BLY IN MY. Joh.15.

1.  ‘N MOOI BEELD V1.

     “Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.” V1.

     Sonder gelykenisse het Hy nie gespreek nie.  Daar is die koninkryk van die natuurlike en diekninkryk van genade en ons Here Jesus heers in beide.  Baie van sy metodes in die natuurlike koninkryk illustreer duideik sy metodes in die geestelike ream.

     Ons vind dus dat die Here Jesus die natuurlike ophou en dat dit soos ‘n glas is waardeur ‘n mens duidelik die goddelike werkinge van die koninkryk van genade sien.   ‘n Mens word getref deur die a feit dat die gelykenisse absoluut van toepassing is, terwyl allerdaagse bekende dinge gebruik word wat vir elke klas mens gebruik word.

     ‘n Gelykenis is nie net ‘n geskikte en natuurlike metode om waarheid weer te gee nie, maar ook ‘n akurate geskikte manier om oortuigende waarhede duidelik te maak.  Die natuurlike hart is donker en onverskillig t.o.v. geestelike dinge en het die eenvoudigste en maklikste metodes nodig om dit te verduidelik.  Die natuurlike mens moet met ‘n eenvoudige metodes geestelike dinge geleer word, soos wat ‘n kind die basiese beginsels van ‘n taal moet aanleer.  Eenvoud is die beste metode.

     Nog ‘n gebruik van gelykenisse is om mense op dieselfde vlak van begrip te bring. 

     Nog ‘n gebruik van gelykenisse is om waarhede, waarvan weggeskrum word, onder die aandag van die persone te bring wat nodig het om dit te hoor.  Dit was die geval toe Nathan na Dawid toe moes gaan oor sy sonde met Batseba.  As Nathan nie met ‘n ompad by Dawid se hart uitgekom het nie, was hy moontlik verban uit die koning se teenwoordigheid.  Hy het Dawid op die punt gebring waar hy vir hom kon sê:  “U is die man..” 

     Jesus het met die Farisieërs, wat Hom verwerp het, gepraat oor die landbouerers wat die boodskappers wat na hulle gestuur is gedood het en uiteindelik die Seun van die Eienaar van die grond, ook doodgemaak het.  Toe Hy klaar gespreek het, het hulle geweet dat die gelykenis vir hulle ore bedoel was.

     Die gelykenis van die wynstok bevat van die groot leerstellings wat van soveel belang is in die geestelike realm, maar wat verwerp word in hierdie dae, die meeste geestelikes net soos in die dae van die Here Jesus Christus.

     Die beeld van die wynstok is nie iets nuuts nie.  Dit is dikwels ook gebruik deur O.T. skrywers bv. Jesaja, Jeremia, Esegiël, Hosea, die Psalmis en ander.  Die profeet Hosea sê dat Isael ‘n leë wynstok is..”  is Jesus hier die “ware wynstok”.  Hy wat geweet het hoe om geestelike lesse uit die grond, bome, blomme, swaelties, gras, storms, winde, velde, wolke, die aarde en die hemele te haal hou voor ons op die verhouding tussen Homself en sy kerk deur gebruik te maak van die simbool van die wynstok.  Sal ons ooit weer na ‘n wynstok kan kyk, sonder om aan die Ware Wynstok te dink?

     Die gesprek van Jesus het in die bovertrek plaasgevind en het Hoofstukke 15, 16 en 17 ingehou. 

2.  DIE VERHOUDING TUSSEN CHRISTUS EN SY KINDERS V5.

     “k is die wynstok, julle die lote..” v5.

     Ware godsdiens is die lewe van God indie siel van die mens.  Jesus sê dat sy ware navolgers is lote van Homself, die wynstok.  Die verhouding tussen die loot en die wynstok een van lewe.  Die loot groei uit die wynstok en die rede vir sy bestaan is dat dit lewe vanuit die wynstok.  Die loot bestaan omdat dit hierdie lewe van die wynstok ontvang. Losstaande van die wynstok, sal dit sterf.  Jesus sê, sonder my kan julle niks doen nie.  Die selfde sap wat deur die are van die wynstok vloei, vloei ook deur die are van die loot. 

     Op dieselde manier vloei die lewe van Jesus, deur die natuur van die kind van God.  Hy is ‘n deelgenoot van die goddelike natuur. Hy is gebore uit die Gees van God.  Hy besit dieselfde lewe as wat Jesus besit.  Nie ‘n verheerlikte liggaam nie, maar ‘n goddelike natuur.  Ons is erfgename van God en mede-erfgename van Jesus Christus. 

