THESE EARTHEN VESSELS:
INLEIDING:
Een van die mees aangrypende studies in die Bybel is die verhou-ding tussen die Here en die mens. Elke aspek van die Christen geloof is ‘n unieke samestelling van die twee komponente. Daar is die Goddelike kant, en dan is daar die menslike kant, waarbuite die Here nie funksioneer nie. “Sonder die Here kan ons nie, en sonder die mens sal Hy nie.”
Ons sien hierdie vermenging in baie verskillende maniere. Ons sien dit in die Persoon en lewe van die Here Jesus. Hy was totaal Goddelike en ook totaal mens gewees. Om die Goddelikheid en die menslikheid van die Here Jesus te verloën is om te mis wat Hy bedoel het om te wees. (1 Tim.2:5).
Ons sien dit in die Bybel wat deur die mens geskrywe is, wat van die Here praat, en deur die Heilige Gees geinspireer is. (2 Pet.1:21). Hierin lê die krag van die Boek. Dit is die Boek van verlossing wat deur Verlosdes geskrywe is, wat getuig van wat die Here kan doen. Dit is ook terselfdertyd die Woord van God. Ps.19:8-10 “volmaak… gewis (reg) … deursigtig,… rein… en dit is seker”.
Ons sien dit in die kerk, hoewel Goddelik is dit bestuur deur mense. Dit is volkome tog met foute vervul. Dit is vir een en ook vir baie. Dit is ‘n organisasie maar ook ‘n organisme. Dit is die liggaam van Christus maar ook die broeder van gelowiges.
Ons vind ook in ons die krag van God en die broosheid van die mens. Ons ontvang genade maar ons moet ook in geloof en ge-hoorsaamheid wandel. Ons mag ons harte met die hemel ingestem hê maar ons moet ook ons lewens op aarde lewe. Ons wandel op die maat van ‘n ander wêreld, maar ons leef te midde van baie wat nie die polsslag hiervan ken nie.
Dit alles is tog duidelik vir ons. Die Goddelike en die menslike be-hoort bymekaar. Die mens wil so graag hierdie twee van mekaar skei. Dit is nie altyd maklik om die belans te hou nie. Hulle is so ver-skillend as dat hulle byna teenstrydig van mekaar kan lyk.
Daar is groepe wat al die klem op die Goddelike of die oewereien plaas, en maak die Soewereiniteit van die Here wat dit nie bedoel is om te wees nie. Dit lei tot die gedagte van eenmaal gered altyd ge-red.
Andere plaas al die onis op die mens, en kry dan ‘n mansgemaakte teorie, waarin die mens sy eie goddelikheid kan opbou. Dit is ‘n kulte van eie verbetering wat tot frustrasies en foute lei. Die waarheid lê reg in die middel van beide.
1) ONS AARDSE KRUIK:
Dit is met hierdie vraag waarmee Paulus in 11 Kor.4:7 sit. “Maar ons het hierdie skat in erdekruike,”
Die skat is die gwae van die Here en die kruik is ons menslike self. Wat hierdie skat alles inhou sal ons later beter bespreek. Ons mot nooit die rykdomme van die Here beperk nie, van dit wat Hy vir ons wil gee nie. Wat die krag van die Here vir ons wil doen is niks minder as wonderwerke nie.
Hy salf ons, en plaas ‘n seël van eienaarskap op ons, en plaas Sy Heilige Gees in ons harte, as ‘n deposito, en waarborg dit wat sal kom. (2 Kor.1:21-22.)
Dank die Here dat Hy ons altyd na oorwinnings lei, in Christus, deur ons en versprei die geur van SY kennis in ons. (2 Kor.2:14)
Ons wat met ‘n onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou word verander. (2 Kor.3:18).
Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn dit is Hy wat in ons harte skyn, om verligting te bringvan die kennis van SY heerlikheid. (2 Kor.4:6).
Christus in ons die hoop van SY heerlikheid. (Kol.1:27). Is ‘n skat ver bokant die van die mens.
Tog is daar ‘n ander waarheid wat hiermee saamgaan: Dit is dat ons menslike kruike het waarin hierdie skat leef. Die Here werk binne die beperkinge van die menslike. Ons is steeds brose menslike wesens, wat in ‘n vervalle wêreld leef, en onder honderde faktore leef waaroor ons geen beheer het nie. Sommige van hierdie dinge kan nooit verander nie, tot by die wederkoms van die Here nie. Ons sal altyd die teerheid van die here en die mense rondom ons nodig hê
Soos ‘n vader hom oor sy kind ontferm, so ontferm die Here Hom oor die wat Hom liefhet. Daar is soveel van ons kruike wat beskadig is, en selfs gekraak is. Gedagtig daaraan dat ons maar stof is. (Ps.103:13-14).
2) DIE NOODSAAKLIKHEID VIR BEGRIP:
Een van die grootste redes vir frustrasie is die feit dat ons menslik is, en onderworpe aan menslike broosheid blootgestel is. Vir die meeste van ons is die grootste spanning wat ons beleef in onsself. In die begin het die Here die mens uit die stof van die aarde gemaak en SY lewe daarin geblaas. Ons leef in die skakel tussen twee wêrelde. Ons erfaar beide die betrokkenheid tot die hemel en die aftrek na die aarde.
Toe ons gered en geheilig was, is ons verlos van die verderflikheid van sonde in ons menslikheid. Ons is nie omskep in klein godjies nie, of omskep tot klein engeltjies nie. Ons is nou die Here sin maar nie gode nie. Christus sin maar nie Christus nie, gereinigde mense maar steeds mense. Nou ware mense in die sin van die woord.
Om ‘n Christen te wees is om die krag en die genade van die Here te erfaar. Dit beteken ook om onder ons eie mense te kan leef, wat ook die krag van die genade werkinge van die Here erfaar het. En om teen ons eie verganklikheid te stry in ons eie liggaame.
Ons erfaar die daaglikse lewe met al sy gekompliseerdheid en vrese en terugslea soos enige iemand anders. Daar is nie teleurstellings van die kant van die Here nie. Die tekortkominge is alles in ons kant.
Ons kan alleen so effektief vir die Here wees as wat ons Sy reddende genade erfaar. Alles begin met die werk van die Here binne in ons. Omdat ons SY krag erfaar het kan ons dit in ons daaglikse lewens uitleef.
Deel van ons moeilike samestelling is die begeerte om die goedkoop-ste maklikste uitweg vir dinge in ons lewnes te wil vind. Dit is makliker om aan gevestigde gietinge (molds) te dink as om aan verskeidenheid van lewe te dink.Ons kan stene makliker hanteer as om met mense te werk. Die Here werk met mense en nie patrone nie, met mense en nie met vorms nie. Die gereinigdes is wonderlik verskillend.
Ons dink soms dat die ondervinding van hartsreiniging is die oplos-sing vir alles, die outomatiese antwoord op al ons vrae, die sekere mediseine vir al ons neerlae van die gedagtes en van die siel. As dit nie in ons lewens uitwerk nie, sê ons dat die leerstelling misluk het, eerder as ons verkeerde begrip weens ons defekte.
3) HEILIGMAKING EN ONS MENSLIKE PROBLEME:
Heiligheid het die gevolg dat ons nog met menslike probleme sal sit. Dit sal nie outomaties hierdie probleme oplos nie. Dit los die groot-ste probleme op, nl. innerlike sonde. Die wet van die sonde en die dood. Dit is nie aan die wette van die Here onderworpe nie. Rom.8:2-7.
Dit op sigself is ‘n wonderlike oorwinning. Dit is nie die einde van oorlog nie. Sonde binne in my mag vernietig word die dag wanneer ek die Here gevra het om my te reinig, maar sonde van buit is steeds baie aktief, wat nie sterf as ek gereinig is nie.
“n noodsaaklike toestand is wat ek nodig het wat ek in redding en heiligmaking ontvang, ‘n genoegsame toestand is een wat altyd die nodige resultate gee. Om te illustreer, petrol is noodsaaklik vir ‘n voertuig om te ry, maar dit sal niks doen as die battery nie werk nie. ‘n Gat in die band ‘n genoegsame toestand, om die band nie te laat werk nie. Jy het niks anders nodig nie.
‘n Noodsaaklike toestand is voorwaar noodsaaklik. Ek kan al die petrol in ‘n kar hê sonder vuur. Om te sê dat heiligheid nodig is vir my geestelike oorwinning beteken dat indien ek dit verwaarloos of uitstel neerlaag verseker vir my wag. Geen Christen sal geesetlik kan oorwin as hy binne twee kampe moet veg nie. Die vyand van buite en inwonende sonde van binne. Ons moet weet dat daar menlike probleme is waarvoor heiligheid nie die oplossing is nie. Die grootste heiliges het self ook ‘n lang pad om te gaan.
Daar is growwe plekke wat uitgestryk moet word in ‘n mens se lewe, verdraaiinge in die gedate wêreld en persoonlikhede wat uitgestruik moet word. Swakhede is nie booshede nie. Ek kan die volheid van die Heilige Gees hê en ook hulp nodig hê vir geestelike probleme of selfs emosionele aanpassings.
6) ‘N SKEPPENDE SAMESTELLING:
Daar is ‘n gelyke tussen sekerheid van geestelike oorwinning en die moontlikheid van menslike mislukking. Ons is nie altyd so suksesvol nie. Die element van Goddelike openbaring en menslike ondervin-ding wat uitgepolariseer moet word in aner teologiese sisteme, bestaan beie in die mens. Die Here en die mens.
Ons trek nie die absolute soewereine handeling van die Here in twyfel nie, maar ons weet dat daar ook ‘n menslike elment betrokke is. Wesley het ‘n duidelik balaas tussen God en die mens gehand-haaf. Hy het nie aan die aboslute soeweriniteit van die Here getwyfel nie, maar hy het ook die belangrikheid van die menslike verantwoor-delikheid besef. Hy het die verantwoordelikheid van menslike ver-antwoordelikheid besef, wat gehoorsaamheid en geloof behels.
7) MOEILKHEDE:
Ons moet ook ons eie valse verwagtige yuit die weg ruim. Ons kan ‘n te hoë of te lae verwagting hê van dit wat die Here vir ons wil doen. Ons kan in hartsreiniging ‘n finale verlossing verwag. Ons kan in een oomblik verwag dat die Here vir my moet doen wat my hele lewe sou neem om te moet gebeur. As die verwagte reslutate nie sou plaasvind nie sal ontmoedigings en neerlae my deel begin word. Daar is meer skade wat deur ontmoedigings en onmootlikhede plaas-vind as deur trots en doelbewuste sondes.
Een van ons ontmoediginge is dat ons nie het wat ander het nie en sal dan totaal ontmoedig word. Petrus het in Jerusalem gepreek en 3000 Christene het ontstaan op Pinkster. Paulus preek 30 jaar later op presies dieselfde plek in Hand.22:1-25 het Paulus daar gepreek en hulle het hom byna doodgemaak. Die verskil was nie in die mate van genade wat die een bo die ander gehad het nie. Dit was die omstan-dighede en voorwaardes wat verander het. Jy kan ‘n vuurhoutjie in ‘n bos gooi en ‘n geweldige brand onstaan maar jy kan ook dit in ‘n dam water gooi en geen resultate sal daar wees nie.
Woorde soos sonde, heiligheid, volmaaktehid, menslikhede, foute en swakhede kaan almal aan ‘n dosyn defenisies gekoppel word. Teologie is geloof wat begrip verlang. Gellof is altyd eerste dan begrip of insig.
