Die opgestane Heiliand is nou verhef:
Hy sit aan die regterhand van die Vader en deel in die soewereini-teit, want Hy is beide Here en Christus – Here was in die O.T. gebruik om Homself te identifiseer as Here Hand.2:33 34-36 4:11.
e) Die verhewe Christus het die beloftes vervul:
Hy het die belofte van die Vader vervul nl. die gee van die Heilige Gees aan die kerk – Dit wat julle niou sien en hoor Hand.2:33
f) Die Here Jesus se wederkoms:
Hy sal dan nie as Redder terugkeer nie maar as Regter om die mense en nasies te oordeel in die tyd van die herstel van alle dinge. Dit was Hy wat aangestel was deur die Here om die regter te wees om die dode op te wek. Hand.3:20-21 10:42.
g) Daarom bekeer julle:
Daarom moet jullejul bekeer en gedoop word sodat julle sondes vergewe kan word en julle sondes uitgedelg moet word sodat julle die gawe van die Heilige Gees kan ontvang. Daar is geen ander redding en geen ander Naam nie. Aan Hom is deur die profete getuig, dat deur Sy Naam die wat glo die vergifnis van hulle sondes sal ontvang. Hand.10:43; 2:37-40; 3:19; 4:12; 13:38-41.
Dit is die Evangelie wat die Heilige Gees bekragtig wat die wêreld omgekeer het Hand.17:6. Dit is die verduideliking van die Evangelie en die verklaring en toepassing van die evangelie wat ons lewes optredesal aanraak, wat die geskiedenis bevestig en ons ‘n oorgewe N.T instrument sal maak.
*****************************
Boodskap 3
Hand.3: 1-26
Tema vers: Vs.19
DIE WERKING VAN KRAG
2 Pet.1:21 Heilige mense van God gespreek.
INLEIDING:
Daar was eenkeer ‘n jong priester wat aan die ouer een gesê het nadat hulle die kollekte onder die tafeldoek uitgehaal het, soos die gebruik is, ons kan nie meer soos Petrus en Johanes sê “Silwer en goud het ons nie.” Die ouer priester haak af en antwoord: net so kan ons ook nie meer sê: “In die Naam van Jesus Christus die Naserener staan op en loop nie.”
Wat het fout gegaan dat die kerk sy krag en inpak verloor het. Daar is ‘n gebrek aan die volheid van die Heilige Gees, die Bybelse ver-vulling wat op Pinkster met die kerk van die Here Jesus gebeur het. O, mag die Here ons help dat ons in ‘n lewende verhouding met die Here Jesus mag staan en in elke opsig net sal leef soos die Bybel ons leer.
Daar word baie gevra of Christenskap ‘n mislukking is. Dan moet ons die vraag antwoord met ‘n teen antwoord skyn die son. Die poorte van die hel sal dit nie oorwin nie.Wanneer die Here Jesus nie meer vir my ‘n lewede realiteit is nie, bied ek vir honger siele klippe aan vir brood. Dit raak nie die diepste behoefte van die siel aan nie. Dit was so anders met Patrus en Johannes. Hulle was in die Gees van gebed en krag.
A) DIE LAM MAN:
1) ONS SIEN EERSTE DIE PRENTJIE VAN NOOD:
Daar was ‘n sekere man wat lam was en daagliks by die hek gelê het vs.2-3. Hy was beide arm en hulpeloos. Hy was gewillig om in die pad te lê om hulp te kon kry by die Skonepoort By hierdie poort was hy nie bang om sy behoefte en sy tekortkoming bekend te maak nie, in die pad van gebed nie. As hy te skaam was om sy behoefte bekend te maak, sou hy waarskynlik nooit die krag van die helende Hand van die Here Jesus ondervind het nie.
2) DIE WERK VAN GELOOF: 4-6
Petrus en Johannes sê: “Kyk na ons” die lam man wat so ‘n deur van hoop in sy hart gehad het, het iets verwag. Manne vervul met die Heilige Gees was sekerlik daar om ‘n verwagting in die hart wakker te maak deur hulle verhouding. Hulle het nie silwer of goud nie, maar hulle het iets heel beters, hulle het geloof in die reddende naam van die Opgestane Heiland. Golgota en Pinkster is die Here se helende oplossing vir kreupel siele.
