PAASBOODSKAP 2014
TAFELBERG GEMEENTE PAASBOODSKAP 2014 Skrif: Romeine 4:25 Jare gelede was daar ‘n arend wat vir 10jr in Pretoria se dieretuin in gevangenskap was. Op ‘n dag besluit die owerhede om die voël by Bourke’s Luck vry te laat. Gedurende daardie 10jr in gevangenskap kon absoluut niks wat gedoen word, daardie arend se innerlike […]
GOEIE VRYDAG 2014
Goeie Vrydag Tema: Die krag van vergifnis Skriflesing: Kolossense 2: 13-14 Heidelbergse Kategismus Sondag 21 Vraag 56 Sir Arthur Conan Doyle (skepper van speurder Sherlock Holmes) het eenkeer – in London waar hy gewoon het – vir 12 van sy vriende ’n poets gebak. Hy het ‘n anonieme telegram aan elk gestuur. Met die volgende […]
DAWID – REEKS NO 21: Ware of valse self-identiteit
TAFELBERG GEMEENTE DAWID-REEKS NO 21: Ware of valse self-identiteit 2 SAMUEL 10-11 Selfs mense wat selde of ooit in ‘n kerk kom, weet van Dawid & Goliat en Dawid & Batseba. Dawid se konneksie met Goliat en Batseba is baie bekend – selfs by mense wat bloedweinig van die Bybel weet. Goliat = […]
DAWID – REEKS NO 20: Verbondsliefde
TAFELBERG GEMEENTE DAWID-REEKS NO 20: Verbondsliefde 2 SAMUEL 9 Dit maak net nie sin nie! Waarom sal enigiemand met opset moeilikheid gaan soek? Dis dwaas en gevaarlik. As koning het jy so pas jou koninkryk gekonsolideer en vrede met jou omliggende vyande gevestig. Waarom op aarde sal jy dan onnodige moeilikheid gaan soek? […]
DAWID – REEKS NO 19: Oorwinning op oorwinning
TAFELBERG GEMEENTE DAWID-REEKS NO 19: Oorwinning op oorwinning 2 SAMUEL 8 Soms is dit goed om net tot stilstand te kom en na te dink. Waar jy is, hoe jy daar gekom het en waarheen jy op pad is. Dit is wat die skrywer in 2 Sam 8 doen. Hy kom net tot […]
DAWID – REEKS NO 18: Genade A-Z
TAFELBERG GEMEENTE DAWID-REEKS NO 18: Genade van A-Z 2 SAMUEL 7 Hoe kan ‘n mens in 2 sinnetjies sê wat die boodskap van die hele Bybel is? Sinnetjie no 1: Die Bybel maak God aan ons bekend as die Een wat mense – wat nie aan Hom gebind wil wees nie – aan […]
DAWID – REEKS NO 17: Toorn tot behoud
TAFELBERG GEMEENTE DAWID-REEKS NO 17: Toorn tot behoud 2 SAMUEL 6 ‘n Mens lees 2 Samuel 6 en dink sjoe, wat ‘n klomp drama net oor die verskuiwing van ‘n boks! Die Ark was niks anders nie as ‘n boks, ‘n groot kis/houer. En hierdie boks moet nou verskuif word. En daar is […]
DAWID – REEKS NO 16: Koninkryksmeganismes
TAFELBERG GEMEENTE DAWID-REEKS NO 16: Koninkryksmeganismes 2 SAMUEL 5 Die Here se tydsberekening is nogal iets waarmee ons soms ‘n stryd het. En tog is Sy tydsberekening so asemrowend. Hy is nooit vroeg nie. En ook nooit laat nie. Altyd presies op tyd. Sy tydsberekening is perfek. Dis waarom dit soms op ons senuwees […]
DAWID – REEKS NO 15: Die loon wat ons nie ontvang nie
TAFELBERG GEMEENTE DAWID-REEKS NO 15: Die loon wat ons nie ontvang nie 2 SAMUEL 4 Almal van ons besit die vermoë om iets só te vertel dat dit óns bevoordeel en in ‘n goeie lig plaas. Ons is almal briljant daarmee om ‘n “storie te spin”. “Adam, wie het vir jou gesê dat […]
DAWID – REEKS NO 14: Ons innerlike stryd
TAFELBERG GEMEENTE DAWID-REEKS NO 14: Ons innerlike stryd 2 SAMUEL 2-3 “Ek verstaan self nie wat binne-in my aangaan nie. Want wat ek wil doen, dit doen ek nie. Maar wat ek haat, dit doen ek. Ek wíl wel die regte doen, maar ek doen dit nie. Die slegte wat ek nie wil doen […]