HOOFSTUK 1
DIE SKAT: 2 Kor.4:7
Spr.10:22 sê: “Die seën van die Here – dit maak ryk, enmoeitevolle
BESKADIGDE EMOSIES:
Jak.5:13-16
Uit ‘n boom se jaarrige is daar soveel wat ‘n mens kan leer. Dit vertel van al die probleme, van droogtes, siekte en brandskades wat die boom ondervind het. So is daar by u en my tussen siektes en sondes ‘n area waarin ons dikwels soveel smarte ondervind het wat nie deur fisiese genesing of redding reggestel word nie.
Kom ons noem ‘n paar voorbeelde: Jannie kry vir kersfees ‘n klip in die kous vir een of ander straf, vrees van die kind wat in ‘n alkoholiese huis grootgeword het, en die vrees ervaar van pa wat ma aanrand, een of ander seksuele misdryf, selfs as kinders wat geeksperimenteer het, wat alles opstand en pyn in die siel van die mens veroorsaak het. Die uitroep van ‘n kind wat aandag geniet en by die bediende gelos word, die ervaring van ‘n kind wat ‘n egskeiding in die huis ervaar. Die emosie wat ervaar word as ek iemand vertrou het en hy of sy my teleurgestel het.
In die jaarringe van gedagtes en emosies is hierdie rekord opge-skrywe. Die herhinderringe is opgeskrywe en alles is steeds lewend. Dit affekteer direk en diepliggend ons konsepte en ge-voelens en verhoudinge met andere, en beinvloed my verhouding met die Here.
Wedergeboorte en die geesvervulde lewe sal hierdie probleme en emosies nie hanteer nie. Daar is geen vinnige genesing van per-soonlikheids probleme nie. Ons moet dit verstaan sodat ons ander nie te kras hanteer nie, en dan geduldig wees met hulle teen-strydighede en verwarrende optredes. Dit sal ons help om nie on-regverdig te kritiseer en te veroordeel nie. Hulle is ook mense soos ek en jy wat wonde en seerkry in die lewe ervaar het.
Wanneer ons besef dat verlossing nie kits emosionele genesing bring nie, bied dit vir ons belangrike insig in die leerstelling van heiligmaking. Dit is onmoontlik om te meet hoe christelik ‘n per-soon is deur sy uiterlike gedrag. Matt.7:16 Sê dat ons aan ons vrugte geken sal word.
TWEE UITERSTES:
Jy kry ‘n groep christene wat alles aan duiwelse aktiwiteite kop-pel, baie selde het die Bybel iemand aan duiwel besetenheid ge-koppel. Dit gebeur selde dat die outoriteit van die Here Jesus op-geneem moet word om die duiwel te bestraf. Daar is vele wrakke langs die pad van mense wat onvolwasse was en geeste uit mense probeer uitdryf het.
Aan die ander kant is daar die ontkenning van hierdie realiteite en dat daar net ‘n standaard resep is van Bybel lees en sekere dinge-tjies te doen om ‘n oplossing te kry. Mense wat beweer dat as jy geestelik reg was, sou jy nie hierdie of daardie probleem gehad het nie. Jy sal nooit teneergedruk voel nie, of enige wan emosio-nele gedragte gehad het nie.
Daar is die verhaal van die man wat per vliegtuig gery het en sy kospakkie oopgemaak het en die yslike kakkerlak in sy pakkie gekry het, en tuis skrywe hy verontwaardig ‘n brief aan die president van die leerdery. ‘n Paar dae later kry hy die antwoord per spesiale aflewering. Met die antwoord dit is baie ongewoon en wil u verseker dat die spesifieke vliegtuig reeds ontsmet is en al die sitplekke en bekleedsels is reeds uitgehaal, en dissiplinêre stappe teen die lugwaardin geneem wat die ete bedien het en sy mag selfs haar werk verloor. Dit selfs moontlik dat die spesifieke vliegtuig uit diens geneem gaan word, en vertrou dat dit nooit weer sal gebeur nie, en dat u weer van ons diens gebruik sal maak
Die man was geweldig beindruk totdat hy iets anders opgelet het. Heeltemal per ongeluk het sy eie brief aan die president sin vas-gesteek gewees. Aan die onderkant van sy eie brief was die nota: Antwoord met die gewone kakkerlakbrief.
So dikwels antwoord ons met die gewone brief, wanneer mense werklik diepliggende probleme ondervind. Ons gee flou niksseg-gende antwoordjies wat hulle tot dieper wanhoop dryf.
DIE BEWYS:
Een van die seerste emosies waarmee die mens sit is diepgewor-telde onwaardigheid. Dit bring ‘n voortdurende gevoel van angs, onbekwaamheid, en miderwaardigheid en ‘n innerlike getorring wat sê: ek is nie goed genoeg nie, ek sal nooit iets bereik nie, niemand het my lief nie, en alles wat ek doen is net verkeerd.
Wat gebeur wanneer so iemand gered word: ‘n Deel van sy brein glo dat die Here liefde is, en aanvaar die vergifnis en leef vir ‘n ruk in vrede, en dan skielik roep alles in hom uit: Dit is ‘n leuen, moet dit nie glo nie, moenie bid nie daar is niemand wat hoor nie, niemand gee tog om nie, daar is niemand wat jou angs sal weg-neem nie, hoe kan die Here iemand soos jy liefhê, jy is eenvoudig te sleg.
Ons sien dat die goeie nuus van die evangelie nie deurgedring het tot die beseerde innerlike nie, en dit moet ge-evangeliseer word. Die wonde moet deur die balsem van die Here Jesus aangeraak word.
Dan is daar die kompleks van perfeksionisme. Dit a.g.v. die gevoel dat ek nooit iets kan bereik nie, ek doen nooit iets goed genoeg nie, ek kan nie myself tevrede stel nie, nog minder andere of vir die Here. Hierdie persoon soek altyd, streef na dinge, voel gewoonlik skuldig, en word deur innerlike moets en moenie gedryf. Ek behoort dit beter te kan doen, ek moenie dit doen nie, ek moet verbeter, hy klim altyd maar kom nooit bo nie.
Wat gebeur wanneer hy ‘n christen word. Hy plaas dikwels hier-die perfeksionisme oor tot sy Christenskap, hy het die idee dat hy die kind van die Here is wat die Here moet behaag. Hy begin teen hierdie leer opklim om te ontdek dat die Here net altyd onbereik-baar is.
Dikwels in die huis of kinderjare probeer die kind die ouers te be-haag deur goedkeuring van sy ouers te kry, en nooit ‘n bevrede-gende antwoord gekry vir dit wat hy probeer eg doen het nie. Dan gebeur dit dat ek net leef vir ander se goedkeuring en ander te-vrede te stel en stort uiteindelik in duie.
Dan is daar die emosie van super sensitiwieteit. Hierdie is ‘n persoon wat gewoonlik al baie diep seergekry het. Hy het na liefde en goedkeuring gesoek en toegeneentheid maar i.p.v. dit net die teenoorgestelde gekry, en sit met diep wonde binnekant. Soms sien hy dinge raak wat ander nie sien nie, en is geneig om te voel wat ander nie voel nie. Super sensitiewe mense het baie goedkeur-ing nodig, want hulle kry nooit genoeg daarvan nie.
I.p.v. om sensitief te raak, raak hulle byna gevoelloos, deur hulle gevoelens weg te steek, en hard en taai te probeer wees,. Hulle wil soms wraak neem en ander ook seermaak, en bring hulle hul lewens deur om ander af te kraak en hulle seermaak te domineer. Dit raak hulle ondervindinge met die Here baie diep en beslis.
Dan is daar die wat vol vrese is: Die grootste vrees is die van mislukking. Hierdie tipe mens is die een wat altyd stry en rede-neer. Hierdie persoon kritiseer altyd en sal nooit besluite neem nie. Dit is die tipiese mens wat vrees om verkeerde besluite te neem. Wanneer hulle gered word is geloof vir hulle altyd iets om weg te skuif. Besluite skeur hulle in twee, geloof kom moeilik, en getuienislewering nog erger. Hierdie mens leef in die asse: As dit of dat gebeur.
Paulus het in die Korinte brief oor elke des moontlike probleem gesels: Probleme soos russie, skeurings, hofsake, eiendom rusies, en verskeie seksuele probleme, soos bloedskande en prostitute. Hy het voorhuwelikse verhoudinge en verhoudinge binne die huwelik aangespreek, en buite huwelikse verhoudinge.
Hy het die weduwees egskeiding, vegetariërs, dronkenskap, die nagmaaltafel, om in tale te spreek, die dood en begrafnisse, offer-handes, en om werwing vir die kerk te doen gepraat.
In die begin het hy gesê dat hy niks wou weet of praat as behalwe die Here Jesus nie, 1 Kor.2:2. Dit beteken dat die evangelie prak-ties is en die vlakke bereik waar u en ek lewe. Een van die groot-ste probleme is die van seks.
GODDELIKE HERSTELWERK:
Wanneer Paulus in Romeine praat van die Heilige Gees wat ons bystaan gebruik hy ‘n mediese terme wat verwys na die verpleeg-ster wat by ons staan todat die wond gesond word.
Wat is u en my se aandeel in beskadigde emosies. Die Heilige Gees is ons Goddelike raadgewer, en ons Goddelike Psigiater, wat ons probleem aan die ander kant beetkry. Daar is Bybelse begin-sels wat ons op hierdie staduim vir u wil gee om genesing te ondervind.
1) Staar u probleem in die gesig: Konfronteer daardie aaklige weggesteekte kinder herhindering, hoe diep die gevoelens ookal in jou is, met ‘n onverskrokke morele eerlikheid, en met die gande van die Here. Erken dit by jouself en teenoor ‘n ander per-soon. Sommige probleme kan nooit opgelos word todat jy dit teenoor ander erken nie. Bely jou sondes eerlik teenoor mekaar, en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Jak.5:16
Sommige mense het geen diep innerlike genesing nie, omdat hulle
die moed kortkom om probleme werklik met iemand anders te deel.
2)Aanvaar jou verantwoordelikheid in die saak: Jy sê dat jy die slagoffer was, jy het geen idee wat met my gebeur het nie. Ek het nie die gevare van seks geken nie, en is in hierdie bose wêreld net gebruik. Dit was dalk van die eerste keer waar, maar wat van die tweede en derde en vierde keer. Wie se fout was dit toe.
Oorerwing, omgewing ens. speel ‘n baie groot rol in kinderjare en by onderwysers, maats ens. Jy sal nooit genesing van jou beska-digde emosies kry totdat jy jou eie skuld en verantwoordelikheid erken nie.
3)Vra jouself of jy genees wil word: Toe die Here Jesus die man wat 38 jaar verlam was vra of hy gesond wil word in Joh.5:6 vra Hy hom eintlik wil jy regtig gesond word, of wil jy net oor jou probleem gesêls. Wil jy op iets steun of wil jy my toelaat dat Ek jou genees.
Ons leef in die tyd dat ek myself as die produk van my omstan-dighede sien en nie eie verantwoordelikheid wil neem nie. Dan sal jy gewillig moet wees om te aanvaar dat geen wond te diep is vir die Here om te genees nie.
4) Vergewe enige iemand wat by jou probleem betrokke was:
Om jou probleem in die gesig te staar is om albei kante van die muntstuk raak te sien en toe te laat dat die Here alles waarop gebou het onder my uit te trek dat ek voor Hom sal staan net soos ek is. Om verantwoordelikheid te aanvaar en te vergeef is byna een daad. Sommige gevalle moet dit gesamentlik gedoen word, ander kere nie. Daar is geen genesing sonder vergifnis nie.
5) Vergewe jouself: Mense sê dat hulle weet dat die Here ver-gewe, maar hulleself vergewe nooit. Hoe kan jy glo dat die Here vergewe as jy nie bereid is om jouself te vergewe nie. Wanneer die Here vergeef begrawe Hy die sonde, in die see van vergeten-heid. Hy het dit agter Hom gegooi.
