Vier manne in die bediening

Vier manne in die bediening, het op ‘n dag ‘n bietjie asem gaan skep in ‘n naby geleë park om bietjie weg te kom van hul hewige werksdruk.  Lekker sitgemaak op ‘n bankie het hulle die vroeë lente geniet.  “Julle weet, siende dat ons sulke goeie vriende is” het een van hulle gesê, “kan ons gerus elkeen van ons se probleem wat ons die meeste  pla met mekaar bespreek.”  Instemmend het almal geknik.  “Wel, ek wil graag met julle deel dat ek buitensporig baie drink,” het die eerste vriend gebieg.   Daar was ‘n snak na asem van die ander drie.  Toe bieg die volgende vriend.  “Siende dat jy so eerlik was, wil ek net sê dat my groot probleem dobbelary is.  Ek weet dit is erg, maar ek kan netnie daarmee ophou nie.  Ek was al selfs in die versoeking om geld uit die kollektebord te neem.”  Verdere snak na asem is gehoor  toe die derde leraar met sy probleem vorendag kom:  “Ek is waarlik bekommerd broers, ek is besig om gans te veel van een van die dames in my gemeente te begin hou – nogal ‘n getroude vrou.”  Nog snakke is gehoor maar die vierde man het net doodstil gebly.  Na ‘n paar minute het sy vriende hom aangehits om ook maar met sy probleem vorendag te kom.  “Die ding is,” het hy gesê:  “ek weet nie mooi hoe om  julle van my probleem te vertel nie.”  “Ag, broer.  Dit is alles reg.  Jou geheim is veilig tussen ons.”

“Wel, dit is my probleem,”  het hy gesê:  “Julle sien, ek is ‘n ongeneesbare nuusdraer van skinderstories.”

                                         [Arlene Quant, aangehaal deur Alex Thien in Milwaukee Sentinel]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00