Baie draaie - een pad!
Het jy al op ’n lang reguit pad , slaperig gery? Die pad is oop en reguit en so af en toe ’n kinkel in die pad na links of regs. Daardie kinkel hou jou wakker , sodat jy op die pad kan bly en kan fokus met dit waarmee jy besig is. Dit is die draaie wat ons op ’n verkeerde pad neem of jou op die skouer van die lewe plaas. Daarom , om op teveel paaie te ry sal maak dat jy misluk en jou rigting verloor sodat jy nie by jou bestemming kan uitkom nie. Henry Ford skryf:- ‘n Swakpunt van alle mense is, om teveel dinge te doen op een slag. Dit laat die inspanning verdwyn en vernietig jou rigting. Dit veroorsaak haas en haas veroorsaak verkwisting. So, ons doen dinge op al die verkeerde maniere voordat ons dit op die regte manier doen en dan dink ons dit is die beste en enigste manier om dinge gedoen te kry. Dit is van tyd tot tyd dat ek in die more opstaan met ’n gemoed vol take om te doen, dan hardloop ek om die huis en bepaal my prioriteite en begin van ’n kant om die take te doen.” Daarom , is dit nie altyd die draaie wat ons neem om ons rigting te bepaal nie, maar die hoeveelheid paaie wat ons op beweeg wat ons, ons doelwitte laat verloor. Daarom om gefokus te bly met ons daaglikse prioriteite is belangrik – maar ook vir ons Geestelike lewe. Petrus het op ’n tyd gevra:- “Wat van hom?” en Jesus het geantwoord:- “Wat het dit met jou te doen?” God het ons pad bepaal en ons moet die keuse neem om dit te voltooi , net soos ons die ander hul keuses moet toelaat wat hulle moet voltooi. Daar is draaie, dit laat ons nie verlore gaan nie, daarom moet ons net op die pad bly! MATT. 6:34 “Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad. “ GEBED Here, dankie vir my pad om met U te stap! Dankie dat U altyd daar is, elke dag! Begelei my op U weg vandag? AMEN