6) Vra die Heilige Gees om jou te wys wat jou probleem regtig is, en hoe jy moet bid: Rom.8:26 Sê Paulus dat ons dikwels nie weet hoe om te bid nie, maar die Heilige Gees tree vir ons in. Soms gebruik die Heilige Gees ‘n persoon, en soms kan die Heilige Gees self die werk doen. Onsmoet die probleem besef sodat ons sal weet hoe om te bid. Die Heilige Gees weet waar om te vroetel om by die probleem uit te kom. Ons ontvang dikwels nie omdat ons verkeerd bid.
******************************
MOENIE VREES NIE II
DIE HEILIGE GEES EN DIE GENESING VAN BESKADIGDE EMOSIES.
Hebr.4:14-16
“Want ons nie het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde”.
Daar is ‘n ander sfeer van probleme wat ‘n spesiale soort gebed en ‘n dieper vlak van gensing deur die Heilige Gees vereis. Ons swakhede, soos ons dit vind in Matt.8:17 “…Hy het ons krank-hede op Hom geneem en ons siektes gedra.”
Daar word in die Woord van die Here baie duidelike verskille aangedui tussen die begrippe sonde, sondes, en swakhede.
Swakhede het direk te doen met tekortkominge waarmee die mens sit as ‘n gevolg van die sondeval en word nie uit die hart ge-bore nie, maar het sy ontstaan uit die verstand. In Lev.5:17-19 is dit duidelik dat die skrywer hier ‘n duidelike onderskeid tref tus-sen die persoon wat gesondig het se offer en dan die persoon in die geval wat ‘n fout begaan het uit onkunde of onbewustelik.
Swakhede is nie sonde as sulks nie maar het meer met die effek van die sondeval op die mens te doene. As daar nie met swak-hede, waarvan ek kennis dra gehandel word in die proses van my geestelike groei nie, sal dit tot sonde kan lei. Daar is verskillende aspekte waarin ons dit gaan vind soos bv.
* Verstrooidheid
* Bedorwenheid: Hierdie persoon wat in ‘n ryk huis grootge-
word het, en gewoond was om die septer te swaai doen dit dan
ook in sy grootmens lewe.
* Armmoede lei dikwels tot intense minderwaardigheids
komplekse.
* Perfeksionisme waarin die persoon ervaar het dat hy nooit
goed genoeg was nie ens.
* Gesinne wat egskeidings ervaar het kan bv. in een gesin een
helfte van die gesin na rykdom smag omdat hulle arm en
swaar groot geword het. Die ander helfte van die gesin smag
net na vrede omdat hulle die spanning voor die egskeiding
ervaar het.
* Suspisie het te doene met die skending van my karakter wat tot
‘n wanbegrip van liefde lei en dus altyd besig is om ander se
bedoelinge, dikwels verkeerdelik te evalieer.
So het elkeen van u en my tekortkominge, sommige is net meer sigbaar, andere het geleer om hulle tekortkominge meer te ver-bloem. Die wat dit meer verbloem bly langer in hierdie groewe vasgevang as die wat bereid is om dit te erken.
Ook ons lieflike Heiland het met tekortkominge gesit soos John Flether dit omskrywe het:
“Was ons Here Jesus nie onvolmaak nie? Het Sy ligaamlike sterkte nie in angs gebid nie? of in intense inspanning nie? Lees ons nie dat Hy in die skip geslaap het toe Sy dissipels in die on-stuimige see gespook het nie? Het hy nie gesê: “Word toornig en sondig nie”? Was Hy nie bedroef by die graf van Laserus nie, en het Hy nie honger gely in die woestyn nie? Was Hy nie moeg by die put van Jakob nie, en het Hy nie uitgeroep “Ek het dors” aan die kruis nie?
As Hy aan die sondige natuur se effek blootgestel was, en versoek was in alles soos ons, is dit nie hoogs moontlik dat Hy ‘n uiterste vreemdeling was rakende die natuurlike aptyte, en die onaan-gename ervaringe wat aan vlees en bloed gekoppel is nie? Is dit dan sonde om hierdie ervaringe te hê? Is dit nie waardigheid om dit totaal te verloën of om dit te bevredig as ‘n plig? Sekerlik die dissipel is nie bo sy Meester nie. Dit is genoeg vir die dissipel om soos sy Meester te wees. Matt.10:24-25
Solank u en ek op aarde is, sal ons nooit verlos kan word van swakhede nie, want dit het met die effek van sonde te doen in my persoonlike lewe.
Dit beteken nie dat hierdie tekortkominge wat u en ek ervaar die lewe ongelukkig of te moeilik maak om te bestaan nie.
Paulus verwys na hierdie geseënde Gees Vervulde lewe as:
“Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit onsself nie”
Al is die hart gereinig van sonde neem dit nie die menslike ele-ment in u en my lewe weg nie. Dinge soos:
“Foute aangaande waarnemings, tekortkominge van die liggaam vrese wat met onsekerheid gekoppel is, onaangename drome, dwalende gedagtes, tye wanneer vreugde nie bestaan nie, ‘n sin van onproduktiwiteit vir die werk van die Here, sterk versoe-kinge, word nie van ons weggeneem nie.
Vir ons is dit moeilik om te begryp hoe hierdie Grote God in ons kleine hart Homself kan kom intrek. Paulus sê vir ons in 1 Kor.6:19 “Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julleself behoort nie”
Die Gees van God leef as ‘n realiteit in die harte van die wat met
die Gees van God vervul is.
Hoe is dit moontlik dat Hy in elke indivudele Christen se hart kan woon, wat persoonlik ‘n misterie is wat ons nie kan verklaar nie. Hy voeg niks tot die menslike gees by nie, as behalwe suiwer liefde, en neem niks weg as behalwe sonde nie. Hy vervul die innerlike wese van die mens sonder om die persoonlikheid te oorweldig. Hy beheer een se emosies, en lei die persoon sonder om hom te forseer.
Dit kan alleen verduidelik word uit Matt.19:5 “hulle twee sal een vlees word”
Dit is soos kar olie wat ‘n baie hoër konsentraat olie bygegooi word, waar die moter se olie reeds vol is, maar nou net meer effektief maak. Of soos ‘n persoon wat op ‘n stadion sit en ‘n gebeurtenis dophou, en elkeen gelyktydig wat daar is dieselfde gebeurtenis kan dophou, met verskillende intensiteite.
Dit bring ons by ‘n punt nl. dat daar ‘n balaans is tussen die menslike en die Goddelike element in die mens. Die Gees ver-vulde lewe is nie alles van die Here ook nie alles van die menslike kant nie. Aan die menslike kant moet daar ‘n konstante toe-wyding aan die Here wees, nadat ek gereinig is, en van die Gees se kant is daar die voortdurende genade wat vloei, wat voldoende is vir die taak.
Die Gees van die Here berei nie net die Christen vir die diens van die Here voor nie, maar bied aan ons al die Geestelike Gawes, en lei ons stap vir stap om hulle te benut, vir die spesifieke taak.
(Hand.13:4,8-9; 16:6,7)
Die Gees vervulde lewe is ‘n waarborg vir die beste in die indi-viduele lewe, en bied die hoogste diens aan my mede-mens deur die instaatstelling van die Heilige Gees.
MOENIE MOEDELOOS WORD NIE III.
DIE BEGRIP VIR ONS TEKORTKOMINGE:
2 Kor.12:1-10.
Solank ons in die liggaam is, sal ons altyd ‘n probleem ondervind met tekortkominge. Met sommige ondervind hulle groter probleme as met andere, weens die mate waardeur ek daardeur geraak is. Alle menslike wesens het een of ander vorm van tekortkominge. Dit is nie sonde as sulks nie, maar tekortkominge of swakhede, wat deur die duiwel gebruik kan word om u en my te treiter, of as ‘n kanaal waar-deur sonde ingang in die mens kan verkry. Dat dit nie sondige dade as sulks is nie is duidelik uit Paulus se verwysing na sy eie lewe in 2 Kor.12:9. In Vs.10 sê Paulus: “Daarom het ek behae in swakhede…”
Ons moet onthou dat dit i.v.m. sy doring in die vlees genoem is, en verwys hy na die heerlike oorwinning wat hy ervaar in die krag van die Here se algenoeg-saamheid. Dit is om Christus wil dat hy behae in sulke moeilikhede ondervind, wat uit hierdie swakhede gebore is.
Enigeen wat getreiter word tot die vlak waar spesiale genade nodig is sal vind dat, as ek dit in die regte gesindheid dra, beproewinge ‘n metode van die bediening van genade is, wat soms nie buite die area van lyding kan ondervind word nie. Aan die ander kant is dit waar dat die duiwel ‘n mens dikwles in die area van jou swakhede aanval.
In elke geval waar genade in een se lewe geopenbaar moet word, is dit net redelik om te verwag dat die duiwel sy aanslag loots om voor-deel daaruit te trek, om jou teen die Here en Sy werk in die menslike lewe te wil treiter. Weens hierdie aanslag ondervind baie Gees ver-vulde kinders van die Here moeilikheid met hulle swakhede. As die saak vir die persoon net meer uitgeklaar kon word sal dit die moeite werd gewees het om versoek te word.
Die senuwee stelsel is die mees delikate masjien aan die mens bekend. Dit kan by tye sy beste vriend wees, maar by tye sy grrootste probleem. ‘n Omvergewerpte senustelsel kan een laat voel dat alles verkeerd is, terwyl geen organiese porbleem ontdek is nie.
Een van die mees uitstaande toetse waardeur een mag gaan is juis hierdie probleem. Ons verwys nie spesifiek na ‘n verstandelike ineenstorting of ‘n algehele senuwee ineenstorting nie, maar die ligter vlakke van senu probleme, weens ligaamlike swakhede of senuwee uitputtings. In so ‘n staat mag die senuwees so vreemd optree dat dit einaardige ervaringe kan ondervind, soos rusteloos-heid, oorreaggerende reaksies in situasies, en selfs stuipe en rukkens kan veroorsaak.
Soveel so dat net die skuif van ‘n papier of die beweging van iemand se voet iemand tot raserny kan dryf. Een kan spring of gil en in ‘n geringe gespanne atmosfeer, of verskeie ervaringe wat nie normaal is aan die persoon se gewone gedragspatroon openbaar nie. Dit is nie te sê dat dit onheilige versteurings in die hart hoef te wees nie, maar bloot ‘n reaksie op die liggaam onder hierdie geweldige gespanne situasie
‘n Oorbelaaide gespanne senustelsel, kan buie veroorsaak, optredes en emosies wat na vleeslike optredes mag lyk. Die senuwees affek-teer die gedagtes, en die gedagtes affekteer die optrede, daarom moet ons dan meer simpatiek en begripvol wees, wanneer iemand in die staat is, want hulle kan by tye op so ‘n toonhoogte spreek dat dit soos die stem van vleeslikheid klink.
Wanneer daar onrusrigheid in die hart bespeur word, gekoppel aan die senu-toestand, wat opbou, is dit gekoppel aan ‘n onrein hart, wat reiniging nodig het.
Wanneer die senuwee’s probleme gee, gebeur dit dat ‘n persoon insinkings kan ervaar soos asof die dood nader tree.
Ongeoorloofde gedagtes kan die persoon dan treiter, soos self-moord neigings, en sou die persoon daaraan toegee is dit hoë risiko gebied waarin hy hom bevind.
Hierdie gedagtes hoef nie noodwendig van vleeslike vrese te ont-staan nie, maar van die gemoeds-toestand waarin die persoon hom op daardie oomblik begewe. So ‘n persoon behoort dan juis op te kyk na die Here, en rus en sy vertroue geheel op die Here te plaas, en weier om aan hierdie gadagtes ag te slaan.
