DIE KULTIESE KNOEIERY LEI TOT BELSASAR SE BESTRAFING
BELSASAR IN OORDEEL:
DAN.5:1-7+18-29
INLEIDING:
Belsasar was ‘n besondere bevoorregte persoon gewees. In sy lewe het hy uiterstes gesien voor hom afspeel. Sy oupa se naam was Nebi- kadneser en soos ons weet, was hy een van die grootste leiers wat ooit in die geskiedenis geleef het. Hy het hom in sy glorie aanskou terwyl Nebikadneser Babilon gebou het, 127 provinsies was onder sy bestuur. Hy het ‘n geweldige miltêre mag gehad en aanskou hoe die Here hom verneder het en van hom ‘n dier gemaak het.
Hy het gesien hoe die Here hom gered en herstel het tot leier en moes sy oupa dikwels aan hom vertel het wat hy wedervaar het, en ook van die lieflike tye wat hy met die Here daarna gehad het. Heel waarskynlik het sy oupa hom gekronfronteer met die vraag waar hy as jongman sou wees as hy te sterwe sou kom. Ten spyte van alles het Balsasar tot die laagste vlak van sonde verval.
Die feit dat jou ouers of groot ouers gered is, is geensins ‘n bewys dat jy gered is nie.
Belsasar se naam beteken: Mag die bell god of te wel die songod hom as koning beskerm. Sasaar beteken verder vuur of lig
A) DIE FEESMAAL:
By so ‘n gelleentheid waar die getal duisend genoem word dui dit op ‘n groot hoeveelheid sou die koning op ‘n verhewe plek sit sodat almal se oë op hom gevestig is en hy dan die geleentheid met drank inwy en skep dit die geleentheid vir die res van die boosheid wat hierop gaan volg. Hy bring die silwer en goue voorwerpe uit die heilige deel van die tempel wat sy vader Nebukadneser uit Jerusalem gebring het. En het bloot uit dit gedrink weens die boos-heid van sy welluste. Die herhaalde beklemtoning was gebruik om die aanbidding van valse gode te beklemtoon. Hulle gebruik die Heilige voorwerpe om die heidense gode te aanbid, en hierdeur te sê dat hulle die god van die hemel oorwin het. Dit het gedien as ‘n teken van neerlaag, van die God waarvan hierdie voorwerpe verteen-woordig was.
Dit was nie baie jare voor dit wat hy moes aanskou het hoedat die Here sy eie voorouers met oordele getref het en van sy oupa ‘n dier gemaak het nie, tog het hy besluit dat hy die God van die hemel sal uitdaag.
Hy moes dink dat die ontasbare Babilon met sy sewe ringmure en die magtige Efraat rivier geneog drinkwater sou voorsien dat indien hulle oorval sou word, hulle maande lank nie van water afgesny sou word nie en dus onaantasbaar was vir enige vyand om binne te dring.
Ons lees die eerste keer van ‘n feesmaal op die verjaarsdag saam met Faroa se dienknegte in Gen.40 en die droom uitleg deur Josef in Gen. 41 verklaar is.
Dikwels was die feeste gevier ter ere van die koning of iemand be-sonders waar gebeurtenisse wat besonders was, vereer moes word. Feeste was ook by die Jode bekend maar was die klem totaal anders gewees.
Kom ons kyk na hierdie feesmaal. Die doel van hierdie geleentheid was hoegenaamd nie om die Here te vereer nie, maar om sy eie ego te streel. Die gebruik was dat al die goeie eienskappe van die koning teen die paleis se muur uitgeskryf was, teen ‘n wit kalk muur teenoor die kandelaar. Vriende van die fees kon dan dit lees en sien hoe hy op verskillende gebiede presteer het. Dit was vir hulle die bewys hoe groot sy ryk werklik was. So ‘n feesmaal het altyd met sonde gepaard gegaan.
Die ses indeling van vs.4 word hoofsaaklik in twee verdeel goud en silwer en dan die res.
1) BELSASAR SONDIG TEEN SELF:
Hab.2:15 Sê nie verniet: “Wee hom wat aan sy naaste drank gee”
Drank neem alle vorme van respek weg. Daar is geen beheer oor jou emosies nie. Dit lei tot sedeloosheid wat nie net jouself vernietig nie, maar ook andere. Hoeveel wrakke lê nie langs die pad wat eens maar net sogenaamde onskuldige partytjies bygewoon het of ‘n eeste dran-kie wou geneem het nie. Terwyl die Bybel ons waarsku dat ons lig-gaam ‘n tempel van God is nie.
Jes.5:11-12
“Wee hulle wat vroeg in die more klaarmaak om sterk drank na te jaag, wat in die nag laat opbly terwyl die wyn hulle verhit. En daar is siter en harp, tamboryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maar op die dade van die Here gee hulle geen ag nie, en die werk van Sy hande sien hulle nie.”
2) HY SONDIG TEEN SY NAASTE:
Ongelukkig het die effek van drank altyd ‘n uitvloeisel. Nooit is dit net ek wat daardeur geraak word nie, maar soos ons in vs.2 opmerk was vroue en sy byvroue daarin betrokke. Dit lei tot sedeloosheid.
