E0137 Ter wille van gemeentevrede

ROMEINE 14:1-15:13 SOOS ONS, WAS DIE VROEË GELOWIGES GEDURIG IN KONTAK MET DIE WÊRELD. En sekerlik het hulle weer en weer geworstel met die vraag: “Waaraan kan ek deelneem; waaraan nie? Wat is sonde; wat nie?” En, soos ons, moes hulle oor allerlei dinge binne die gemeente besluit. Wat is behoorlik, en wat nie? In […]

E0136 Om toe te neem in Godskennis

JOB 38:1-42:6 [9] HIERDIE LAASTE HOOFSTUKKE IS SEKERLIK DIE MEES VERHEWE GEDEELTE VAN DIE BOEK JOB. Hier praat die Here God self, en die taal en beelde wat hier gebruik word, is van die aangrypendste in die ganse Bybel. As mens hierdie hoofstukke die eerste keer lees, het jy die gevoel dat die Here hoegenaamd […]

E0134 Job wen en verloor

JOB 28:20-28; JOB 31 LAAS HET ONS GEKYK NA JOB SE GELOOFSDEURBRAAK (19:25-27). Sy ergste krisis is dus nou verby. Ja, sy liggaam is nog in ‘n bedenklike toestand. En alles behalwe verstaan hy wat met hom aan die gang is. Maar dít weet hy: sy Losser leef, en hy gaan opstaan uit die dood, […]

E0135 Nog ‘n vriend, Elihu

JOB 36:22-37:24 [8] DIE KONFRONTASIE TUSSEN JOB EN SY 3 VRIENDE, ELIFAS, BILDAD EN SOFAR, IS VERBY. Maar nou kom ‘n vierde vriend, Elihu, na vore. Omdat hy jonger is as die ander (32:6), het hy tot nou toe geswyg. Hy was egter waarskynlik by toe die ander drie met Job geredekawel het. Elihu het […]

E0133 Job se geloofstriomf

JOB 19:23-27 [6] LAAS HET ONS NA JOB SE GELOOFSDEURBRAAK GEKYK. Nou moet ons in meer besonderhede kyk na een van die mees uitstaande Messiaanse profesieë in die Ou Testament. ‘N MERKWAARDIGE UITSPRAAK Wat Job in die teksverse sê, is rewolusionêr nuut. Dis ‘n sewemyl tree vooruit wat God se besondere openbaring betref. Daarom wil […]

E0132 Job se wroeginge

JOB 14 [5] AS MENS JOU PROBEER INDINK IN JOB SE SMARTE, GAAN STAAN JOU DENKE STIL. Beswaarlik kan daar iets erger wees as om gelyktydig al jou besittings te verloor, en tien kinders op een dag, en dan nog jou gesondheid ook? Baie, baie min mense ervaar iets vergelykbaars. Maar dis nie al nie. […]

E0131 Job se drie vriende

JOB 2:11-13 [4] MENS KAN JOU BESWAARLIK INDINK dat iemand erger getref kan word as Job. Hy verloor al sy besittings, al sy kinders, en uiteindelik sy gesondheid. Trouens, hy is tot die dood toe siek. Die volgende groot episode in die boek is die besoek van Job se drie vriende. Kom ons kyk eers […]

E0130 Die genade van lyding

JOB 1:20-3:19 [3] MIN DINGE WYS SO DUIDELIK UIT VAN WATTER STOFFASIE IEMAND GEMAAK IS, as óf uitsonderlike voorspoed, óf uitsonderlike teëspoed. Baie mense kan welvaart nie hanteer nie; dit laat hulle op een of ander manier as ‘t ware verrot. Maar nie Job nie. Het hy nie oor jare heen die Here intens lief […]

E0129 Satan God se kneg

JOB 1:6-2:10 [2] OMDAT ONS AS CHRISTENE TOT ‘N GROOT MATE GESWIG HET VOOR DIE HEERSENDE FILOSOFIEË VAN ONS DAG, vind ons dit moeilik om die Bybelse openbaring oor ‘n persoonlike Satan te aanvaar. Tot daardie mate is ons denke minder as Christelik en Bybels  –  want die Woord voorveronderstel nie net die realiteit van […]

E0128 Die man na God se hart

JOB 1:1-11 HIERDIE BOEK IS SEKERLIK EEN VAN DIE MERKWAARDIGSTE IN DIE OU TESTAMENT  –  en gewis een van die uitstaande geskrifte in die wêreldletterkunde. Die verhaal speel hom ongeveer 2000 jaar voor Christus af. Daar is goeie redes om te aanvaar dat Job min of meer ‘n tydgenoot van Abraham en Melgisedek was. Onder […]

0:00
0:00