Dit gebeur selfs dat die duiwel dan kom en ‘n mens op hierdie area treiter en aan te kla, om toe te gee. As aan die Here sal vashou, sal Hy weer Sy lig na ons harte stuur, en uitkoms gee.
As iemand voel dat hy laagtepunt bereik het, is daar een troos nl. ek is reeds onder, ek kan nie val nie. Vertrou op die genade van die Here, en in die soendood van Christus, moet nie op menslike sterkte en vermoeëns vertrou nie.
In die poging van die duiwel om die mens te trap en te vernietig, het die duiwel nog altyd sy grootste aanslag op die gedagte wêreld van die mens gekonsentreer. Die gedagtes is vanaf die sondeval bloot-gestel aan vele tekortkominge. Hy het juis die gedagtes van Adam en Eva gevange geneem, en sal die mens nog deur dieselfde weë treiter. Selfs die Here Jesus in die groot versoeking, het Hy langs hierdie weg gepoog om sy aanval te loots. Dit is steeds die grootste slagveld van die heiliges.
Daarom dat Paulus melding maak van “Elke gedagte gevange neem, tot gehoorsaamheid aan God”.
Om ons in hierdie area te help het Paulus vir ons in Fil.2:5 gesê:
Uit die Engels: “Laat hierdie gedagte in julle wees”
Hebr.12:3 gaan verder waneer hy sê: “Want julle moet ag gee op Hom wat so ‘n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in julle siele (gedagtes) nie vermoeid word en verslap nie”
1 Pet.1:13 Sê: “Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word”
11 Tim.1:7 Moedig ons aan deur te sê: “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing”.
Nêrens in die Bybel het die Here van ons ‘n volmaakte gedagte vereis om Hom te behaag nie, maar ‘n volkome hart, en volmaakte liefde, as die ondervinding van die Here Jesus.
Weens die onvolmaaktheid van ons gedagtes onstaan daar baie foute in beoordeling. Soms is daar onvolmaakte handelinge weens onvol-maakte kennis, en word ons soms diep bedroef as ons lig ontvang oor ‘n area, en sien hoe dwaas ons eens opgetree het. ‘n Ware ge-heiligde sal vinnig wees om sy foute te erken asook om daaraan te werk.
Charles Finney het duidelikheid aangaande die onderskeid tussen volmaakte kennis en volmaaktheid soos deur die Here Jesus in Matt. 5:48 verduidelik. “Die volmaaktheid wat in die Skrif na verwys word is nie volmaaktheid in kennis nie, selfs in ons beperkte fakulteite” Selfs 1 Kor.13 erken dat daar miskien volmaakte liefde kan wees sonder volmaakte kennis.
Baie gereingde kinders van die Here struikel oor dwalende gedagtes. Dit tenspyte van die feit dat ons gedagte gerig is tot ‘n sekere taak, projek of onderwerp, en dan om die Skrifte te bedink, het nie met ‘n onrein hart te doen nie, maar die effek van die sondeval. Wanneer ‘n mens moeg is, is ‘n mens se gedagtes geneig o meer te dwaal as wan-neer ‘n mens vars is. In tye van moegheid is dwalende gedagte ge-vaarlik omdat die duiwel dan met sugesties inkom.
In tye van hoë spanning en druk, kom bose indrukke sterker deur na die gemoed, selfs i.v.m. die Here en Sy werk, en kan die duiwel selfs lasterlike dinge in die gedagtes van die mens plant, wat soos op ‘n skerm voor my gemoed verby beweeg.
Gewoonlik word ek in my vroeëre geestelike ervaringe meer aan-geval , of wanneer my gestel af is, en kom dan met die gedagte of ek wonder of my hart waarlik gereinig is. Die gedgates is onderhewig aan elke vorm van indruk en van alle bronne. Dit word soms ver-oorsaak deur geluide en beelde van die wêreld waarbinne ons staan. Selfs taalgebruik wat ek as kind onthou het, in die onder-bewussyn weggebêre lê, wat dan op ‘n onvoorsiende oomblik my gadagtes deurspoel.
Net soos gesonde bloed in ‘n een vernietengende weefsel, wat deur ‘n ongeluk veroorsaak is nie die wond kan genees nie, sal swakhede of tekortkominge nie deur die bloed van Christus my van hierdie aspekte verlos nie.
Wesley sê: Hoeveel dwalende gedagtes mag ontstaan, uit verskil-lende omstandighede, van ons gedagtes, wat sonder ons kennis ge-vorm is, en onafhanklik is van ons keuse. Hoe hierdie verbintenisse gevorm word kan ons nie verklaar nie, maar hulle is in duisend ver-skillende maniere gevorm. Dit is nie in die mag van die mees heilig-ste en wyste persoon om hierdie assosiasie te verbreek nie, en om te keer wat die mees belangrikste gevolge kan wees, as ‘n saak van daaglikse waarneming. As hulle van ‘n tekortkoming onstaan of van een of ander per ongelukke swakheid, of ‘n kwaal, is hulle so onskul-dig soos ‘n swak beleid of ‘n sieklike liggaam.
Wesley verwys na twee soorte dwalende gedagtes: Die wat weg van die Here af dwaal, a.g.v. ‘n sondige hart, of ‘n vleeslike staat, wat bose gedagtes voed, wat sondig is, en die wat weens natuurlike oorsake onskuldig is.
Die eerste is gewoonlik toegelaat deur die persoon self, terwyl die laaste meer onbeheersd is, todat hulle onder beheer gebring word.
Dit is die strik van die duiwel om die ernstige en toegewyde Christen te verwar aangaande hierdie aspek. Die toets van die gedagtes sal gou die waarheid tot die oppervlakte bring. As iemand bose gedag-tes het wat sy trots voed, begeertes, of enige ander vorm van bose , wat hy in sy hart toelaat, is dit sonde. As die gedagtes nie ‘n hart’s terugvoer ervaar nie, selfs al is daar druk toegepas, weet ‘n mens dat dit van ‘n ander bron kom.
Somtyds gebeur dit dat onder gebed die gedagtes weggvoer word, tot die mate dat gebed benadeel word, dat dit deur bose geeste bewerk kan word, wat die treiter wat hy nie kan vernietig nie. Dink aan die insident van Martin Luther wat die inkpot gegooi het na die duiwel, wat hom gepla het toe hy gebid het.
Dwalende gedagtes kan niemand enige skade aandoen solank hulle onder beheer is nie. Ons kan nie verantwoordelik gehou word vir dwalende gedagtes nie, maar dat die gedagtes in ons harte posvat kan ons keer.
Daar is ‘n paar dinge wat ons moet weet aangaande fisiese swakhede nl.: Wanneer ek fisies swak is is ek meer blootgestel aan sataniese aanslae as wanneer in goeie gesondheid. Die duiwel gebruik die liggaam as ‘n kanaal om sy doel te bereik.
In tye van fisiese moegheid moet een waak teen sy emosies. Hulle kan op en af fliktueer wanneer omstandighede my dan omring, en kan nie as ‘n gids van geestelikheid dien nie. Ouer mense het ‘n groter behoefte aan sekuriteit in hulle omstandighede, en is meer van andere afhanklik vir ondersteuning. Hulle kan so onproduktief voel dat hulle hul gebedslewe begin verwaarloos, en selfs van aktiwiteite ontrek wat hulle andersins nog sou kon verrig.
As die duiwel my nie opblaas nie, sal hy my wil afblaas. Dink aan Elia in sy tyd van ontmoediging.
In watter ouderdoms groep ek verkeer moet ek onthou, dat my liggaam onderworpe is aan baie tekortkominge, en veranderlike omstandighede, en dat dit te alle tye bewaar moet word, en in lyn met my geestelike lewe gehou moet word, sodat ek nie in sonde verval nie.
PROBLEME WAT UIT FOUTE KAN ONTSTAAN:
Ons kan blaamloos en skadeloos ‘n kind van God wees, maar tog sekere foute begaan wat aan ons kan kleef. Daar is geen onder-vinding hier op aarde wat my van foute gaan vrywaar nie, hoewel die inwonende Heilige Gees, die Christen in die gesindheid van regstel-ling sal bewaar.
Een van die probleme met foute kan wees, dat in my poging om my saak reg te stel, ek tot verdere foute kan lei, en deur die regstelling nog verdere misverstande kan veroorsaak. Om ‘n fout reg te stel is geen kleine taak op sy eie nie.
Dit is so dat ons nie almal dieselfde foute het nie, tog bestaan daar baie ooreenkomste, maar dat ons genoeg besit om ons nederig te hou
Foute is nie regtig sonde nie. Dr Taylor vra: Deur die terme sonde, sluit ons elke fout in beoordeling, onkundige verdediging, of enige ander openbaring van menslike swakheid en beperking in? Dit is van selfsprekend nie so nie. Laat ons onthou dat die Here se stryd met die mens is nie met ons menslikheid nie, maar met ons doel-bewuste verkeerde handeling om ons wil teen die wil van die Here te stel.
Baie vind dit moelik om te onderskei tussen sonde en foute. ‘n Fout is nie ‘n sonde nie, net so is sonde nie ‘n fout nie. ‘n Fout onstaan uit die hoof of gedagte, terwyl sonde uit die bose beginsel van die hart ontstaan. Daar is ‘n bose keuse en ‘n slegte motief, wat uit sonde onstaan.
Foute kan groot ongelukke veroorsaak, soos ‘n sinjaal wat verkeer-delik op ‘n treinspoor oorgeplaas word en twee treine laat veron-geluk, en vele mense se lewens kos.
Dit kan tot ‘n verkeerde toepassing lei, maar totdat die persoon betrokke nie sy fout ontdek het nie, is hy nie verantwoordelik vir die handeling wat daaruit onstaan nie.
John Wesley sê: “‘n Mens mag met liefde gevul wees, en steeds tot foute blootgetsel wees. Ek word nie gevrywaar van handelende foute nie, todat dit imoreel word. ‘n Fout in opinie mag lei tot ‘n fout in handeling. Elke so ‘n fout, was dit nie vir die bloed van Christus nie, sou tot ewige skade gelei het. Dit spruit daaruit dat die mees volmaakte het voortdurende behoefte aan die versoening van Chris-tus, ook vir hulle oortredinge, en mag vir onsself en vir andere sê: “Vergewe ons ons oortredinge”.
Gal.6:1 Waarsku ons dat ons op ons eie lewens moet let, en nie bemoeisiek moet wees om andere sin te rig en te lei nie deur die aan-haling: Broeders as iemand deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is so een reghelp met die gees van sag-moedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie
Voorbeeld: ‘n Boom se jaarringe wat baie van die groei van die boom vir ons deurgee nl.
* tye van droogte
* tye van te veel reën
* plekke waar die boom deur die weerlig geslaan is
* normale groei
* bosbrande
* plantsiektes
En dit alles saam is die ‘biografie’ van die boom.
Net so is daar net onder die maskers wat mense dra, letsels van ou seerplekke. Noem voorbeelde.
Sulke letsels laat ‘n seer en ‘n opstand wat onbeskryflik groot word. Hierdie letsels word nie aangeraak deur bekering en regverdig-making of deur ure se gebed nie.
In die jaarringe van ons gedagtes en emosies is die rekord opgeskryf. Die herinneringe is opgeteken en alles is steeds lewend
Hulle affekteer, direk en diepliggend, ons konsepte, ons gevoel-ens, ons verhoudings met ander.
Hulle affekteer die manier waarop ons na die lewe en na God kyk, na ander en na onsself!
Baie mense glo dat wedergeboorte en geesvervulling, outomaties hierdie emosionele probeme wegneem. Dit is nie waar nie.
‘n Werklike ondervinding met die Here Jesus en die Gees van God, bring vir ons nie ‘n kortpad na emosionele gesondheid nie. Daar is geen vinnige genesing vir persoonlikheidsprobleme nie.
