DIE BEGRIP STAAN: GAL.5:16-18
INLEIDING:
Die begrip staan dui op ‘n identifisering van my lewe. Dit se presies wat die woord bedoel dat ek ‘n sekere standpunt inneem. Die Bybel wat die geinspireerde Woord van God is, dui vir ons juis riglyne aan om aan ons te waarsku wat die gevolg van ons stand salk wees.
In die oorspronlike taal word die woord staan of stand met 9 verskillende woorde verklaar. Kom ons kyk net na ‘n paar van hierdie woorde:
1) Die woord LUCHNIA dui op iets soos ‘n staander.
2) HISTAMI: Dit is die passiewe vorm om iets te maak staan. Word o.a. in Matt.2:9 Die geboorte van die Here Jesus het die ster gaan staan. Dit verwys ook na iemand wat staan Luk.11:18-19 verwys na die duiwel wat teen homself verdeeld is en nie staande sal kan bly nie. Kol.4:12 Dat ons in die ganse wil; van die Here mag bly staan. Dan die draak wat sal staan, of opstaan in Openbaring 18:15. Luk.6:8 het die Here Jesus die man met die verdrode hand beveel om op te staan.
3) ANISTEMI: Beteken om op te staan. Matt.12:41 Die manne van Nineve sal eendag in die oordeelsdag opstaan. Mark.14:60 Die hoë priester wat opgestaan het en die Here Jesus gevra het of Hy nie iets te sê het nie.
4) EPHISTEMI Dit dui daarop dat iemand op iets staan of by iets staan. Luk.2:9 Die engel van die Here wat by die skaapherders gestaan het. Hand.12:7 Die engel vand ie Here wat by Petrus in die gevangenis gestaan het. Luk.4:39 Die Here Jesus wat oor die vrou staan en die koors bestraf.
5) PARISTEMI: DIT beteken ook om by iemand of langsaan iemand te staan: Mark.14:47 Petrus wat by die Here Jesus gestaan het en sy swaard uitgeterk het om Malgus se oor af te kap. Luk.19:24 Die wat staan en kyk se Hy neem die pond ook van hom weg.
6) PARIISTEMI Dit beteken om rondom iemand te staan Joh.11:42 Die skare wat rondom staan. Hand.25:7 Skare staan rondom Paulus om beskuldiginge teen Paulus in te bring.
7) SUNISTEMI: Om met iemnad of iemand by te staan. 2 Pet.3:5 Dinge wat deur die Here onstaan het. Luk.9:32 Die herlikhied van twee manne by hulle staan by die berg van verheerliking.
8) STEKO: a) Letterlik beteken dit Mark.3:31 Sy broers en Maria het buite gestaan. Mark.11:25 Staan en bid vergeef dat julle iets teen iemand het. Joh.1:26 Onder julle staan Hy wat met die Heilige Gees doop. B) Figuurlik: Rom.14:4 Jy staan of val met betrekking to jou eie heer.1 Kor.16:13 Waak staan in die geloof wees manlik wees sterk. In die geloof. Vryheid van die wetlike gebondenheid: Gal.5:1 Staan in een Gees Fil.1:27 1 Thess.3:8 Ons leef as ons vasstaan in die geloof.
9) MENO: Om te bly of te staan Rom.9:11 Ons staan in Hom wat ons roep.
10) KUKLOO: Om rondom te staan; Hand.14:20 Dissiples het hom omring. Mark.3:3 om op te staan en te volg. Om uit te staan. 2 Tim.4:16 Niemand my bygestaan nie.
Daar is ernstige waarskuwings in die Woord van die Here teen verkeerde plekke waar ek kan staan: Ps.1:1 Sê: “Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotter nie…”
Daar is drie maniere hoe ek in die weg van die sondaars kan staan: 1) Ek staan saam met die weg van die soandaars: Daar is die wat vrienskappe maak met sondaars en dit is verkeerd in die oê van die Here maar ons moet vriendskap met kinders van die here begin opsoek.
2) Staan op die weg van sondaars en nie op die weg vand ie Here nie: Daar is ‘n weg wat vir di emens reg lyk, maar die einde daarvan is die weë van die dood.
3) Staan in die pad van ander om by die Here uit te kom: Ek maak verskonings of verhinder ander om hulle lewe met die Here reg te maak.
Daar is beslisde gevolge van mense wat op verkeerde plekke staan: Dink aan Moses toe hy op die berg Sinai was en die Here gesoek het het, die volk begin sondig en kom hy terug en daag hulle uit Eks.32:26 “Het Moses in die poort van die lear gaan staan en gesê: Wie vir die Here is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel. En hy het vir hulle gesê: So spreek die Here, die God van Israel; Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en sy naaste doodmaak. En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses, en daar het van die volk op die dag omtrent drieduisend man geval.”
Ons lees telkemale wanneer iemand gesondig het, hoedat daar vrees-like verliese was: Dink aan Agan wat die bangoed gebêre het, hoedat hy op verkeerde plekke gestaan het en hoeveel van sy familie en vriende moes sterf weens sy verkeerde stand.
Dink aan soveel van die konings van die O.T. Sual die eerste wat verkeerd gehandel het, en self gesterf het en die koninryk van Israel weens sy verkeerde stand laat verdeel het en soveel daarna weens sy verkeerde stand laat sterf het. Rom.6:24 waarsku dat die loon van die sonde die dood is.