     Daar is so groot verskil tussen hom en die wêreld as wat daar is tussen ‘n gesonde persoon en ‘n lyk.  “Hy wat in die Seun glo het lewe.  Hy wat in die Seun van God nie glo nie, het nie lewe nie.”  “Dit wat uit die vlees gebore is is vlees en dit wat uit die Gees gebore is, is gees.”  Die misterie van om in Christus te wees is vir die natuurlike mens verborge, soos dit deur al die eeue heen, soos dit deur die geslagte heen ook vir die heidene was.  ‘n Hartsverandering of ondervinding, word deur vele persone vandag verwerp, soos dit ook maar die geval was in die verlede.  Die blare en die vrug van die lewe is die bewys dat lewensap van die Wynstok ontvang word.

     Die wêreld kyk in verwondering na die kind van God wat oorwinnende deur smarte en neerlae gaan, eenvoudig omdat hulle die Jesus sien nie.  Vir hulle is Hy nie sigbaar nie.  Christenskap is nie pogings nie, dit is die natuur van die persoon wat verander word. 

     ‘n Mens kan nie sy uiterlike verander nie, net so kan hy ook nie deur pogings sy innerlike verander nie.  Een oomblik van volkome oorganwe en vertroue kan van ‘n sondaar ‘n kind van God maak, wat jare se pogings nie kan doen nie.  “Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees”  Joh.3:6.

3.  DIE UITVLOEISEL VAN SO ‘N LEWE – VRUG

     Joh.15:8  “Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra..” 

     Die doel van die wynstok is om vrug voort te bring, daarom word dit gevoed en voorsien van water en word dit van tyd tot tyd genoei. 

     Die genade van God het ons deel geword nie alleen om ons te verlos van die toorn van God en die ewigheid verwyder van Sy teenwoordigheid nie, maar ook om vrug van geregtigheid voort te bring.  Daar bestaan ‘n algemene tendens dat mense net gehelp word om by die Here uit te kom, sodat hulle die hel kan mis, maar daardeur die doel van God te mis, nl. om vrug te dra en ‘n heilige lewe te lewe.  Al die vrug wat die Here Jesus ooit op die aarde voortbring is deur Sy kerk, deur mense soos u en ek.

     Dit is ‘n groot verantwoordelikheid en ook ‘n groot voorreg.  Die engele begeer so ‘n voorreg.  Hulle sou baie graag voorbeelde wou wees voor die mense van wat die Here Jesus in die lewe en karakter van die mens kan inwerk.  As ons werklik besef wat dit inhou sou daar baie meer edelmoedigheid onder die kinders van die Here gewees het.  Dit sou ons laste en stryd soveel makliker gemaak het en sou sin aan sloerwerk gegee het.  Dit sou ook die bitterste beker soet gemaak het.

     Gal.5:22, 23  “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydksap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.  Teen sulke dinge is die wet nie.”

     Dit is een vrug, nie verskillende vrugte, waarvan sommige in een lewe en die ander in ‘n ander lewe is nie.  Daar is dus geen verskoning vir ‘n kind van God wat nie daardie vrug in sy lewe het nie.  Die een wat die vrug van die Gees het, het dit as geheel.  Die nege eienskappe wat genoem word is die kenmerke van die vrug.  Blydskap is die sap;  vrede is die vlees van die vrug; lankmoedigheid is die stingel waaraan dit hang;  goedheid is die smaak;  vriendelikheid is die smaak;  getrouheid is die vorm;  sagmoedigheid is die skil;  selfbeheersing is die kleur van die vrug.  Die vrug van die Gees is ‘n pragtige kombinasie van kwaliteite.  As daar nie blydskap is nie is die sap nie daar nie en die vrug is droog;  as daar geen liefde is nie is die kern weg en sal vinnig deur die wurms vernietig word.  Dit kan nie geskei word nie, m.a.w. as ek die Gees van God ni my hart ontvang, ontvang ek die kern van die vrug.  Die Gees is die wortel waaruit die vrug groei en dit groei sonder enige pogings uit onsself.  Dit word ons eie bloot deurdat ons dit in geloof ontvang.

