ABRAM DIE MAN VAN GELOOF: GEN.14:18-24 + 15:1-6
INLEIDING:
Die Here het Abram geroep, en hy het uitgegaan, sonder om te weet waarheen hy moes gaan. Lot het Abram gevolg en Abram het die Here gevolg. Lot het ons gevind wat nie lank daarna homself in die omgewing van Sodam bevind, waar hy nou ‘n gevangene is a.g.v. wêrelds gesindheid.
Abram het uitgestaan as ‘n:
1) MAN VAN SIMPATIE: VS.13-14.
“Toe Abram hoor dat sy broer as gevangene weggevoer is,”
Daar is geen sprake van blaam of veroordeling teenoor Lot nie, nee hy het dadelik opgetree om Lot se vrymaking te gaan opsoek. Die wat in gemeenskap met die Here wandel kan nie bloot onbetrokke wees by die lyding en smarte van hulle broers nie.
2) HY WAS ‘N MAN VAN MOED: Vs.14-15.
Met sy klein bende manskappe durf hy 4 konings aan. Die man van geloof pak groot dinge vir die Here aan. Hy weet dat die Here swak voorwerpe kan gebruik om die magtiges te weerlê. Abram se geloof het deur liefde gefunksioneer. Hy het sy broer Lot liefgehad en sy lewe gewaag vir hierdie helde daad. Groot geloof vermag dikwels dinge wat onmoontlik lyk. Dink aan Nehemia, Moses, en aan Paulus in Fil.4:13.
3) HY WAS ‘N MAN VAN KRAG: VS.16.
“En hy het al die goed teruggebring en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring”.
Abram het die geheim geken om alleen met die Here te wandel. Hy het afgesonderd geleef. Hy het na die slagveld gegaan as een wat uit die teenwoordigheid van die Here gekom het.
Die oorwinning was reeds afgehandel. Lot het met die ongereddes gemeng en was daarom nie instaat om homself te red nie. Dit is die een wat afgesonderd en heilig leef wat by magte is om andere te kan red. Abram se krag het in sy lewe van geloof gelê. As ons vir die Here oorwinnings wil behaal sal ons vir die Here afgesonderd moet lewe. Onthou u hoe en waar Simson gefaal het. Rigters 16. Die vrugbare tak moet in die wynstok bly.
4) HY WAS ‘N MAN WAT ON-OMKOOPBAAR WAS. VS.23.
“…dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie…”
Abram het alles geneem van wat hy van die koning van Salem kon neem, omdat Hy die Priester van die Allerhoogste God is, maar hy het niks van die koning van Sodom geneem nie, anders kan hy sê dat hy Abram ryk gemaak het.
Die Here het Abram verryk en hy sal niks neem wat die eer van die Here skade aan sal doen nie. Dit is nie self en trots nie, maar ‘n heilige en eervolle respek vir die Naam en Karakter van die Here. Dit is die totale afhanklikheid van die Here alleen. Mag ons harte daartoe opgewek word in die beoefening van ons geloof. Deut.32:9
“Die Here is die erfdeel van Sy volk” (Engels).
5) HY WAS ‘N MAN WAT DEUR DIE HERE BEPROEF WAS:
VS.18-19.
Melgisedek het hom ontmoet.
Die ontmoeting met Melgisedek het Abram so geseën dat sy gedag-tes van die aarde na die hemel gerig was, en hom gereed gemaak om vir niks minder as net die absolute beste tevrede te wees.
As jy eens in die teenwoordigheid van die Here was, is jy bederf vir enige iets minder as dit.
Melgisedek het Abram met brood bedien: Om te versterk te word en wyn: Om hom weer op te beur of te verfris. Die outoriteit Melgise-dek kom om Abram te seën.
Die Here sal al Sy diensknegte wat vir hom in die slagveld is om siele soos brandhout uit die vuur te ruk verkwik, om in Sy Naam voort werk, en te wandel en veg. Wat ‘n voorreg om Hom te ontmoet nadat ek van die slagveld terugkom, en moeg en afgemat is wanneer die Prins van vrede ons ontmoet en ons help en weer bekragtig.
Dink aan Elia in 1 Kon.19. Een dag wanneer Hy weer gaan kom, sal Hy die “well done” oor u lewe kan uitroep.
‘n Woord op sy tyd , is soos heling vir ‘n mens se gemoed. Die Here weet hoe om ‘n woord tot ons te spreek wanneer ons moeg en afge-mat is. Sy onderhandeling met ons is nie klein of gering nie.
I) DIE TYD VAN SY ONDERHANDELING: VS.1
“Na hierdie dinge het die woord van die Here tot Abram gekom en gesê”.
