die BEAT
swart en donker nag pikdonker
dan dreun die dromme weergalm die stampe
duiwels demone satan se magte
skree deur die skare helse rookdampe
dit is die beat dit is die beat
volg saam die ritme van die rock beat
aanbid julle satan? baie sê nee
wat is verkeerd wat’s fout hiermee?
dit is die beat volg saam die beat
almal doen dit en luister daarna
selfs christenmense vra ook daarna
volg saam die beat die heavy metal beat
o Christen verwyder jou valse skuilnaam!
jy dien nie vir Christus jy lieg stamp die beat
jy luister die satan se helskomposisie
versag dit met christen aanbid saam vir satan
jou beat is musiek uit die hel aangegebied
verslawend en bindend jou ondergangskreet
・ Marike Bruwer –