DIE BOEK 1 PETRUS
INLEIDING
Wat ‘n kosbare boek om te bestudeer en watter heerlike rykdomme le hier in opgesluit nie. Vanoggen wil ek oor drie aspekte gesels: Lewende Hoop Lewende Woor en Lewede Steen;
Nthou hierdie was ‘n brief wat gestuur was na Christene wat verstrooid was oor die hele klein Asie en reeds onder die tyd van Ballingskap vertstrooi was. Hy skrywe hierdie serkulasie om hulle bloot te bemoedig en wil aan hulle sekere aspekte herhinder:
1) Hy begin te praat oor die uitverkiesing en daar is agt aspekte waarin die mens uitverkeis is:
a) Eerstens om die Here te vrees en sonde te haat Hebr.4:13 (Alles oop en bloot voor Hom met wie ons te doene het)
b) Om op die Here tevertrou.
c) Dit sal ons dwing tot begrip siende niks goed kan gedoen word maar Hy sal daarvan weet, tog is dit voor die Here nie in die geheim gedoen nie. ps.84:17 1 |Thess.5:8-9.
d) Dit sal ons waaksaamhei gee om oor ons lewens te waak, en om te sien na ons ewige beloning. Die Het behae in Homself om dit van ewigheid af raak te sien, en sal ons dan nie graag ander Christene wil help en bemoeig nie, en alles goed doen wat ons vir hulle kan doen nie.
e) As ons iemand vir ‘n roeping sal op roep moet ons die Here raadpleeg omdat iemand wat nie rein lewe nie gkies kan word nie. Kies nie volgends rykdomme en aansien nie maar die wat die Here liefhet.
f) Dit bewys hoe ons ander moet liehê, die Here word nie met liefde vermoei nie, maar het dit as ‘n beginsel voor ie aarde geskape het gestel.
g) Die eweige keenis van die Here is vir die ongeredde ‘n probleem.
h) Ons sal omdsien na ons eie heil as ons weet dat ons met verantwoordelikheid gekoop is.
IN HEILIGMAKING:
Heiligmaking begin reeds by bekering wanneer Paulus die vleeslike gemeente van Korithe aanspreek verwys hy na heilige broeders. Die oombluik wat ek waarlik die Here Jesus in my hart ingenooi het begin Hy te werk sowel as om te wil na SY welbehae.
Daar is twee Persone betrokke bey heiligmaking: Die Heilige Gees wat die waaheid van jou en my hart openbaar en dan die Here Jesus wat deur Sy bloed die reiniging skenk. Dit is soos vuil wasgoed, jy het sep en water nodig. Die water is die waterdoop van die Heilige Gees wat jou en my hele lewe deurspoel om die vuilheid van ons harte te wys, en die bloed is die middel waardeur die Heilige Gees Sy reinegende werk in ons harte kan bewerk.
Heiligmaking is ‘n werk in my en nie ‘n werk vir my nie, dit is ‘n Persoon in die Heilige Gees wat violle beheer van my lewe oorneem en nie ‘n iets wat ek ontvang nie. Christus kry nou volle gestalte in my lewe en ek is met Christus gekruisigh en ek leef nie meer vir die sonde en slefgesentreerdheid nie maar nou voluit vir Christus.
Die twee Agetnte werk saam die Heilige Gees doen die oortuiging en die Here Jesus deur Sy Bloed doen die werk in ons lewens. Dit is beide die Heilige Gees en die here Jesus wat die reinegende werk in ons harte kom doen.
Die een wat die reiniguing doen is die Here Jesus die een wat die werk bevestig is die Heilige Gees. Ons sal net suiwer bly leef as ons ons verhouding met die Here Jesus skoon hou.
Die Gees van die Here werk deur waarheid U Woord is die waar-heid. Ons word nie deur die wet geheilig nie, die reiniging bring iets in my morele lewe van die reinheid van die Here Jesus tot stand. Die Gees van die Here bevind ons as melaats en die bloed van die Here Jesus was ons skoon. Dit doop die hissop stingel in die kosbatre bloed van geloof en en bespriinkel dit op ons en ons word gereinig. Daar is ‘n mistereuse effek van die Bloed van die Here Jesus wat ons deur en deur skoon was, ons geloof neem stand by die versoening en reiniging van die bloed in.
Net soos die Heilige Gees net waarheid reageer en saamwerk werk die bloed van die Here jesus aleen deur geloof. Ons geloof staan op die versoening van die bloed van Jesus. Ek sien wat die Here Jesus vir my aan die kruis bewerk het en werk ‘n berou oor my vleeslike toestand en vlug na die kruis vir reiniging. Werk deur die geloof op grond van die bloed en maak my en jou skoon.
Reddeing sal nooit heiligmaking vervang nie redding moet eers plaasvind dan die heerlike reiniging. Heiligmaking is van uiterste belang Redding was my van my sondes skoon maar reiniging was my van alle smet van sonde skoon ander bly ek melaats. Ons wil nie net vergewe word nie maar ook bekragtig word. ie net gewas nie maar gevul wees.
Die Heilige Gees reinig die hart. Die Ges van die Here handel met die bose geneigdheid tot sone met reiniging. Sonde is geneig om jou neer te trek soos gravitasie krag dit doen maar reinheid sal my ‘n konstante gee ten die gravitasie van sonde.
TOT GEHOORSAAMHEID:
Gehoorsaamheid is gekoppel om aan die Here gehoorsaam te wees, leer dit ons dat aan Hom alleen abslotue gehoorsaamheid geld. As ons Hom dus in ons harte innooi maak ons onsself gehoorsaam aan die Here as ons Verlosser en Koning. Dit omsheld die hele wet omdat die die Wetgewer liefhet. Dit het met my spraak my bewegings en my hele hart te doene. Ps.105 Wys Dawid daarop.