3) ‘N WONDERWERK VAN GENADE:7-9
Die woord Voete en enkels word met stereoo gekoppel wat beteken om te versterk ook die woord in 16:5. Die gemeente is versterk in die geloof. Om solied te maak of sterk te maak. Dit is ook ‘n mediese terme Vs.7
Vs.8 Opgespring is die werkwoord exallomai wat net hier voorkom en om te spring is allomai
Vs.10 Was hulle verwonderd Dit is ‘n sin van verbasing op die grens om te vrees. So oorweldig en verwonderd was die wonder-werk Sien Mark.16:8
“En onmiddelik het sy voete en enkels sterk geword” Vs.7-9
Deurdat hulle genees was deur die krag van die Naam van die Here Jesus Vs.16. Het hulle ‘n wonderlike getuienis gelewer, deur sy wandel en rondgespring en die Here geprys het. Jes.35:6. Wanneer ‘n arme hopelose siel in kontak kom met die Lewende Here Jesus wat die Opstandingskrag is en Lewe, sal daar iets met die siel gebeur, die plek van die bedelaar het leeg gestaan en in die plek het iemand die Here aanbid. Vs.8.
B) DIE VOLK SE REAKSIE:
4) DIE ONTWAKENDE WONDER:11-12
Vs.11 Pilaargang Die bad van Betesda was daar volgens Joh.5:2
Vs.12 Hulle het Petrus met Goddelike vrees aangekyk wat het hier gebeur.
Die volk het gehardloop en in die Pliaargang van Salomo Petrus en Johannes ontmoet. Wat hulle vra waarom lyk julle so verwonderd.
Vs.11-12. Die verwonderde en verbaasde siele kon net die instru-mente sien wat in die hande van die Onsigbare werkende Redder was. Petrus en Johannes was die kanale van krag en heiligheid nie hulle eie krag nie, maar die krag van die Here Jesus. Dit het die inplanting van die krag van Sy Naam beteken.
C) PETRUS SE BOODSKAP:
5) ‘N AANKLAG VAN SKULD: VS.13-16
Vs.13 Seun van dienskneg: Sy Kind Jesus verheerlik Hy het gekom as ‘n dienskneg of slaaf. Hy het Homself as ‘n dienskneg van die Here geidentifiseer. Daar was dienskneg liedere in Jes bejkend 42:1; 50:10; 52:13 ens.
Vs.13-14 Verloën word meestal gekoppel aan stellinge hier is die vertaling meer onttroon.
Vs.15 Die begin of oorsprong Hy wat die ontdekker en outeur is of prins of leier Hy is die prins of Outeur van die dode.
Vs.16 Volkome gesondheid dui op ‘n geheel afgehandelde werk liggaam siel en gees is hierdie man aangeraak.
Petrus was vinnig om voordeel te neem uit hierdie situasie, het hulle belang en gewete wakker gemaak, deur aan hulle te wys dat hulle die Heilge verloën het, en dat in die Naam van die Here Jesus hulle die prins van Lewe gekruisig en nou verklaar Petrus dat geloof in hierdie Kosbare Naam daar lewe gekom het. Deur te bewys dat die Here Sy Seun uit die dode opgewek het. Elke verlosde en geneesde siel is ‘n getuienis tot die feit dat die Here Jesus opgestaan het 2 Tim.1:10
6) DIE OFFER VAN GENADE: 17-21
Vs.19 om tot insig: Om terug te keer.
Vs.19 Verkwikking 2 Tim.1:16 Onisimus het ons dikwels ver-kwik. Om te herleef (openbaar) Dit is tye van herlewing.
Vs.19 Sondes weg gewas kan word.
Vs.20 Verkondig: Om te proklameer of te predik en bestem virHy is die bepaalde Messias vir ons.
Vs.21 Wederoprigting of herstel. Dit was soos die herstel van die Jode uit Ballingskap. Dit is die herstel van die beloftes wat deur die profete gespreek is deur alle tye heen. Daar bestaan twee klasse persone: Die wat die offer van die Here ontvang van redding en verlossing en die wat dit teenstaan.
Ons sien die traan in Petrus se oë toe hy gesê het: En nou broeders ek weet dat julle dit in onwetenheid gedoen het, net soos julle ower-stes; maar God het op die manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly. Daarom bekeer julle en kom tot inkeer sodat tye van vekwikking vanuit die aangesig van die Here mag kom.
Die Here Jesus sou hulle ‘n tweede kans gegee het, as hulle in die tyd van verfrissing hulle tot die Here bekeer het, en Sy teenwoor-digheid op hulle sou kom.
