BEGRAFNIS VAN MNR. MOLLER: 22 Nov.2010 OPENB.21:4-5
“En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verby gegaan. En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.”
INLEIDING:
Die mens het net eenmaal wat hy die voorreeg het om hierdie aardse lewenspad te bewandel, net een keer wat ek die voorreg het om aan hierdie wedloop van die ewigehied deel te kan neem, wat ek in hier-die wedloop gedoen het gaan bepaal waar ek die ewigheid gaan deurbring. Die beloning, indien ek reg kies, is so oorweldegend daar is ‘n magdom van beloftes en versekering wat Hy bied, indien ons ons lewens met Hom sal skik sal ons beloon en bekroon word waar-na ons die voorreg sal hê om hierdie krone voor Sy voete neer te lê.
1 Kor.9:24 Verwys Paulus daarna dat ons aan ‘n wedloop ddeelneem en dat ons so moet hardloop dat ons die prys sal kan verkry.
In 1 Tim.4:7 Verklaar Paulus die woorde: “Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voleindig, ek het die geloof behoyu verder is vir my weggelê die kroon van geregtigheid wat die Here die regverdige Regter my vir die dag sal gee, en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat SY veskyning liefhet.”
Die bestemming van die uiteinde van die wedloop is so wyd uiteen-lopend. Die een is die ewige heerlikheid saam met die Here Jesus die ander is die ewige verdoemenis sonder die Here Jesus in ‘n ewige vuur.
Wanneer ons Heiland oor hierdie wedloop praat in Matt.7 wil Hy vir jou en vir my die erns daarvan beklemtoon wanneer Hy verklaar in vs.13 dat jy en ek moet ingaan deur die nou poort, want die poort is wyd en die pad is breed wat na die verderf lei. Hy daag jou en my uit om by ‘n plek van ‘n beslisde keuse te kom waar ons gaan kies of ons hierdie noue pad gaan betree.
Ons weet dat ons in sonde gebore en ontvang is en daarom weg van die aangesig van die Here leef en dat daar ‘n beslisde plek in my lewe moet kom waarna die Here Jesus verwys dat ons moet ingaan.
WAT WORD HIERMEE BEDOEL:
Om aan hierdie wedloop deel te neem soos met enige ander wedloop is daar sekere vereistes: Een daarvan is dat ons moet inskryf vir hier-die wedloop. Ongelukkig word daar nie ‘n keuse gestel nie, my ge-boorte is die eerste tree tot die deelname in hierdie wedloop. Jou en my pad loop gevaarlik styl indien ons nie ons lewens met die Here Jesus skik nie, ons leef dus dan in opstand teen die Here en kan dan geen loon verwag as ons eendag voor Hom moet verskyn nie.
Ons aanvanklike inskrywing is die geboorte om op hierdie aarde aan die wedloop, maar daar moet ook ‘n geestelike inskrywing ook plaas -vind sodat ons kan kwalifiseer vir die Ewige lewe, hoor net hoe pragtig stel Hy dit in Open.21:4-5
Nou wil Hy so graag by jou en my hart uitkom sodat ons ‘n regte keuse vir die Here Jesus kan maak.
Hy gebruik omstandighede en geleenthede soos hierdie om met jou en my te kom praat om ‘n keuse te maak of ons die deurknop van ons harte gaan oopmaak sodat Hy kan inkom. In Joh.3:3 verklaar die Here Jesus aan Nikodemus dat indien ons nie weergebore sal word nie ons die koninkryk van God nie sal ingaan nie.
Wedergeboorte is waar ek en jy die hartsdeur oopmaak en voor die Here Jesus erken dat ek verlore is en dat ek Hom so dringend in my lewe nodig het. Dat ek besef dat ek in sonde gebore is en myself nie kan help nie maar dat die Koning van konings my bestuur van my lewe moet oorneem en ek deur Hom gelei sal word.
Dan is dit wat Jes.25:8 Verklaar dat “Hy die dood vir ewige sal vernietig, die Here Here sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want die Here het dit gespreek.”
Verder dat Jes.35:10 vir ons sê: “en die losgekooptes van die Here sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg”
Job.14:5 Sê ook dan “As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor gaan nie.”