Nadat Abram die stryd, om Lot uit die greep van die vier konings te red gehad het, is dit geen vreemde ding vir ‘n man van God om dan te vrees, selfs al is die oorwinning reeds voltrek nie. Die oorwinnings in geloof bring nooit self vertroue nie.
Abram kon gevrees het dat die konings weer sou terugkom, met hernude kragte. Hy kon die konsekwensies moes verdra weens die feit dat hy die geskenke van die koning van Sodom geweier het. Dit het baie moed gekos om die geskenke te weier, omdat dit as ‘n belediging vir die koning beskou was.
Maar die Here sê aan Abram: “Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot”.
II) KOM ONS KYK NA DIE BOODSKAP:
HIERDIE BOODSKAP HOU DIE VOLGENDE IN:
1) DIE GODDELIKE BEMOEDIGING: “VREES NIE”
Dit was die eerste keer dat hierdie woorde in die Bybel genoem was.
Dit is die boodskap van een wat in liefde en genade al sy behoeftes besef het. Die Here Jesus het eens gesê: “Gee julle vir hulle om te eet” omdat Hy geweet het “wat Hy gaan doen” Luk.6:6.
Hierdie boodskap herhinder ons aan die volheid van die boodskap van verlossing in Christus Jesus. Vrees nie want Hy wat Sy Seun vir ons gegee het, hoe sal Hy nie ook alles aan ons vrylik gee as ons Hom vra nie.
2) DIE OPENABRING VAN DIE KRAG VAN GOD: “EK IS VIR JOU ‘N SKILD”.
Die allomteenwoordige God verklaar Homself as die beskermheer van die wat in Hom in die geloof sal wandel. God is ons toevlug en sterkte. Ons lewe is verborge in Christus deur God. “Ek is jou skild”.
Christus is ons beskerming teen die aanslae van sonde deur Sy bloed. Ex.12:13. Christus beskerm die swakke in tye van beproewing soos met Petrus in Luk.22:32.
3) DIE OPENABRING VAN DIE VOLHEID VAN DIE HERE:
“EK IS JOU UITSTAANDE GROOT BELONING” VS.1.
Dit is die verlange en die begeerte van die Here dat Sy kinders in Hom bevredig moet word. Daar is altyd een of ander vorm van beloning vir die wat oorwin.
Die uiteindelike doel van die vleeswording is dat die gelowige siel beloon sal word met die openbaring van die Here. Die onnaspeurlike rykdomme is in Christus vir ons nou. In Hom woon al die volheid van die Godheid. Die grootste beloning wat ons kan ontvang is die rykdomme in ons Heiland.
Daarom is die Heilige Gees aan ons gegee om die volheid van die Here in ons wandel met Hom te verklaar en te verduidelik. Die kos-bare beloftes van die heerlikheid van die Here was aan Abram gegee nadat hy die rykdomme van die wêreld vaarwel geroep het, nl. die van die koning van Sodom. Gen.14:23. Elke offer t.w.v. die Here Jesus sal tot ‘n heerlike beloning lei.
4) ABRAM SE VERSOEK: Vs.2-3.
Abram het ‘n seun begeer.
5) DIE BELOFTE: Vs.4-5.
Die basis van die belofte van die Here is die Woord van die Here.
Die verband waarin dit gesê is is dat daar ‘n nageslag sal wees. Die sigbare illustrasie is so baie soos die sterre.
6) DIE SEëN: “En hy het in die Here geglo”.Vs.6.
Dit is die eerste plek in die Bybel waar die begrip geloof genoem was. Een ander plek in die O.T. waar daar van geloof in die Here genoem was is: Jona: 3:1-10 in sy belydenis.
Hy het die boodskap van die Here ontvang en aanvaar en daarin ge-rus en ons lees verder: “…en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken”. Hy was geregverdig nie deur werke nie, maar deur die geloof. (Rom.4:3) Geloof in die Here het altyd ‘n daatwerklike effek.
Die Here het Abram se geloof hom dit tot geregtigheid gereken. Dit is steeds op dieselfde basis waarop iemand gered word, nl. dat hy glo en die Here die bevestiging in die hart kom bewerk.
Die Here reverdig die gelowige in die Here Jesus. Hy tel dit of reken dit as regverdig. Wie kan veroordeel wie die Here regverdig ver-klaar. Hierdie tipe geloof behels die totale toewyding van onsself aan die Here dat Hy in ons kan werk beide om te wil sowel as om te werk, na Sy welbehae.
III) DIE GODDELIKE VERBOND: VS.8-18.
