DIE BEGINSELS VAN OORWINNING IN ONS GEESTELIKE LEWE: Gen.3:1-8; JAK.1:13-18 + JAK.4:7-8
INLEIDING:
Daar bestaan soveel vrae en onsekerhede aangaande die plan en doel van die Here vir ons lewens, daar is soveel mense wat vir jou sal sê dat hulle so hart probeer om oorwinning te smaak, maar dat dit net eenvoudig nie uitwerk nie, bloot net omdat hulle die beginsels van die geestelike lewe nie verstaan nie.
Kom ons begin by die begin en wys vir u hoe sonde die mens binne-gedring het en hoe ek en jy daarmee gebore is en nie uit onsself ‘n beter lewe kan leef nie.
In Jes.14 lees ons van die duiwel en die vraag wat Jesaja vra hoe hy uit die hemel uitgeval het, en hoe hy as die oorweldiger van die aarde van sy posisie van oorwinning geval het. Vs.13 + 14 Lees ons dat Hy hoogmoed toegelaat het en gesê het dat hy die troon posisie wou oorneem, dat Hy wou heers en bokant alles en almal.
Vs.15 Wys dat trots en rebellie hom in die doderyk sal laat dompel.
Met presies hierdie selfde strategie het hy na die mens in Gen.3 ge-kom en aan Eva gesê: Neem van hierdie vrug, Eva maak jou oë oop en jy sal sien dat jy eintlik meer gesag het as wat jy dink jy het, jy moet jou nie aan die Here onderwerp nie, wat Hy bang voor sal wees is dat jy soos die Here self sal word.
Hoe blind kon die mens nie gewees het nie, om te dink dat hy die mens met presies dieselfde gesindheid besoedel het as waarmee hy homself besoedel het.
Adam en Eva neem van die verbode vrug en die beginsels daaragter was rebellie en hoogmoed, hulle sal nie die Here raadpleeg nie, hulle sal hulle eie ding doen.
Dit was net weens hierdie stap van ongehoorsaamheid dat die mens-dom in sonde verval het en dat ons nou in sonde gebore en ontvang is.
Hoe werk die duiwel in u en my lewe. Omdat ek in sonde gebore is en daarom onder die mag van die duiwel is. Joh.8:44 “Julle het die duiwel as vader en die begeertes van julle vader wil julle doen, hy was ‘n moordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie.”
Sonde is soos ‘n jellievis.
Dit lyk seker soos een van die mins skadelike visse in die see. Dit lyk soos die plesier van sonde, dit is aantreklik, maar dodelik in sy karakter. Hoe werk dit. Klein vissies leef in die skadu’s van die oseane en wanneer ek aan hom sou vat is hy so lekker sag, en lyk tog
so teer, maar dit neem nie lank nie dan is jy lam en duislig en ver-ward. Die jellievis versoekinge van die wêreld van besigheid en die sosiale lewe is eindeloos. Vermy hom en jy sal gevrywaar wees van al hierdie invloede. Stap ‘n eerbare en ‘n reguit pad.
Nou is u en ek maklik ‘n prooi van die duiwel. Hy kom met dieselfde tipe aanslag as met Eva en begin by jou die saad van vertwyfeling aangaande die Here te bring en vertel jou dat jy maar ‘n sondaar is en dat jy nie verlos kan word van hierdie omstandighede waarin jy ge-dompel is nie. Jy mag gered of ongred wees, sy aanslag bly dieselfde
Hy werk deur die sintuie alles wat ek waarneem:
Kom ons neem drank as voorbeeld:
Nou kom hy en maak jou bewus van jou behoefte, nie om gehelp te word nie maar om jou in ‘n groter gemors te dompel.
Hy vertel jou dat omstandighede te groot is en dat jy nooit weer die lig kan sien nie, finansieël gaan jy dit nie maak nie en vertel jou dat jy ook soos ander moet maak om na die drankbottel uit te reik.
By jouself sê jy dat jy matigheid voor oë moet hou en dat jy net so bietjie moet drink om jou gedagte weg te lei. Alle alkoliste het by een begin. Nou vertel hy jou dat jy beter sal voel as jy ietsie drink en dan gaan slaap.
Jy sien die drank en jy dink dit is die oplossing en neem een soort wat voor oë goed lyk. Dit sal jou ook meer sosiaal aanvaarbaar maak ek meen alle groot besigheids manne drink sosiaal. Dan ruik jy die reuk van die drank en hou daarvan en iets vertel jou dat jy sommer anders gaan voel as jy so ‘n ou slukkie gaan neem.
Nou raak jy emosioneel betrokke en jy sê vir jouself; hou matigheid voor oë en dit sal niks aan jou maak nie. En jy neem daardie eerste slukkie. Skielik ervaar jy dat iets van jou besit neem en daar is nou die verskoning dat ek net ‘n tweede en ‘n derde slukkie moet neem. Voor jy jou oë uitvee is jy vasgevang in die greep van sonde en jy voel nie meer skuldig oor jou dade nie. Jy begin alhoemeer daarna verlang en vertel jouself dat jy daarsonder nie kan klaarkom nie.
Nou is jou hele ingesteldheid net op hierdie saak as jy met vakansie sou ry is jou oë gefokus op die drankwinkels in die dorp. Jy het ge-kyk, gehoor gevoel gesmaak en geneem. Jy is deur die hele siklus van die versoeking van die duiwel en hy los jou soos ‘n uitgedrukte lemoen en gooi jou eenkant.
Nou leef jy met ‘n skuldgevoel en jy weet nie wat om te maak nie.
Die Here het aan elke mens ‘n gewete gegee en hy kla jou aan en jy voel skuldig, want dit is die gewete wat jou eendag in die oordeel gaan laat weet dat jy reg of vekeerd gehandel het.
Daar kom lig deur mense wat met jou praat en diep in jou hart weet jy dat die saak waarmee jy besig is verkeerd is. Jy is verward tot die oomblik wat jy ‘n beslisde besluit neem om teen hierdie aspek van sonde te gaan.
Sy Woord spreek jou aan en sê o.a. of weet jy nie dat jou liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie wie sy liggaam skend sal die Here skend. Nou ontvang ek lig en het nou ‘n keuse wat ek gaan doen.
Ek kies of gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid en dan is daar ge-volge na beide kante.
Kies ek verkeerd of wil ek die saak nie erken nie is daar emosionele gevolge wat diep in my gees ook inwerk: Ek raak humeurig, is buierig is depresief en wat nie alles nie. Ek besf nie dat die Here vir my my sonde wil wys nie en gaan dan voort in hierdie siklus van sonde, totdat ek kom by Jak.4:7-8.
Waar ek my onderwerp aan die gesag van die Woord van God en erken dat ek ‘n sonde probleem het. Ek buig onder die kragtige hand van die Here en laat Hom toe om my te verander, deur my belydenis.
Deur hierdie belydenis erken ek my skuld en verantwoordelikheid en laat nou die Here toe om hierdie posisie van self gesentreerdheid oor te neem.
Nou gaan ek verder en besef dat ekl verlore is en dat ek die Here dringend nodig het en vra Hom om in my lewe te kom woon.