E0036 ‘n predikant kan sy gemeente maak of breek
1TIMOTHEUS 4:16 PAULUS DRUK TIMOTEUS ERNSTIG OP DIE HART OM NOUGESET OOR SY LEER EN LEWE TE WAAK, omdat dit bepalend kan wees, nie net vir sy eie redding nie, maar ook vir die redding van sy kudde. Besef julle dat dit in beginsel moontlik is dat een of meer van die predikers in […]
E0035 Die toorn en genade van God No.2
Lukas 13:1-5 Mense is geneig om genade as vanselfsprekend te aanvaar. Dis omdat hulle dink dat God eintlik vergiffenis en guns aan die mens verskuldig is. Hulle reken die mens is nie regtig só strafwaardig nie. Ja, niemand is volmaak nie, maar enige ouer aanvaar dat sy kinders sekere blindekolle en ondeundhede het. Dis tog […]
E0034 Die toorn en genade van God No.1
Num 16:1-50 Die ook al die Ou Testament eerlik lees, kry noodwendig stryd met die verskrikkinge van God se oordele. Dit vul jou meermale met skok en afsku. En daar is nie net een geval waarna ons kan verwys nie; daar is talle. Dink maar aan Nadab en Abihu (Lev 10); Ussa (2Sam 6); Sodom […]
E0033 Die wip
Luk 7:23 Johannes die Doper is die Messias se wegbereider. Hy is ‘n asketiese nasireër (Num 6:1-21; Mat 11:18-19) wat kameelhaarklere dra en springkane en heuning eet. En om alles te kroon is hy ‘n vurige prediker: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom!” (Mat 3:2). Dit skep ‘n rooiwarm verwagting […]
E0032 Die wese van die ewige lewe No.2
Eks 33:7-34:10 VEERTIEN RIGLYNE VIR DIE PAD ONDERWEG NA DIE LEWE WAT WARE LEWE IS. Ek moet verstaan dat ek geen hoër roeping het as om die kennis van God na te jaag nie. Miga 6:8: “Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die Here van jou anders […]
E0031 Die wese van die ewige lewe No.1
Johannes 17:3 Daar is baie waarhede wat vasbeton moet wees in ons oortuigings en harte voordat ons in waarheid kan sê ons is Christene. Voorts het elke dissipel van die Here Jesus ‘n hele klomp prioriteite wat sy lewe in beslag neem. Maar vir ons mag daar nooit iets belangrikers wees as om God te […]
E0030 Die vrygewige vader
Lukas 11:5-13 Meeste Christene stoei met skuldgevoelens dat hulle te min bid. Preke en boeke oor gebed is só appelerend dat jy moedeloos is nog voordat jy begin bid. Dis egter nie die Here Jesus se benadering nie. Luk 11:5-13 – direk ná die Ons Vader – is ‘n wonderlike stuk aanmoediging. Ons word […]
E0029 Wat ‘n bekering!
HANDELINGE 9:1-9 Naas die gebeure rondom die menswording en dood van Jesus Christus, was daar beswaarlik ‘n meer rigtinggewende gebeurtenis in die wêreldgeskiedenis as die bekering van Saulus, oftewel Paulus van Tarsus. Want watter mens, behalwe die Here Jesus, het ‘n dieper merk gemaak op die ontwikkeling van die wêreld se denke en historiese […]
E0028 Geloofsafval
Heb 6:4-12 Die Hebreërbrief word geskryf aan Joodse Christene wat begin moeg word in die geloofswedloop en oorweeg om na Ou Testamentiese godsdiens terug te keer. Die skrywer probeer met alles waaroor hy beskik om hulle van sulke dwase, fatale geloofsversaking te laat afsien. In die proses rig hy vyf baie, baie ernstige pastorale waarskuwings […]
E0027 Dink aan jou skepper
Prediker 12:1A Ons kyk net na die eerste gedeelte van Pre 12:1: “Dink aan jou Skepper …” Hiér is dit woorde wat spesifiek tot jongmense gerig is – voor “die swaar dae” van die ouderdom kom, die jare waarvan mens sê: “Ek het daar niks aan nie.” Hierdie is egter ‘n algemene beginsel wat […]