1) DIE VERDEELDE OFFER:
Niks mag weggesteek word nie. Alles is oop en bloot voor die Here met wie ons te doen het.
2) DIE VREESLIKHEID VAN DUISTERNIS: VS.12
Elke aardse hoop het verdwyn.
3) DIE HERHAALDE BELOFTE: VS.13-16.
Let op na die profesie aangaande Israel se geskiedenis. Profesie is Bybelse geskiedenis vooruit vertel in die verband.
4) DIE ROKENDE OOND:
Verwys na die Goddelike toorn wat opdie offer sal ontvlam sodat die seën na Abram en sy nageslag mag kom.
5) DIE LAMP: Fakkel
Die Goddelike lig wat die offer ondersoek en die waarde daarvan reg bepaal.
6) DIE VERBOND GESLUIT: VS.18
Ook vir die nageslag.
*******************************
ABRAHAM HET ONTVANG EN GEDIEN
Gen.18:1-17
Elke O.T. gebeure wys heen na iets in ‘n N.T. waarheid. Laat ons hierdie gedeelte lees in die hiervan:
1. DIE GENADIGE BESOEK
Gen.18:1, 2 “Daarna het die HERE aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag. Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en bruig hom na die aarde toe.”
Dit is treffend dat Jehovah homself sou openbaar in die gedaante van drie persone. Dui dit nie op die drie-eenheid van die Godheid nie? God as drie-in-een, is geïnteresseerd en stel Hom ten doel om die mens te seën en te red. Die VADER se liefde het Hom Sy enigste Seun laat stuur; die SEUN VAN GOD se liefde, het Hom so ver geneem om te sterf vir die versoening van die mens; die liefde van die GEES VAN GOD, het Hom sover gebring om Sy intrek te neem in die harte van gelowiges.
Ons vind hierdie drieledige verlossing opgesom in die seëngroet. II Kor.13:13 “Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen!”
2. DIE HARTLIKE ONTVANGS
Die wyse waarop Abraham die besoekers ontvang het en die ver-skillende maniere van optrede teenoor hulle, mag as illustrasie dien van hoe ‘n moë soekende siel, wat smag na verlossing, kon optree t.o.v. die versoening wat die Here Jesus aanbied, waarna hulle verlang.
a. Daar was ‘n innige begeerte
“Toe hy sy oë opslaan en kyk…” v2. ‘n Groot werk moet eers in ons gedoen word, voordat ons ons oë sal ophef. Die Here sal verseker in genade handel met die wat opkyk. Hulle het gekyk en lig ontvang.
b. Daar was ‘n voorbereide gemoed
“…loop hy hulle tegemoet..” Hy was gretig om sy besoekers te ontvang. As die hart voorberei is en honger is sal hy met blydskap die lewensbrood ontvang. Die siel wat soekend is sal hom haas na die Here.
c. Daar was ‘n nederige gesindheid
“…en buig hom na die aarde toe..” v2. Hoe nader ons aan die Here Jesus kom, hoe meer onwaardig vind ons onsself.
Die weg na God is selfvernederend. Hoe nader ons aan Sy lig kom, hoe meer onwelvoeglik lyk my eie kleed.
d. Daar was ‘n gewillige belydenis
“En hy (Abraham) sê: My heer…” v3. Wanneer ‘n siel sy weg vind in die teenwoordigheid van die Here Jesus, verwag ‘n mens om die taal van belydenis te hoor en ook die woorde: ‘My heer!’. Hierdie twee klein woordjies hou baie betekenis in. a. beskikbaarstelling en b. totale onderdanigheid. Ek behoort aan Hom en Hy aan my.
e. Daar was ‘n liefde vir gemeenskap
“…as ek nou genade in U oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie.” v3. Wat is meer natuurlik as dit? Die siel wat die Here gevind het wil voortdurend in Sy teenwoordig-heid bly. In Sy teenwoordigheid is oorvloed van vreugde. Die eensaamste hart vind vertroosting aan Sy boesem.
f. Daar was ‘n begeerte dat hulle verkwik sal word
“..lê en rus onder die boom.. en versterk u hart..” v4, 5. In ons selfgesentreerdheid is ons geneig om Sy guns en seën vir onsself af te bid en soek ons nie na die rus vir Sy siel en die vertroosting van Sy hart nie. Christus het aan ons rus en vertroosting kom gee deurdat Hy Homself vir ons geoffer het; laat ons aan Hom rus en vertroosting gee deur onsself aan Hom oor te gee.
g. Daar was ‘n gewilligheid en gereedheid om te dien
“Toe loop Abraham haastig in die tent…Daarop loop Abra-ham na die beeste…” v6, 7. Liefde gee ‘n ratsheid en ‘n gewilligheid aan die voete. “…God het ‘n blymoedige geewer lief..” II Kor.9:7. Kol.3:23 “En wat julle ookal doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie…” “ Want die liefde van Christus dring ons.” II Kor.5:14.