Ons moet die Heilige Gees toelaat om met spesiale genesing aan ons eie seerkry en verwarring te werk. Dit is baie nodig, sodat ons nie ander te kras sal oordeel nie. Elke mens het maar sy of haar pad gestap wat veroorsaak dat hulle miskien maar minder of meer verdraaid is – ‘n mens moet geduld en ruimte hê vir die ontwikkeling en groei van die persone rondom jou.
‘n Mens kan nie oordeel hoe christelik ‘n persoon is deur bloot te oordeel volgens sy uiterlike gedrag nie. Persone kom uit verskillen-de agtergronde en het verskillende dinge deurgegaan en is deur dit alles heen in hulle persoon, op ‘n sekere manier gevorm. Dit is beter om nie vinnig te wees om ‘n oordeel te fel oor optredes van mense nie.
Deur na hierdie deel van die mens te kyk, op die wyse waarna ons daarna wil kyk beteken nie dat ons standaarde verlaag of ons verant-woordelikhede ontglip of ouers en oorerwing blameer vir die misluk-kings en neerlae in ons lewens nie.
Miskien verstaan u beter as ek vir u sê dat sekere areas in ons lewens spesiale genesing van die Heilige Gees nodig het, omdat hulle nie onderworpe is aan gewone gebed, dissipline en wilskrag nie, vereis daardie dinge spesiale begrip en vernuwing van ons gemoedere. Dit geskied nie oornag of in ‘n krisis-ondervinding nie, maar is ‘n proses
TWEE UITERSTES
Daar is persone wat alles as van DIE DUIWEL sien. In plaas van nugter raadgewing, probeer hulle duiwels uitdryf, waar daar nie duiwels is nie. Dit doen ongelooflike skade in die lewens van, in besonder, jong gereddes.
Die ander uiterste is dat ‘n persoon vir alles wat nie reeds, volgens verwagting gevorm en ontwikkel is in die persoon van die mens nie, toe te skryf aan ‘n GEBREK AAN GEBED EN OM-GANG MET DIE WOORD VAN GOD.
Dit veroorsaak net groter probleme, omdat die persoon wat met emosionele onverwerkte dinge sit, nie in staat is om dit self uit te sorteer nie en baie moontlik ook sukkel in hulle verhouding met die Here.
Voorbeeld: Gewone ‘kakkerlak-brief’
1. DIEP GEVOEL VAN ONWAARDIGHEID
‘n Voortdurende gevoel van angs, onbekwaamheid en minder-waardigheid. ‘n Gevoel van ‘nooit goed genoeg wees nie’. Nie-mand gee werklik om nie – niemand het my lief nie.
Wanneer so ‘n persoon die Here aanneem aanvaar hy aanvanklik die liefde van God en die wonderlike vrede wat dit bring, maar nie te lank daarna nie kom die beskuldiginge – dit is alles ‘n leuen…
Die rede vir hierdie gesindheid is dat die diep, innerlike wonde nie aangeraak en genees is deur die balsem van Christus self nie.
2. DIE KOMPLEKS VAN PERFEKSIONISME
Dit is die innerlike gevoel wat sê, ‘ek kan nooit werklik iets bereik nie’. Ek doen nooit iets goed genoeg nie
.
Kan nie myself tevrede stel nie, nog minder ander of God. Hierdie persoon soek altyd na iets, voel altyd skuldig en word gedryf deur moets en moenies. Hy klim altyd maar kom nooit bo nie.
Wanneer ‘n persoon die Here ken, plaas hy dikwels hierdie per-feksionisme oor op sy verhouding met God. Hy sit alles in om God te behaag, maar dit bly net altyd buite sy bereik. Sy pogings word net al hoe intenser en hy kom net nooit op die plek waar hy God behaag, volgens sy konsep nie.
Mense wat verdraaid is a.g.v. gebrek aan groei, het ook verdraai-de sieninge oor dinge. Die kompleks van perfeksionisme hou baie mense uit die koninkryk.
3. SUPERSENSITIWITEIT
Hierdie persoon het baie diep seergekry. Hy het gesoek na liefde en goedkeuring en al sy goeie motiewe en pogings is verkeerd opgeneem.
Hierdie persoon sien dinge raak wat nie regtig daar is nie en voel oor sake soos mense, onder normale omstandig-hede nie sal voel nie.
Supersensitiewe mense het baie goedkeuring nodig. Hulle kan nooit regtig genoeg daarvan kry nie. Hulle kom dikwels gevoel-loos voor omdat hulle al so diep seergekry het dat hulle ‘n skans rondom hulle bou om nog seerkry af te weer.
Hulle het geleer, deur die jare om hulle gewone gevoelens weg te steek. Hulle is bitter en wil graag wraak neem om ander ook seer te maak. Sonder dat hulle besef wat hulle doen, gaan hulle deur die lewe en breek voortdurend mense af, maak hulle seer en domineer hulle.
4. DAN IS DAAR DIE VREESBEVANGE MENSE
Hierdie persoon se grootste vrees is die vrees vir mislukking. Dikwels sit hierdie mense aan die kant en kyk na die lewe – hulle is te bang om daarin te deel en te misluk.
So ‘n persoon is altyd te bang om ‘n besluit te neem, in geval dit die verkeerde besluit is. Hierdie patroon van lewe word net voort-gesit as die persoon die Here vind, tensy hy toelaat dat die Heilige Gees in daardie areas hom vorm en verander.
Die evangelie het ‘n boodskap vir verskillende soorte emosio-neelbeskadigde persone.
GODDELIKE HERSTEL
Wat is ons aandeel in die genesing van ons beskadigde emosies?
1. STAAR JOU PROBLEEM IN DIE GESIG
Erken jou probleem aan jouself en aan ander.Jak.5:16 “Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar sodat julle gesond kan word.”
2. AANVAAR JOU VERANTWOORDELIKHEID IN DIE SAAK
Aan die een kant is daar oorerwing, omgewing, dinge uit jou kinderjare, jou ouers, onderwysers, maats, hindernisse in die lewe. Aan die ander kant, jy wat ‘n verantwoordelikheid het. Wat jy gaan doen met wat in jou lewe gebeur het, gaan afhang of jy be-reid is om op te hou om ander te blameer, m.a.w. om te vergewe.
3. VRA JOUSELF AF OF JY GENEES WIL WORD
Wil jy gesond word of wil jy deur jou probleem simpatie bly soek? Wil jy mank bly loop deur die verskonings as ‘n kruk te gebruik? Of jy gewillig is om die verantwoordelikheid in die saak te aanvaar?
4. VERGEWE ENIGEEN WAT BY JOU PROBLEEM BETROKKE IS
As ek waarlik vergewe beteken dit dat ek niemand meer sal kan blameer vir my toestand nie. Daarmee saam moet ek verantwoor-delikheid neem. Geen genesing vind plaas sonder vergifnis nie.
5. VERGEWE JOUSELF
Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
6. VRA DIE HEILIGE GEES OM JOU TE WYS WAT JOU PROBLEEM REGTIG IS, EN HOE JY MOET BID
Soms werp die Here lig deur ‘n gesprek met ‘n raadgewer, soms direk uit Sy Woord of ‘n insident in die lewe van ‘n persoon, wat hom skielik bewus maak van sy werklike probleem.
Dikwels weet ons nie reg wat om te bid nie, maar die Heilige Gees sal ons lei in hoe en wat ons moet bid.
SKULDGEVOELENS, GENADE EN SKULDINVORDERING
Die behoefte aan vergifnis, genade en liefde is in die stuktuur van die natuur gebou en ook so in die mens. Ons is gemaak vir genade, liefde en aanvaardig.
Een van die beskrywings van sonde is ‘die verbreking/skending van God se wette’. Wat waar is vir God se wette is ook waar in die sfeer van interpersoonlike verhoudings.
Matt.6:12 “…en vergeef ons ons oortredinge soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree het.”
Daar is in die mens ‘n ingeboude skuldstelsel wat sê: ‘ek behoort…’. Ons wil vergoed vir die verkeerde dinge om daardeur ons skuld te betaal. Dikwels is die persoonlikheid van die persoon oorgelaat aan die innerlike folteraars. As ons ons oorgee aan hierdie dinge, bring dit allerhande stres, konflik en ander emosionele probleme.
Baie persone met fisiese siektes is eintlik emosioneel siek.
OORSAKE VAN EMOSIONELE PROBLEME
Die twee hoofoorsake van die meeste emosionele probleme onder christene is:
1. DIE ONVERMOë OM VERGIFNIS TE ONTVANG
Matt.18. Baie van ons glo in die genade van God intellektueel, maar ons neem dit nie aan en leef dit uit nie. GENADE IS DIE ONVERDIENSTE GUNS VAN GOD AAN MY. Ek het nie gewerk vir genade nie en ek kan dit ook nie terugbetaal nie. Omdat ‘genade’ nie reg verstaan word nie, word baie christene gedryf om te ‘probeer presteer’ en te stry op elke lewensterrein.
Dit is baie belangrik dat ‘n persoon homself moet vergewe.
2. ONVERMOë OM VERGIFNIS AAN ANDER TE GEE
As ons nie gewillig is om God se vergifnis te aanvaar nie, kan ons ook nie onvoorwaardelik lief hê en vergewe nie en kan ons ook nie genade vir ander hê nie. Dit lei tot verbreekte interpersoonli-ke verhoudinge; ook tot emosionele konflik tussen ons en ander mense.
Mense wat nie vergewe is nie, kan ook nie vergewe nie. Persone wat nie ander aanvaar nie, word self ook nie aanvaar nie. Die wat nie genade ontvang nie, is die wat nie genade gee nie. Emosio-nele konflik en gebroke verhoudinge is die gevolg.
HUWELIK IN DIE SKULD
Die wonderlike beloftes wat by die sluiting van die huwelik gemaak word is net uitvoerbaar wanneer die harte van beide hierdie persone geanker is in die liefde, genade en sorg van God. Wat so ‘n persoon, wat al hierdie beloftes maak eintlik bedoel is: ‘Ek het hope innerlike behoeftes, leegheid en skuld om te betaal en ek gaan jou die wonder-like geleentheid gee om vir my te sorg, om my te help hierin.
Ons kan dit vergelyk met ‘n luis op ‘n hond. Hy neem geensins die behoeftes en nood van die hond in ag nie, hy is net besig om te neem wat hy kan kry. Die probleem in baie huwelike is dat albei net wil neem en nie wil gee nie. Daar word net skuld ingevorder en griewe versamel.
DRIE TOETSE OM TE BEPAAL OF JY VERGEWE HET
1. TOETS VIR WREWEL
Is daar iemand wat jy moeilik vind om te vergewe? Iemand wat die oorsaak was van baie ongeluk?
2. VERANTWOORDELIKHEIDS TOETS
Neem jy die verantwoordelikheid vir jou eie foute of is daar altyd ‘n ‘As… dan…’. Aan die een kant is daar vergifnis vir ander en aan die ander kant is daar die verantwoordelikheid wat ek self moet aanvaar.
3. HERINNER-EN-REAKSIE TOETS
Tree jy verkeerd op teenoor iemand, omdat hy jou aan iemand herin-ner? Die rede – jy het iemand anders nog nooit vergewe nie.
HOE OM MET JOU SKULDE TE HANDEL
God neem sonde en mislukkings en seerkry en vergewe en verander dit. Die grootste illustrasie hiervan is die KRUIS.
God neem dit wat uit menslike oogpunt, die grootste onregver-digheid was, die diepste tragedie en verander dit in die wonderlikste en hoogste gawe wat die mens ooit geken het: DIE GAWE VAN VERLOSSING.
