E0107 Leef in die lig van die ewigheid

EFESIËRS 6:17aAfskeidspreek; Antipas; 13-1-08 PRESIES 10 JAAR GELEDE HET EK EN SONIAH 26 000 PAMFLETTE HIER IN PRETORIA VERSPREI. Daarin het ons mense genooi na dienste toe by die Nuwe Hoop Skool in Ashlea Gardens. Daar sou ek begin om elke Sondagaand die Woord te verkondig. Nou, na honderde preke, verkondig ek vir die laaste […]

E0106 God se hoogste openbaring No.2

JOHANNES 1:14“… het vlees geword …” [1] JOHANNES MAAK IN SY EERSTE BRIEF HIÉRDIE GEWIGTIGE STELLING: “Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie […]

E0105 God se hoogste openbaring No.1

JOHANNES 1:14“En die Woord …” SONDER TWYFEL IS JH 1:14 EEN VAN DIE MERKWAARDIGSTE VERSE IN DIE GANSE BYBEL. Dit breek verbysterende waarhede vir ons oop. Só ryk is die vers dat ons meer as een maal daarna moet kyk. Vireers konsentreer ons nou op die eerste drie woorde: “En die Woord …” (OAV). DIE […]

E0104 Christus – vervulling van die skrifte

MATTEUS 13:16-17 REGOOR DIE WÊRELD VIER MENSE OORMÔRE KERSFEES. Ons kan bykans vir seker sê dat Jesus Christus nie op dié dag, wat later as 25 Desember bekend geword het, gebore is nie. Tog  is dit histories, tradisioneel en wêreldwyd die dag waarop miljoene Christene die koms van die Here Jesus na hierdie wêreld toe […]

E0103 Die groot maaltyd

LUKAS 14:15-24 EEN SABBAT IS JESUS GENOOI OM AAN HUIS VAN ‘N VOORAANSTAANDE FARISEËR TE GAAN EET (14:1). Soos dit dikwels in sulke geselskap gaan, kan mens aanvaar dat trots en spoggery dik geloop het  –  hiér veral die godsdienstige soort. Dit noop die Here om die eerste van Sy twee gelykenisse by hierdie geleentheid […]

E0102 Die Fariseër en die Tollenaar

LUKAS 18:9-14 IN HIERDIE GELYKENIS SPREEK JESUS ‘N KERNWAARHEID VAN DIE CHRISTELIKE GELOOF AAN. Hier lê die wesensverskil tussen die evangelie en al hierdie wêreld se godsdienste, insluitende Churchianity. Dit gaan oor die vraag: Waarop berus redding  –  menslike verdienste of Goddelike genade? DIE TWEE GROEPE OOR WIE DIT GAAN Die Fariseërs was geëerd in […]

E0101 Die geboorte uit God

JOHANNES 1:12-13 IN HIERDIE WONDERLIKE RYK INLEIDINGSPARAGRAAF TOT SY EVANGELIE skryf Johannes oor die menswording van Jesus Christus, die Seun van God, die tweede Persoon van die Goddelike Drie-eenheid. Dit was vir Hom soos ‘n huis toe kom, sê v.11. Helaas egter het Sy eie mense  –  die Jode  –  Hom nie verwelkom nie. Hulle […]

E0100 daar is net een evangelie

GALASIËRS 1:6-10 ANDERS AS SY GEWOONTE, BEGIN PAULUS HIERDIE BRIEF MET ‘N SKERP VERMANING. Waarom sy ontsteltenis? Wat in Galasië aangaan, bedreig sy werk, hulle geloof en saligheid, die voortbestaan van die gemeentes, en  –  ergste van alles – die suiwerheid en voortgang van die evangelie. Ook vir ons is dit van lewensbelang om noukeurig […]

E0099 Tevergeefse godsdiens

AMOS 5:1-5 ISRAEL SE GODSDIENS WAS ONLOSMAAKLIK VERBONDE AAN HULLE GESKIEDENIS. Die drie aanbiddingsplekke van die noordelike tienstammeryk wat in v.5 genoem word, Bet-El, Gilgal en Berseba, het dan ook elkeen sy historiese wortels gehad. Hiermee moet mens rekening hou as jy hierdie gedeelte behoorlik wil verstaan. Kom ons kyk dus eerstens na hierdie drie […]

E0098 Die God met wie ons te doen het

AMOS 4:6-13 IN VERSE 6-11 SKETS GOD HOMSELF AS DIE EEN WAT MET KATASTROFE NA KATASTROFE ‘N EIESINNIGE EN SONDIGE ISRAEL TOT BEKERING WIL RUK. Maar die volk volhard in hulle sonde. Sonder enige apologie beklemtoon die Here oor en oor dat dit Hý is wat hierdie dinge doen. Dit is Hý wat hongersnood (6), […]

0:00
0:00