3. DIE GESEëNDE BELONING
“Daarop sê die HERE: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen…” V17. Die toewyding van Abraham is beloon met ‘n openbaring van die geheime plan van die Here. Die verborgen-hede van die Here is vir die wat Hom vrees. Die weg na dieper dinge van die Here gaan dikwels langs die weg van selfopoffering en aktiewe diens. As ons die verborge dinge van God wil ken en gevoed wil word met keur spyse uit Sy woord, sal ons onsself en alles wat ons het en is, moet neerlê aan die voete van die Here Jesus. Maak jou hart oop vir Hom en Hy sal sy hart oop maak vir jou.
***************
DIE GESKIEDENIS VAN LOT
Gen.19
ABRAM EN LOT
VUUR IN ‘N SIELSIEKE INRIGTING
Op die 27ste Januarie 1903 het ’n vuur uitgebreek in ‘n Londonse Sielsieke Inrigting. Van die 300 inwoners is 50 dood en 250 moet letterlik uit die vuur geruk word. Terwyl die reddingswerkers besig was, het die kranksinniges so gereageer dat ‘n mens onwillikering gedink het aan die wyse waarop ongereddes dikwels reageer wan-neer hulle soos brandhout uit die vuur geruk word. Daar is gesê dat:-
1. SOMMIGE HET GELAG TOE HULLE NA DIE VUUR VERWYS
Net dwase kan lag vir so ‘n tragedie
. Dwase dryf die spot met sonde. Net persone wat innerlike krank is, kan ligtelike omgaan met sonde.
2. SOMMIGE HET GESê DAT HULLE NIE BEREID WAS OM HULLE BEDDENS IN DIE NAG TE VERLAAT, OM UIT TE GAAN NIE.
Hulle sal nie toegee daaraan om hulle huidige genietinge prys te gee vir die redding van hulle siele nie. Daar is vele van hulle wat die verlustiging in hulle veroordeelde staat verkies bo die vreug-de en vryheid wat verlossing vir hulle kan bied. Hulle keuse wys vir ons dat hulle geestelik siek is.
3. SOMMIGE IS ONDER HULLE BEDDENS GEVIND WAAR HULLE WEGGEKRUIP HET VIR DIE VUUR
Omdat hulle die leuen eerder as die waarheid glo, roep sommige ‘Vrede, vrede’ terwyl daar geen vrede is nie. Net ‘n dwaas kan glo dat ‘n bed beskerming kan bied teen ‘n verterende vuur.
So is dit met gemak en onverskilligheid in die tyd van groot gevaar. Wees verseker dat u sonde, soos die vuur, u sal uitvind.
4. SOMMIGE SOU GRAAG WOU VERKONDIG DAT DIE VUUR GEMAAK IS DEUR DIE REDDINGSPAN
Hulle was kwalik geneem omdat hulle volgens die inwoners, probeer het om hulle te verbrand. As mens luister wanneer som-mige mense praat, sal jy dink dat predikers die hel gemaak het, omdat hulle vrede verstoor deur mense te oortuig van hulle sondige toestand en omdat hulle hul wil uitruk uit hulle verlore toestand. Deur so ‘n stelling te maak, toon hulle maar net dat hulle buite hulleself is.
5. BAIE HET BAKLEI MET DIE REDDINGSWERKERS. HULLE HET HULLE GEBYT EN HULLE AAN HULLE HARE BEET GEKRY.
Wat ‘n neerdrukkende prentjie. Wat ‘n verskriklike bewys van kranksinnigheid – hulle veg teen die wat hulle lewens opoffer om hulle na ‘n plek van veiligheid te bring. Dit is nie ‘n uitson-dering vir ‘n sielewenner wat ‘n verlore siel uit die sonde van ver-nietiging ruk, dat hy neerhalende kritiek en veragting deurgaan nie. Hulle rein motiewe word ‘in repe opgeskeur’. Net mense wat geestelik siek is kan op so ‘n wyse optree.
6. SOMMIGE HET BY ‘N GESLUITE DEUR GEKLOP OM TE PROBEER ONTSNAP AAN DIE VLAMME, MAAR DIT WAS TE LAAT
Dit moes ‘n verskriklike ervaring gewees het, vir hierdie persone om tot die besef te kom dat hulle vasgevang is tussen mure van vuur en daar geen uitweg is nie. Die wat weier om uit die dieptes van die vuur van sonde uitgeruk te word, sal in die vuur omkom.‘…hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid verontagsaam?.”
