WAT IS REBELLIE:

Jes 14 Hoogmoed van die duiwel.

Gen.3 Adam en Eva uit tuin van Eden weens rebellie

DIT IS EERSTENS SELF GESENTREERDHEID.

DIT WIL HOM NIE AAN OUTORITEIT ONDERWERP NIE.

SO ‘N PERSOON WIL SY EIE DING DOEN, DINK AAN DIE DUIWEL. DIE EFFEK VAN DIE SONDEVAL.

REBELLIE WIL TEEN GOD SE ORDE GAAN.

DIE VROU WIL HAAR GELYKSTEL AAN DIE MAN.

DIE MAN WIL NIE AAN DIE HERE ONDERWORPE WEES NIE, RY BV. SPOED WAT EK WIL.

KINDERS WIL NIE NA OUERS LUISTER NIE.

EFFEK VAN REBELLIE IN KORAG DATAN EN ABIRAM. NUM.16. REBELEER TEEN DIE KEUESE VAN DIE HERE AS LEIER.

1) REBELLE IS DIE BEELD VAN DIE VERVALLE SELF GESENTREERDHEID. Jes.53:6 Rom.8:7 Vlees vyandskap teen God

2) DIE REBELSE IS VERBLIND VAN DIE WAARHEID VAN GOD EFE.4:18 VERDUISTERD IN DIE VERSTAND.

3) DIE REBELSE SE GEWETE IS AFGESTOMP. JER.17:9

4) DIE REBELSE IS MET DOOIE LIGGAAM VEREENSEL-WIG PS.51:9 Was my met hissip.

5) DIE REBELSE IS SOOS ‘N MELAATSE.

6) DIE REBELSE STRY NIE OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN NIE.

ADONIA – DIE OORWONNE REBEL

1 KON.1:5-9 + 41-53

INLEIDING:

In hierdie verhaal vind ons die beeld van ‘n persoon waarna Jer. 17:9 verwys as hy sê: “Bedrieglik is die hart bo alle ding, ja ver-dorwe is dit, wie kan dit ken.”

Hoewel Adonia ‘n pragtige betekenis in sy naam het nl.: Die Here is God, sien ons dat dit alles behalwe die gesindheid van Adonia was. Hy was ‘n rebellie.

Sy hart was hartnekkig en opstandig. Dawid se stormagtige lewe was op die punt om tot einde te kom. Die moontlike opvolger van Dawid se troon Absolom het tragies en skielik gesterf en nou moet iemand anders sy pos beklee.

Nou het hierdie aantreklike Adonia homself aanbeveel om op die troon van sy vader te wil klim. Dit wil voorkom dat soos met baie ander kinders hierdie jong man bederf was vs.6. “En sy vader het hom sy lewe lank nie gekrenk nie” Spreuke 29:15 “Ðie roede en die bestraffing gee wysheid; maar ‘n seun wat aan homself oorge-laat word, steek sy moeder in die skande”

1) KOM ONS KYK NA SY VERHOGING: VS.5.

“Intussen was Adonia, die seun van Haggit, so vermetel om te dink: Ek sal koning word! En hy het vir hom waens en perde ruiters aangeskaf en vyftig man wat voor hom uitloop.”

Hy het homself verhoog deur te se dat hy koning sal word. Luk. 18:14 Sê: “Elkeen wat homself verhoog sal verneder word”

Die duiwel het dieselfde leuen aan Eva voor gehou om te se dat sy soos die Here sal word. Gen.3:5. Dit is die ideale aas vir die trotse hart. Hy het vir waens en perderuiters aangeskaf en vyftig man wat voor hom uitloop.

Hy het sy broers genooi en vee geslag maar die wat met die Here gewandel het het hy nie genooi nie, asook die een wat as koning gesalf moes word nl. Salomo het hy nie genooi nie.

