“Conformed to Christ.” HOOFSTUK 10. DIE GELOOF VAN CHRISTUS.
Ons gaan hier na ‘n metode kyk waardeur Christus, as ons Bron van hulp, vir ons waardevol gemaak gaan word. Die metode is geloof! Geloof is die grond beginsel vir optrede en lewe omdat ons deur die geloof geregverdig word.
DEFENISSIE VAN GELOOF:
Geloof is vertroue, of lojaliteit in die begrip van my Godsdiens.
Hebr.11:1 Gee ‘n Bybelse defenissie daarvan:
“Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie”.
In praktyk sal ons ontspan en onsself oorgee om in ‘n stoel te sit, met die vertroue dat dit my sal dra.
Geloof is so eenvoudig dat ‘n kind dit kan beoefen tog te moeilik om ooit die volheid daarvan te kan peins.
Geloof is nie ‘n blindelingse handeling van die siel nie, maar is ‘n rus in die beste getuienisse van die Here, nl. Sy Woord.
Geloof is om in die Here van die Woord te vertrou en in die Here Jesus wat Hy gestuur het. Die geloof wat red is in die persoonlike vertroue van Jesus Christus.
DIE NOODSAAKLIHEID VAN GELOOF:
Hebr.11:6 Sê “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.”
Daar kan geen onderhandelinge met die onsigbare God wees as daar nie geloof in Sy bestaan is nie.
DIE AARD VAN GELOOF:
Op watter wyse word Christus se geloof ons sin?
Christus se lewe was deurgans gekenmerk deur onafgebroke geloof in Sy Vader. Heb.12:2 sê dat Hy die Leidsman en Voleinder van ons geloof is.
“Leidsman” word ook vertaal as “kaptein” “prins” en “aanvang”, van ons geloof. “Voleinder” word ook vertaal as “vervolmaker” van ons geloof. Jesus het ‘n volmaakte lewe van geloof gelewe van begin tot end. Sy geloof was betekenisvol, en ‘n menslike geloof. Dit was nie ‘n goeie man se geloof in homsself nie, ook nie God se geloof in Hom nie, alhoewel albei elemente waarheid bevat, was Jesus se geloof volmaakte geloof in aksie. Sy geloof was soos die van ‘n Godvresende man wat onwrikbaar glo in ‘n Onveilbare God.
Kom ons onderskei tussen geloof as genade en geloof as ‘n gawe. Geloof as genade, is die basis van elke kind van God se geestelike lewe en groei. Niemand is uitgeskakel nie.
Die gawe van geloof, soos gevind in I Kor.12:4-11, is nie ‘n uitstaande teken van geestelikheid nie. Dit is ook nie noodsaaklik vir die instand-houding van ‘n suksesvolle geestelike lewe nie. Dit is deur die Gees van God aan die kerk gegee, om sekere verantwoordelikhede na te kan kom. Dit vorm wel die basis van baie bonatuurlike gevolge of resultate, in Christelike werk, deur diegene wat dit besit. Mens vind saam daarmee soms wonderwerke en genesings.
Jesus het die Gees en alles wat Hy is, in volheid gehad, dus het Hy ook die gawe van geloof, sonder perke gehad. Sy lewe is geken deur baie bonatuurlike dinge. Daar was niks wat Hy deur geloof nie kon vermag nie.
Vandag nog deel die Heilige Gees uit aan wie Hy wil en soos Hy wil. Sy gawes funksioneer nog steeds. In sommige groepe word vas geglo dat ‘n manifestasie van die Heilige Gees inhou dat daardie persoon ver-vul is met die Heilige Gees. Ons weet dat dit kontra die Woord van God is. Geen gawe is ‘n bewys van die teenwoordigheid van die Here nie. Die doel van die gawes is tot stigting van die kerk. Joh.14:12 “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle; wie in My glo – die werke wat Ek doen, sal hy ook doen en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan..” Werke en wonderwerke is verskynsels wat van mekaar onderskei moet word.
Geestelike werk vereis afhanklikheid van die Heilige Gees, omdat die gevolge in die realm van die Gees is. Wonderwerke is bonatuurlik in die sin dat die natuurwette oorskry word. Die werk van die Heilige Gees is die natuurlike uitvloei van ‘n Geesvervulde lewe. Die geloof van Jesus Christus was ‘n opregte, normale geloof. Dit het dieselfde basis vir effektiewe funksionering gehad as die geloof van enige regverdige mens.
Die volgende faktore dra daartoe by:
1. Dit was gefundeer in die eenheid tussen Christus en Sy Vader (Joh.10:30). Die eenheid wat ons hier van praat is nie tussen twee persone van die Goddellike drie-eenheid nie, maar die eenheid wat bestaan tussen kinders van God, wat God vrees en opreg dien. Joh.17:20-23 “Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo – dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U, dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.” Sy geloof was verder gebasseer op kennis van die wil van Sy Vader.