7. SOMMIGE VAN HIERDIE MENSE HET UITGEGAAN OM GERED TE KON WORD
Die tyd was kort, die verdoemenis van die ongeredde seker; die werk was groot en dringend; elke ander belang was eenkant gesit; die een seker ding, was die redding van siele. Alle ernstige kinders van die Here, maak dit hulle prioriteit om siele uit die vernietigende vlamme van die hel van sonde te ruk. Is u in die vlamme of daaruit?
*****
Die voorbeeld wat ons aan andere stel, rakende ons verhouding met die Here het dikwels dieselfde effek op andere se lewens.
Ons het gesien dat Abraham hom in Egipte bevind het in Gen.12:10-20 waarin daar sekere dinge in sy lewe verlore gegaan het.
1) DIE EFFEK VAN ABRAM SE TERUG-GEVALLENHEID.
A) HY HET SY GEMEENSKAP MET DIE HERE VERLOOR.
Daar was geen altaar in Egipte gewees nie, wat dui op die wêreld.
2 Kor.6:14-18 en 1 Joh..1:6-7.
B) ABRAM HET SY GETUIENIS VOOR DIE MENS
VERLOOR.
Gen.12:18; Rom.2:21-24; 2 Sam.12:14; 2 Kor.3:2.
C) SY INVLOED OP ANDERE VERLOOR.
Lot het saam met hom gegaan. Gen.13:5; 1 Kor.15:33; 2 Kor.5:15.
Die Here het ons nie net van die suksesse vertel nie, maar ook van
mislukkings, van sy diensknegte, en wat ons daaruit kan leer.
1 Kor.10:11.
2) SY TERUGKEER NA BETEL.
A) HY HET VAN EGIPTE WEGBEWEEG.Hfst.13:1
Daar sal geen herstel kom, tensy daar nie ‘n defenitiewe wegbeweeg van my teruggevallenheid kom nie. 2 Kor.7:1; Jes.1:16-18; Jer.2:19; Jak.4:7-10. Dink aan die verlore seun.
B) SY VERTREK NA BETEL. VS.2-4.
Abram het sy hart daarop gerig om terug te keer na die Here.
1 Joh.1:8-2:1; Ps.32:3-6.
C) SY HERSTEL: IN GEMEENSKAP. VS.4.
Hy rig ‘n altaar vir die Here op wat beteken dat vuur daarby moet kom om hierdie kosbaarhede te verbrand. Hebr.13:10-13; Hos.14:1-9.
3) SY KEUSE: VS.5-13.
Ons lees dat daar konflik tussen die veewagters onstaan het.
A) LOT SE KEUSE: TWIS. VS.6-7.
Om dit wat voor oë is te kies eerder dan die wil van die Here. Jak.3:16.
B) ABRAM SE OFFER: VS.8-9
Dit was ‘n beeld van sy offer. Gal.5:22-23. Let op waarop was die pleidooi van Abram gerig gewees, om harmonie te kry. “Ons is broers”. Dit is die eerste keer dat dit in die Bybel genoem is. Matt.23:8. Broeders sal geken word deur hulle liefde, verdraagsaam-heid, en begeerte vir harmonie.
Abram en Lot verteenwoordig twee klasse Christene. Lot was ‘n regverdige man wat deur die aanskoue en sintuie gewandel het, wat sy eie plesier en voordeel gesoek het. Hy is ‘n beeld van die on-toegewyde Christen. Abram het deur die geloof op die beloftes van die Here gewandel. Hy mag soms gefaal het, maar nie soos Lot nie omdat Lot nooit instaat was om Abram te help nie. Lot het geen altaar gebou nie, omdat die ontoegewyde, sonder dankbaarheid lewe. Die wel-water plekke is meer aantreklik vir die vleeslike as die gees-telike. Die gereinigde Christen leef met hoër motiewe en ‘n suiwer hart voor die Here.
C) DIE ONMOONTLIKE VERHOUDING: VS.6.
“En die land kon hulle nie dra om saam te woon nie”.
Die omstandighede in die land het dit nie vir Abram en Lot moontlik gemaak om saam te woon nie. Die vleeslike en die geestelike kind van God kan ook nie in dieselfde juk met mekaar trek nie.
Dit is ‘n strewe wat altyd in die hart van ‘n vleeslike plaasvind nl. die vlees teen die Gees van God. Solank hierdie strewe voortduur is daar geen seën in die land nie. Die vleeslike kind van God stel nie die beloftes van die Here voor op prys nie.