Nog ‘n voorbeeld is Josef en die smarte wat sy broers hom aange-doen het. Sy woorde aan hulle: “Moenie bevrees wees nie, want is ek in die plek van God? Want julle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om ‘n groot volk in die lewe te hou.” Gen.50:9.
Omdat Hy ons vrygeskeld het, kan ons ook ander vryskeld en genade en liefde aan hulle betoon.
Rom.13:8 “Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê.”
Matt.10:8b “Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.”
ONS HOë PRIESTER HET MEDELYE
Swakhede in sigself is nie sonde nie, maar dit verlaag ons weerstand teen versoekings. Die priesters in die O.T. moes ook offers bring omdat hulle nie volmaak was nie. Omdat die priester ook swakhede gehad het, kon hy die van sy mense goed verstaan.
Jesus, as ons Hoë Priester het nie sonde geken nie en moes nie offers bring nie, maar Hy het swakhede geken en kon verstaan waarom ons lei. Hy verstaan ons emosionele probleme en ook ons innerlike kon-flikte. Hy verstaan ons frustrasies, angs, depressie en seerkry, ons gevoel van verlatenheid en eensaamheid, afgesonderdheid en ver-werping. Hy wat die pyn van verwerping ken, ken ook die emosies wat daarmee gepaard gaan. Die bewys daarvan:
Heb.5:7, 8 “Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hom geoffer het, wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs – Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het…”
Hy het alles ervaar en deurgemaak. Hy weet wat dit is om in trane uit te roep, Hy weet wat dit is om in harde snikke tot God te bid. Hy het geworstel met gevoelens wat Hom uitmekaar wou skeur. Hy weet. Hy is deur dit alles en kan saam met jou voel; Hy kry seer saam met jou.
Seker een van die grootste woorde van die vleeswording is: IMMANUEL – GOD MET ONS. Hy is met ons in alles. Hy weet, aangesien Hy self dit alles deurgemaak het. Daarom moet ons ons vrymoedigheid, wat ons teenoor Hom het, nie wegwerp nie. Ons kan in vertroue na Hom kom.
Ons kom na ‘n Vader, wat ons gevoelens verstaan en ons nooi om dit met Hom te deel. Ons kan dus in vertroue na die troon van genade kom en weet dat ons genade sal vind in die tyd van ons nood. Ons kan kom as ons vergifnis nodig het, en wanneer ons ‘n skuldlas het, wat ons aan Sy voete wil neerlê. Ons kan ook kom wanneer ons in angs en in ‘n sielewroeging is, vanweë ons swakhede.
DIE TUIN VAN GETSEMANE
Wat dit Hom gekos het om Emmauel te wees. Jesus was beangs en bedroef. Ps.22:15, 16 “Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het ge-smelt binne-in my ingewande. My krag is verdroog soos ‘n pot-skerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.” Ps.69:2, 3, 4 en 21 “Red my, o God, want die water het tot by my siel gekom… Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my. Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God. Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelyde maar verniet; en op vertroosters, maar hulle nie gevind nie.”
Hy het Sy vriende 3 keer gevra om saam te waak, maar tever-geefs. Uiteindelik “… het al die dissipels Hom verlaat en gevlug.” Matt.26:56.
As ‘n mens so op sy laagste voel, is die moeilikste ding om te doen, om te bid. Dit is tye wat jy glad nie die teenwoordigheid van God ervaar nie. Hy verstaan. Hy deel in dit alles omdat Hy self daar was.
DIE VERHOOR
Daar is die Here Jesus vals beskuldig. Matt.26:67 “Toe het hulle in sy aangesig gespuug en Hom met die vuis geslaan.” Luk.22:63 “En die manne wat Jesus gevange gehou het, het Hom geblind-doek en Hom in die aangesig geslaan…”
Dit wat die seerste maak is die kere wat mens van jou menswaar-digheid ontneem is. Dit vernietig iets baie basies aan ons persoon
Die Here Jesus ken dit ook. Hy het dit self deurgemaak. Hy wil jou help, Hy wil jou genees. Hy verstaan.
DIE KRUIS
Daar is Hy gespot, uitgelag, gekoggel, verneder. Die Here Jesus ken gemene name en aanmerkings. Hy weet hoe dit voel om deur ‘n vriend verwerp te word en om deur ‘n geliefde opsy gestoot te word.
Jes.53:2b, 3 “..Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.”
Hy weet wat dit is om verlate en alleen te wees.
Navorsing toon dat die 2 grootste stresveroorsakende faktore vir die liggaam, siel en gees is, die dood van ‘n eggenoot, en ‘n eg-skeiding. Die dood van ‘n eggenoot, hoe pynlik ookal, kan ‘n skoon wond wees; egskeiding laat dikwels ‘n vuil, swerende wond, wat van pyn klop.
Toe Hy sonde vir ons geword het, het die hemel ontstellende stil geword terwyl Hy afgesny was van die land van die lewendes. Hy het in sy finale angs uitgeroep om hulp, maar daar was ook geen antwoord nie: “My God, my God waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul? My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.” Ps.22:2, 3. Hy ken die emosies van ons swakhede.
Hy het neergedaal in die onderste dele van die aarde. Hy ken ons vrese, angste en senutergende gevoelens wat ons in ons laag-ste oomblikke van verwerping, verlatenheid en depressie onder-vind. Daar is nie een emosie wat Hy nie verstaan nie.
Aan die kruis het Hy geidentifiseer met die hele mensdom en het Hy die hele omvang van al ons gevoelens op Hom geneem. Hy het ons swakhede ook gedra.
Uit die boek ‘Hymns for the Family of God’ vind ons die vol-gende lied, waarby ‘n strofe gevoeg is deur E. Moorman om dit meer af te rond.
Jesus walked this lonesome valley,
He had to walk it by Himself;
O nobody else could walk it for Him,
He had to walk it by Himslef.
You must go and stand your trail,
You have to stand it by yourself;
O nobody else can stand it by yourself.
As we walk our lonesome valley,
We do not walk it by ourselves;
For God sent His Son to walk it with us,
We do not walk it by ourselves.
Heb.4:15, 16 “Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedig-heid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.”
Dit is hierdie versekering wat vir ons hoop en genesing gee. God weet en gee om, maar Hy verstaan ook ten volle. Dit is die mees helende faktor in die genesing van ons beskadigde emosies.
HEILIGHEID EN BESKADIGDE EMOSIES.
INLEIDING
Ons wil net weer u herhinder dat ons in die reeks vir u daarop gewys het dat daar ‘n defenitiewe verskil is wat gemaak word tussen sondes (dit wat ek gedoen of gepleeg het bekend as daadsondes. nl. Rook steel vloek ens.) waarvan ek onder oortuiging van die Heilige Gees by die naam bely en afstand van doen.
Sonde enkelvoud verwys na die beginsel van sonde waarmee ek ge-bore is en waarvan ek na my redding reiniging voor moet ontvang. Die Bybel gebruik verskillende terminologieë soos o.a. besnydenis van die hart, ‘n suiwer hart, die doping met die Heilige Gees, die besnydenis van die hart, kruisiging van die ou mens ens.
Hierdie ondervinding is ‘n afsonderlike ondervinding na weder-geboorte waar ek verlossing ontvang van my sondige natuur, en waarin Hy my waarlik vry maak.
Swakhede moet van sonde onderskei word. Sonde is ‘n doelbewuste oortreding teen die bekende wil of wet van die Here. Swakhede is onbewuste oortredinge van die Goddelike wet, bekend of onbekend, wat die resultaat van nalatigheid of swakhede is, aan die kant van die vervalle mens. Hulle ononderskeibaar van moraliteit.
Volmaakte liefde bring nie volmaakte kennis nie, wat dus in oordeel en in praktiese uitlewing foute kan begaan. Swakhede bring verleent-hede en spyt, maar geen skuld en veroordeling nie. Biede hierdie aspekte, sonde en swakhede benodig die bloed van die besprekeling van Christus nodig.
Onder die Levitiese rituele van reiniging van foute en swakhede, was hulle deur die besprenkeling van die bloed weggeneem Hebr.9:7 terwyl sonde altyd ‘n spesiale offer benodig. Dit is om hierdie rede dat ons sê dat daar nie net ‘n defenitiewe handeling van reiniging van sonde is nie, maar ook ‘n voortdurende besprenkeling van die bloed moet wees, vir ons tekortkominge.
Die Skrifte neem hierdie verskil in ag tussen sondes en swakhede in Judas 24 “Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling (sonder sonde) te bewaar en julle sonder (skuld en blaam) gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig” Ons mag van sonde in hier-die lewe bewaar word, sal ons foutloos in die verheerlikte staat gestel word.
Die terme vlees wat deur Paulus gebruik word sluit beide die geestelike en fiesise natuur van die mens onder sonde in. Die verwering dring deur tot die liggaam en die siel. Die vervallenheid van die geestelike natuur mag deur die doping met die Heilige Gees verwyder word, maar die tekortkominge van die vlees, sal alleen met die wederkoms en verheerliking van die liggaam van ons wegeneem word.
Dit is in die algemeen nie moeilik om te onderskei tussen die siel en die liggaam nie, maar om die fyn lyn tussen geestelike en die fisiese kan nie bepaal word nie. Ons kan wel maklik die vleeslike manifistasies wat sy setel in die siel van die mens het, en die fisiese tekortkominge, wat die uiting aan fisiese uitinge van die mens steeds onder sonde openbaar.
MOEILIKHEDE MET ONS EMOSIES
‘n Mens se emosies is van die grootste belang in die welstand van die mens, ook in begrip t.o.v. sy persoonlikheid.
As dit nie begryp word nie en verwaarloos word en dit nie ten volle ontwikkel word nie, kan dit van die ernstigste probleme in ‘n mens se lewe veroorsaak geestelik, fisies en psigies.
Emosies word oor die algemeen gesien as ‘n ‘gevoel’, alhoewel dit baie meer as dit is. ‘n Persoon se emosies dek ‘n spektrum van ‘n persoon se gedagte-wêreld en in sommige gevalle beïnvloed dit ‘n van die belangrikste besluite in ‘n mens se lewe.
‘n Persoon wat vroeg in sy/haar lewe ‘n lewensmaat gekies het, voel soms of dit ‘n verkeerde keuse was, maar as in aggeneem word, hoe dikwels ‘n persoon se emosies wissel, is dit te verstane dat dit nie al is waarom dit gaan nie.
‘n Kind wat op ‘n vroeë ouderdom die Here Jesus aangeneem het en in hulle tienerjare soveel wisseling van emosies ondervind, twyfel dikwels of dit wat hulle as kind ervaar het, eg was of nie. Dit is goed dat so ‘n persoon, ter wille van hulle eie sekerheid, sy eerste ondervinding toets en miskien hulp kry van ‘n berader of van sy/haar geesteike ouers.
Soos die tienerjare voort gaan, is daar meer emosionele verandering wat in die gesig gestaar moet word.
‘n Persoon se emosies speel ‘n belangrike rol in ‘n persoon se geestelike ondervindinge. Daar is nie so iets dat iemand nie emosies het nie. Elke persoon druk sy emosies op ‘n manier uit. Sommige op ‘n stiller en meer besadigde manier en ander op ‘n meer uitwaartse manier.
Persone wat meer gereserveerd is rondom hulle emosies, sorteer dit in hulle oë self uit; so ‘n persoon broei dikwels oor sy ervaringe en emosies en gee aan homself geen geleentheid om openlik daaraan uitting te gee nie. Omdat hy geen uitlaatklep het vir sy emosies nie, vergiftig dit hom en maak hom krippel.
‘n Persoon, wat ‘n ektrovert is en maklik uitting gee aan sy gevoelens, kan sy reputasie skend. So ‘n persoon word oppervlakkig en word maklik sy afhanklikheid van ander. Dikwels is hierdie ekstroverte selfversekerd en onafhanklik, maar nie altyd nie.
