BEGRAFNISDIENS VAN JANITA SE MAMIE: HEBR.9:24-28.

INLEIDING:

By geleentheid het ‘n seuntjie by een van die groot riviere in Europa met sy bootjie gespeel, die bootjie het verlore geraak en na ‘n groot soektog het hy hom in ‘n pandwinkel opgespoor, na baie oorreding wou die eienaar van die winkel nie die boodjie terugbesorg voordat die seuntjie hom nie gekoop het nie. Nadat diesom geld ooreengestem is het hy die bootjie teruggekoop en terwyl hy met die bootjie in sy hande gestaan het was sy antwoord, jy is nou dubbel myne, ek het jou gemaak en ek het jou gekoop. 

Elke indidvidu wat op hierdie aarde gebore is, is deur die Here geskape en elke skepsel is geskape met ‘n doel, die hoofdoel sal ons sien is in Efe.1:4 “dat voor die grondlegging van die wêreld (die Here ons geskape het) om heilig en sonder gebrek voor Hom inliefde te wees.”

Daarom dar Rom.5:8 Vir ons sê: “God bewys Sy liefde tot ons daar-in dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”

Die roepste van die Here roep oor die eeue die mens om tot inkeer te kom en sê: “Hy Íkom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sl julle rus gee.”  Matt. 11:28.

Iets vreesliks het gebeur dat u en ek ons doel hier op aarde gemis het.

Die opstand wat in die hart van die duiwel geheers het, het ook in Adam en Eva wat na die beeld van die Here gesakpe was ingekom deur hulle eie wil, dit het veroorsaak dat ons nou in rebellie teen die Here gebore is. Rom.3:23 “Almal het gesondig, en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van die Here”

Nou leef ons op hierdie aarde met hierdie gees van rebellie, en ons wil nie aan die Here onderworpe wees nie. Ons wil ons eie ding doen en sal nie dat iemand ons vertel dat ons reg voor die Here moet leef nie.

Nou kom daar konflik, tussen die plan van die Here en ons eie wil. Hy het volle reg op my lewe want Hy wat my geskape het sê Hebr.9 dat Hy ook eenmaal ingenaan het in die heiligdom, Hy het aan die kruis gesterf, sodat Hy ons deur Sy kosbare bloed kan loskoop uit ons verkeerde weë van sonde.

Wat ons hierdie kant van die graf leef gaan bepaal wat ons aan die ander kant van die graf gaan leef. Daarom dat die waarskuwing uit Hebr.9:27 na ons kom dat ons nie uit die oog moet verloor dat daar ‘n dag van oordeel gaan kom nie, of ons dit wil weet of nie, u en ek gaan eendag voor die Here moet verskyn om rekenskap van ons lewens te moet gee.

Omdat ons in rebellie teenoor die Here leef, wil ons nie maklik buig onder die werkinge van die hand van die Here nie. Nou moet Hy met ons op verskillende maniere kom praat, want onthou, Hy het volle reg op my lewe, Hy wat my geskape het, het my ook gekoop.

Hy het die vloek van sonde op Hom hgeneem en sonde vir ons geword sodat ons geregtigheid van God in Hom kan word. 11 Kor.5;21. `

Vir die ryk jongman moes hy met sy materialsme breek alvorens hy gered kon word.

Nou begin Hy met my praat d.m.v. omstandighede, hy gebruik teë-spoede soos die dood, finansieële terugslae, familie konflik, werks-druk, en soveel meer, alles dinge wat aan my bekend is en waarin Hy met my wil ontmoet, die oomblik wat ek my knieë voor Hom sal buig.

Dit is hier waar die probleem is, ek vind dit so moeilik om my voor die Here te verneder, en Hy gebruik net meer druk op my lewe. Met hoeveel van ons het die Here nie kom praat deur die dood van Tannie Cornelia nie, hoeveel kan vandag met spyt sê ek het so verkeerd gehandl teenoor hierdie ou mensie terwyl sy op aarde gelewe het.

