BELYDENIS VAN CHRISTUS

(Notas is geneem uit ‘n brosure van Moody oor

“Hoe om ‘n ware kind van God te wees.”

II TIM.1:3-18

INLEIDING

Matt.10:32, 33

“Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.  Maar elkeen wat M verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.”

Rom.10:9

“As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.”

Is dit moontlik om ‘n geheime navolger van jesus christus te wees? (Een wat nie openlik getuig nie)

Ja, moontlik vir ‘n kort tydjie.  In Joh.19:38 virn ons Josef van Aramathea wat ‘n geheime navolger van Christus was en later openlik Hom bely het, toe hy gevra het vir die liggaam van Jesus.

Dit is moontlik om ‘n geheime navolger van Hom te bly? Matt.10:32, 33 en Rom.10:9.

Hierdie twee is deel van verlossing.

1.   Om in jou hart te glo – wanneer ek Jesus aanneem as my Verlosser en Heer.

2.   Bely met jou lippe die Here Jesus.  Die berouvolle dief aan die kruis het Jesus as Heer bely.  Luk. 23:42  “Dink aan my Here, wanneer U in u koninkryk kom.”

      Paulus op die Damaskus pad.  Hand.9:5  “Wie is U Here?”

      I Kor.12:3  “…en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.”

I.    DIE NOODSAAKLIKHEID DAARVAN OM DIE HERE OPENLIK TE BELY:

1.   Ons moet die Here Jesus met ons lippe bely omdat God ons beveel om dit te doen.  Matt.10:32, 33  “Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.”

2.   Dit is ‘n bron van hulp en steun in ons eie lewens.  Wanneer ons Jesus bely is die grootste seën dikwels die vreugde in ons eie harte.  Dit versterk ons geloof en stel dit vir ons in staat om meer vir Hom te doen.

      ‘n Christen wat getuig gly nie maklik terug nie.  Die rede vir baie christene wat terug sak is omdat hulle nie openlik bly getuig nie.

3.   Om te getuig vir Hom bring groot vreugde by die bekeerling.  Vreugde kom in gehoorsaamheid aan Hom. 

4.   Getuienis van Jesus los baie probleme op.  Ander weet wie jy is en respekteer jou vir die standpunt wat jy inneem, sonder om kompromie te sluit.

      Die wêreld verag ‘n swak, lafhartige geheime christen.  Die christene word al hoe minder genooi na wëreldse vermaaklikhede en al hoe meer na die dinge wat die eer van die Here raak.  Dit plaas jou dadelik in ‘n ander groep.

5.   Oor wat Christus vir jou bedoen het.  As iemand jou lewe gered het, sal jy dit graag vir ander vertel.  Ons lewens is gered deur ons Verlosser en ons moet aan ander dit vertel.

II.   METODES OM DIE HERE TE BELY

      1.  Openlik in ‘n biduur, ‘n byeenkoms vir jong mense, ‘n getuienis diens.

      2.  In privaatheid teenoor vriende, familie, bure en in my daaglikse omgang met mense.

      3.  Bely die Here openlik deur die dood.

      4.  Bely die Here Jesus deur te deel in ‘n aktiewe kerk groep.

      5.  Bely die Here deur gereëld die dienste by te woon en by die nagmaal tafel te wees.

Miskien die moeilikste, maar noodsaaklikste is die belydenis van die Here Jesus teenoor vriende, familie en vreemdelinge.

III. GEREëLDHEID IN DIE BELYDENIS VAN DIE HERE JESUS

      Is een keer se openlike belydenis genoeg vir ‘n leeftyd?  Nee, dit is iets wat ons gereeld moet doen.  Die christelike lewe wat nie bely word nie, sal ly en dood gaan.

      Jer.20:9  “En as ek sê:  Ek sal aan Hom nie dink nie en in sy Naam nie meer spreek nie, dan word dit in my hart soos ‘n brandende vuur, opgesluit in my gebeente.  En ek het my moeg gemaak om uit te hou en kon nie.”

      Dit is die belydenis van elke ware kind van God wat sy getuienis terug hou.  ‘n Vuur kan nie weggesteek word nie.  ‘n Kind van die Here moet voortdurend bely.