Stande in die N.T het ook mense ‘n duur prys gekos. Dink aan Judas wat sy stand by die Fariseërs ingeneem het, wat beteken dat hy sy geliefde Heiland laat sterf het. Hy het uitgehardloop en besef dat hy onskuldige bloed vergiet het en selfmoord gepleeg.
Dink aan soveel ongereddes in die geskiedenis wat elke dag rond-om ons sterf en wat verkeerde keuese geneem het en sonder die Here sterf.
Daar is voorbeelde op voorbeelde in die heidendendom maar ook Christene wat eens met die Here gewandel het en nou op verkeerde plekke hulle begewe. As ons aan Demas dink wat eens ‘n mede dienskneg van Paulus vir die Here was, wat later melding van hom, gemaak word dat hy bloot die gemeentes groet en dan later dat hy die teenwoordige wêreld lief gekry het en die Here verlaat het.
Net gister hoor ons van ‘n jong man wat eens in die diens van die Here gestaan het wat nou so ver treuggevalle is dat hy rook en drink en in allerhande sondes verval het, hy het by verkeerde plekke gaan staan.
Petrus is ‘n spreekwoordelike voorbeeld daarvan Hy het sy hande gaan warm maak by die soldate in die paleis en hier was hy so magteloos dat hy nie eens die diensmeisies wat hom konfronteer kon teenstaan nie.
Dink aan Dawid wat op ‘n verkeerde plek gaan staan het en sonde in sy hart toegelaat het en in wellus gebrand het as geredde en in sonder verval het.
Dink aan die Galasiër gemeente wat Paulus so ernstig moet vermaan wat eens die pad agter die Here Jesus aan geloop het en nou afvallig geword het en ander sieninge geglo en aanvaar het. Hulle het so ver afgedwaal dat Paulus hulle in Gal.5 waarsku dat indien hulle hierdie pad sal bly bewandel hulle in die oordeel van die Here sal verval.
U sien dit is duidelik dat ons ‘n keuse in ons lewens moet maak. Ek begewe my by een van hierdie verkeerde plekke en is nie meer op die plek waar die Here my wil hê nie, ek begewe my by die plek waar Openb.3 uitroep was ek tog maar koud of warm maar nou dat ek lou is sal die Here my uit Sy mond uitspoeg.
Daar is soveel mense wat op twee gedagtes staan wat hunk na die Here maar ook in hulle binneste hunker na die sonde. In die week besoek ek iemand wat baie ver teruggeval het en sowat twee weke gelede terug gekeer het na die Here en my vertel hoe wonderlik ‘n spesifieke gebed van hom verhoor was.
Toe ons praat oor hierdie uiters belangrike keuse wat uitgevoer moet word: Of voluit vir die Here of bloot net te bly waar hy is was sy antwoord reguit: Ek weet die Here het vir my uit genade weer ‘n kans kom gee, maar ek weet nie of ek by die plek wil kom waar ek my lewe totaal en al aan die Here wil oorgee nie.
Hy hunker nog op tweegedagtes. Jakobus waarsku ons dat so ‘n persoon onbestendig of onstabiel op al sy weê is;. Hy is soos iemand wat deur elke wind van lering of deur elke invloed so maklik beinvloed owrd. Hy het nie onderskeiding nie en hardloop agter leke ding aan.
Daar is ‘n plek waar die Here Sy kind wil bring waar ons kies om ons lewens totaal en al aan die Here weg te gee en vanuit hierdie keuse te ervaar dat Hy my sal bekragtig.
Efe.5:18 Moedig die Here ons aan om met die Gees van God vervul te word. 1Kor waarsku ons dat ons dit in ons binneste te nou het. 1 Thess 5:23 sê Paulus dat die Here ons liggaam siel en Gees onberispelik wil reinig sodat ons deur en deur skoon kan wees.
11 Kor.7 Se dat ons al hierdie wonderilke beloftes het waaraan ons kan vashou waarin die Here ‘n diep en blywende rus in die hart wil uitstort sodat ek volkome met Hom kan wandel.
Hebr.12:2 verwys na hierdie wolk van getuienissse wat rondom is, van mense wat hierdie keuse uitgeoefen het en die heerlike gevolge daarvan ervaar het hoedat die here in Hebr.11 wondere deur hulle lewens verrig het.
Josef was onberispelik, nooit lees ons dat hy verkeerd gehandel het nie, hy het die Here behaag, want Josef het sy stand in geneem ommet die Here te wandel.
Daniël was onberispelik, y het geleer om hom nie verontreinig met die spyse van die koning nie.
Paulus roep uit in Timotheur Julle weet en God weet hoe heilig en onberispelik ons voor julle gewandel het.
Petrus na Pinkster het ook die volheid van die Here leer ken.
Daar is wolke van getuienisse van mense wat hierdie keuse uyitgeoefen het.
Wat moet ek doen indien ek areas in my lewe erken waarin ek faal: Raak eerlik met jouself, bely dit as sonde en begin sensitief raak in hierdie area van jou lewe om daarteen te waak. Lê dit neer, deur beslis te kies waar jy gaan staan rondom hierdie aspek in jou lewe en dan lei jou gedagte weg van hierdie aspek af, deur nie verkeerd te keis nie.
Reken jouself dood vir die sonde, sodat jy lewend vir Christus gestel kan word, maar ook diensbaar te word vir die Here.
Begin die beloftes jou deel maak, dit is die beeld wat ons as ‘n gemeente na die buitewêreld wil begin uitstraal.
Ons moet nie net die kerk verteenwoordig nie, maar die Here as beelddraers of ambasudeers van die Here.