     Neem kennis van die feit dat hierdie vrug in karakter eerder as in werke is;  dit is die staat van die hart eerder as prestasies.  Baie persone vervang die vrug met werke.  Werke is uiterlik en vrug is innerlik.  Ons word nie almal geroep om dieselfde bediening of lid van die liggaam te wees nie, maar ons ontvang almal die opdrag om vrug te dra.  God soek na karakter.  Die Here vind ‘n behae in die persoon wat gebroke en verslae van hart is. 

     ‘n Loot dra nie vrug van die groei van die vorige jaar nie, maar van die groei van hierdie jaar.  ‘n Vorige jaar se groei het reeds hard geword.  Dit kan nie nou meer vrug voort bring nie.  M.a.w. die vrug wat ons dra, dra ons uit vars ontmoetinge met God.

     Baie kinders van die Here het vasgesteek by die dag van hulle wedergeboorte en het niks om verder te sê nie.  Die Here Jesus sê dat: “elke loot wat in My nie vrug dra nie, kap Hy af…”   Dit is of voortdurende vrug dra of geestelike dood.  Die loot sonder vrug is afgekap.

4.  DIE VRUG VAN DIE LEWE – BLARE

     Blare en vrug is noodsaaklik vir die lewe van die wynstok.  Die vyeboom is vervloek omdat dit net blare gehad het en geen vrugte nie. Deur die blare word sekere stowwe opgeneem wat noodsaaklik is vir die lewe van die plant.  As die blare van ‘n boom gestroop word, sal daardie boom vinnig dood gaan.  Die blare is die getuienis van lewe.  Blare is net so belangrik as vrug vir ‘n gesonde boom.  Dit is nie reg om godsdiens te praat terwyl jy dit nie besit nie, maar dit is net so verkeerd om dit te besit en nie daaroor te praat nie.  Die wynstok het blare aan sodat die wat die vrug soek, weet waar om dit te vind.  Ons mag nie stil bly nie.  Jesus het gesê:  “Julle is My getuies…”  En ook “uit die oorvloed van die hart spreek die mond..”  Paulus sê:  “met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot waarheid..” 

     Dit is onnatuurlik om stil te bly oor die wonderlikste besitting op aarde.  Deur te getuig word ons vreugde meer en word die werk van God in ons harte vas gemaak.  Die enigste manier waardeur hierdie wêreld bereik kan word, is deur die lewende getuienisse van die kinders van die Here, nie deur groot preke nie.  Die krag van christenskap lê in getuienislewering.  Daar is sommiges wat as predikers geroep word, maar almal word geroep om te getuig.  Die kind van God wat getuig is die kind van God wat sterk word en die kerk van God wat getuig is die kerk wat siele in bring.  “The gates of hell shall not prevail against it”  Getuienislewering is die onsigbare wapen van die kerk.  “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuienis wees.”  Deur die eeue heen kon die vuur van marteling nie die kerk van Jesus Christus keer nie.  Hoe meer mense deur marteling om die lewe gebring is, hoe meer was daar wat hulle plekke gevul het.  Die getuienis van Jesus Christus het die geskiedenis van die wêreld verander.

     ‘n Duidelike getuienis van ‘n werklike ondervinding is die magtigste wapen wat die Heilige Gees gebruik om die wêreld te draai.  Joh.15:26, 27  “Maar as die Trooster gekom het, wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.  En julle getuig ook, omdat julle van die begin af met My is.”

5.  DIE REINIGING

     Joh.15:2  “Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg..”  In vers 5 sê Hy:  “julle die lote..”  Dit is duidelik dat die lote in die wynstok is.  Dit verwys na ‘n kind van God.  Dit is ook duidelik dat die kinders van God van wie hier gepraat word, die is wat vrug dra.  Hy praat m.a.w. van die in wie “die liefde van God in hulle harte uitgestort is”, die wat die “vrede van God het, in Jesus Christus” en wat noodwendig gedeel het in die vrug van die Gees.  Dit is duidelik dat hier van ‘n teruggevalle kind van God gepraat word, wat “af gekap en in die vuur gegooi word..”  Teruggevallenes word afgesny.  Kinders van God word gereinig.  Jesus verwys na ‘n algemene gebruik nl. dat wynstokke ‘gebloei’ word.  Dit word gedoen deur met ‘n mes insnydings te maak, waardeur geaffekteerde sappe kan uitvloei en die wynstok van siektes verlos kan word.  So word die lewe van die wynstok gespaar.  Hierdie illustrasie wys na die diep reiniging van die erfsmet, wat die christen se lewe bitter maak.  Gal.5:17  “…want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees ten die vlees;  en hulle staan teenoor mekaar sodat julle nie kan doen wat julle wil nie..”  Die reiniging van die kind van God se lewe, beteken nie die herstel van ‘n teruggevallene nie.  Die ou natuur as beginsel, is steeds in die hart van die teruggevallene.  Net kinders van God wat vrug voortbring is kandidate vir reiniging.  Volgens die Woord van God is daar ‘n tweede werk van genade, die reiniging van die hart.

