E0157 Die bybel is God se woord No.01
LUKAS 18:1-18 : NIKS SAL GEHEIM BLY NIE In sy boek, The Great Evangelical Disaster, vertel Francis Schaeffer (1912-1984) van ‘n skerp rotsrif bo in die berge naby sy tuiste in Switserland. Weerskante van hierdie rif is daar twee diep valleie. Winterstye bedek sneeu die rif geheel en al. Die aaneenlopende eenheid is egter net […]
E0156 Die eersgeboortereg No.06
GENESIS 49:1-4; HEBREËRS 10:19-22 Ons is vir die tweede keer besig met die derde en laaste element van ‘n Christen se eersgeboortereg – sy priesterlike voorregLaas keer het ons gefokus op die Ou Testamentiese aanloop en die Nuwe Testamentiese vervulling daarvan – veral aan die hand van Gl 3 & 4. Ons het gesien dat […]
E0155 Die eersgeboortereg No.05
GENESIS 49:1-4; GALASIËRS 3:21-4:7 UITEINDELIK KOM ONS BY DIE DERDE EN LAASTE ELEMENT VAN ‘N CHRISTEN SE EERSGEBOORTEREG. Ons het reeds gekyk na sy of haar gesag en dubbele erfenis in Christus. Nou kyk ons na diegene wat met Christus verenig is se priesterlike voorreg. Ons sal meer as een lering hieraan wy. Eers fokus […]
E0154 Die tweede gebod No.02
EKSODUS 20:4-6; DEUTERONOMIUM 4; JOHANNES 4:19-26 ONS GAAN EERS NA TWEE SKRIFGEDEELTES KYK voordat ons op grond daarvan poog om ware aanbidding kortliks te omskryf. Dan moet ons ‘n paar toepassingslyne trek. DEUTERONOMIUM 4 Dis die hoofstuk wat Deuteronomium se weergawe van die Tien Gebooie voorafgaan (onthou, wat hier beskryf word, vind plaas vier dekades […]
E0153 Die Tweede Gebod No.01
EKSODUS 20:4-6 AS DIE EERSTE GEBOD HANDEL OOR DIE WIE VAN ONS AANBIDDING, HANDEL DIE TWEEDE OOR DIE HOE VAN ONS AANBIDDING. Alle aanbidding waar beelde en afbeeldings gebruik word, word verbied. Dit gaan nie oor afbeeldings as sodanig nie, maar oor die gebruik daarvan in aanbidding. Vers 5 kwalifiseer vers 4: “Jy mag hulle […]
E0152 Die eersgeboortereg No.04
GENESIS 49:1-4; EFESIËRS 1:15-23 ONS HET REEDS DIE SPOOR VAN DIE EERSGEBOORTEREG DEUR DIE OU TESTAMENT GEVOLG. Ook het ons gesien dat élke ware Christen ‘n eersgeboortereg het, en dat ons kan aanvaar dat dit – soos in die Ou Testament – minstens uit drie komponente bestaan: gesag,priesterskap en ‘n dubbele erfporsie. ‘N KORT OORSIG […]
E0151 Die eersgeboortereg No.03
GENESIS 49:1-4; HEBREËRS 12:22-24 Ons het gesien watter besondere rol dieeersgeboortereg gespeel het in die kultuur van die antieke wêreld. En verrassend was dit om te sien hoe ingrypend die herverdeling van Ruben se eersgeboortereg die ontwikkeling van die Ou Testamentiese geskiedenis geraak het. Eintlik was alles wat tot nou toe gesê is, inleidend. Vir […]
E0150 Die wonder van verlossing
TITUS 3:1-8 ONS WIL NA V.4-8 KYK. Hier het ons ‘n kort en kragtige uiteensetting van wat egte Christelike redding behels. Beswaarlik kan ons ‘n meer gewigtige onderwerp onder die loep neem. En dis dringend aktueel, want derduisende sit Sondag na Sondag in kerke regoor ons land, sonder om ‘n snars daarvan te verstaan. Mens […]
E0149 Lees jy die bybel reg ?
JH 5:39-40 : LEES JY DIE BYBEL REG? DAAR IS BAIE DINGE WAT DIE KERK IN ONS LAND TANS TOT IN SY FONDAMENTE SKUD. Maar niks is meer belangrik en dieperliggend as die stryd oor Skrifbeskouing nie. En aan die hart van hierdie stryd is die vraag oor die Christusopenbaring in die Ou Testament. Só […]
E0148 Die Eersgeboortereg No.02
GENESIS 49:1-4 ONS KYK NA JAKOB SE STERFBED-PROFESIË OOR SY OUDSTE SEUN, RUBEN. Laas keer het ons gesien hoe Ruben die verantwoordelikhede en voorregte van sy eersgeboortereg misbruik én ontduik het. Toe het ons ook gekyk na die katastrofiese effekte daarvan op sy nageslag. Nou, as Jakob oor hom profeteer, word hy van sy eersgeboortereg […]