Daar is drie faktore ingesluit by geloof nl:
a. oortuiging
b. toewyding
c. vergenoegdheid
a. oortuiging – kennis van God se wil is deel van hierdie fase. Dit hou ‘n duidelike, sterk oortuiging in van wat reg en wat verkeerd is. Heb.11:6 sê “Hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner van die wat Hom soek.” Morele oortuiging is die eerste vereiste. Die wil van die mens word gerig deur geloof.
b. toewyding – Jesus het Sy Vader se wil geken en verstaan. Joh.5:20 ‘Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hyself doen.” Jesus se geloof was gebasseer op volkome toewyding. Sy hele doel was om die wil van Sy Vader, vir Sy lewe, volledig deur te voer. Daar was geen huiwering of aarseling nie. Met uitermate vernedering het Hy Sy Vader se wil bo sy eie verkies en niks anders begeer as Sy Vader se wil nie. Ten spyte van die uiterste aanslae, was Sy hart daarop gerig om die pad end uit te loop, wat die Vader vir Hom bedoel het. Sy lewe was gekenmerk deur soveel vrede en rustigheid in Sy Gees, dat Hy die uiterste van toetse geslaag het. Sy hele lewe was gekenmerk deur vrede te midde van storms. Matt.6:10 “soos in die hemel, net so op die aarde…” Sy wil kan net so effektief op aarde deurgevoer word as in die hemel. By Lasarus se graf hoor ons die oorwinnende uitroep van geloof: “Vader, Ek dank U dat U my verhoor het en ek het geweet dat U My altyd verhoor…”
Sy gebed was in ooreenstemming met die wil van Sy Vader en is verhoor. Die geloof van Jesus is net soos die geloof van ‘n toegewyde kind van God tot sy hemelse Vader.
c. vergenoegdheid – Gal.2:20 “Die lewe wat ek nou leef, leef ek in geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself aan my oorgegee het. Die beginsels van geloof wat in Jesus se lewe was is afgedruk in die lewe van die kind van God.
Die gebruikmaking van Christus as die Bron:
Die ywer en gesondheid van ons geloof hang af van die mate waarin Christus in my woon. Hy is die bron van krag en die bevrediging van geloof.. Die gesindheid waarmee ek wandel is so belangrik. Heb.12:1 en 2 “… met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof…”
Ons het gewys na drie belangrike elemente van geloof nl. oortuiging, toewyding en vergenougdheid. Hierdie is logies onderskie van mekaar maar prakties vervleg in mekaar.
Hoe word ons in ons verstand oortuig? Hoe word ons verseker van die feite waarop ons geloof rus? Ons kan sê dat dit deur sintuie kom; of, in die geestelike realm, deur openbaring. ‘n Openbaringe is ‘n bomens-like bron van kennis. Dit is die enigste volkome bron van kennis omtrent geestelike en ewige dinge. Alle reddende geloof is daarin gekoppel. ‘n Openbaring kan onmiddellik wees, as ‘n visioen of stem van God tot die gees van die mens; of dit kan indirek oorgedra word na ons deur Goddellike outoriteit bv. deur ‘n prediking van die Woord van God. Op een of ander manier moet ‘n openbaring van die waarheid kom, voordat ‘n persoon weergebore kan word.
Die Heilige Gees is die openbaarder van die waarheid. Jesus het gesê dat as die Gees van die waarheid kom, Hy hulle alles omtrent die waarheid sal vertel, ook toekomstige dinge… ook Joh.16:13-15. Jesus se wonderwerke was nie genoeg om siele te red nie, alhoewel tot geloof gekom het as gevolg daarvan. Geloof gewerk deur die hoor van die Woord van God, bring die oortuiging. Die wonderwerke het die mense in hulle verstand oortuig van Jesus se krag, maar sonder sonde oor-tuiging rakende hulle eie lewens. Nikokdemus het ook onder hierdie groep geval toe hy deur Jesus oortuig word dat wedergeboorte nodig is vir redding.
Daar is baie maniere waarop die verstand van ‘n persoon onder oor-tuiging van die waarheid kan kom, maar slegs deur die oortuiging van die Heilige Gees kom die oortuiging van die wil van die mens en reddende geloof.
Dit is belangrik om dadelik te reageer as God praat. Die oomblik wat ek ophou om gehoorsaam te wees, kom daar verwarring t.o.v. die wil van God vir my lewe.
Volheid in geloof kom in onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan God. ‘n Lewe van volkome nederigheid waarin God se wil gesoek en gedoen word, en waarin al die eer aan Hom gegee word, is noodsaaklik vir volledige geloof in Hom.
Matt.15:21-28 Hierdie Kananietiese vrou het onophoudelik tot Jesus geroep om hulp. Sy was nie ’n Jood nie en Jesus het haar geloof getoets deur dit vir haar te sê. Sy het volgehou dat haar enigste hoop Hy was en dat Hy haar moes antwoord. Sy het haar onwaardigheid besef en in nederigheid tog volhard om Hom te vertrou.
Jesus het haar nederigheid gesien en haar op grond van haar geloof geantwoord.
