E0086 Die middelste kruiswoord
PSALM 22; MARKUS 15:34 SEWE KEER HET DIE HERE JESUS IETS GESÊ TERWYL HY AAN DIE KRUIS GEHANG HET. Ons noem dit Sy kruiswoorde. Hulle is versprei deur al vier evangelies. In die eerste drie kruiswoorde gaan dit oor die belange van die omstanders. Eerstens doen Jesus voorbidding vir Sy teregstellers: “Vader, vergeef hulle, want […]
E0085 Wat dan van 1Kor 12-14?
1KORINTHIERS 14 IN 1KORINTIËRS SPREEK PAULUS ‘N AANTAL PASTORALE KWESSIES AAN WAAROOR DIE KORINTIËRS OËNSKYNLIK AAN HOM GESKRYF HET (7:1; 7:25; 8:1; 12:1; 16:1). Die 3 hoofstukke, 12-14, is so ‘n antwoord. Die 3 hoofstukke is ‘n eenheid. Presies wat die Korintiërs se vraag was, weet ons nie, maar die apostel spreek hier ‘n probleem […]
E0084 Die prisma
1PETRUS 4:10-11 DAAR IS GEEN SPRAKE VAN EGTE CHRISTENSKAP SONDER DIE WERK VAN DIE HEILIGE GEES NIE. Hy is aktief oor die volle spektrum van ‘n Christen se geloof, lewe en belewing. Ewemin kan ons waarlik kerk wees sonder Hom. En wat dit betref, het die Nuwe Testament ‘n besondere klem op Sy werk om […]
E0083 Jesus is die Here
ROMEINE 10:9 AN KLEINS AF HET EK TWEE MAAL ‘N SONDAG SAAM MET MY OUERS KERK TOE GEGAAN. Daar was beswaarlik ‘n preek wat nie beklemtoon het dat Jesus Christus ons Verlosser is nie. En ek het dit regtig geglo – al was dit net op ‘n manier. Tog het ek eers op agt-en-twintig jarige […]
E0082 Gemeentelike lof en aanbidding
PSALM 95 & 96 GOD HET DIE MENS GESKAPE OM MET HOM GEMEENSKAP TE HÊ – om Hom met ander woorde te ken. Tot die mate wat ek God ken, tot daardie mate sal ek Hom aanbid. Aanbidding is die heel eerste uitvloeisel van die kennis van die Here. Hoe kan jy Hom ken en […]
E0081 Laat ons tot God nader No.2
HEBREËRS 10:19-22 TERWYL DIE HEBREËRSKRYWER REEDS ETLIKE KERE KORTLIKS NA DIE PRAKTIESE IMPLIKASIES VAN SY LERING VERWYS HET (bv. 4:14-16), begin hy vanaf 10:19 met sy volwaardige toepassing. Voordat hy in v.22 met direkte opdragte begin, bevestig hy in 10:19-21 net eers sy basis deur die voorafgaande lering kernagtig saam te vat. Hierheen het sy […]
E0080 Die vaderskap van God No.1
1JOHANNES 3:1a DIS SEKERLIK BETEKENISVOL DAT DIE VADER TYDENS JESUS SE DOOP VERKLAAR, “DIT IS MY GELIEFDE SEUN. Oor Hom verheug Ek My” (Mt 3:17; Mk 1:11; Lk 3:22), en dat dit geskied as die Gees soos ‘n duif op Hom neerdaal. Die Gees het Jesus as ‘t ware gemerk as die Messiaanse Seun van […]
E0079 Jesus Christus se maagdelike geboorte
MATHEUS 1:18-25 DIE HISTORISITEIT EN WARE MENSHEID VAN DIE MAN GENAAMD JESUS, DIE SEUN VAN JOSEF VAN NASARET, WORD SELDE BETWYFEL – nóg onderweg deur die geskiedenis, nóg vandag. Maar as Jesus se mensheid en historisiteit selde bevraagteken word, word die bonatuurlike wat die Bybel eweneens gereeld aan Sy geboorte en lewe toeskryf, baie dikwels […]
E0078 Die liefdevolle vader No.5
LUKAS 15:25-32 DIE HOOFSTUK BEGIN MET DIE FARISEËRS EN SKRIFGELEERDES SE AANSTOOT AAN JESUS se hartlike welwillendheid teenoor tollenaars en sondaars in die algemeen (Lk 15:1-3). Na aanleiding hiervan vertel Hy dan 3 gelykenisse. Ons kyk na die derde van hierdie gelykenisse, en fokus nou ten slotte op die baie ordentlike oudste seun. Dis belangrik […]
E0077 Die liefdevolle vader No.4
LUKAS 15:20-24 UITEINDELIK IS DIE JONGMAN OP PAD TERUG NA SY PA TOE. Maar sy besluit en terugkeer is één ding; die ontvangs wat hy gaan kry, iets anders. Sy pa sou alle reg hê om hom weg te jaag. Mens kry sulke pa’s. Of hy sou die seun inderdaad in die bediendekwartiere kon laat […]