E0167 Die Bybel se vyfde laaste vers
OPENBARING 22:17 “Die Gees en die bruid sê: ‘Kom!’ En elkeen wat dit hoor, moet sê: ‘Kom!’ En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!” (Op 22:17). DIE EERSTE HELFTE VAN DIE VERS KAN OP TWEE MANIERE VERSTAAN WORD. Sommige Skrifverklaarders vertolk […]
E0166 Die Here Jesus Christus
KOLOSSENSE 2:9 DAAR IS IETS WAT EK ALGEMEEN TEËKOM IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS en wat my toenemend pla. Sóveel mense, selfs baie wat werklik ernstig is oor hulle Christenskap, het oënskynlik ‘n mindere verering vir en belewing van die Here Jesus Christus se verheerlikte majesteit as wat die Nuwe Testamentiese openbaring Hom vir ons […]
E0165 ‘n Portret van liefde No.01
ROMEINE 16:1-16 Febe (v.1-2) MENS LEES MAKLIK BO-OOR HIERDIE VERSE, sonder om twee keer te dink. Meeste van die amper twee dosyn mense wat genoem word, is immers onbekend aan ons. Kan ons veel hier leer? Maar laat ons onthou, ons het met God se geïnspireerde openbaring te doen. Sonder twyfel dra ook hierdie verse […]
E0164 God se Naam No.03
JOHANNES 1:1-18 SOOS ALTYD IN GOD SE OPENBARINGSGESKIEDENIS, kulmineer ook die stuk Godsopenbaring oor Sy verbondsnaam, waarna ons reeds twee keer gekyk het, in die persoon, verkondiging en werk van Christus. Eksodus 3 wys bes moontlik al in hierdie rigting. In v.2 word gesê dat dit die “Engel van die Here” was wat in die […]
E0163 Om regtig te lewe
HABAKUK 2:4 IN DIE KLOOSTERBIBLIOTEEK VAN ERFURT IN DUITSLAND is ‘n skildery van ‘n jong monnik, Martin Luther. Voor hom lê ‘n oop Bybel. Die oggendson val helder deur ‘n venster op ‘n vers wat sy hele lewe sou beheers en die wêreldgeskiedenis ingrypend sou raak: “Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe” […]
E0162 God se Naam No.02
EKSODUS 3:1-15 DIEN JY DIE HERE? WAAROM? WAT DRYF JOU? Jy sê dis uit dankbaarheid vir jou redding. Dis ‘n goeie antwoord. Maar sê jy nie dalk net so omdat jy gehoor het dis die regte antwoord nie? Ek het ‘n sterk vermoede dat baie kerkmense die Here slegs dien omdat hulle dink dit verseker […]
E0161 God se Naam No.01
EKSODUS 3:1-15 In Bybelse tye moes iemand se naam iets oor hom sê. Jou naam en jou persoon moes hand aan hand loop. Terwyl dit by mense sekerlik nie altyd so uitgewerk het nie, sit daar merkwaardige en uiters betekenisvolle Godsopenbaring in die name waarmee God Homself aan Sy volk bekendstel. Sy naam dui dus […]
E0160 Die Winskoop sonder weerga
MATTEUS 13:44-46 In Mt 13 vind ons 7 sogenaamde Koninkryksgelykenisse, sowel as die uitleg van 2 van hulle. Die twee kort gelykenisse, die skat in die saailand en die kosbare pêrel, is ‘n tweeling wat basies dieselfde punt wil tuisbring. Tog is daar ‘n subtiele, maar betekenisvolle verskil. In die geval van die skat loop […]
E0159 Die Bybel is God se Woord No.03
JOHANNES 16:12-15 : BOVERTREK-BELOFTES Dis die aand voor die Here Jesus se kruisiging. Die dissipels besef Sy taak op aarde is bykans afgehandel. Geweldige gebeure is op hande. Hy gaan spoedig vertrek. GEES-GEÏNSPIREERDE INSTRUMENTE Sekerlik is een van die dissipels se grootste kwellinge in die bovertrek, behalwe hulle bekommernis oor hoe hulle sonder Jesus gaan […]
E0158 Die Bybel is God se Woord No.02
MATTEUS 16:15-19 : DIE FONDASIEROTS Tydens Sy publieke bediening roep die Here Jesus ‘n handjievol manne om orals saam met Hom te beweeg en by Hom te leer. Na Sy vertrek sou hulle as oog- en oorgetuies ‘n kardinaal belangrike rol vervul: hulle sou die openbaring wat deur Hom gekom het, bewaar, vertolk en oopvou, […]