2. Lukl.7:1-10 Hierdie man was baie nederig en het net ‘n woord van Jesus se kant af verwag. Hy het gesê dat Hy nie werd is dat Jesus in sy huis inkom nie. Net ‘n woord sal voldoende wees om sy kind te genees.
Op grond van hiedie man se gesindheid en sy geloof het Jesus sy gebed beantwoord. Die persoon wat sy lewe rig in ernstige toewyding aan die wil van God, se geloof bly staan. ‘n Persoon wat eer vir homself soek se geloof is van korte duur, waar teenoor die geloof van die persoon wat in erns die Here soek, se hart onverdeeld op Hom gerig bly.
Die mate waarin geloof in my vervolmaak word, hang van die mate waartoe ek myself gereinig het af. Voordat ‘n persoon nie ten volle gereinig is nie, en sy motiwe en begeertes nie ten volle onder die beheer van die Heilige Gees geplaas is nie, sal sy wil nie in volkome harmonie met God sin wees nie. As my wil nie volkome teenoor God is nie, kan my geloof ook nie volkome wees nie. Om oortuig te wees van waarheid beteken niks nie, totdat ‘n persoon daarop reageer. Die geloof wat beoefen word in bekering, belydenis van sonde, en aanvaarding van God se versoeningsvoorwaardes, bring vergifnis en die sekerheid van verlossing.
Reddende geloof is van so ‘n aard dat ‘n persoon nie in reddende geloof kan volhou as hy opsetlik met sonde heul nie. Die rig van die wil van die mens na God, bring geloof, die wil wat wegbeweeg van God af, bring sonde. Rom.14:23”..alles wat nie uit geloof is nie, is sonde.” Ware geloof kom uit die verstand en uit die hart.
3. Vergenoegdheid – As ‘n persoon ten volle oortuig is van die waartheid van God se be-loftes en daarvolgens handel, gaan hy in die rus van God in, soos in Heb.4 beskryf.
Ons gaan nou kyk na Hand.3:19 om te sien hoe geloof in sy onderskeie drie dele in die praktyk uitwerk. “Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom.” Wat die wil van God in hierdie gedeelte is, is dat ek my heelhartig bekeer van my weg tot God, m.a.w. dat ek ‘n Goddelike berou sal hê oor my sonde en my geheel en al daarvan sal bekeer en alles wat daaraan verwant is, sal God belowe in antwoord daarop dat Hy ons sonde sal vergewe; Hy sal dit uitwis en tye van verkwikiing voor Sy aangesig gee.
BEGINSELS VAN GELOOF:
Dit gebasse op ons handeling van ons elke dag se lewenswandel. Alle besighede is gebasser op die handeling van geloof. Geloof in die Here is om vertroue in die Here te plaas en in Sy Woord.
Daar is redes waarom persone nie die rus van God ingaan nie. Sommige is nie ten volle oortuig van God se belofte nie, ander voel dat dit te een-voudig is ander het nie die geloof daarvoor nie. Die innerlike getuienis van die Heilige Gees is nodig vir ‘n persoon om in geloof staande te bly, wat hierdie saak betref. So ‘n persoon rus in die getouheid van God.
Generaal Booth se dogter het in Frankryk gaan werk en aan die Here gesê: Ek sal U nie faal nie en U sal my nie faal nie”. Op so ‘n wyse het sy baie moeilike omstandighede te bowe gekom. ‘n Persoon ten volle gewy aan God is ‘n instrument in God se hand en God sal so ‘n persoon ten volle toerus en bekragtig.
Geloof begin by die dinge wat ons weet. Elke volledige daad van geloof lei tot ‘n volledige openbaring van die persoon en bekwaamhede van Christus. Ons sal, op aarde nooit alles van Hom weet nie, maar ons sal toenemend kennis van Hom ontvang.
Efe.4:13 “totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Chritsus; kom”
GEVOLGE VAN GELOOF:
1) Ons word deur die geloof gered. Gen15:6. “Abraham het geglo en dit
is hom tot geregtigheid gereken”
2) Ons neem die Here Jesus in die geloof aan: Joh.1:12 “Almal wat
Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van
God genoem te word.”
3) Ons word deur die geloof geregverdig: Rom.5:1 “Omdat ons deur die
geloof geregverdig word…”
4) Ons word kinders van God deur die geloof: Gal.3:26 “Want ons is
kinders van God deur die geloof in Jesus Christus”
5) Ons word deur die geloof greinig: Hand.26:18 “… wat deur die
geloof gerering is…”
6) Ons word in die geloof bewaar: 1 Pet.1:5 “wat in die krag van God
bewaar word, deur die geloof”
7) Geloof bring rus: Hebr.4:3 “Laat ons dan in die rus van God ingaan
deur diue geloof”.
8) Al die wonderlike rekords is vir ons in Hebr.11 opgeteken a.g.v.
geloof.
9) Ons ewige bestemming word bepaal deur ons geloof.
SLOT:
Matt:17:20 As ons geloog soos ‘n mostertsaad het, sal ons berge verset.
Mark.9:23 Se die Here Jesus aan die man, as jy glo is alle dinge vir jou moontlik.
*********************************************