     Reiniging vind in ‘n oomblik plaas.  Die handeling van die landbouers is ‘n stiptelike handeling, dit is nie ‘n proses wat oor jare kom nie.  Dit het plaasgevind deur die oplig en sny van die mes.  Toe Jesus die woorde van genesing tot die melaatse gespreek het, was hy onmiddelik gereinig.  Naäman het nie dae in die water van die Jordaan gebly nie, hy wat gereinig in geloof en in sy gehoorsaamheid aan die opdrag, in ‘n oomblik. 

     Sodra ‘n jubeljaar aangebreek het, is slawe vrygelaat.  Die jubeljaar staan vir verlossing/redding.

     In Hand.15:9  is hulle harte in ‘n oogwink gereinig.  As dit prosesmatig was, hoe lank sou dit geneem het?  Ons vind nêrens in die woord dat Jesus prosesmatig gewerk het in die redding of reiniging van ‘n siel nie.  Hy vergeef ook nie prosesmatig nie.

6.  MEER VRUG

     “…sodat dit meer vrug kan dra…” v2.  Net vrugdra is nie genoeg nie, ons moet veel vrug dra.  “Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra…”  v8.    Dit wat vrug verhinder is sonde.  Dit is algemeen dat gemeentes dikwels net bekeerlinge maak en hulle geensins verder lei nie.  Bekering is net die begin.  Dit is nie die standaard vir christenskap nie.  As daar niks verder vir ‘n siel gebied word nie, sal daardie siel swak word.  As ‘n kind gebore is begin die versorging eers.  ‘n Kerk wat net bekeerlinge het is ‘n swak kerk wat nie die toetse en beproewinge van die lewe sal kan hanteer nie.

     Reg deur Joh.15 vind ons die gedagte van “bly in My en Ek in jou..”  Dit word so dikwels herhaal omdat dit so belangrik is.  Om “in te bly..”  beketen om ‘n plek te vind en daarin te bly.  Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n inwoner en ‘n besoeker.  ‘n Besoek is kort en die duur daarvan kom aan ‘n end, terwyl die inwoner blywend is.  Baie kinders van die Here is beperk in hulle onmoetinge met die Here.  Baie lê net ‘n vinnige besoek af in die teenwoordigheid van die Here.  Die rede hiervoor is dat die Trooster nog nie in daardie persoon se lewe beheer gekry het nie.  Elke kind van God het die Gees van God in mate;  terwyl hy in ‘n staat van wedergeboorte is, het hy nog nie die volheid van God gesmaak nie.  Joh.14:17  “…die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie;  maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.”  Let daarna op dat hierdie persone die Gees van God reeds ken, soos die wêreld Hom nie ken nie en dat Hy alreeds in hulle is, maar hulle het nog nie Sy volheid gesmaak nie.  Waarom is dit so dat Hy nie in Sy volheid in al die kinders van God in kom nie?   Bloot omdat al die kinders van God Hom nie toelaat om hulle te reinig nie.  Hy kan nie in ‘n onrein tempel woon nie.  Dit word hartsreininig genoem.

7.  MEER VRUG VERVOLG….

     “sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.” Joh.15:7. 

     Gebed het voorwaardes.  Dit is die lering van die Woord van God.  Baie gebede word, in die begrip van die mens, nie geantwoord nie. 

1.  Spr.15:8  “Die offer van die goddelose is vir die Here ‘n gruwel…”  Ps.28:9 “Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ‘n gruwel.”  Ps.66:18  “As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie.”  Al hierdie skrifgedeeltes dui daarop dat dit sinneloos is vir persone sonder berou om te bid.  Die Here luister na die siel wat, in berou sy sonde bely en laat staan.

2.  Vir gebed om suksesvol te wees, moet op die regte tyd gebid word.

3.  Die Here vergewe nie die sonde van die persoon wat nie ‘n ander wil vergewe nie.  Matt.6:15  “Maar as julle die mense hulle oortredininge nie vergewe nie, sal julle hemelse Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.”