Hy wil my die geleentheid gee om reg te maak en ek reagee net op een van twee maniere, of deur my te bekeer en berou oor my lewe te toon, of deur my hart te verhard en my lewe nie met die Here reg te maak nie.

Ons mag verkeerd gehandel het, maar ons moet uit hierdie situasie leer dat ek gefouteer het en nie hierby moet stilstaan nie. Dat ek my lewe onvoorwaardelik aan die Here sal oorgee.

1)      WAT VERWAG DIE HERE VAN MY

MOET EK DIT DOEN?

Joh.16:8-9 verwys na die Heilige Gees wat sal kom om ons te oordeel. Hy wil ons wys hoe verlore ons is, want daar is niks wat ek kan doen om my eie lewe met die Here reg te maak as behalwe te doen wat die Bybel ons leer om te doen nie:

a)      ERKENTENIS:

Dit is so belangrik te te moet erken dat ek verlore is. Dit is van uiterste belang dat ons eerlik t.o.v myself sal raak en erken dat wat met my tans beig is om te gebeur ‘n roepstem van die Here is. Ek is in hierdie gemors omdat die Here my my toestand voor Hom wil openbaar, maar Spreuke 28:13 Se ‘Dat hy wat sy oortredinge bedek sal nie voorspoedig wees nie, maar hy wat dit bely en laat staan sal barmhartigheid vind.”

Die oomblik wat ek gaan eerlik raak t.o.v. my lewe hoe dit werklik lyk, en nie meer probeer weghardloop nie, daardie oomblik kan ek Sy vrede in my lewe ondervind. Die Bybel gee riglyne om te sê dat ek nie mag steel of vloek of in enige vorm van sonde mag bly leef nie.

Weens my rebellie leef ek in opstand voor die Here en wil Hy my kom red, want onthou ek het net een lewe om te leef dan die oordeel.

Erken voor die Here dat ek totaal verlore is, Rom.3:11-12 sê: “daar is niemand wat goed doen nie daar is selfs nie een nie. Ons het almal afgewyk, ons het almal ontaard.”

b) BELYDENIS:

Jak.5 verwys na belydenis van ons misdade sodat ons genees mag word. Die oomblik wat ek absoluut eerlik raak en my toestand soos dit is voor die Here bely kan Hy my genadig wees. Die oomblik as ek soos ‘n kind na die Here kom en voor Hom eerlik erken dat dit ek is wat so leef, dan dit te bely, kan Hy my redder wees.

c) BEROU:

Berou beteken nie noodwendig trane nie, maar ‘n hart wat bereid is om te sê Here ek is so jammer dat ek eerder sal sterf voordat ek terugkeer na sonde. Hebr.12:4.

Ek het by die plek gekom waar ek nie meer ontken nie, maar my toestand voor die Here eerlik erken. Droefheid werk ‘n onbeeroulike bekering. 11 Kor.7:10

Kom dan nou tot inkeer en bekeer julle sodat julle sondes uitgewis kan word Hand.3:19.

2) WANNEER MOET EK MY LEWE REGMAAK:

Ek voel nie om nou my lewe met die Here reg te maak nie, want ek het nog soveel dinge wat ek eers moet doen.

A) VANDAG:

Vandag as ons Sy stem hoor moet ons nie ons harte verhard nie maar reageer op die roepstem van die here.

b) KOM NOU:

Jes.1:18 Verklaar dat ons net soos ons is na die Here kan kom, en ons skuld bely. Dat ons kan kom om hierdie saak wat tussen my en die Here staan, nl. my sondes wat soos ‘n kas vol geraamtes is voor die Here te bring.

c) UIT AL MY ONKUNDE:

Hand.17:30 God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkon-dig nou aan al die mense ooral dat hulle hul moet bekeer omdat Hy ‘n dag bepaal het waarin die mens in geregtigheid geoordeel gaan word.

Wil u nie vandag kom en u lewe met die Here regmaak dat u vrede magg onderveind met die Here wat u geskape het nie. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00