Terwyl hulle besig is om hulleself te geniet het hulle net vir die oom-blik geleef en nie daaraan gedink dat hulle vir hulle dade rekenskap moet gee nie.
3) HY SONDIG TEEN GOD:
Hier sien ons dat Belsasar ‘n bespotting gemaak deur die Heilige voorwerpe uit te stal en daardeur die Here uit te daag. Die Bybel sê dat die Naam van die Here om julle ontwil gelaster word. Rom.2:24.
Hoe gebeur dit? Daardie ligsinnige grappe en vuil taal en bespotting met die Woord tart ons die Here, en besef ons nie dat ons eendag van elke ydele woord rekenskap moet gee nie.
B) DIE VINGER VAN GOD:
Die Woord wys op drie verskillende plekke uit waar die vinger van die Here geskrywe het.
a) Ex.31:18 “En Hy het aan Moses, toe Hy geindig het om met hom te spreek op die berg Sinai die twee tafels van die getuienis gegee, tafels van klip beskrywe met die vinger van God.”
Hier was die wet van die Here gegee om te onderhou en nie te ver-breek nie.
b) Dan.5:5 Weer skryf die Here self teen die muur. Opvallend dat die Here die skrif teenoor die kandelaar skryf waar daar lig is. Hoewel daar in Belsasar se hart duisternis was, is alles oop en bloot voor die Here met wie ons te doene het. Hebr.4:13.
In die oë van mense was Belsasar ‘n uiters suksesvolle koning, maar in die oë van die Here was hy ‘n verslaafde dienskneg van sonde, wat al sy suksesse gering ag.
c) Die Here Jesus wat met die owerspelige vrou op die sand geskywe het in Joh.8
DRIE DINGE WORD TEEN BELSASAR GENOEM:
a) Jou koningskap is getel. Hoewel Belsasar sy koninskap as gewel-
dig geag het, het die Heer dit te lig bevind.
b) Jy is op die weegskaal geplaas en te lig bevind. Vreeslik om te
dink dat Belsasar in die oë van die Here as ‘n nul gereken word. Hy kon baie van die ander gebooie onderhou het maar Jak.2 sê dat as ons in een opsig struikel ons in almal struikel.
Nahum 1:14 “Ek sal van jou ‘n graf maak want jy is te lig bevind.”
c) Jou koninkskap is verdeel en aan die Medes en Perse gegee.
Weet u dit het letterlik gebeur. Geskiedenis beweer dat daardie self-de aand het die militere leier Ciprus van die Medes en Perse ‘n oorlog teen Belsasar gevoer en hom daardie aand gedood.
C) DIE VREES VAN BELSASAR:
– As daar ooit geleentheid was waar hy met die realiteit te doene
gehad het was dit nou.
– As daar ooit ‘n geleentheid was waar hy ernstig gewees het was dit
nou.
– As daar ooit ‘n tyd was wat ligsinnige grappies verdwyn het was dit
nou.
– Nooit is sy wildste drome sou hy kon dink dat die realiteit van die
ewigheid hom so vinnig sou oorval het nie.
Die Skrif sê: Vreeesli is dit om te val in die hande van die Lewende God.
1) SY GELAATSKLEUR HET VERANDER:
Hoe vreeslik moes dit nie gewees het om in hierdie toestand skielik in die teenwoordigheid van die Heilige God te kom nie. Hoe vreeslik dat die skrik van die Here hom skielik moes beetpak op ‘n geleent-heid wat hy dit nie wou gehad het nie. Ons maak ook so. Daar is tye wat graag wil sondig en die Here eenkant toe wil skuif om eers die sonde te wil doen.
2) SY GEDAGTES HET HOM VERSKRIK:
Hy moes besef het dat geen verskoning wat hy kon voorhou nou sou kon opweeg met die realiteit waarmee hy nou te doene het nie. Ek is seker hy moes gedink het aan al die geleenthede wat sy oupa hom vertel het van die Here, en hoe hy telkens sy hart verhart het. Wat ‘n genadige God is dit nie om hom nog ‘n kans te gee nie.
Hier het sy gewete wakker geword. Elke geleentheid wat hy doelbe-wus sy hart verhard het moes voor hom afgespeel het. Elke mens ontvang genoeg lig om te besef dat hy verlore is, en het ‘n gewete wat die Heer vir ons gegee het om ons te waarsku as ons sondig of verkeerd doen.
Rom.2 Sê dat ons gewete ‘n kontak is tussen ons en die Here is. Hy wat nooit die Evangelie gehoor het nie, sal volgens sy gewete geoor-deel word. Johannes sê dat Hy die lig is wat die mens sal verlig.
Daniël sê aan Belsasar in vs.22 ”Maar u Belsasar, sy seun het u hart nie verneder nie, alhoewel u dit alles weet.”
Belsasar het gesondig teen Lig: (Hy het alles geweet)
Belsasar het geondig teen kennis: (Hy moes kennis van die Here
gehad het).