     Volgens die Woord van God is ‘n sekere hartsgesindheid nodig sodat God ons gebede kan verhoor.  Jak.5:16  “Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.  Die vurige gebed van die regverdige het groot krag.”

Daar is sekere voorwaardes waaraan voldoen moet word.

1.  Ons moet in geloof bid.  Mark11:24  “Daarom sê Ek vir julle:  Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.”

2.  Ons moet bid in die Naam van Jesus Christus.  Joh.14:13  “En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.”  Joh.16:23  “En in daardie dag sal julle My niks vra nie.  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Nam, sal Hy julle gee.”  As iemand na die Vader kom, beteken dit dat daardie persoon die Here Jesus lief het.  Hy kom met dieselfde outoriteit na die Vader.  Hy het dieselfde liefde en doel in die lewe as die Here Jesus, en daarom laat die Here Jesus die persoon toe om in Sy Naam en outoriteit tot die Vader te nader.

3.  Gebed moet onselfsugtig wees.  Jak.4:3  “Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.”  Joh.15:7  “As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.”

     Ons het reeds gesê dat om “in Hom te bly”, ons gereinig moet wees van inwonende sonde.  Wanneer ons dit ontvang het, sal ons bid vir dit wat die Here behaag.  Daar sal harmonie wees tussen my wil en die wil van die Here.  As ‘n siel waarlik gered is, is sy wil oorgegee aan die Here. Alhoewel sy wil aan die Here oorgegee is, vind hy dit soms moeilik om gehoorsaam te wees.  So ‘n persoon moet maar voortdurend bid:  “U wil geskied..”  As die hart gereinig is kom die hele natuur in harmonie met die wil van God.  Ons vind geloof tweeledig.  Dit is dit wat ons help wanneer ons die Here vind en dit is dit wat groei in insig in die dinge van God.  Ons moet in die Gees bid, die Gees van God tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.  Dit is goed om gebed te begin met vertroue in die beloftes van God. 

     Om in Hom te bly beteken dat ek in waarheid bid en dat ek gelei word deur die Gees van God en geloof in my hart werk om te verkry wat ek bid.  Dit is alleen moontlik as die hart gereinig is.

8.  MEER VRUG VERVOLG…

     “Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly, en julle blydskap volkome kan word.”  Joh.15:11.

     Om goed te doen is wonderlik, maar om goed te wees, is deel van die vrug van ‘n karakter wat deur die Gees van God gevul is.  Die Here red ons nie net van die hel nie, maar gee vir ons blydskap op ons weg na die hemel.  Ps.4:8  “Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.” Geen kind van God is in duisternis nie.  I Joh.1”6  “As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.”

     Te midde van moeilike tye kan ons ons verbly.  I Pet.1:6  “Daarin verheug  julle jul, al word julle nou – as dit nodig is – ‘n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge…”  Jak.1:2  “Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val….”  Hab.3:17, 18  “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wes nie – nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.” “Wees in alles dankbaar..”  ‘n Persoon wat geborg is in die Here sal niks kort kom nie.  Teëspoede is hulle nie gespaar nie, tog het dit geen blywende effek op hulle lewens nie.  Hulle bewaar hulle stand in die Here.  Joh.15:11  “Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.”  Dit is alleen moontlik wanneer ek ‘n dieper werk ondervind het.

9.  MEER VRUG VERVOLG…

 “…dat julle vrug kan bly…” Joh.15:16.  “Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook lief.  Bly in hierdie liefde van My.” V9.

     Dat jy vrug moet dra is die gevolg van wedergeboorte en dat die vrug moet bly is die gevolg van hartsreiniging. 

     As ons die woord versigtig bestudeer, sal ons twee grade van genade t.o.v. vrug vind.

     Eerstens die liefde wat God in my hart uitstort wanneer ek Hom leer ken in wedergeboorte.  Tweedens is dit volkome liefde (perfect love).  I Joh.4:17  “Hierin het die liefde by ons volmaak geword…” “…die volmaakte liefde dryf die vrees buite..” v18 .Net so vind ons dit by elke ander eienskap van die vrug van die Gees.  Ons besit almal ‘n maat van vreugde by wedergeboorte, maar dit word volkome by hartsreiniding….. ens.  Jes.26:3  “U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.”  Lankmoedigheid – Kol1:11  “…en met alle krag bekragtig word volgens ie mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap…”

*******************

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00