‘n Persoon moet waak oor sy emosionele geneigdhede en ‘n behoorlike balans handhaaf. Op so ‘n wyse word die persoon emosioneel stabiel. Selfdissipline bring die persoon ook in balans. Die normale is egter dat die meeste mense of tipiese ekstrovert geneigdheid het, of introvert geneigdheid het.
‘n Persoon wat altyd let op hulle gevoelens om vir hulleself te bepaal waar hulle geestelik staan, word nooit stabiel in hulle wandel met die Here nie.
Gevoelens word nie geanker in ons innerlike of geestelike lewens nie, maar in ons fisiese lewens.
Misleidende emosies kan ‘n tragedie word in ‘n mens se lewe. Persone loop gevaar wat nie emosioneel en geestelike beginsels kan handhaaf nie, wat nie toelaat dat hulle emosies tot uitting kom nie, en mismoedig word geestelik en selfs begin twyfel in hulle verhouding met die Here.
Aan die ander kant is daar persone wat oorboord gaan met emosionele ervaringe en wat dit aanneem as die guns van die Here oor hulle lewens. Nie een van b.g. is die normale nie. Die regte ding om te doen is om geloof in God, deur Jesus Christus te bely. Dit bly die sentrale waarheid waarin ons siele rus.
Satan se aanslae is o.a. op die emosionele vlak van die mens. Hy ontneem die mens van sy vreugde in die Here. As hy ons vreugde weggeneem het, sal hy ook ons vrede wegneem. Hy laat die mens verstaan dat hy nie waardig is om tot God te nader nie. Hierdie taktieke kom gewoonlik in tye van siekte en stryd.
Satan se taktiek was nog al die jare om ‘n persoon aan te val op sy swakste plek. ‘n Mens se emosies is onderhewig aan fluktuasies. ‘n Persoon kan op die hoogtes wees, by wyse van spreuke, maar ook in die diepste van dieptes, enkele oomblikke daarna.
Daar is nie een persoon wat nie op emosionele vlak gebuk gegaan het onder hewige aanslae van die sielevyand nie.
‘n Tydgenoot van Wesley, Hester Ann Rogers, ‘n Godvresende vrou, het in die donkerte van depressie verval, kort na ernstige en hewige griep. Sy het geskryf dat swaar donker wolk oor haar gemoed gehand het.
Die duiwel het die geleentheid uitgebuit om aan haar vele van haar tekortkominge uit te wys, bv. ‘n gebrek aan ywer en geestelike vreugde. Sy het nie in hierdie dal van duisternis gebly nie, maar van die Here se kant die wonderlike versekering ontvang van Sy volkome liefde vir haar. Die getuienis van volle verlossing het haar deurgedra.
In sulke tye van ongekende toetse, is dit in geloof alleen waarin ‘n mens kan wandel. Daar is in tye van duisternis geen teken van vreugde of lig nie. Dit is Hy alleen wat ‘n mens deur die dal van doodskaduwee kan neem.
Dit is altyd goed om te onthou dat die werk van God gegrond is in my siel en nie in my emosies wat van vreugde oorloop nie, ook nie in die besef van die teenwoordigheid van God se Gees in my hart nie, maar in geloof in die geglote bloed van die Lam alleen.
Die oomblik wat iemand hulle geloof of vertroue in enige iets anders plaas, beweeg hulle op gevaarlike grond. Watter seën is daar nie in die teenwoordigheid van God nie en watter vreugde is daar nie daarin om Sy getuienis in my hart te hê nie…. Maar dit is nie die basis van die werk nie, maar die gevolge daarvan. ‘n Mens moet God dank vir sulke ondervindinge van die goedheid van die Here, maar ons moet ook gewillig wees om in die geloof alleen te staan in die uur van beproewing, wanneer ons positiewe emosies ons in die steek laat.
*************
Gevoelens is gevolge van ‘n hele reeks dinge wat uit jou persoonlikheid kom. Emosies op sig self is nie sonde nie. Wat jy daarmee doen sal bepaal of dit jou lei na geregtigheid of sondigheid. Die emosies self is ‘n baie belangrike deel van jou Godgegewe persoonlikheidstoerusting.
As daar woede in ‘n persoon se lewe is, moet daardie persoon gehelp word om te weet hoe om daarmee te handel, ander sal ‘n persoon wat dit opkrop of onderdruk ‘n emosionele wrak word en aan depressie ly.
Paulus het woede teenoor haat gestel in Efe.4:26a, 27 “Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel geen plek nie.” As daar nie met woede gehandel word nie, kan dit lei tot bitterheid of haat. Dit kan ook na vore kom in emosionele probleme, huwelikskonflikte en fisiese toestande. (psigo-somaties).
Daar is ‘n siening onder mense dat ‘n persoon altyd met almal oor die weg moet kom, dat daar nooit konflik moet wees nie en dat amal altyd van jou moet hou.
Paulus is deeglik bewus dat persoonlikheidsverskille dikwels tot konfik lei en het die volgende geskryf: “…as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense..” Rom.12:18.
Die regte manier is om mense in die gees van liefde te konfronteer. ‘n Mens moet ‘saam stem om instemmend van mekaar te verskil.’
Die woord ‘geluk’ kom van die woord ‘happenings’, wat beteken dat iets moet gebeur om ‘n persoon gelukkig te maak, terwyl ‘vreugde’ ‘n woord is wat te doen het met verhoudings, nie omstandighede nie. Vreugde komvan binne. Dit is ‘n innerlike kalmte te midde van storms.
Die werklikheid is dat ‘n kind van God ook depressief kan word soos Elia, na sy grootste oomblik van triomf:
God sien jou net soos jy is, daar is niks wat ek kan wegsteek of kan voordoen wat ek nie is nie. God wil jou genees en verander. Hy wil die ware self uit jou bring en jou aan Hom gelykvormig maak. Daar is geen sin daarin om jou geestelike energie te mors om iets te probeer wees wat jy nie is nie.
Daardie energie kan jy liewer in samewerking met die Heilige Gees gebruik word om ware groei en vrymaking te bring. Hy maak jou vry van sonde, maar ook vry van goed- en afkeure van mense, vry van die najaag van prestasies of om te bereik wat jy voel jy moes bereik.
Jesus, die Volmaakte het Homself vir u en vir my gegee om elke gaping in u en my lewe ten volle te vul.
SKULDGEVOELENS, GENADE EN SKULDINVORDERING
In Matt.18 lees ons van die onbarmhartige skuldeiser. ‘n Mens se skuld teenoor God en teenoor mense is so groot dat jy dit nooit sal kan betaal nie. Net so was dit met hierdie man wie se skuld hom totaal en al oorweldig het.
Die dienskneg het smekend na die skuldeiser gekom en op sy knieë geval en om genade gesmeek. Dit was ‘n spesiale genade ‘makrothumason’, ‘n N.T. woord wat beteken ‘’n verlening van tyd’. Meer tyd word gevra om die skuld te vereffen.
Die dienskneg se idee van vergifnis, was gans iets anders as die van die skuldeiser. Die heer het genade aan hom bewys en hom van sy skuld vrygespreek.
Die skuldenaar het geen genade vir sy mede-mens gehad nie. Toe hy vrygespreek is, het hy ‘n persoon wat hom ‘n geringe bedrag geskuld het, geen genade getoon nie.
Die heer het sy dienskneg ontbied en met hom gepraat en hom sy onregverdige daad gewys en hom laat vang en in die tronk gestop en hom gedwing om alles terug te betaal.
Jesus het gesê: “En wanneer jy bid… en vergeef ons ons skulde, soos ons ook onsd skuldenaars vergewe…” Matt.6:6, 12.
God sal teenoor die wat nie wil vergewe nie, soos ‘n harde, streng skuldinvorderaar optree.
Die wêreld is gemaak vir vergifnis, genade en liefde, wat deur die lewens van die kinders van die Here na ander gebring word. Die mens is gemaak vir genade, liefde en aanvaarding.
Ons is gehoorsaamheid aan God verskuldig aan Hom. Ons is so geneig tot die kwaad, om iemand te vergeld vir dit wat hulle aan ons gedoen het. Die wêreld skuld ons iets. Skuldgevoelens in die mens plaas die skuldinvorderaars in ons aan die werk Daar word beweer dat tot 75 % van pasiënte in hospitale wat fisies siek is, ook psigies probleme het.
OORSAKE VAN EMOSIONELE PROBLEME
Die twee hoofoorsake van die meeste emosionele probleme onder evangeliese christene is die onvermoë om God se onvoorwaardelike genade en vergifnis te begryp, te ontvang en uit te leef en die onvermoë om daardie onvoorwaardelike liefde, vergifnis en genade aan ander mense uit te dra.
1. DIE ONVERMOë OM VERGIFNIS TE ONTVANG
Soveel van ons is soos die dienskneg wat die heer vrygespreek het. Die dienskneg het gedink dat die heer vir hom verlenging van tyd gun om sy skuld te betaal. Maar die heer het in sy genade die rekening afgeskryf en hom die skuld vrygeskeld.
Hy het dit nie werklik geglo nie. Hy het die wonderlike nuus nie verwerk nie. Hy het gedink dat hy steeds die skuld van sy skuldeisers moes invorder, sodat hy sy eie skuld kon uitdelg.
Dit is presies hoe dit met ons gaan. Ons lees van genade ons getuig daarvan , maar ons leef dit nie uit teenoor ons verhoudinge nie. Dit bly maar bloot net ‘n gedagte in ons verstand.
Die goeie nuus het nog nie deurgedring tot die vlak van ons emosies nie, ook nie tot ons interpersoonlike verhoudinge nie.
God se genade is onverdiende guns. Dit is nie iets wat ons kan verdien nie. Omdat soveel christene nie die genade van God wil aanvaar nie, dryf hulle hulself na sleurwerk, na prestasie en styd op elke lewensterrein. Daardeur probeer hulle ontslae raak van hulle skuldgevoelens. Hulle probeer om die skuld self te betaal.
Hulle lees ‘n ekstra hoofstuk in die Bybel en verleng hulle gebed-tyd; hulle gaan uit om nog meer te getuig, en sodoende het hulle bewyse vir hulle verlossingswerk.
Baie christene, a.g.v. onbelyde sondes, glo dat hulle geen reg op geluk het nie. Hulle leef in ewigdurende boetedoening van verwyte.
Ek moet gewillig wees om van harte te vergewe – ook myself.
2. ONVERMOë OM VERGIFNIS AAN ANDER TE GEE
Wanneer onsself nie die vergifnis en genade van God kan aanvaar nie, kan ons dit ook nie aan ander gee nie. ‘n Persoon wat nie vergifnis ontvang of kan gee nie, is dikwels afstootlik.
DIE HUWELIK IN DIE SKULD
Die wonderlike huweliksbeloftes is net uitvoerbaar as ‘n huwelik in God geanker is.
Hier volg drie toetse om te sien of ek skuldig is daaraan dat ek iemand moet vergewe.
a. Toets vir wrewel
Is daar iemand waarteenoor jy sonder rede, liggeraak voel? Iemand wat op een of ander stadium in jou lewe vir jou tena gekom het?
b. Verantwoordelikheidstoets
Ek pad my verantwoordelikhede oor op ander, wat my iets skuld. Ouers wat my anders moes benader. Die foute wat begaan is in my lewe, moet ek volle verantwoordelikheid voor aanvaar. Dit is alleen dan wat die Here daarmee kan handel.
c. Herinnnering-en-reaksie toets
Daar bestaan ‘n assosiasie/herinnering in iemand se teenwoordig-heid van wat vroeër in my eie lewe gebeur het. ‘n Persoon wat lyk soos iemand wat jou tena gekom het, kan wremel in jou gemoed veroorsaak omdat hierdie persoon nog nie werklik vergewe is nie.
