E0117 Christelike standvastigheid
2TESSALONISENSE 2:13-17 STANDVASTIGHEID EN BESTENDIGHEID IS VAN DIE MEES GESOGTE KARAKTERTREKKE IN ‘N MENS. Tog is dit so skaars soos hoendertande. Ons samelewing word veel eerder gekenmerk deur ‘n gebrek aan stabiliteit en betroubaarheid. Christenwees – op die regte manier – bring egter ‘n wonderlike vastigheid in ‘n mens se lewe. Helaas moet mens dadelik […]
E0116 Die bruid van Christus
JOHANNES 14:1-3 DIS DIE AAND VOOR DIE HERE JESUS CHRISTUS SE KRUISIGING. Hy is saam met Sy dissipels in die bovertrek. Om regtig te verstaan wat Hy hier vir hulle sê, moet mens die kultuur-historiese agtergrond in ag neem. Kom ons kyk daarna. DIE JOODSE HUWELIK Die Joodse huweliksluiting het drie fases gehad: die verlowing, […]
E0115 ‘n Bybelse hoeksteen No.2
GENESIS 3:14-19 SOOS IN V.15, VIND ONS OOK IN V.16-19 VAN DIE MEES FUNDAMENTELE UITSPRAKE IN DIE GANSE BYBEL. Dit beheers die mense se bestaan in elke eeu en op elke vasteland tot vandag toe. GOD SE WOORDE AAN DIE VROU (GN 3:16) God se seën. Die vrou sal kinders hê, en ‘n nageslag. Natuurlik […]
E0114 ‘n Bybelse hoeksteen No.1
GENESIS 3:14-19 DAAR IS BESWAARLIK ‘N MEER FUNDAMENTELE PARAGRAAF IN DIE BYBEL as hierdie verse. Die sondeval het pas plaasgevind. Nou spel God die gevolge daarvan uit. In die proses praat Hy agtereenvolgens met die slang (14-15), met die vrou (16), en met die man (17-19). Hy volg die orde waarin hulle gesondig het. ‘n […]
E0113 God se hoogste openbaring No.8
JOHANNES 1:14Vol genade en waarheid [2] ONS HET GESIEN DAT DIE WOORD, oftewel God die Seun, as God se hoogste en finale selfopenbaring na ons as mense toe gekom het. En wat is die hart van wat Hy aan ons kom wys het? Hy was vol genade en waarheid! Nader aan wie en wat God […]
E0112 God se hoogste openbaring No.7
JOHANNES 1:14 Vol genade en waarheid [1] GOD HET SY GELIEFDE SEUN GESTUUR OM SY HOOGSTE EN FINALE OPENBARING AAN ONS TE WEES. En in hierdie openbaring sien ons die essensie van wie en wat God is. Wat sien ons as ons na die Seun kyk? Ons sien dat Hy “vol genade en waarheid” is. […]
E0111 God se hoogste openbaring No.6
JOHANNES 1:14Die enigste Seun van die Vader DIE GRIEKSE WOORD WAT DIE NAV MET “ENIGSTE SEUN” VERTAAL, het vir baie drama in die geskiedenis gesorg. Vroeg in die 4de eeu was ‘n sekere Alexander biskop van Alexandria, die leidende gemeente in Egipte. Op ‘n keer was Alexander besig met ‘n lesing oor die leerstuk van […]
E0110 God se hoogste openbaring No.5
JOHANNES 1:14“… het vlees geword …” [3] AS ONS DIE WOORD “HEERLIKHEID” HOOR, dink ons onmiddellik aan glans en luister en majesteit. En dis nie verkeerd nie. Die Bybel praat dikwels só daaroor. Maar is dit waarvan Johannes híér praat? Die apostel bied immers “heerlikheid” in hierdie vers aan as aan die hart van wie […]
E0109 God se hoogste openbaring No.4
JOHANNES 1:14“… het vlees geword …” [3] ONS STAAN VIR DIE DERDE KEER STIL BY DIE STELLING IN JH 1:14 DAT DIE WOORD VLEES GEWORD HET. Nou moet ons besin oor Jesus Christus se Persoon, veral oor die verhouding tussen Sy twee nature, die Goddelike en die menslike. INLEIDENDE OPMERKINGS Ons moenie aan die vleeswording […]
E0108 God se hoogste openbaring No.3
JOHANNES 1:14“… het vlees geword …” [2] ONS HET GESIEN DAT JOHANNES, AS HY JESUS DIE LOGOS NOEM, op die mees treffende wyse vir sy lesers van destyds sê dat sy Hoofkarakter waarlik en in elke opsig die ewige en allerhoogste God van hemel en aarde is. Maar dan, as hy dit oor en oor […]