Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za ’n Klein seuntjie het eendag na die sendeling wat vir hom Sondagskool gee gegaan. Die seuntjie het vir die sendeling gesê dat hy baie van die Bybel se verhale hou. Hy het net een probleem, naamlik dat hy nie die God van die Bybel kan sien nie. Wanneer hy na sy tempel gaan dan is sy god daar en hy kan sy god sien. Die sendeling het vir die seuntjie gevra of sy god bloei. Die seuntjie het gesê dat hy nie weet of sy god bloei nie. Die sendeling het vir die seuntjie ’n speld gegee en vir hom gesê dat wanneer hy weer na die tempel toe gaan, dan moet hy seker maak dat niemand hom sien nie en dan moet hy die god met die speld steek en kyk of hy bloei. Die volgende week het die seuntjie weer na die Sondagskool gegaan en teenoor die sendeling uitgeroep:- “Ek het dit gedoen! Ek het dit gedoen! Ek het seker gemaak dat niemand my sien nie en toe het ek die god in die tempel gesteek met die speld en hy het nie gebloei nie.” Die sendeling het toe vir hom gesê: “My God het gebloei, Hy het vir my gebloei en Hy het ook vir jou gebloei!” EFES. 1:7 “In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,” GEBED Here, baie dankie dat U bereid was om vir my te bloei en dat ek deur U bloed die vergifnis van sonde ontvang. AMEN