DIE BELOFTE
Dit was tydens die oorlog dae. ‘n Japanese Polisieman wat BAIE mag gehad het,het verklaar dat binne drie dae, elkeen wat in die sekere berg omgewing woon moet kom verklaar by die Polisiestasie en afsweer dat hulle nie meer Christene is nie. Die persone wat dit nie doen nie, sal dan gebind word en ’n klip sal aan hulle vasgemaak word en dan in die rivier gegooi word vanaf die brug. Die Christene het die boodskap gekry en teen middernag het hulle almal by ’n sentrale punt vergader om die saak te bespreek. Hierdie saak is goed bespreek – waar sommige aangevoer het dat hulle moet vasstaan en ander het weer gesê dat hulle moet die Christenskap afsweer. Na deeglike bespreking het hulle eenparig besluit dat hulle sal na die Polisiestasie gaan en verklaar dat hulle nie Christene is nie en so sal hulle in die lewe bly. Nadat hulle die besluit geneem het, het ’n jong seun opgestaan. “Onthou julle nie die woorde van die Here Jesus nie? MATT. 10:28 “En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.” “Onthou” het die seun gesê, “ Indien hy ons doodmaak is dit net die liggaam maar ons siele sal by die Here wees”. Die groep het saam gestem en verklaar dat dit wat die seun sê is waar. Die stemming was eenparig om te sterf. Die Polisieman het van die besluit gehoor en toe met groot gelag verklaar dat hulle almal môre sal sterf. Die Polisieman is na die viswaters , om te gaan visvang. Die Polisieman se voet het gegly op die oewer , en hy het in hierdie verwoede vol rivier beland. ‘n Stomp of ‘n klip het sy been getref en dit gebreek. Die Christene was besig om te bid, toe ‘n boodskapper hulle laat weet die man wat julle wil dood het so pas in die rivier verdrink. Dit het ‘n kind geneem om hierdie mense aan die belofte van die Here te herinner. Hierdie mense het na die omstandighede gekyk, en het nie die geloof gehad nie. Somtyds mis jy die merk ook – is dit nie so nie? Bedink die belofte van God en staan jou staan vir die Here. GEBED Here ek aanbid U omdat U , U beloftes waar maak. Dankie vir die Heilige Gees wat my aan die beloftes van U Woord herinner. Kom Here en help my om met my oë van geloof na elke saak te kyk? AMEN