E0056 Eer aan God en vrede aan die mense

LUKAS 2:14 TRADISIONEEL EN WÊRELDWYD WORD KERSFEES GEASSOSIEER MET WELWILLENDHEID, MEDEMENSLIKHEID, FAMILIEBYEENKOMSTE, KERSLIEDERE EN DIE UITRUIL VAN GESKENKE. Hiermee op sig self hoef ons as Christene natuurlik nie probleme te hê nie. Maar wat ons hard en duidelik moet sê, is dat die Seun se menswording oor baie, baie meer gaan. En terwyl ons vreugdevol […]

E0055 Sal my kinders gered word

1KORINTHIERS 7:14 WAT LÊ NADER AAN GELOWIGES SE HARTE AS DIE REDDING VAN HULLE KINDERS? En wat breek hulle harte meer as kinders wat hul rûe op die Here en Sy evangelie draai? Baie Christene glo dat die Here anders met húlle kinders werk as met ongelowiges s’n  –  amper asof Hy twee stelle standaarde […]

E0054 Gaan in

MATHEUS 7:13-14 VOLGENS ‘N OPNAME VAN DIE LOS ANGELES TIMES IN 2003, glo daar vir elke persoon wat meen dat hy of sy hel toe sal gaan na die dood, minstens 120 mense dat hulle hemel toe sal gaan. Hierdie optimisme is in totale kontras met wat die Bybel in die algemeen en die Here […]

E0053 Twee pootjies en ‘n stukkie oor

AMOS 3:9-15 HIERDIE PARAGRAAF VERDEEL IN 3 KLEINER PARAGRAWE, elkeen ingelei deur ‘n duidelik oproep. “Maak dit bekend …” (9); “So sê die Here …” (12); “Luister hierna …” (13). Hierdie paragrawe het onderskeidelik te doen met die onreg in Israel se maatskaplike lewe; met die gemaksug in hulle persoonlike lewens; en met die eiesinnigheid […]

E0052 In die lig van God se toekoms

AMOS 3:3-8 HIERDIE SES VERSE VAL UITEEN IN TWEE GEDEELTES. Verse 3-6 het te doen met God se verbond met Israel. En v.7-8 handel oor die verhouding tussen God en Sy profete. Ons kyk eers na laasgenoemde, dan na v.3-6. ‘N PROFEET SE WERK (7-8) Hier maak Amos iets oop van sy persoonlike belewinge as […]

E0051 Die wraak van die verbond

AMOS 2:6-3:2 UITEINDELIK SPREEK AMOS VIR ISRAEL SELF AAN. En wat hy skets is ‘n totaal verdorwe samelewing. Die swakkes en magteloses word vertrap. Die immoraliteit en perversiteit is afstootlik. Die Godslastering is meer as skokkend. Die paragraaf bestaan uit 4 gedeeltes. Dele 1 en 3 skets Israel se sonde (2:6-8, 2:12). In deel 2 […]

E0050 Die aanklag teen Juda

AMOS 2:4-5 : DIE AANKLAG TEEN JUDA LEES MENS HIERDIE EERSTE HOOFSTUKKE VAN AMOS VERSIGTIG, sien jy hoe die profeet die hanglus geleidelik stywer trek om Israel se keel. Eers spreek hy 3 omliggende heidennasies aan. Dan kom hy nader aan Israel se vel deur 3 heidense neefs aan te spreek  –  Edom, Ammon en […]

E0049 Teen die nasies

AMOS 1:3-2:3 AMOS SE EERSTE PROFESIEË IS GERIG TEEN ISRAEL SE VYANDE: Damaskus, Gasa, Tirus, Edom, Ammon, Moab! Hierdie ses oordeelsuitsprake vertoon dieselfde trekke: Die eenvoudige struktuur is elke keer dieselfde:  Een, ‘n oproep aan elke nasie om voor God se regterstoel te verskyn. Twee, die spesifieke aanklag. Drie, die oordeelsaankondiging. Die inleidende frase, elke […]

E0048 Dekor en oorsig

AMOS 1:1-2 NA SALOMO SE DOOD HET DIE VERBONDSVOLK GESKEUR. So het twee koninkryke ontstaan. In die suide, met Jerusalem as hoofstad, was die tweestammeryk (Juda en Benjamin)  –  van toe af bekend as Juda. En in die noorde, met Samaria as hoofstad, was die tienstammeryk  –  van toe af bekend as Israel. Terwyl Juda […]

E0047 Uitnemende lof en aanbidding No.1

1KRONIEKE 25 EEN VAN DIE TALLE NUWE DINGE WAT DAWID IN DIE VERBONDSVOLK SE LEWE GEVESTIG HET, is ‘n beklemtoning van gesamentlike en geordende lofprysing vir die Here. Dawid was van jongs af ‘n digter, sanger en musikant. Hy skryf psalms en as seun moet hy in die paleis vir Saul op sy lier gaan […]

0:00
0:00