HOE OM MET SKULD TE HANDEL
God neem sonde, mislukkings en seerkry wat vroeër in jou lewe gebeur het en Hy vou sy liefdevolle doelstellings om hulle, om dit ook te verander.
‘n Voorbeeld daarvan is die kruis, waar die mees onmenslike en onregverdige daad gepleeg is. God het dit verander in die hoogste en wonderlikste gawe wat die mens ooit geken het – die GAWE VAN VERLOSSING.
Josef wat tena gekom is deur sy broers is ‘n goeie voorbeeld daarvan. Hy kon sy broers ernstig verkwalik het, maar hy het nie. Gen.50:19, 20 “Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie vrees nie; want is ek in die plek van God? Want julle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om’n groot volk in die lewe te hou.”
Elke gemeente behoort skuldvry te wees. Daar behoort liefde en genade teenoor mekaar te wees, omdat ons God se genade kon ervaar. Omdat Hy ons vryspreek, kan ons ook ander vryspreek.
Paulus het geskryf: Rom.13:8 “Wees aan niemand iet verskuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê…”
Jesus se eie woorde was: Matt.10:8b “Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.”
DEPRESSIWITEIT
Ons vind baie voorbeelde uit die Woord van God, waar kinders van God MOEDELOOS geword het, so was daar o.a.
DAWID in Ps.42:6 “..Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my?”
ELIA in I Kon.19:4 “…Dit is genoeg, neem nou my siel weg, HERE, want ek is nie beter as my vaders nie.”
JONA in Jona 4:3b “…want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.”
JESUS in Matt.26:38b “…My siel is diep bedroef tot die dood toe…”
Ons vind hier neerslagtigheid waarin die persoon amper aan die lewe self wanhoop!
Nog ‘n simtoom van depressiwiteit is TRANE! Ps.42:4a “My trane is my spys dag en nag…”
Teneergedruktheid veroorsaak dikwels ‘n gebrek aan aptyt. So ‘n persoon leef, by wyse van spreuke, op trane.
As ‘n persoon met depressiwiteit wil handel moet hy die bestaan daarvan erken. Depresiwiteit is nie noodwendig ‘n teken van geestelike mislukking nie. In die Bybel het van die ergste teneergedruktheid gekom net na geweldige geestelike suksesse.
So was dit met Elia, na die oorwinning van die Baäl profete, dat hy onder die besembos is en vir God vra om sy lewe te neem.
Ongelukkig kan sommige christene op hierdie stadium ‘n mens se grootste vyand wees, as hulle onrealistiese raad probeer aanbied. Baie christene het baie min begrip vir depressiwiteit omdat hulle persoonlikheid nie daartoe geneig is nie.
‘n Kind van God kan nie sommer aanvaar dat omdat hy nooit depressief raak nie, hy meer geestelik is nie.
NEERSLAGTIGHEID EN SKULD
Daar is neerslagtigheid wat kom a.g.v. van sonde wat nie bely is nie – ongehoorsaamheid en oortredings. ‘n Persoon met ‘n sensitiewe gewete kan vir alles skuldig voel. ‘n Goeie riglyn om te gebruik is om daarop te let dat die Heilige Gees ‘n mens altyd van ‘n spesifieke oortreding oortuig.
Sonde mag lei tot neerslagtigheid, maar alle neerslagtigheid is nie sonde nie. Die wortel van depressiwiteit is dikwels diep en baie gekompliseerd.
DEPRESSIWITEIT EN PERSOONLIKHEID
Neerslagtigheid is verwant aanpersoonlikheidstruktuur, fisiese samestelling,liggaamschemie, klierfunksies, emosionele patrone en aangeleerde gevoelskonsepte.
Persone verskil totaal en al in samestelling. Die nuwe lewe in die Here Jesus Christus verander nie jou temperament nie, dit plaas wel die gesindheid van die Here Jesus in jou. Ons verskil almal in persoonlikheidstruktuur en temperament. Ons sien en voel, reageer en interpreteer dinge alles anders.
Mense wat uiters introspektief en sensitief is, het dikwels die ergste problemel met depressiwiteit.
Ons gevoelens en ons geloof werk beide deur dieselfde persoonlik-heidstoerusting. Neerslagtigheid kan van bronne buite die bloot geestelike ontstaan. Satan is maar te gretig om temperamentele neerslagtigheid te verander in geestelike neerslagtigheid. Hy ken jou swakhede. Hy wil die natuurlike bui van depressiwiteit verander in geestelike nederlaag, twyfel en moedeloosheid.
AANVAARDING VAN JOU PERSOONLIKHEID
Om jouself waarlik te ken beteken dat jy nie langer sal stry teen wie jy werklik is nie. Dat jy jou persoonlikheid en jou temperament sal aanvaar.
Dit is wanneer ek op hierdie punt kom en myself aan God oorgee dat die Here waarlik vir my kan gebruik. Net dit wat ek aan die Heilige Gees oorgee kan Hy beheer en vul. Terwyl jy nie jou temperament kan verander nie, kan jy dit wel oorgee aan die Heilige Gees om dit te beheer.
‘n Persoon in depressie verloor die krag om te bid, maar Brengle het getuig dat danksegging en lofprysing die donker wolk van depressie in sy lewe laat lig het.
Die liefde van God is gegrond nie in ons prestasies nie, maar in sy getrouheid. Sy onwrikbare liefde hou nooit op nie en Sy genade is ewig. Dit is elke more nuut.
Klaagliedere 3:22b-24 “…want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot. Die Here is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop.”
************
WAT OM TE DOEN MET DEPRESSIWITEIT
Na mate jy jou depressiwiteit erken en ondersoek kan jy voortgaan om positiewe stappe tot genesing te doen.
LEEF JY BOKANT JOU VERMOëNS
Elke persoon het fisiese, emosionele en geestelike beperkinge en dit is nodig om binne daardie perke te bly. Kry jy genoeg slaap? Daar is tye wat ons met minder slaap klaar moet kom, maar as ons die uitsondering die reël maak, beteken dit dat ons altyd moeg sal wees.
As jy daaraan skuldig is sal jy begin ly aan kroniese en selfs kliniekse en patologiese neerslagtigheid. Daar was ‘n man wat gesê het dat hy nie alleen ‘n identiteitskrisis het nie, maar ook ‘n energie-krisis. Hy het nie geweet wie hy was nie, maar hy was ook te moeg om uit te vind.
Ook voltydse geestelike werkers is onderhewig aan die wette wat Hy in ons liggame en emosies ingebou het. ‘n Persoon kan nie voort gaan om voortdurend die wette van God te verbreek en sonder gevolge uit te gaan nie.
Eet jy gereëld? ‘n Mediese dokter het eenkeer gesê dat, wanneer hulle iemand opneem, in hulle noodgeval-afdeling, wat selfmoord-neigings het, hulle gewoonlik eers vir daardie persoon ‘n stuk vleis gee, omdat so ‘n persoon gewoonlik ‘n baie lae proteïnvlak het. Dit veroorsaak dat hulle energievlak baie laag is en dat hulle baie neerslagtig voel.
Neerslagtigheid kan ‘n ‘rem’ van God se kant wees om jou tempo te vertraag sodat jou emosies gebalanseer kan word, en ‘n persoon weer na die werklikheid teruggebring kan word.
WATTER TIPE REAKSIE IS DAAR BY U
Die dinge wat met jou gebeur is nie so belangrik as die manier hoe jy daarop reageer nie.
Teleurstelings, onvermoë om te presteer, ‘n aanpassing in ‘n nuwe dorp of werk ens. is alles dinge wat kan lei tot depressiwiteit.
Soms is ‘n opmerking van ‘n persoon genoeg om my neer te trek. ELIA het dit ondervind, na Karmel. God het kraaie gestuur om vir Elia voedsel te voorsien. Hy het proteïne nodig gehad en slaap. Kort daarna, nadat hy deur woorde bemoedig is en hy besef het dat hy nie alleen oorgebly het nie, het sy gees en emosies herstel.
Daar is 3 primêre reaksies wat na depressiwiteit lei:
1. Besluitloosheid
‘n Persoon wat nie besluite kan neem nie, omdat hulle bang is dat hulle ander seermaak. Of hulle is bang om ‘ja’ te sê omdat so ‘n besluit verantwoordelikhede inhou. ‘n Persoon wat hink op twee gedagtes is onstandvastig.
2. Woede
As ‘n persoon ‘n volgehoue ernstige probleem met depressiwiteit het, kan mens maak gaan kyk na verskuilde woede.
3. Onregverdigheid
‘n Gevoel van regverdigheid is baie afbrekend en dit ontwrig goeie persoonlike verhoudinge. Die enigste oplossing is VER-GIFNIS. Persone wat op ‘n gereëlde basis vergewe moet word is ouers en familie. So dikwels is die wortels van depressiwiteit begrawe in die grond van vroeë gesinslewe. Net vergifnis kan ‘n verskil bring.
DIE VERHAAL VAN VERGIFNIS
Baie persone hou God verantwoordelik vir alles wat verkeerd gegaan het in hulle lewens. Om iemand te vergewe is ‘n teenwoordige verlenging van genade teenoor die persoon self. Ons word gemaan om te vergewe of voort te ploeter in onvergewens-gesinheid en gebrek aan vergifnis.
Martin Luther het ‘n voortdurende stryd gehad teen neerslagtigheid. Hy het die volgende voorstelle gemaak oor hoe om dit te hanteer:
1. Vermy dit om alleen te wees
Isolasie tydens neerslagtigheid beteken isolasie. Maak ‘n besliste keuse om tussen mense te wees wanneer jy neerslagtig is.
2. Soek hulp van ander
‘n Mens se waarnemingsvermoë verander. ‘n Heuweltjie word ‘n berg. Vriende kan jou help om perspektief te behou.
3. Sing en maak musiek
Dit was die enigste kuur vir koning Saul se buie van neerslagtigheid.
4. Prys en dank
I Thes.5:18 “Wees in alles dankbaar…”
5. Vertrou op die krag van die Woord van God
Die Psalms is geskryf in tye van groot nood en dek ‘n wye spektrum van neerslagtigheid. Lees dit hardop.
6. Vertroue op die teenwoordigheid van die Gees van God
In die Psalms kom dit dikwels voor. Die Here Jesus het dieselfde gebruik om sy dissipels te bemoedig voordat Hy van hulle weg is. Joh.14:16, 18-19.
Een van die woorde waarmee die Heilige Gees beskryf word is ‘Parakleet’ – Een wat langsaan loop. Joh.16:19, 20, 22, 23.
*******************
HOOFSTUK 2
SKULDGEVOELENS
MATT.18:23-35
In hierdie gelykenis is daar kosbare lesse wat u en ek kan leer. Hierdie gedeelte handel oor vergifnis, en het vele diepsinnige lees om te leer omtrent geestelike en emosionele genesing. Die Here Jesus was die enigste normale en regdenkende Persoon wat ooit geleef het, Hy het op elke moontlike vlak geweet wat aangaan, en daarom dat ons uit hierdie waarhede kan leer.
DIE GELYKENIS:
Dit vertel van ‘n koning wat besluit het om sy rekeninge te betaal. Die een dienskneg het hom 70 Miljoen rand geskuld. Die Here Jesus het doelbewus in hierdie verhaal ‘n onmoontlike bedrag genoem. Die jaarlikse belasting van Idumea, Judea, Samaria en Galilia was maar 5.6 Miljoen. Die vregrote bedrag is juis die kwessie. Die skuld teenoor die Here en die mens is onbetaalbaar. Vir ‘n dienskneg om herdie bedrag terug te werk is ‘n saak van onmoontlikheid.
Die dienskneg het op sy knieë geval en om genade begin smeek.