E0026 gebed wat ‘n engel gaan haal
Handelinge 12:5 Die engel het Petrus uit die tronk gaan haal; maar gebed het die engel gaan haal! Kyk mens ernstig na die gebedsbeloftes in die Skrif, kom staan die vraag vierkantig voor jou:Waarom ervaar ons dan so min gebedsverhoring? Dis omdat ons selde bid soos ons moet. Hand 12 skets ‘n merkwaardige gebedsantwoord! ‘N […]
E0025 ‘n apostoliese gebed No.12
Efesiërs 3:14-21 Laas keer, toe ons gekyk het na v.19b oor ons vervulling tot al die volheid van God, het ek nie aandag gegee nie aan die feit dat ons volle erfenis in Christus eers werklik tot vervolmaking sal kom met ons opstanding uit die dood. Dan eers sal die volle heerlikheid wat God vir […]
E0024 ‘n Apostoliese gebed No.11
Efésiërs 3:14-21 Ons kom nou uiteindelik by die derde en laaste bede van hierdie gebed. Soos teen ‘n berg op, het Paulus al hoe hoër geklim. Nou wil die dun lug mens laat duisel. Ons is uit ons diepte uit, nie waar nie. Waarvan praat die apostel tog hier as hy bid: “sodat julle vervul […]
E0023 Sondagseën
Jesaja 58:13-14 Dis Sondag van Paasnaweek. Vrydag het ons in die besonder gedink aan die kruisiging; vandag aan die opstanding van die Here. OPSTANDINGSDAG! FEESDAG! Eintlik is élke Sondag ‘n herdenking van Christus se opstanding. Só belangrik het die vroeë kerk die opstanding van Christus beskou, dat hulle tipies op die eerste dag van […]
E0022 As God ‘n samelewing oorgee
Hoséa 4 In Hos 1-3 lees ons van die profeet se handelingsprofesie in opdrag van die Here. Sy huwelik met die prostituut, Gomer, stuur tot vandag toe ‘n kragtige boodskap uit. Maar vanaf h.4 begin Hosea dan reguit praat – op die man af. DIE FORMELE AANKLAG (V.1) God se aanklag teen die volk is […]
E0021 God se huwelik met sy volk
Hoséa 1-3 Die Here werk soms maar rof met Sy profete. Jesaja moes vir 3 jaar sonder behoorlike klere en kaalvoet deur die strate van Jerusalem loop (Jes 20:2-3). Esegiël moes vir 430 dae ure lank elke dag op sy sy lê – ook waarskynlik in die publiek (Ese 4:4-6). En Hosea moes met ‘n […]
E0020 ‘n Apostoliese gebed No.10
Efésiërs 3:14-21 Ons kyk vandag vir die laaste keer na die tweede deel van hierdie gebed – die deel waarin dit gaan oor ons begrip en belewing van die Here Jesus Christus se liefde vir ons. Ons het gesien dat Paulus in hierdie bede twee begrippe gebruik wat op die oog af na sinonieme […]
E0019 Die oorwonne vyande
Hebreërs 2:14-15 Doodsvrees is ‘n universele ervaring. Job noem dit die koning van die verskrikkinge (18:14, OAV). Net die gedagte daaraan bring ons tot stilstand. Kry ons nuus van ‘n bekende se afsterwe, is ons geskok. Praat daaroor in ‘n geselskap, en mense raak uiters ongemaklik. Meermale praat die Bybel oor die vooruitsig van […]
E0018 Die redding van die rower
Lukas 23:32-43 Wie van ons het nog nie oor die dood en wat daarop volg, gedink nie? Wat gebeur met ons in die minute en ure na ons gesterf het. Wat van die tyd – dalk eeue – tussen die graf en die opstanding? Wat van dierbares wat reeds heengegaan het? Het hulle tans ‘n […]
E0017 ‘n Apostoliese gebed No.9
Efésiërs 3:14-21 Ons is besig met die tweede bede. Laas het ons gekyk na die twee begrippe om te begryp en om te ken in v.18-19. Ons het gesien dat eersgenoemde werkwoord veral te doen het met verstandelike insig in ‘n waarheid, en laasgenoemde meer met die belewing daarvan. Nou moet ons in v.18 […]