DÁÁR SAL EK U MY LIEFDE GEE
Hooglied 7:12.
Hooglied –is by uitstek ’n lied van die liefde … die onfeilbare liefde van die Bruidegom en die reaksie daarop van die voornemende ‘Bruid’, met Haar beginners-liefde … Haar bedenklike liefde …. Haar beproefde liefde’. En dank God – uiteindelik – ook Háár brandende liefde.
Beginners liefde bestaan uit baie lippetaal wat bewyse soek, na tekens en wonders smag – wat’n ‘Beminde’ soek wat huppel oor die heuwels en spring oor die berge, maar hierdie voornemende Bruid se één doel is net in dit wat sy self daaruit kan kry.
Sy bewys dit deur haar Bedenklike liefde: Hy klop aan haar deur … Sy hoof vol dou, en haarlokke vol nagdruppels … Sy is al in die bed en kan nie vir Hom opstaan nie … lui, onverskillig, gemaksugtig, kleinserig! Hoe reageer haar ‘Beminde’ dan? Wys haar net sy hand in die deuropening en gaan toe verby! Dit laat haar skrik – helder wakker! Sy staan op! Begin Hóm soek! Word gejaag, beledig, geslaan! Word gevra – wat is dan só besonders aan jóú Beminde? Dit dwing haar om te begin getuig en sy begin Hom beskryf… nou só hemels en wonderbaar, dat ‘dogters van Jerusalem’ haar smeek om te sê waar ook hulle, Hom kan vind!
Toe haar Beproefde liefde begin om geloof te praat en sy Hom só beskryf, nog vóórdat sy Hom vind! – wéét sy dadelik waar Hy is – Hy het afgegaan na die tuine, om lelies te pluk! Dáárheen gaan sý self toe ook af … na die tuine … en sy vind Hom dáár … besig om ‘lelies’ te pluk!
Dáár het met haar, net soos met Petrus, iets drasties gebeur … haar liefde word dáár ’n Brandende passie, want luister nou: ‘kom my Beminde – deurwaai my tuin … al is dit met die verwoestende warm- of yskoue stormwinde wat breek en kneus … dat sy balsemgeure kan uitvloei … kom saam met my, mý Beminde … na die veld, die dorpe, die tuine’ – sý neem nou die voortou! – ‘dáár sal ek u my liefde gee’ (7:12! Dáár ontdek sy die drie geheime vd LIEFDE: (i) Dáár vind sy die kennis van beproefde liefde – te vinde in die saam met Hóm! (ii) Dáár leer sy ook die kuns vd egte liefde (8:2 ANT). Dáár ervaar sy ook die krag van DIE (vurige) LIEFDE wat nie net skoon, rein en edel nie … Dis ’n passie! Dis ’n vlam! Dis ’n gloed! Dis ’n drang!
Dáár ontvang ek en jy die magtigste wapen wat God vir jou bedoel het om ander mee te bereik; die hardste harte mee sag te maak en te breek… Goddelike liefde, vrywillige liefde, spontane liefde! God soek jou liefde … Hy is nie agter die werke van jou hande nie; maar agter die vuur van jou hart … jou liefde!! Hy wil daardie liefde, Sý eie ‘agapé’ liefde in jou hart uitstort deur Sy Heilige Gees! (Rom.5:5). Hoewel hierdie Goddelike LIEFDE nie net op gevoel of emosie gegrond is nie, maak dit sy besitter tog uitermate bly en gelukkig, maar ook seer met die ‘heerlikste seer’ as dit in jou hart die kanaal wyer oop boor (soos groter waterpypsloot van groot Voëlvleidam na Kaapstad) wat jou dwing en help om dit uit en weg te gee (Ps.126:5,6).
Dit is wanneer die prys van die offers wat dit vra, so hoog is, dat jy voel jy kan dit nie bekostig nie … wanneer die plek wat jy daarvoor moet leeg maak, só diep seermaak dat dit al die moderne afgode uitgrawe en verplaas, die ‘selflewe’ laat sterf en jou die vlees laat kruisig! (koringkorrel). Jy ontdek dat dit in jou kragtig begin werk, net wanneer jy ’n doelbewuste en onvoorwaardelike liefdesverhouding met jou hemelse Geliefde aanknoop! Dit is dan wanneer jy Hóm só begin bewonder/bemin, dat jy Hom lewenslank ‘in gees en waarheid’ net wil aanbid en jouself as Sý lewenslange liefdeslaaf aanbied! (2 Emmaus-gangers se harte word brandend, opgewonde)
Voorbeeld: Drie helde van Dawid: Breek deur die laer vd vyand om vir hom water te gaan skep uit die put van Bethlehem. Ds. Pienaar … ‘Dupie’ draai om toe kwaai man hom wegjaag want God vra vir hom – as dit jou eie vader was … toe gaan staan hy weer voor die man met ’n traan in sy oog en wen hom vir Christus! As God óns eerste liefgehad met Sy hoogste en beste, deur Sy Eniggebore Seun te GEE en die Seun dit BEWYS het deur vir ons aan ’n vloekhout te sterf toe ons nog sondaars was, is die minste wat óns seker kan doen dan nie om dit wat Hy ons bied, met eerbied en dank te ontvang en Hóm dan daarvoor vrywillig lief te hê nie?. Daarom plaas Jesus Christus die hoogste premie op ons LIEFDE…! In Openb. 3:20 doen Hy DRIE dinge, juis vir daardie gemeente wat nie koud of warm is nie, maar lou!: Hy staan … klop … en spreek!