5) DIE EERBAARHEID VAN GELOOF:
“Toe sê Abram vir Lot: Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af…” Die man wat met die Here wandel kan maklik toelaat dat die ander eerste keuse kans kry. Die dienskneg van die Here mag nie streef of stry nie.
Ons kan maar terugstaan dat die andere die eerste plek kan kry en met die tong stry, en stil staan en aanskou die verlossing wat die Here vir ons bewerk. Laat ons vir die Here opstaan en die Here sal vir ons opstaan. Al ons regte is in Hom.
6) DIE SELF SUGTIGHEID VAN DIE VLEESLIKE:
“Toe slaan Lot sy oë op” Vs.10-13.
A) LOT SE KEUSE: Vs.10-13.
Die beginsel wat by hom gegeld het was: Klaag.1:14; 17; 2:11; Jer.2:13. Die basis van sy keuse was:
i) Die uiterlike sig. Vs.10 Die wêreld en sy glans. 1 Joh.2:15.
ii) Die selfsugtigheid: Vs.11. Lot het vir homself gekies terwyl die
Here vir Abram gekies het. Jer.45:5; Fil.4:6-8.
iii) Sy biddeloosheid: Die Here word nie geraadpleeg nie.
Deut.6:12.
iv) Sy kortsigtigheid: Sodom is ‘n verdoemde stad. Vs.10.
2 Pet.3:10-12. Mark.8:36.
v) Die stadiums van agteruitgang:
a) Hy het gekyk: Vs.10
b) Hy het gekies: Vs.11
c) Hy het homself verwyder van Lot: Vs.11.
d) Hy het gedwaal: Vs.12.
Wat ‘n treurige toestand.
Die geskiedenis van Lot is die geskiedenis van ‘n teruggevallene. Toe hy weggedraai het van Abraham het hy weggedraai van geloof.
Hy het vir die beste gekyk en dit geneem en nooit dankie gesê nie. Hy het homself van die man geloof verwyder met ‘n ligte gemoed.
Die vleeslike kind van God slaan nie veel ag op die wandel van ‘n geheiligde kind van God nie. Sy gedagtes was op aardse dinge gevestig en nie op die hemelse nie. Hy het sy tent en nie sy altaar na Sodom gerig.
Toe Lot die vrugbare Jordaanstreek gekies het, het hy omgesien na sy eie eer. Terwyl hy sy eie eer gesoek het, is sy getuienis as ‘n gelowige verag. Toe kom daar neerlaag en moes hy vlug, maar omdat hy aan die Here behoort het, is hy gered deur die vuur, alhoewel al sy werke gebrand het.
I Kor.3:14, 15 “As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.”
7) DIE VOORREG VAN DIE AFGESONDERDE:
“En die Here sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk”
Na die verwydering het die boodskap van bemoediging gekom.
2 Kor.6:17 ”Kom onder hulle uit … en Ek sal jou ontvang.” Abram het sy oë op die uitnodiging van die Here opgelig. Hierin lê die onderskeid tussen die vleeslike en die geestelike kind van God. “Op kyk” is die blywende gesindheid van elke afgesonderde een. Lot het op sy eie ervring gesteun. Abram het op die Here vertrou en Sy beloftes. Gal.2:20.
8) DIE ALTAAR VAN GETUIENIS:
“Abram het alhoe verder sy tente opgeslaan” Vs.18.
Lot het sy tent tot Sodom gerig, en Abram sy tent tot die Here. Die eie geregtigde Christen dra geen getuie van die Here nie. As hy dit probeer is hy eintlik ‘n bespotting. Gen.19:14. Die regverdige sal deur die geloof wandel. 1 Pet.4:1-2.
9) DIE OPENBARING: VS.14-18.
A) DIE BELOFTEMAKER: DIE HERE. VS.14.
Num.23:19; Jes.40:28; 44:8; 45:10.
B) DIE BELOFTE: Vs.14-16. Die Here het vir Abram gekies.
i) Die land: Vs.14-15; Deut.32:8-9; 34:4.
ii) Van die saad: Deut.1:10; Jes.48:9.
C) DIE PLEK: “Staan op en loop” Obad.17; Hebr.4:3+9-11; Efe.1:3 Neem jou besittings in besit. Wie het die beste gekies: Lot wat vir homself gekies het of Abram. Wie laat die keuse aan die Here oor.
*************************
GEN.19
Kom ons kyk na die volgende:
1. DIE KEUSE WAT HY MAAK
Gen.13:10-12 “Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jor-daanstreek oral volop water het, voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland. En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei. Abram het bly woon in die land Kanaän, en Lot het gaan woon in die stede van die Jordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.”
