Abba Vader
- deur Attie van Lill -

So vol van dorings, skerp, die pad.

My voete broos en fyn en kaal.

“Sal Pappie tog my hand kom vat;

my uit die dorings haal?”

 

‘n Vaderarm reik die hand

my hoog oor stekels heen te dra

Daar is geen groter liefde, want

ek’s Sy kind en Hy my Pa.

 

So vol dorings steeds die pad;

my voete broos en fyn en kaal.

“O God, wil U my hand kom vat;

my uit die dorings haal.”

 

‘n Vaderarm reik die hand

oor Golgotha’s vloekhout, hoon en smaad

Sy eengebore Seun, my pand

‘k juig oor U verlossingsdaad!

 

Die lewenspad, so vol en swaar.

Weerloos skepsels, ek en jy.

Ons is Sy kinders, Hy ons Vader:

Hy dra ons hoog oor die gety!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00