BEWAAR ONS ERFENIS: WAT IS ONS ERFENIS: HEILIGHEID. DEUT.6:1-10
INLEIDING:
Weet u as ons heiligheid gaan verloor, wat gaan ons vir ons kinders nalaat as die Here vertoef om te kom. Ons is hier om ‘n basis neer te lê vir die toekoms van die S.A. geskiedenis. Hierdie konferensie vertrou ek sal kan uitbrei tot iets wonderliks en groots, waarin ons iets sal behou van die heerlike rykdomme van die Heiligheid van die Here. Ek sal dit vir niks verruil nie.
Is dit nie ‘n voorreg om ons families in die atmosfeer van die Heiligheid van die Here op te groei nie. Dr. A.W. Tozwer het eens gesê: “Kerke en samelewings wat deur heilige manne wat die moet, geloof en geheiligde verbeeldinge gehad het, om te midde van hulle omgewing op te staan vir wat reg is, en die waarheid te verkondig, dra iets van dieselfde geestelike vlak oor vir een of twee generasies.”
Ons wat hier sit is nou die eerste geslag wat die spore moet trap vir ons kinders en kleinkinders en as ons gaan vassteek op areas in ons lewens gaan daardie selfde kwelpunte ook in ons nageslag vassteek. As ons bereid gaan wees om as konserwatiewe heiligheids mense bekend te wil staan sal ons dit in elke fasste van ons lewens moet begin uitleef, t.w.v. ons eie geslag en die wat ons voetspore moet opvolg.
Ons sien die effek van geskiedkundige wegdrywe van die aanvank-like leiers soos ‘n Andrew Murry en andere wat nou so ver weg beweeg het dat daar niks meer oorgebly het nie. Historiese wegbeweeg het te doene met bewegings en organisasies wat as opvolgers wegbeweeg het van die aanvanklike geloof en oortuigings en uitlewinge van die wat eens die vuur en ywer van God geken het.
Johns Wesley sê dit is die ewige verwering van Christelike normes. Dit is nie organisasies wat wegbeweeg nie, maar mense wat die organisasies moet lei.
As ons heiligheid gaan verloor is dit nie iemand of iets anders as ons wat dit verloor het nie. Organisasie dobber nie rond nie maar mense.
Die Bybel dobber nie rond nie, maar mense. As mense dus rond-dobber moet ons dire vraag afvra, waarom dobber mense dan rond.
Waarom is dat dat organisasies wat eens op die been gebring was met ‘n spesifieke doel wegbeweeg het. Dobberende Christene moet soms dinge hoor wat hulle nie graag wil hoor nie.
Ek wil vir u die versekering gee dat ek self ‘n student is van hierdie onderwerp. Ek stry met dieselfde probleme as wat julle wat hier sit meer worstel. Ek leef in dieselfde wêreld as wat elkeen wat hier sit in leef. Ek wil ook soos julle in hierdie verdraaide wêreld dit maak.
Ek wil ook my eie familie beskerm en ‘n kerk en mnese vir die Here wen, in dieselfde wêreld as wat julle dieselfde wil doen. Ek kom nie na u met tower antwoorde nie, maar ek kom na u met ‘n brandende hart oor hierdie onderwerp. Ek wil sien dat hierdie erfenis nie net hier gebore moet word nie, maar dat it aangedra kan word.
Daar is twee dinge wat ek van u wil vra:
Eerstens: dat u biddend sal luister, en
Tweedens: neem alles wat ek sê binne die raamwerk van die groter prentjie, van die onderwerp. Binne die verband wat ek vandag met u wil praat is dit van uiterste belang.
Ek praat vandag met ‘n groep wat in die toekoms bekend sal staan as ‘n konserwatiewe heiligheids beweging. Hierdie mag ‘n etiket wees wat ons onder vele kritiek sal laat deurloop, maar ek wil u verseker dat dit die beskrywing sal wees vir wie en wat ons staan.
Ons is konserwatiewe heiligheids mense. Ons hoef nie beskaamd te wees vir hierdie banier nie, moet nie hierdie banier prbeer afwater of verskoon nie, ek sal dit met groot deurnis en onderskeiding, en onbeskaamd wil dra, en hoop dat ons nooit hierdie banier moet verloor nie.
Heiligheid is seker die wonderlikste weg om te wandel. Wat ons in hierdie dae van afval en wegbeweeg van enige iets wat behoudend is moet beskerm is ons erfenis. Jy kan nie heiligheid en konserwatisme van mekaar skei nie. As jy een gaan verloor gaan jy uiteindelik beide verloor.
Ek wil graag deel wees van hierdie groep en wil deel bly daarvan want dit is wonderlik om trots te wees op ons erfenis.
Ons wat vandag hier sit is die wat die pas gaan aangee waarteen hierdie boodskap van volle verlossing die land gaan bereik. In die verlede was daar organisasies en denominasies wat in die land gewrerk het onder die vaandel van heiligheid maar wat oor die jare kompromie aangegaan het en nie iets meer daarvan oor gehou het nie.
Ons gaan die praktiese en geestelike tempo van ons beweging bepaal. Wat ons is en wat ons glo en wat ons doen, hoe ons leef, sal ons kerk en families, kinders en later ook ons studente wat ons uit hierdie generasie moet oplei bepaal. Wat ons beweing gaan wees, gaan bepaal word deur die geestelike standaard wat ons as leiers gaan neerlê.
Die leiers dra ‘n geweldige invloed op die beweging. Ons wat gered is is die Lig van hierdie wêreld, en die sout van die aarde. Mense aan wie die Here Jesus gesê het in Matt.28:19 “Gaan dan heen en maak dissipels, van alle nasies…”
Ons word geroep om die wêreld te beinvloed en ons is die lig en die sout van hierdie wêreld. Die Here verwag van my om rigting aan die dui in hierdie wêreld waarin ons leef.
Die Here beloof in hierdie hoofstuk dat Hy hulle sal seën en dat die landgebied wat ander aan gewerk het, dat Hy dit aan ons sal gee, en ons die olywe en die volheid van daardie land sal geniet. In hfst.7 sê Hy dat Hy vir ons sal stry. Ek sal teenoor jou getrou wees, en jou ryklik seën, tot in die duisende geslag, as ons sal doen wat die Here van ons sal vra.
Alles draai rondom hierdie gedagte om die Here lief te hê en Sy gebooie te bewaar en om hierdie gebooie aan ons kinders te leer. Om hierdie erfenis te bewaar sal ons hierdie erfenis moet oordra na ons kinders en kindskinders.