Die wat wandel volgens wat hulle kan sien, sal altyd beïnvloed word deur verskynsels. As ons net doen wat ons hart begeer om te doen stuur ons af op Sodom.
2. DIE POSISIE WAT HY INGENEEM HET
“…terwyl Lot in die poort van Sodom sit..” Gen.19:1. Lot het ‘n metgesel van Sodom geword en ook ‘n deelgenoot. As ‘n kind van die Here vreugde vind in gemeenskap met ‘n wêreldling, sal hy spoedig ‘n deelgenoot word van die praktyke wat so ‘n persoon beoefen. Om vooruit te gaan in die oë van die wêreld, is geen be-ys van groei in genade nie. Om met die wêreld te meng beteken dikwels om jou steun en hulp aan hulle te bied. II Kron.19:12. ??
3. DIE BOODSKAP WAT HY ONTVANG HET
“…want ons gaan hierdie plek verwoes, omdat die geroep oor hulle groot is voor die aangesig van die HERE, en die HERE het ons gestuur om dit te verwoes.” Gen.19:13
Goddelose plekke en goddelose dinge moet vernietig word. As al die goddelose dinge in jou vernietig word, sal jy iets verloor? Hoe sal dit jou planne en doelstellings beïnvloed? As jou harts belange deurvleg is met die dinge van hierdie aarde, sal jy verlies ly. Bedink die dinge wat daarbo is sodat as alle godelose dinge vernietig word, jou erfdeel onaangeraak bly.
4. DIE GETUIENIS WAT HY UITGEDRA HET
“Toe gaan Lot uit en praat met sy skoonseuns wat met sy dogters sou trou, en sê: Maak julle klaar, gaan uit hierdie plek uit, want die HERE gaan die stad verwoes. Maar hy was in die oë van sy
skoonseuns soos een wat gekskeer.” Gen.19:14.
As ons ‘n selfsugtige lewe ly sal ons getuienis vir die Here altyd vir ander ‘n bespotting wees. Wie sal glo dat sonde bitter is as ons dit geniet? Nie ern of welsprekendheid sal kan opmaak vir teenstrydighede nie. Dit is die lewe wat die lig is.
5. DIE TEëSIN WAT HY GETOON HET
“Maar hy het nog getalm. Toe gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat dit HERE hom wou ver-skoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad.” Gen.19:16.
Dit is altyd moeilik om gehoorsaam te wees aan die stem van die Here as ons lewens vasgebind is in die sonde van die wêreld. Die jongman het hartseer weggegaan omdat hy baie besit het. “Maar toe die jongman die woord hoor, het hy bedroef weggegaan; want hy het baie besittings gehad.” Matt.19:22. Baie persone wat al die lig het wat hulle nodig het, vergaan omdat hulle nie die regte besluite neem nie. Vlug vir u lewe – moenie talm nie.
6. DIE VERSOEK WAT HY GERIG HET
“Kyk tog, hierdie stad is naby om daarheen te vlug, en dit is klein. Laat my tog daarheen vlug – is dit nie klein nie? – dat ek kan lewe.” Gen.19:20. Vir hom was die afgespreekte berg van veiligheid te ver weg. Waarom wou hy graag ‘n veilige vesting hê so na aan die verdoemde stad as moontlik? Waarom was dit vir hom net belangrik om gered te wees en niks meer nie?
Is daar nie by die meeste kinders van die Here die onwilligheid is om weg te vlug na die verte waar daar volkome skeiding /afson-dering sal wees nie? Alhoewel Lot gered was, was hy steeds so na aan die plek van die dood dat dit hom met vrees moes vul.
“En Lot het uit Soar opgetrek en saam met sy twee dogters gaan woon op die gebergte, want hy was bang om in Soar te bly; daarom het hy saam met sy twee dogters in ‘n spelonk gaan woon.” Gen.19:30.
7. DIE GUNS WAT HY GENIET HET
“Vlug gou daarheen, want Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie. Daarom noem hulle die stad Soar.” Gen.19:22.
Selfs ‘n teruggevallene is baie kosbaar vir God! Die oordeel van God kan nie op Sodom val voordat hy nie uit die stad is nie. Dink net ook daaraan hoe die teenwoordigheid van hierdie wêreldgesinde kind van God, sy doel met die stad verhinder het. Todat hy uit hulle uitgekom het, het die werk van God tot stil-stand gekom.
******************
‘N ERNSTIGE REFLEKSIE.
