Beloftes van God
Daar is 7959 beloftes in die Woord van God. In dien jy een belofte per dag neem dan sal dit jou ongeveer 22 jaar neem om al die beloftes te gebruik. God verbind Hom tot die beloftes wat Hy maak. 2 TIM. 2:13 As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie. God SAL Sy beloftes nakom. 2 KOR. 1:20 Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons. Daarom is dit belangrik dat jy God op Sy Woord sal neem. Num 23:19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie? Ons elkeen kom soms in situasies dat ons nie verstaan waarom en hoekom dinge gebeur nie. Soms vra ons:- Hoekom laat God dit toe? Nou – dink vanuit God se oogpunt – Hy is Almagtig en Alwetend en Alomteenwoordig en daarom is Hy in beheer van elke situasie. God is die een wat verstaan wat aan die gang is en waarheen Hy met jou oppad is. Hier is ‘n paar beloftes: BELOFTES VAN VOORSIENING – JOH. 3:17 / ROM.10:9en10en 13 / EFES. 2:8en9/ 1Tim.2:3en 4 / HEBR.6:18 BELOFTES DAT GOD GEBEDE BEANTWOORD – Jes. 65:24/ JER.33:3/ MARKUS11:24/ JOH.16:24/ JOH.15:7/ JES.58:9/ EFES.3:20/ MATT.7:7en8 BELOFTES OOR GELOOF IN GOD – ROM.12:3 / 1 JOH.5:4 / MARKUS9:23 / EFES.9:23/ EFES.6:16/ JOH.20:29/ MATT.21:21en22/ JOH.16:24 BELOFTES DAT GOD SAL VIR ONS KRAG GEE – JES.40:29 / PS.29:11 / JES.26:4 / NEH.8:10 / EFES.6:10 / FIL.4:13 / JES.58:11 BELOFTES DAT ONS GOD KAN VERTROU – SPR.3:25en26 / SPR.14:26 / JES.30:15/ 1 JOH. 3:21en22/ 1JOH.5:14en15 BELOFTES VIR ONS FISIESE BEHOEFTES – FIL.4:19 / MATT.6:25en26 / Matt.6:31-33/ DEUT. 28:1en11 en12/ LUK.12:30en31/DEUT.29:9/ PS.111:5/ JES.1:19/ SAG.10:1/ LEV.26:3-5 BELOFTES VIR DIE WAT BANG IS EN TWYFEL – JES.41:10en13/ JES.43:1/ 2TIM.1:7/ LUK.12:6en7/ 1 JOH.4:18 / ROM.4:21 / PS.112:7 / JES.58:9 BELOFTESVIR TYE VAN DEPRESSIE – PS.43:5 / PS.73:26/PS.37:23en24/ PS.34:6/JES.49:15/ HEBR.13:5 BELOFTES IN TYE VAN NEERLAAG, MISLUKKING EN HULPELOOSHEID – JOH.14:1 / JES.61:1-3/ PS.147:3 / ROM.8:28 / JES.41:13 / 2KOR.12:9 / ROM.8:26 / HEBR.13:6 / 1 JOH.4:4 BELOFTES IN TYE VAN BEKOMMERNIS – MATT.6:30 en 34 / FIL.4:6en7 / LUK.12:25en26 / 1 PET. 5:5en6 / PS.55:2en 3 / PS. 146: 7en9/ GAL. 5:1/ MATT.11:28-30 Het jy een of meer beloftes waaraan jy vashou? Gryp die beloftes wat God vir jou gee, soos mens ‘n reddings-tou sal gryp, en staan vas daarop!!! NOU – elke belofte het ‘n voorwaarde en dit is jou verantwoordelikheid om die voorwaarde na te kom sodat God Sy belofte kan bevestig in jou lewe! GEBED Vader, dankie vir U beloftes wat U vir my gee! Word U verheerlik in my lewe? AMEN