Baklei jy of lê jy?

Die storie word vertel van die twee bokke wat hoog in die berg op ’n baie klein en smal paadjie geloop het. Die bokke het in twee verskillende rigtings geloop en toe hoog in die berg, met die afgrond aan die een kant en die hoë bergwal aan die ander kant, ontmoet. Hulle het gewonder :- Wat nou? Hulle kon nie terug gaan nie want dit sou te gevaarlik wees en hulle kon ook nie by mekaar verby nie want die pad is te smal. Wonder net?- Indien dit mense was sou hulle mekaar gestamp het totdat die een oor die rand val. Maar die bokke het ’n plan gemaak. Die een bok het gaan lê en het toegelaat dat die ander bok oor hom loop. Daar moet ’n gewilligheid wees om te gaan lê en die ander een toe te laat om oor te loop. Die mens sou redeneer :- Watter een moet gaan lê? Is dit nie moeilik vir ons as mens om onsself te verneder en te gaan lê terwille van die ander een nie? Ja, om die minste te wees terwille van ander. ROM. 12:10 “wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning;” ROM. 15:1 “En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie.” ROM. 15:2 “Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting.” ROM. 15:3 “Want ook Christus het Homself nie behaag nie, maar soos geskrywe is: Die smaadhede van die wat U smaad, het op My geval.” GEBED Vader, help my om altyd eerbetoning aan my medemens te betoon? Here, U het dit gedoen toe U op aarde was en ek wil U voetspore volg! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00