Gen.19:27, 28
En Abraham is vroeg in die môre na die plek waar hy voor die aangesig van die HERE gestaan het. Toe hy uitkyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele land van die Jordaanstreek, sien hy dat die rook van die land optrek soos die rook van ‘n smeltoond.” V27, 28.
Vir Abraham was hierdie ‘n ‘heilige’ plek. Hier het die Here met hom ontmoet en hier het hy in getree vir die regverdiges van Sodom. Nou, vanaf hierdie ‘heilige’ plek aanskou hy die oordeel van die Here. Daardie bolle vuur en rook het die vervulling van die woord van God beteken en het Sy ontsagwekkende karakter getoon as Hy in geregtigheid handel met sonde en skuld.
“Want onse God is ‘n verterende vuur.” Heb.12:29.
Dit is wanneer ons, soos Abraham op die hoë plekke staan en in geloof in gemeenskap met God wandel, met die las van voorbidding, dat ons verstaan watter heilige God ons aanbid, wat sonde haat.
As ons in ons geestesoog by Abraham kon staan en hierdie oordeel oor Sodom saam met hom kon aanskou, kon ons kyk na die volgende:
1. DIE VERSKRIKLIKHEID VAN SONDE
Dit verplig die Here om vanuit die hemel neer te daal om met sonde te handel. “Verder het die HERE gesê: Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is waarlik baie swaar. Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet.” Gen.18:20, 21.
Die geroep van Israel uit Egipte het die Here laat neer kom om Sy volk te verlos. Die geroep van Sodom het God laat neer kom om te vernietig. Die uitroep van ‘n wêreld in nood het die Here Jesus vanuit die hemel laat neerkom om te kom handel met die probleem. Wanneer God in genade kom, kom Hy om met sonde te handel en om dit weg te was deurdat Hy Homself geoffer het. Wanneer Hy kom om te oordeel, kom Hy om met die sondaar te handel en hom uit die weg te ruim. Rom.6:23 “Want die loon van die sonde is die dood.”
2. DIE SEKERHEID VAN OORDEEL
“…want ons gaan hierdie plek verwoes…” v13-28. Net so min kan ‘n man wens om verlos te word van sy eie skaduwee as van die oordeel van God, terwyl sy sonde nog nie vergewe is nie. Die oordeel van die Here mag sloer, en die skuld mag hanteerbaar wees, maar dat dit kom is (a) seker; (b) is skielik; (c) sal volkome wees.
3. DIE HEERSKAPPY VAN GELOOF
Terwyl Abraham met trane in sy oë kyk na Sodom wat vernietig word, kon hy gevra het: ‘Hoekom was ek nie daar nie? Hoe is dit dat ek daarvan verlos is? Waarom is ek geroep uit Ur van die Chaldeers? Hoekom was ek beter as soveel ander wat nog in sonde vasgevang is? Die antwoord is: “Want uit genade is julle gered…” Efe.2:8.
4. DIE GELOWIGE SE SEKURITEIT
“…Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie…” v21. “Ek sal dit terwille van tien nie verwoes nie…” 18:32. God sal nie die regverige saam met die goddelose vernietig nie. Vir almal wat aan Hom behoort, word daar op ‘n spesiale manier voorsien. Die Here het aan Moses gesê: “Skei julle af van hierdie vergadering, en Ek sal hulle in ‘n oomblik verteer.” Num.16:21. Voordat die vloed gekom het, is die regverdiges in die ark ingeneem. Voordat die oordele van God oor hierdie aarde uitgestort gaan word, sal die Here Sy kinders opneem in die hemel. Joh.10:28 “En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand kan hulle uit my hand ruk nie.”
5. DIE NOODSAAKLIKHEID VAN GETUIENISLEWERING
Die Sodomiete, net soos die mense van hierdie wêreld was onder sonde oortuiging, maar het dit nie besef nie. Die Here laat die nie in die duister oor die feit dat hulle Sy seun verwerp nie. Joh.3:18 “…hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel..”
6. DIE WAARDE VAN ONS GELEENTHEDE HUIDIGLIK
Spoedig sal ons geleenthede om te getuig verby wees. Spoedig sal die met wie ons saam leef, met wit geklee wees en sal hulle voor God staan of daar sal rook opgaan terwyl hulle smarte ly in die hel. Lot se 20 jaar in Sodom, was vrugteloos vir God. Nou was die tyd en voorreg om te getuig verby en die persone waaronder die Here hom geplaas het, verlore. Kyk, nou is die welaangename tyd vir redding en vir diensbaarheid. Judas :20-23 “Maar julle broeders, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag. En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kled moet julle haat wat deur sonde bevlek is.”
*****************