Bid of waak?
Roy Anthony Borges was vir 45 jaar tronk toe gestuur vir roof. Tydens sy tyd in die tronk het hy die Evangelie gehoor en tot bekering gekom. Hy het later in die tronk biblioteek gewerk as ’n klerk. Roy vertel ’n verhaal wat in die tronk gebeur het, aan twee tydskrifte wat dan in 1998 gepubliseer is. In die lewe waar die sterke op die swakke prooi, kan “jy moet jou vyand liefhê” selfvernietigend wees. In die tronk , terwyl ek by die volleybaan was, het Rodney my radio en oorfone gesteel. Ek het geen bewys gehad dat hy dit gedoen het nie. Ons kon op daardie stadium geen geskenke ontvang nie, daarom was daar geen manier om dit te vervang nie. Die ou Roy wou die glimlag van Rodney se gesig met ’n paar houe afvee – dit is hoe ek in die verlede my probleme opgelos het. Die nuwe Roy in Christus, het iets anders geleer. Christus het hom geleer dat “Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.” Ek het ’n besluit geneem om vir Rodney te bid. So het dit gebeur dat ek , as gevolg van my werk by die biblioteek, eendag in die gedeelte van die tronk kom waar Rodney opgesluit was, omdat sy diefstal in die tronk hom ingehaal het. Rodney het gevra of ek hom onthou, toe ek by sy sel verby stap. “Natuurlik”, was my antwoord, “Jy is die ou wat my radio gesteel het.” “Nee, is nie so nie!” het hy gelieg. “Dit is goed so Rodney , ek vergewe jou!” So het ek Rodney vergewe, maar meer daaraan gedink dat Jesus Christus hom lief het. Baie gou het ek Rodney begin help en dan ook vir hom vertel van Jesus en wat Hy aan die kruis vir ons gedoen het. Dan eendag terwyl ek weer verby Rodney se sel stap, het ek gesien dat hy by sy bed kniel en die Bybel lees. Ek het geweet dat die goeie het die kwaad oorwin. ROMEINE 12:19 “Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.” ROMEINE 12:21 “Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” GEBED Here, baie dinge gebeur met en rondom my, wat maak dat ek voel asof ek almal wil vernietig en van die aarde afvee. Here , die wraak is nie in my hand nie en daarom wil ek vir hulle bid omdat U hulle lief het. Ek wil die kwaad met die goeie oorwin en net U kan my daartoe in staat stel. Dankie Here! AMEN