Belsasar het gesondig teen voorbeeld: (sy oupa het seker ‘n voor-
beeld gestel van hoe om die Here te dien)
WAT VAN JOU?
Elders is daar iemand waarna jy kan opkyk wat jy iets anders in daardie persoon kan sien, wat jou diep in jou hart laat besef dat daardie persoon waarlik ‘n Christen is. Dat jy ook in jou hart weet dat jy jou moet bekeer van jou verkeerde weg, en dat jou lewe nie reg is voor die Here nie. Tog bly jy uitstel en jy besef nie dat jy jou hart verhard.
3) SY GEWETE HET LOSGERAAK:
Belsasar was bang. Miskien het hy geen mens gevrees nie, maar nou vrees hy die Here. Dit is duidelik dat mense dikwels skrik maar nie nou met hulle sondes breek nie is:
Pred.8:11-12 sê vir ons:
“Omdat die oordeel oor ‘n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen, aangesien ‘n sondaar honderd maal kwaad doen en hy lank lewe,”
Jy sondig en in jou hart dink jy dat niemand daarvan weet nie en gaan aan sonder om te besef dat daar ‘n dag gaan aanbreek waarin jy rekenskap sal moet gee.
Die Here het gepraat, Belsasar het gevrees, en o, ek is seker dat almal in spanning afgewag het om te sien wat hierdie geweldige staatsleier gaan doen. Al die oë is op hom gespits om sy reaksie dop te hou. Dit gebeur nie aldag dat die Here so duidelik en reguit praat soos hierdie geval nie. Selfs Daniël het hom reguit aangespreek oor sy sonde.
1) DIE FINALE KEUSE VAN BELSASAR:
Sien die inleiding op bladsy 1.
2) Vs.25 Sê DIE WOORD: “Mene, mene tekel ufarsin”
Dit beteken u koninkryk is verdeel. U is nou op die weegskaal.
3) vs.28: DIE WOORD PERES:
Dui daarop aan dat sy koninkryk reeds verdeel is want dit is in die verlede tyd geskrywe.
M.a.w. vandat die vinger van die Here geskryf het totdat die uitleg gekom het is die vonnis reeds voltrek.
Belsasar het nie geweet dat op daardie oomblik hy oor die genade-lyn van die Here getrap het nie. Hy het nie geweet dat dit sy laaste grap was nie, sy laaste maaltyd, sy laaste musiek, wat hy sou hoor nie, sy laaste drank wat hy nog sou geniet het nie. Vir ewig is sy geleentheid verbeur om hom nooit weer tot die Here te bekeer nie.
VERTEL VAN JONGMAN OP ROBERTSON KAAP.
Oproep volgende more bel hospitaal en vertel dat hy agter op bakie gesit het toe hoogspannings kabel hom getref het. Hy was net een dag te laat vir sy afspraak met die Here.
BELSASAR WAS GEWEEG:
Nie op die skaal van mense se opinie nie, maar op die skaal van die Here. Hy het ‘n regverdige oordeel gehad, want hy het baie kanse gehad. Op die Here se skaal was hy te lig bevind gewees.
A) WAT GAAN BELSASAR DOEN:
Vs.7 Belsasar wend hom tot die waarsêers en besweerders. Nog het hy hom nie bekeer nie. Wat moes die Here dan nog doen om hom tot sy sinne te bring. Belsasar sug en skreeu en krul in die ewige pyne-genede vuur van God in hierdie oomblikke weens verkeerde keuses.
Hoe is dit moontlik om die skaal positief te trek. Daar is net een manier: Daar is ‘n lied wat sê:
”Daar is ‘n bron gevul met Bloed
wat vloei uit Jesus Sy,
en Sondaars word in daardie vloed
van vlekke rein en vry..
Glo jy dit wel, is jy oortuig;
My Jesus sterf vir jou,
En deur Sy Bloed word jou gemoed
Van sonde rein en vry.”
Belsasar het sy lewe verloor, hy het sy siel verloor, hy het sy reputa-sie verloor en sy alles verloor. Een oomblik was alles rustig, die volgende oomblik was dit vir ewig te laat.
Jesus het sonde vir ons geword sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
WAT GAAN JY DOEN DIE KEUSE IS JOUNE: NIEMAND ANDERS KAN VIR JOU BESLUIT NIE:
“Waar gaan jy die ewigheid, die vraag kos jou miskien ‘n stryd. Wees tot ‘n antwoord steeds bereid;
waar gaan jy vir die ewigheid?
Die ewigheid, die ewigheid,
Waar gaan jy vir die ewigheid.
Daar is die wat Christus kies vandag,
Sonde oorwin in Jesus krag
Hul plek daarbo is reeds bereid
Waar gaan jy vir die ewigheid.
As jy die noue pad verlaat
En op die weg van sondaars gaan
Vreeslik sal wees die selfverwyt
‘n Lang verlore ewigheid.
Bekeer jou glo nog hierdie dag,
Vertrou die Heer se liefde en krag
Dan klink jo antwoord bly altyd
Gered vir tyd en ewigheid.
Jy moet kies, nie more of later nie, vir jou mag dit ook jou laaste geleentheid wees. Wat gaan jy kies.