IV. TEENOOR WIE MOET EK GETUIG?

      Hand.1:8  “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuies wees in Jerusalem, Judea, Samaria en tot aan die uiterste van dieaarde.”

      Die dissipels moes teenoor almal getuig het.  Jerusalem was hulle tuis dorp, Judea hulle provinsie, Samaria hulle buurstaat en dan tot die heidene.

      Hand.5:20  “Gaan heen, staan en vertel in die tempel aan die volk al die woorde van hierdie lewe.”  Hulle moes getuig teenoor al die mense.

      Ons hoof verantwoordelikheid is om te getuig teenoor vriende en familie dan sal ons invloed uitkring en groei en sal ons meer en meer mense bereik.

V.  WAT MOET EK Sê WANNEER EK GETUIG?

      ‘n Belydenis van Christus is die getuienis van die feit dat ek ‘n christen is.  Getuienis is een wat weet.  Dit is nie noodwendig ‘n preek of ‘n boodskap nie, maar die vertelling van die eenvoudige verhaal of feite van wat ek weet met my gebeur het.

      ‘n Getuienis moet positief, definitief, persoonlik en nie ‘n dwaling of ‘n verbeelding behels nie.  Dit moet iets wees wat my geraak het in al 5 my sintuie.  (hoof, gevoel, smaak, sien en aanraking)

      1.  Die getuie van Christus moet gered wees en sy getuienis moet die toets van beproewinge deurstaan.

      2.  Vertel die eenvoudige feit van jou redding en die verandering wat dit in jou lewe teweeg gebring het.

      3.  Vertel van die antwoorde op gebed wat ek ontvang het.  Ps. 50:15  “En roep My aan in die dag van benoudheid:  Ek sal jou uithelp en jy moet myeer.”

      4.  Vertel hoe die Here Jesus jou volkome versadig en die vreugde dat Hy jou sondes weggeneem het.  Die mense sal dan na jou luister.

      5.  Vertel van jou persoonlike oorwinnings oor sonde en versoekings.  Dit is waarin die mense belangstel en verheerlik die Here Jesus wat jou die oorwinning gee.

      6.  Vertel van jou gunsteling verse in die Bybel en hoe die Here met jou deur hulle praat in hierdie spesifieke skrifgedeelte.

      7.  Gee aan jou vriende die evangelie van Christus.  Vertel van die Here Jesus se volmaakte liefde, dood, graf en opstanding, hemelvaart en wederkoms en die toekomstige oordeel.

VI. HINDERNISSE IN DIE BELYDENIS VAN JESUS CHRISTUS.

      Daar behoort nie iets te wees nie, omdat ons die eenvoudige bevele van die Here moet gehoorsaam. 

      1.  Vrees vir mense, vrees vir gevolge en vrees wat mense sal dink.  II Tim.1:7  “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.”  I Joh.4:18  “Daar is geen vrees in die liefde nie;  maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in en hy wat vrees het nie volmaak geword in die liefde nie.”

      Fil.4:13  “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”

      2.  Om skaam te wees.  II Tim.1:8  “Skaam jou dan nie oor jou getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukking vir die evangelie na die krag van God.”

      3.  Onrein lewe.  Die vrees dat my gesproke getuienis nie ooreenstem met my lewe nie.  Begin by die begin.  Bely jou sondes soos I Joh.1:9 jou leer en die Here gee vir jou ‘n nuwe begin saam met Hom.  ‘n Publieke belydenis van mislukking is ‘n goeie begin van ‘n hernude toegewyde lewe.

VII.     VREES VAN DIE GEVAAR OM NIE TE GETUIG NIE:

      Eseg.33:8  “As Ek aan die goddelose sê:  O goddelose jy sal sekerlik sterwe en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeretigheid sterwe, maar sy bloed sal ek van jou hand eis.”  Dit is ‘n ernstige waarskuwing tot die stille christen aangaande die Here Jesus Christus.  Ons is nie noodwendig verantwoordelik vir die resultate as hulle weier om ons getuienis te verwerp en die ernstige pleit vir hulle saligheid, is die verantwoordelikheid hulle sin.

SLOT:

Het jy ooit al die Here Jesus bely.  Open.2:10  “Vrees vir niks wat jy sal ly nie.”

************

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00