E0147 Die eersgeboortereg No.01
GN 47:27-31; 49:1-4 : DIE EERSGEBOORTEREG [1] JAKOB IS AL SEWENTIEN JAAR IN EGIPTE. Hy is ‘n ou man van honderd-sewe-en-veertig – en gedaan, en moeg van sorg en opgekropte leed en verswygde skandes. Hy is afgeleef en sterwend (Gn 47:28). Al wat eintlik nog vir die ou aartsvader oorbly, is sy laaste woorde. Jakop […]
E0146 Die aanklag
JOHANNES 16:7-11 DIS DIE AAND VOOR DIE HERE JESUS SE KRUISIGING. Hy is alleen saam met Sy dissipels. Hulle weet dramatiese gebeure is op hande en is daarom diep gekweld en bekommerd oor die toekoms. Wat gaan van hulle word as die Here nie meer by hulle is nie? Hoe gaan hulle regkom? Hoe gaan […]
E0145 Die stom profeet
ESEGIËL 3:22-27 ESEGIËL MOET NA ‘N VALLEI TOE GAAN WAAR HY MEER VOORSKRIFTE SAL KRY. Dáár wag die heerlikheid van die Here weer op hom. Soos voorheen val hy op sy gesig, maar nogeens versterk die Gees hom om regop te staan sodat hy die Here se woord kan aanhoor (22-24a). Die eksentrieke bediening wat […]
E0144 Die Here se wag
ESEGIËL 3:16-21 ESEGIËL SE WEEKLANGE STRYD IS UITGEWOED. Hy is ingebreek en gereed om die Here se volgende opdrag aan te hoor (3:16). In v.17 word sy profetiese opdrag in ‘n neutedop opgesom: hy is ‘n nietige mensekind, maar tóg moet hy die Here se wag word om die volk namens Hom te waarsku. Die […]
E0143 Esegiël se sending
ESEGIËL 2:1 – 3:15 SOOS MET JESAJA EN JEREMIA, GEE DIE WOORD VAN GOD BAIE AANDAG AAN ESEGIËL SE ROEPING. Ook in sý geval is dit die basis van sy bediening vorentoe. Aan die einde van hoofstuk 1 lees ons hoe Esegiël ineenstort voor die verskyning van God se heerlikheid. Maar nou moet hy opstaan […]
E0142 Die openingsvisioen
ESEGIËL 1 HOOFSTUK 1 VAN ESEGIËL, DIE OPENINGSVISIOEN, IS SEKERLIK EEN VAN DIE MERKWAARDIGSTE GEDEELTES IN DIE GANSE BYBEL. Ons het hier te doen met Esegiël se roeping as profeet. En dit gee ons – soos toe Moses en Jesaja geroep is (Eks 3; Jes 6) – ‘n enkele, maar tog oorweldigende blik op die […]
E0141 Die man wat omgegee het
LUKAS 10:25-37 HOEWEL DIT IN SY GEVAL NIE UIT ‘N OPREGTE HART KOM NIE, HET NIEMAND NOG OOIT ‘N GEWIGTIGER VRAAG GEVRA AS HIERDIE WETGELEERDE NIE: “Wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Dit gee ook aanleiding tot ‘n eenvoudige, maar aangrypende verhaal wat deur die eeue ‘n onuitwisbare indruk op mense […]
E0140 Die sede gebod No.3
EKSODUS 20:13; DEUTERONOMIUM 5:17 DIE SESDE GEBOD HET VERREIKENDE PRAKTIESE IMPLIKASIES. Baie is reeds daaroor geskryf. Maar in min van die areas is die laaste woord gespreek. Tewens, hier kry ons van die heel moeilikste etiese kwessies. Kom ons kyk vandag na drie van die mees brandende kwessies in ons tyd. SELFMOORD Die Bybel noem […]
E0139 Die sesde gebod No.2
EKSODUS 20:13; DEUTERONOMIUM 5:17 DIE NUWE TESTAMENT HAAL DIE GEBOD DIKWELS AAN. Die Here Jesus noem dit in die Bergrede by die naam (Mt 5:21). Hoewel Hy direk deursteek na ‘n dieper toepassing daarvan, is daar geen sprake dat Hy die primêre betekenis daarvan ophef nie. Ook die apostels haal dit aan en laat geen […]
E0138 Die sesde gebod No.1
EKSODUS 20:13; DEUTERONOMIUM 5:17 OP DIE OOG AF LYK DIE SESDE GEBOD NA OMTRENT DIE MAKLIKSTE VAN DIE GEBOOIE. Die betekenis, sou mens sê, is voor die hand liggend. En beste van alles, is jy geneig om te dink, is die feit dat hierdie die één gebod is wat min mense oortree. Maar so eenvoudig […]