E0097 Die oorlog

GALASIËRS 5:16-26 DIE NUWE TESTAMENT JUBEL OOR DIE CHRISTELIKE VRYHEID. Veral gaan dit oor twee balanserende waarhede: enersyds die vryheid van die noodsaak om God se guns te wen deur wetsonderhouding; andersyds die vryheid van heerskappy deur die sonde. Ook in sy brief aan die Galasiërs leer Paulus dit. Ons was in slawerny onder die […]

E0096 As die Here by sy heiligheid sweer

AMOS 4:1-5 AMOS SPREEK STEEDS DIE VOLK SE MAATSKAPLIKE ONREG, PERSOONLIKE GEMAKSUG EN GODSDIENSTIGE WILLEKEUR AAN. GOD SE EED Hierdie vyf verse word beheers deur die eed wat God in v.2a aflê. Hierdie is geen ligtelike saak nie, want soos vantevore word die Godsnaam beklemtoon: Adonai Jahweh, die Here Here, die soewereine Verbondsgod. Om “by” […]

E0095 Paulus se apostoliese sending

HANDELINGE 26:16-18 HANDELINGE BEVAT DRIE BESKRYWINGS VAN PAULUS SE BEKERING (9:1-19; 22:1-16; 26:12-18). Sonder twyfel dui dit op hoe belangrik en rigtinggewend Lukas dit beskou het (en onthou, hy het onder inspirasie van die Heilige Gees geskryf). Die beskrywing hier in Hd 26 is die volledigste, in elk geval wat die woorde van die verheerlikte […]

E0094 Die genade van lyding

HEBREËRS 12:4-13 ONS KAN PROBEER RASIONALISEER SOOS ONS WIL, maar Christene leef eenvoudig nie in die land van melk en heuning, ómdat hulle tot bekering gekom het en daarna gehoorsaam aan die Here is nie. Trouens, meeste ervare Christene sal vir jou sê dat hulle lewens in ‘n sin moeiliker geword het nadat hulle in […]

E0093 God bewaar sy uitverkorenes

ROMEINE 8:28-39 NIE ALLE CHRISTENE AANVAAR DIE VIR ONS ONUITSPREEKLIK KOSBARE LEERSTUK VAN DIE VOLHARDING VAN DIE HEILIGES NIE. Kyk net, word gesê, hoeveel aansporings daar in die Skrif is om te volhard tot die einde toe. En kyk net hoeveel Christene raak inderdaad die pad byster en gooi handoek in in die wedloop. Dit […]

E0092 Die groot uitnodiging

MATHEUS 11:25-30 ALMAL VAN ONS KEN DIE HERE JESUS SE SENDINGOPDRAG reg aan die einde van die Matteus-evangelie: Gaan, maak dissipels, doop hulle, leer hulle. Uiters belangrik is dit om raak te sien dat Hy, voordat Hy hierdie allesbeheersende opdrag aan Sy embrionale gemeente gee, eers Sy onbetwisbare gesag om só ‘n opdrag te gee […]

E0091 Die roeping van lewe en dood

ESEGIËL 3:16-21 ESEGIËL SE WEEKLANGE STRYD  –  NA SY ONTMOETING MET DIE HERE GOD EN SY GEPAARDGAANDE ROEPING  –  IS UITGEWOED. Hy is ingebreek en gereed om God se volgende opdrag aan te hoor. In v.17 word sy profetiese opdrag in ‘n neutedop opgesom: hy is ‘n nietige mensekind (OAV), maar tóg moet hy die […]

E0090 Ons verkondig Christus

1KORINTHIERS 2:2 ‘N ONAANVAARBARE BOODSKAP Die vroeë Christene se keuse van die kruis as dié simbool van hulle geloof is eintlik verstommend as mens in gedagte hou met watter afsku kruisiging in die antieke wêreld bejeen is. Die Romeine het slegs in uitsonderlike gevalle van hoogverraad hulle eie burgers gekruisig. En wat heidene betref, het […]

E0088 Hoe neem ek ‘n besluit ?

1KORINTHIERS 6:9-20 EN 10:23-11:1 ONS MOET ELKE DAG BESLUITE NEEM IN SITUASIES WAT NIE DIREK DEUR DIE WOORD AANGESPREEK WORD NIE. Hoe weet ek wat om te besluit? DIT MAAK NIE SAAK NIE As die Bybel geen uitspraak oor ‘n saak gee nie, moet ons in beginsel sê dit maak nie regtig saak wat jy […]

E0087 Die onderherders

1PETRUS 5:1-2a EK IS GEVRA OM LERING TE GEE OOR DIE BYBELSE OPENBARING OOR DIE OUDERLINGE EN HULLE ROL IN DIE GEMEENTE. Kom ons gebruik 1Pt 5:1-2 as vertrekpunt. Ons werk dan deur hierdie twee verse en vul dit aan vanuit die res van die Skrif. VERS 1 Hoewel Petrus met Apostoliese gesag praat, kom […]

0:00
0:00