7) ‘N WOORD VAN WAARSKUWING: Vs.22-23
Elke siel wat ‘n profeet verag sal vernietig word Vs.22-23. Om die boodskapper van die Here te verag is asof dit is om die Here wat hom gestuur het te verag Luk.10:16. Hy wat hierdie dinge hoor en dit doen sal vergelyk word met ‘n wyse man. Hoor en jou siel sal lewe.
Vs.26 Seun Jesus: Sy kind
RALPH EARLE:
Hand.3: 11-16
Die verlamde man het Petrus en Johannes vasgegryp en sy dank- baarheid betoon. In tussen het die mense gehardloop om te kom kyk wat gebeur het. Nuuskierigheid is een van die belangrikste eien-skappe van ‘n skare.
Petrus is verbaas oor hulle optrede en vra hulle: “Waarom is julle so verwonderd” Vs.12. Die wonderwerk was nie deur ons eie krag nie, maar deur die krag van die Vader, hierdie selfde God was die God van Abraham, Isak en Jakob. Petrus het hierdie nuwe beweging met die O.T. verbind en dat die Here Jesus die Messiah en dienskneg was wat die Jode aan Piltaus oorgegee het. Hulle was bereid om Hom te verloën terwyl Pilatus rede gesoek het om Hom vry te laat.
Die Heilige en Regverdige was beide Messiaanse titels. Hulle het die enigste bron van lewe vermoor, en die gevaarlike een los te laat in hulle lewe, wat lewens dood gemaak het.
Hy het die Outer van lewe verloën en die sonde gekies wat die bron van die dood is. Petrus het weer die dood en lewe van die Here Jesus beklemtoon. Die eis van die apostels dat die Here Jesus opgestaan het was deur die Jode verloën daarom moet dit oor en oor bevestig word.
Hand.3:17-26
Na die skerp aanspraak van moord het Petrus ‘n meer ‘n kalmer aanslag gebruik. Hy noem die skare nou broeders, en sê vir hulle dat hy weet dat dit deur onkunde gedoen was, dat hulle hierdie vrees-like daad gepleeg het. Weer soos in die eerste boodskap pleit Petrus vir hulle bekering.
Voorheen was dit bekering en doop en nou is dit bekering en inkeer. Hy haal die profete van ouds aan en eindig op ‘n heel kalm toon. Hy herhinder hulle dat hulle nageslag van die profete was en daarom deelgenote van die beloftes wat die beloftes gemaak het en deel-genote van die verbonde was.
Dit was die plan van die Here dat redding eerste na die Jode moes kom en deur hulle en dat hulle die wêreld sal evangeliseer. Die orde was op Pinkster ingestel en dit is ook die orde wat die Boek Hande-linge volg. Hoe kon hulle die plan van die Here aanvaar.
Deur elkeen van julle van julle sondes weg te draai, wat die hoof boodskap van beide die O.T. en die N.T. is.
Deur allerhande plaasvervangende dinge in die tyd vir die kerk aan te bied, word die Heilige Gees gediskrediteer en die kerk se eertse lifde gesteel en het die kerk sy krag en inpak verloor. O, dat ons weer heilig sal leef, dat die vuur van die Here op ons lewens sal rus, dat ons deurdronge van die teenwoordigheid van die Here mag wees dat Hy ons mag stuur beweeg en dryf om as ‘n drankoffer uit gegiet te word.
*******************************
HOOFSTUK 4
INLEIDING:
Ons het nou gesien wat gebeur het met die lamme man wat reeds 40 jaar oud was en deur die Here aangeraak is en nou die kommer wat by die Sadduseers bestaan oor wat hulle nou gaan doen:
Onthou op hierdie stadium was die Sadduseers aan bewind gewees en was dit byna soos twee politieke partye wat teen mekaar gestaan het aan die eenkant was daar die Sadduseers wat toe in Jerusalem aan bewind was: het die volgende geglo:
1) Hulle het ontken dat die mens ‘n persoonlike gees het.
2) Dat engele persoonlikhede was sommige het die bestaan van engele totaal ontken.
3) Hulle het nie aan die opstanding na die dood geglo nie geen wonder dat hulle die Romeiense soldate omgekoop het om ‘n leuen onder die Jode te versprei dat die Here Jesus nie opgestaan het nie Matt.28:11-20.
Kan ons besef in watter netelige situasie die Sadseers was dat Petrus ronduit verklaar dat die Here Jesus opgestaan het en nou waarskynlik ‘n week later daar reeds 5000 tot bekering gekom het, vir hulle was daar net een vrees nl. dat hierdie sekte (soos die Christene bekend gestaan het so geweldig sal groei in ‘n kort tyudjie dat hulle die posisie in Jerusalem sal oorneem.