DIE BEGRIP LIG EN LAMP IN DIE BYBEL -PS 119:105
“U woord is `n lamp vir my voet en `n lig vir my pad.”
INLEIDING
Donderdag aand was ons besig om sake aangaande die kerk te bespreek, toe die krag skielik uitgegaan het. Vir `n paar oomblikke was ons geheel deur die duisternis oorweldig en kon ons glad nie sien waar ons beweeg nie. Na `n paar oomblikke se
geskarrel het ons `n pakkie vuurhoutjies ontdek en dit getrek. Die volgende oomblik het duisternis gewyk toe die lig die duisternis oorweldig het.
Dit het ons instaat gestel die olie lampe te kry om uiteindelik die hele huis te verlig.
In die oorsprong van die Skepping was dit ook die eerste wat bestaan het wat die duisternis oorweldig het. Gen 1:3-4. Hierdie lig was in die lewe geroep deur die Here self.
In die Bybel het lig verskillende betekenisse.
1) DIE ONTSTAAN VAN LIG
Ons het reeds genoem dat die skepping van lig die eerste stap in die skepping van lewe was. Dit was die eerste woord wat die Here gespreek het nadat die aarde deur gaos gevul was. Dit moes een of ander soortgelyke, aan die son of iets gewees het wat die die duisternis teëgestaan het. Op die vierde dag word die son, maan en sterre eers geskape. Daarom dat die Woord vir ons in 1 Joh 1:5 sê: “God is Lig.”
Lig staan in teenstelling met duisternis, wat ook misleiding dwalings en verwarring weerspieël. Gen 1:4
2) `N OMVATTENDE BEGRIP
Die materieële betekenis van lig word dikwels in die Bybel vir ons gegee, as die simbool en sinonieme van alles wat liggewend en stralend is, in die verstandelike en morele en, geestelike lewe van die mens en engele; terwyl die Ewige God, weens Sy Heiligheid en Sy morele volmaaktheid geskilder word as die een wat in ontoeganklikheid woon. 1 Tim 6:16. Elke fase van die lewe van oorspronklike Lig tot die ewige heerlikheid wat mag word in die Bybel vir ons weer gegee.
A) NATUURLIKE LIG
Die daglig Gen 1:5, son maan en sterre. Lig in die uitspansel Gen 1:14-18; Ps 74:16; Ps 136:7; PS 148:3; Pred 12:2 en Openb 22:5. Die eienskappe van lig is skoonheid, heerlikheid. Dit maak die hart bly. Spreuke 15:30, “soet is die lig.”
Pred 11:7 Sonder dit struikel die mens hopeloos. Joh 11:9-10 Dit is waarna die mens wag met `n onuitspreeklike verlange. Job 36:26. Liefde blydskap en seën is afhanklik van lig.
Lewe en lig is sinoniem soos duisternis en dood is.
Ps 104:23 Waarsku ons “Die mens gaan uit na sy werke en na sy arbeid tot die aand toe.”
Mense het waaskrynlik die son as `n element van lig begin te aanbid toe die son skielik gesak het en die duisternis die aarde gevul het, en dan weer met die opkoms, wanneer die son die duisternis gevul het. Job 31:26. Die mens se verkeerdelike beoordeling, en die vervoering van lig het die mens selfs tot die diepste vorme van kultes laat lei, wat met uiterste probleme worstel. Die Babeloniërs en verskeie Kananitiese stede het die sisteme van die maan aangemoedig.
Gebruike van lig was algemeen in die feesfieringe van verligtinge veral in die Griekse kultusse, veral die Dioniesiese en Appolo aanbiddinge.
Die ergste plaag naas die dood van die eersgeborenes was die duisternis wat die aarde gevul het. Ex 10:23
Wie die ….. evangelie weerstaan val onder die oordeel
B) NAGEMAAKTE LIG
Wanneer natuurlike lig vaal, sal die mens een of ander hulpmiddel soek wat, hoewel dof en ontoereikend is, aanvaarbaar is. In die ou dae het hulle olie vir hulle ligte gebruik Ex 25:6; Ex 35:8; Lev 24:2 asook lampe Ex 35:14 en Matt 25. Daar was baie lampe in die bo-vertrek sien Hand 20:8; Jer 25:10
3) WONDERWERKENDE LIG
Toe die Egiptenare met stikke duisternis vir drie dae geleef het, het die