BESPRENKELING MET DIE BLOED:
1) Die Here Jesus het die natuur van die mens op Hom geneem sodat Hy die broeders kon dien en die Here kon bevredig in dieselfde natuur waarderu Hy verag was.
2) Sy bloed was gestort Wie het dit gestort is dit Judas wat dit verkoop het en die preisters wat hom aanbeveel het, die mense wat Hom na Pilatus geneem het, die soldate wat die wrede daar van moord moes pleeg, en die Here Jesus Homself wat dit alles toegelaat het en daarna voor die Vader gebring het. (Hebr.9:14) vir ons sondes wat dit alles veroorsaak het.
3) Dit was nie genoeg dat die bloed van die Here Jesus gestort was nie, mar dit moet ook in ons harte toegepas word wat die sprionkeling van die bloed bedoel.
4 Dit was voorspel en verduidelik deur die offers van die wet. Die woord besprinkeling is ‘n metafoor wat twee betekenisse het: a) Die gebuertenis wat die Here aan die opriesters verduidelik het hoe dit gedoen moes word en waarop die Bloed besprinkel moes word. b) Die seremonies van die wet is weggedoen omdat ons die ware besprinkeling van die Bloed in ons lewens kan ondervind.
5) Dat ons stand in die Here Jesus nou beter is as ons stand in Adam was. Die hemel is beter as Eden.
6) Ons kan nie ons gemak in die bloed van die Here Jesus verdien nie, todat ons nie diep en heerlik gereinig is nie en ons aan alles an die Here Jesus gehoorsaam word nie.
GENADE EN VREDE JULLE VERMENIGVULDIG WORD:
‘n Liefdevolle groete: 10 Die karaktereienskappe van hierdie twee begrippe is wondelik. Onthou hulle is vlugtelinge op hierdie aarde, hulle het een gemene simpatie dat hulle verstrooid is in bewandeling mar een van hart en sin is. Hulle een gemene simpatie Die geseendhei om verlos te wees: Hy soek nie hulle herstel of tydelike welstand nie maar hy soek genade en vrede by hulle.
1) Genade is hulp dit is maklik om toetse te kan deurstaan as sterkte gegee wors, vrede is ‘n innerlike toestand. Dit oorskadu ons moeilikhede, en plaas ‘n heining om ons wat ons las lig maak.
2) Wat kan ons doen sodat genade en vrede vermeinguldig kan word: Ware genade sal spontan toeneem soos ek met die Here wandel. Hulle moet toeneem in nederigheid en in menslikheid Jak.4:8
3) As ek dit wil laat toeneem moet ek volhardend in die lewe met die Here Jesus wandel.
4) Ons moet nie toelaat dat die sorge van hierdie wêreld ons sal oorval nie, en ons laste op Hom plaas.
5) Jy moet vlug van goddeloosheid en werelds begeerlikhede en opreg en regverdig lewe, in hierdie teenswoordige wêreld.
a) Genade word toenemend gegee,
b) Dit gee die veelkleurigheid van die Here, want almal jaag vrede en genade na.
Die wortels le onder op die grond en die vrug is uiterlik te siene. Dit is genade eerste dan verede wat daaruit sal spruit. Eseg.457 wat na die heilige waters verwys se dat hjulle vrugte sal gee op hulle tyd en aan weerskante van die rivier sal bot.
1) Genade is die werking van die Here in die hart om ons van een staat na ‘n ander te verander
2) Die Outeur van genade is die Heilige Gees.
Die Gees van die Here werk genade in die harte van die mens van een graad na die ander soos ek bereid is om gehoorsaam te wees.
Die werk van heiligheid word genade genoem: Omdat dit bo-natuurlik is wat die Here in die hart van die mens kom dioen, Jak.3:17
Dit word genade genoem omdat elke skakeling in die goue ketting van ons redding gee dieper en heerliker vryheid in ons Here Jesus.
Dit is absoluut noosaaklik om volle gemeenskap met die Here te hê. Genade wek die siel op om te se dat die regverdige deur die geloof sal wandel. Die mense buite genade is dood, dit gee ‘n verryking aan die siel, en neem die vuilgheid van inwonende sonde weg en plaas ie skoonheid van die Here Jesus daarin. Dit maak van die hart ‘n geestelike Tempel met die opskrif: Heilig aan die Here.
Dit versterk die siel, en stel die mens instaat om te doen wat die kragte van ie natuur oorskry. Dit leer ons om van alle kwaad weg te beweg, en verkies die heerlikheid van die Here Jesus voor ons eie keuses.
Genade laat die siel rus en gee ‘n Goddelike glans aan die hart en raak die siel Goddelik aan, en bring ons in die teenwoordigheid vand ie Here. Dit lig my bokant omstandighede en die gemiddelde mens, ons word in die opstadingskrag van die Here Jesus vereenselwig. Die Christen is ‘n burger van die hemel.
Heiliges word konings en priesters in die Here Jesus genoem, Heerlikheid is niks anders as genade wat sy volle deel in die hart van die mens gekry het nie. Dit het ‘n blywende invloed, tydelike dinge vlug verby maar genade neem ons bokant ons omstandighede. Genade word gekenmerk deur die groei daarin, redding het die Here Jesus se lewe gekos dit sal ons alles kos om Hom in heerlikheid na te volg.
Kom ons gaan terug na genade en sien dat Hy die God van genade genoem word. ons kan dit nie in onsself vind nie, die begin van genade is maar klein, dit is die begin van ‘n breere rivier, en verlig die atmosfeer van die hele dag. Jong boompie se takke is die een jaar volkome maar die volgende jaar sterker verlede jar se takke was volmaak maar hierdie jaar soveel voller.