Eienaardig, die een wat geen planne beraam het nie, was die keuse van die Here. Dit is altyd die vleeslike se manier om hom-self te verhoog, en die een wat die Here stuur nl. Die Here Jesus word nie geken nie. Trots kom voor die val.

2) SIEN HOM GEIGNOREERD: vs.30

“Sekerlik, sal Salomo na my heers”

Vs.39: Het hulle die trompette geblaas en Salomo is as koning ge-salf. Terwyl Adonia homself verhoog het was Salomo die veragte verhoog, en deur die priester en die profeet gesalf vs.45. 

Daar is ‘n ander koning die Here Jesus wat in u lewe gesalf wil wees, wie die reg het om in u hart te heers, en wie die Here as Heer oor alles aangestel het, om vir ewig die seen van die Here te gebied. Almal wat hullself teen die Here verhoog sal vind dat hulle, hulle eise en bedoelinge tot die uiterste verag sal word, deur die Here, soos die van Adonia deur Dawid. Die wat in trots en self vertroue hulleself verhoog, teen die Here Jesus sal ontnugter word aan die einde van hierdie dae, en sal as rebelle en leuenaards ver-ag en verwerp word.

Onthou daar is die wat ingenooi sal word in die dag van oordeel, en dan is daar die wat op hulle self vertrou en nie in die hemel toegelaat sal word nie.

3) KOM ONS KYK NA SY ONTNUGTERING: VS.42-46.

Dit moes ‘n ontsettende ontnugtering gewees het toe Jonatan aan Adonia die nuus kom vertel het dat Salomo as koning gesalf is.

Vs.42-46 “Terwyl hy nog spreek, kom Jonatan, die seun van die priester Abjatar, daar aan: en Adonia sê: Kom in, want jy is ‘n wakker man en bring ‘n goeie boodskap. Maar Jonatan antwoord Adonia en sê: Ja, maar ons heer die koning Dawid het Salomo koning gemaak! En die koning het Sadok, die priester en Natan, die profeet, en Benaja, die seun van Jojada, en Kreti en die Pleti met hom saamgestuur, en hulle het hom op die koning se muil laat ry; en Sadok, die priester en Natan die profeet, het hom in Gihon as koning gesalf, en daarvandaan het hulle met blydskap opgetrek sodat die stad opgewonde geraak het; dit is die geluid wat julle gehoor het. En ook het Salomo op die koninklike troon gaan sit.”

Jonatan was ‘n getroue boodskapdraer. Hy het die hele waarheid vertel dat Dawid Salomo koning gemaak het. Die wat Adonia na-gevolg het was dit tot die dood, en die Salomo nagevolg het ‘n was daar lewe. Vs.49

4) SIEN HOM GERED:

A)    Die bedwinging van Adonia:

Skielik het Adonia gevrees weens Salomo Vs.50. Waar daar ‘n ware gevaar is, is daar vrees. Noag het die ark gebou omdat hy deur vrees gedryf was. Hebr.11:7.

B)    Die plek van herstel: vs.50

Hy het die horings van die altaar vasgegryp. Nie die ark nog die horings kon die vrees van die dood van hom wegneem nie. Dit kos ‘n sin van sonde en skuld om die plek van versoening begeer-lik en kosbaar te maak.

Die prediking van die kruis is ‘n saak van afstootlikheid vir die wat ongered is maar vir die geredde is dit die krag van God. Deur die horings vas te gryp, het hy homself verbind aan die offer van die Here Ps.118:27. Daar is geen ander heenkome as die offer aan die altaar nie.

3) Die veranderde lewe: Vs.53

Hy het hom voor Salomo gebuig. In vs.5 het hy homself verhoog. Die rebel is nou skielik ‘n dienskneg. Salomo die koning van vrede het hom beveel om in vrede te gaan.  Hy het vrede met die Koning gevind by die altaar. Die lewe wat deur sonde verwoes was, was nou gered deur genade, sodat hy ‘n dienskneg van geregtigheid kon word. Luk.1:74-75.

*********************

0:00
0:00